Die Drie Wyse Manne  25/08/2013

Op ‘n dag klim ‘n meisie op die rug van ‘n groot oranje voël en vlieg na ‘n ander deel van die Koningkryk.  Sy moet met talle gesante van die Koning ontmoet.  Op die eerste oggend van haar verblyf in die Noorde, ontmoet sy die Eerste Wyse man.

 

Hy is sag en lief en hulle gesels oor boeke en mites van die Koningkryk.  Sy wil al sy vrae beantwoord en hom allerhande dinge vertel, maar sy is nou versigtig.  Iemand het onlangs vir haar gesê sy moet haar geheime vir haarself hou.  Dit gaan so teen haar grein, maar sy luister maar en glimlag mooi, praat oor allerhande ander dinge en loop weg met haar geheime nog in plek.

 

Sy deurkruis daardie dag die streek op ‘n silwer vos van hoek tot kant.  Daar word nog samesprekings gehou en besigheid beklink.  In die aand word sy deur die rigting-feetjie gelei na haar herberg vir daardie aand.  Sy het net mooi tyd om haar tas neer te gooi en ‘n skoon tabbert aan te trek vir haar volgende ontmoeting met die Tweede Wyse Man.

 

Hy is ‘n Medisyne Man.  Wys en gaaf, praat oor die mens se binneste – nie die bloed en derms nie, maar die siel en die hart.  Vir die eerste keer in ‘n lang tyd gesels die meisie met iemand asof sy hulle haar hele lewe lank al ken.  Hy het die mooiste maniere van die hof en hou die deur van sy goue koets oop en laat haar weer soos ‘n baie spesiale mens voel.

 

Die volgende oggend moet sy die Derde Wyse Man trotseer.  Sy ken hierdie Wyse Man en alhoewel sy aanvanklik gedink het hy is vors en sterk en lief, het hy bewys dat hy naar en gemeen is.  Hy het haar hart uitgeruk en in stukkies gesny.  Die hart was in ieder geval al baie keer opgekerf en teruggesit, maar is ook baie klein vir ‘n menslike hart.

 

Sy moet ordentlik wees, want as ‘n gesant van die Koning is hy een van die Koning se howelinge wat sy mee moet werk.  Hy neem haar uit vir ete en praat met haar oor allerhande dinge.  Sy is so half ongemaklik oor die behandeling wat hy haar vroeër toegedien het.  Maar, sy is ordentlik en benader hom met respek, al voel sy nie dat hy dit verdien nie.

 

Hy vertel haar hoe wonderlik sy is en hoe gelukkig sy eendag ‘n man gaan maak.  Fok, dis ‘n kak ding om te sê!  In elk geval, sy moet hoor van die nuwe Courtisane in sy lewe en dit maak haar klaar seer hart nog seerder.  Die hart is egter nie seer omdat sy op hom verlief is nie, net omdat hy haar so deurmekaar gemaak het en sy net nie meer weet hoe om mense te vertrou nie, want klaarblyklik wat hulle sê en wat hulle doen is twee totaal teenoorgestelde goed.

 

Daardie aand klim sy moeg en seer weer op die rug van die Oranje Vuurvoël.  Die Koning het vir haar ‘n geskenk saamgestuur om haar te bedank vir haar moeite in die Noorde en by haar bestemming gee sy voetmanne vir haar ‘n boks met ‘n pragtige, klein silwer katjie in.  Hy het die mooiste groen oë en pur soos sy oor hom streel.

 

Sy keer terug na haar huisie in die Suide saam met haar diertjie en daar raak sy smoorverlief op hierdie pragtige dingetjie.  Hy speel in haar huisie en sit op haar skoot en lê langs haar.

 

Sy weet dat sy weer more na die Koning se kasteel moet gaan om te gaan terugrapporteer  oor haar tyd in die Noorde, maar dit bring ‘n groot knop in haar keel.  Sy voel hoe die trane opbou en vir die eerste keer in maande huil sy haar hart behoorlik uit.

 

Is dit die week, of die silwer katjie wat al die emosie ontketen het?  Sy weet nie, maar ten minste het dit uitgekom. 

 

Daardie aand bid sy vir haar eie Wyse Man wat haar sal liefhê en bemin en haar hart sal heelmaak en koester en haar sal beskerm.

 

Lekke

Zazza

 

Princess  12/08/2013

Ek het verlede week 'n Engel ontmoet.  'n Regte, egte een.  Sy het nie vlerke gehad nie.  Net 'n enorme hart, groot glimlag en 'n goedheid wat uit haar uitgestraal het.  Haar naam was Princess en ek het haar verlede week by High Hopes in Greyton ontmoet waar ek gebly het vir die week.

 

Princess was nie net een van Ange en Sharon se personeellede nie, maar deel van die familie.  Sy het elke dag vir my gesê ek hou my cottage so skoon dat sy nie werk het om te doen nie.  Sy het uit desperaatheid dan die koppie en pappot van ontbyt gewas en vir my mandjies vol hout gebring vir die koue dag wat voorlê.

 

Toe ek Vrydag moet ry kry ek vir Princess in die kamer langsaan.  Ek het vir haar al die skottelgoed gewas in my kamer en gehoop dit maak haar dag.  Ek chat kortliks nog met haar toe ek vir Sharon en Ange soek om te gaan groet, maar op die ou end staan ek so lank by Sharon-hulle en kakkies praat dat ek uiteindelik gehaas daar uithol en nie eers vir Princess 'n laaste druk en koebaai gee nie.

 

Ek dink letterlik vandat ek daar weg is aan haar oor sy so 'n wonderlike mens was.  Ek kon nie wag om haar weer te sien en te vertel hoe simpel ek laas was dat ek toe so vinnig daar uit is dat ek haar nie eers ordentlik gegroet het nie.

 

Princess is vanoggend in haar slaap oorlede.  Hulle weet nog nie wat die oorsaak was nie.  Daar sal nou 'n nadoodse ondersoek gedoen word.  Sy was nie oud nie, sy was nie sieklik nie.  

 

Sy was 'n Engel.

 

Mag jy rus vind saam met al die ander Engele, Princess - gaan soek vir Sophie op.  Jy sal mal wees oor haar.  Sy sal jou herinner aan al die katte by High Hopes!

 

Al my liefde

Zazza

Sir Artha  03/08/2013

Vaderland, wat 'n week.  Ek is terug in my woonstel en gaan sommer my tas gepak hou.  Ry more-oggend met die N2 die koringlande in.  Ek gaan op die eerste vakansietjie (so 'n kleintjie) in 'n lang tyd.  

So, daar neem ek toe 'n kat aan op 'n trip na Pretoria.  Net ek, sal julle sê.  Ek wag nou vir kwotasies vir kat-vervoer.  Ek wil die mannetjie so gou as moontlik hier hê.  Die arme ding moet nou eers nog die week ont-knater word.

 

 

 

Wonderlike artikel in die Pretoria News vandoggend.  Tot met 'n kiekie!

 

 

Lekke vir 'n verruklike aand!

Zazza

Joernaliste en onderhoude  30/07/2013

Gister het ek twee onderhoude gehad.  Ilse zalzwedel van RSG het gisteroggend gebel en eers 'n onderhoud gevoer vir skrywers en boeke wat more om 8nm uitgesaai word.  Daarna bel Aziz my van die Cape Times my vir 'n storie in vandag se koerant.

 

Vanoggend sommer vroegdag begin ek smse kry oor die artikel in die koerant.  Ek stop by Woolies vir die koerant.  Terwyl ek nou daar is kan ek net sowel 'n croissant en koffie ook kry.  Ek sien die boek word sommer op die voorblad genoem.  Wel, ek dog ek spring uit my vel uit.

 

Van toe af het omtrent 4 joernaliste my gebel en Radio 702 vir 'n onderhoud met Xolani Gwala.  Wow, ek voel soos 'n celeb!  Die Engelse pers raak nogal heel bedonnerd oor die boek.  

 

Herinner my net weer om nie die kommentaar onder aan die artikels op die internet te lees nie.  Dis nou 'n platvorm vir mense om net walglik te wees. 

 

Soet drome na 'n weird en wacky dag!

Lekke

Zazza

Die hier en nou  01/07/2013

Ek is nog altyd redelik krities teenoor mense wat altyd na iets anders streef as wat hulle het.  Ek praat nie nou hier van mense wat streef om in 'n beter situasie te kom nie of om hulself te verbeter nie.  Ek praat hier meer van die man wat nie tevrede is met sy vrou nie, dan het hy 'n affair.  Daai tipe ding.

 

Nou kom ek agter ek doen presies dieselfde.  Ek jaag my stert en bly ewig ontevrede.  Ek doen so 'n hele ruk terug aansoek vir 'n nuwe werk.  Maande terug.  Terug in die akademie.  Die dag van die onderhoud, letterlik 6 maande later is ek so moeg en so gejaag dat ek soos 'n dronk idioot gedurende die onderhoud optree.  Ek kan niks van my vakgebied onthou nie, ek kan nie woorde in Afrikaans onthou nie.  Dis een groot fokop.

 

Vandag kom ek in Pretoria aan vir 'n besigheidstrip en ek hoor so via die bostelegraaf dat die aanstellings reeds plaasgevind het en die van ons wat so in spanning wag om te hoor eintlik onsuksesvol was.

 

Aan die een kant is ek baie spyt, aan die ander kant is ek eintlik so bly.  Vir wat jaag ek so my stert?  Vir wat wil ek nou uit my mooi woonstel in die Kaap Johannesburg toe trek?  Ja, job satisfaction is een ding, maar ek dink die lewe probeer my ook iets leer.

 

Wees tevrede met wat jy het.  Vir 'n ruk.  Raak rustig.  Leef vir 'n slag in die oomblik.  Pak daai garage reg eerder as om te wag tot jy weer trek, laat maak daai kussing vir jou bankie in jou kombuis voordat jy die woonstel verkoop, laat stem die klavier voor die arme ding weer moet skuif.  Geniet dit vir 'n slag om tuis te wees.  Kry 'n nuwe roetine in die Kaap, gaan doen pilates, raak weer fiks, maar raak om hemelsnaam net rustig.

 

Ek het 'n diabolies vlug gehad vandag en was so moeg.  Nou lê ek wakker en tob oor rustig raak.  Ironies, dan nie?

 

Lekke Zazza

 

Bestellings en Navrae  02/05/2013

Julle kan alle navrae oor die beskikbaarheid en bestellings van Afrikamasutra solank rig aan Unisa Press:

 

Mev Laetitia Theart, tel 012 429 3448; fax 012 429 3449, e-mail thearl@unisa.ac.za

 

Die ISBN is:978-1-86888-725-5

 

Lekke

Zazza

BWA Praatjie met Dr Eve en Afrikamasutra  01/05/2013

 

Hier is ek en Marlene Wasserman (dr Eve) gedurende my praatjie saam met haar by haar Women's Health Centre vir die BWA (Business Woman's Association) in April.  Hier is ook van die voorafgedrukte promosionele boeke, maar die hardeband weergawe gaan NOG mooier wees!

Die Boek  01/05/2013

Ek kry die afgelope dae hope navrae en komplimente en desperate krete van "waar is die boek????"  Unisa Press het my meegedeel dat die boek amper klaar gedruk is en dat die finale afwerkings met die hand gedoen word (ja, dis 'n pragtige hardeband weergawe, met 'n lint en 'n sexy belly band om die middel).

 

Die boek gaan ook binne dae, indien nie ure nie, op Kalahari beskikbaar wees vir bestelling en dan binne die volgende twee weke of wat by die groot boekhandelaars, soos CNA en Exclusives.  Ek hou julle op hoogte van die waar, wanneer en hoeveel, sodra ek finale inligting het.

 

Ek sal ook die nommer van Unisa Press plaas waar julle kan bel vir navrae, maar dit is op my werkskompertjie en ek het dit ongelukkig nie nou aan my nie.

 

Vasbyt mense, die wag is regtig nou amper verby!

 

Lekke

Zazza

Rapport raak hups  28/04/2013

Daar is 'n wonderlike resensie deur Kerneels Brytenback oor Afrikamasutra vandag in die Rapport.  

 

http://www.rapport.co.za/Weekliks/Nuus/Soen-dat-die-sop-spat-20130426

 

Wat 'n lang pad het ek nie met hierdie boek geloop nie.  Ek dink ek sal weet alles is nou aan die gang as ek oor so 'n paar weke in Exclusives inloop en my boek op die rak sien prys.

 

Net voor ek wakker word vanoggend, droom ek ek skryf 'n toneelstuk.  Ek gaan die hoofrol speel en ons repeteer en gaan tekere.  Die aand van die opvoering sien ek op die program my naam is as skryfwer gedruk, maar nie as 'n speler nie.  Toe ek omdraai, loop Liz Meiring op in my rol.

 

Toe ek sekondes later wakker word, kry ek 'n sms op my foon met die link na die resensie.  Op die web-weergawe van die artikel word ek eers in die laaste paragraaf genoem terwyl die hoofberig aangaan oor die kunstenaars en hoe wonderlik hulle die boek maak (moet my nie verkeerd opneem nie - hulle IS wonderlik en dit maak wel die boek), maar ek het die hele spulletjie konseptualiseer.  Ek is afgedank vir die grappie, ek moes my huis verkoop en met 2 drollerige uitgewers te make hê voor ek by Unisa Press uitgekom het.  Na al die finansiële en emosionele opofferings was dit net 'n effense klap in die gesig.  Sal interessant sien hoe lyk die gedrukte weergawe van die artikel.  Dalk is daardie blurb wat op die web laaste is, in die koerant eerste.

 

Partymaal wil mens tog net erkenning hê.

 

Lekke

Zazza

Elektroniese media sleg vir verhoudings  15/04/2013

Ek het verlede jaar 'n kolom geskryf oor hoe sleg elektroniese kommunikasie vir verhoudings is. Dit het my self nou al twee verhoudings gekos.  Vanmiddag op RSG oppad huis toe sê Amore dat daar 'n studie in...iewers, ek kan nie nou onthou nie, ek verbeel my dis Nederland, gedoen met 3500 paartjies.  Daar is bevind dat paartjies wat op Facebook en d.m.v. ander elektroniese media soos whatsapp en bbm kommunikeer baie slegter verhoudings het as daardie paartjies wat in persoon praat of bel.

 

Onthou, mens kan nie liggaamstaal sien nie, jy kan nie stemtoon hoor nie en in 'n simpel 5 woord sinnetjie kan mens soveel slegte goed inlees wat die skrywer dalk glad nie bedoel het nie.  Dit gaan oor die kwaliteit van die kommunikasie eerder as die kwantiteit.  En dit was die geval met my laaste twee BF's.  Ek sou veel eerder elke nou en dan 'n oproep ontvang het as hierdie konstante ge-teks.  

 

Nota aan self - in volgende verhouding, bly weg van die elektroniese media!  Dis 'n euwel.

 

Ek flake vanaand op twee vriendinne.  Sou saam met hulle 'n film gaan kyk het (Out of Africa op die dak van die Big Daddy hotel in Langstraat), maar ek is so moeg ek wil in trane uitbars.  Die afgelope paar weke was net te veel.

 

Flaky, moeë lekke

Zazza

50 Shades of You  27/03/2013

50 SHADES OF YOU

 

Ok ladies, now we don’t want to see any of you blush or any mutterings of ‘Ag sies man’ because sex is the topic of this month’s workshop, and we are going to start it off with a bang because you get two experts in one with this event.

 

Have any of you read the Kama Sutra? Ilse Carla Groenewald is a brave woman who decided to translate the Kama Sutra into Afrikaans in her book called Afrikamasutra. She wanted to capture what is vital to us as humans, ie sex, and bring the beauty and sheer pleasure back into an act which is often used to hurt, control or blackmail people.

Along with Ilse, our much loved Dr Eve will be taking centre stage to chat about sexual health – no giggling back there! Our sexuality is a big part of who we are and can determine whether we have fulfilling relationships - not only with our partners, but with ourselves too.

This event is definitely going to get you back in touch with your inner minx and give you some interesting ideas. Book now and book early, missing out on this will leave you frustrated!

 

Signed copies of the Afrikamasutra Book will be on sale and the DR EVE Store will be open for business.

 

Date: 11 April 2013

Time: 5:30 – 7:30 pm

Venue: Dr. EVE’s Sexual Health Centre, The Equinox, Suite 504, 154 Main Road, Sea Point

RSVP: 5 April 2013

Cost: R150 Members R200 Guests

 

Limited to 50 Guests

 

Contact details

 

Branch coordinator:  Cheryl Steyn

Phone:  0861 BWA CPT

Cell:  084 468 8302

Fax: 086 614 3060

Email: ct@bwasa.co.za

 

 

 

Oorlewing  05/03/2013

Ek wil vanaand graag die groot Engel wat seersekerlik op my skouer sit en die Heelal bedank dat ek vanaand nog hier is.  Of ten minste in een stuk hier is.  Eerstens, op 'n ligte noot, het ek 'n dag van vrugte oorleef.  Ja waarlik.  Ek het vandag net vrugte geëet.

 

Hoekom, vra julle julself af?  Want ek is een van die 30 finaliste van regoor die land wat deel is van die Slender Wonder 4 Challenge.  So, elke oggend gryp ek 'n vetrol en druk 'n naald daarin (so 'n groot sissie soos wat ek is is dit regtig nie so erg nie), spuit myself met Leptien in en eet min.  Dis nog net dag drie en die eerste twee dae is binge dae waar jy soveel vet en koolhidrate as moontlik moet eet.  Dan skok jy jou gestel in submission in op dag 3.  In elk geval, julle kan my inkrimpings manewales gaan volg op die Slender Wonder blog wat ek elke dag hou:

 

http://www.slenderchallenge.co.za

 

Nadat ek dit toe nou amper deur die dag gemaak het, ry ek redelik hongerig huis toe om nog 'n bakkie vrugte te kom eet en dan so vroeg as moontlik te gaan slaap dat ek nie weet of ek honger is of nie.  Ek is net duskant die N1 Koeberg wisselaar toe 'n kar 'n trok tref reg voor my en hy draai dwars in my baan.  Ek ry seker 100km per uur en ek kan nie eers begin skat hoe ver daar tussen my en die dwars kar was nie.  Ek weet net ek het moer vinnig op hom afgepyl.  

 

Ek wil-wil uitswaai en besef daar is 'n kar langs my en ek is oortuig ek gaan in die kar vasjaag, want daar is nie genoeg stop ruimte nie en ek het nou klaar breukdele van 'n sekonde gemors deur te probeer uitswaai.  Ek moet op spoed bly daarvoor anders tref ander karre wat vinnig ry my weer.  Wel, ek kan net sê ABS werk.  Ek slaan daar remme aan en net toe die kar langs my verby is swaai ek milimeters van die dwars kar verby.  Teen die tyd wat ek die Koeberg wisselaar tref het ek amper opgegooi en gebewe soos 'n riet.

 

Toe, om alles te kroon, ry 'n outjie in so 'n trokkie dingetjie amper op die M3 in my vas.  Kan ek net sê dat ek regtig net sonder enige verdere voorvalle by die huis wou kom.  Dit was soos 'n obstacle course met regte-egte obstacles!

 

So, ek het vrugte, 'n kar op die N1 en 'n outjie in 'n trokkie oorleef vandag.  Ek het verseker 'n GROOT engel op my skouer.

 

Nou moet ek net die nag oorleef met 'n maag vol weird pille en 'n teelepel vol Epson sout.  

 

Lekke(r) doedoe

Lucky Zazza

Dag van die Vaaltyn  14/02/2013

Hello Sutras

 

Vandag het ek rooi aan en my LOVE armbandjie en met rooilipsoene wil ek julle elkeen 'n pragtige Valentynsdag toewens. Wees lief, wees mooi en vier ons menswees.

 

Valentynlekke

Zazza

 

My Valentynsdaggeskenk  10/02/2013

So, weereens is ek hierdie jaar Valentynloos.  Ek het nogal gedink ek gaan hierdie jaar gelukkig wees, maar toe nou nie.  Ek besluit toe maar om vir my ‘n ietsie by Dr. Eve se nuwe winkel te koop (www.dreve.co.za).  Om my deur hierdie tyd so op my eie te kry.

 

Wat ek hou van dr. Eve se site is dat sy elke produk beskryf en ‘n goeie perspektief van ‘n seksuoloog se oogpunt gee.  Daar is geen slease involved nie, maar fokus op “sexual wellbeing”. 

 

Ek gee die site so ‘n deeglikse kyk, besluit op my produk en plaas my bestelling.  Nou moet julle verstaan dat ek ‘n posbus deel met my ouers.  Maar hier dink ek dat ek net die strokie sal kry en self my pienk pakkie sal kan gaan haal met net ‘n “haai, daar het ‘n pakkie vir jou gekom…?” van die Ma.  Maar nee, sy gaan haal toe vir my die pakkie.  En ek kry ‘n boodskap “daar is iets vir jou van Dr. Eve.”  Ek gee nie eintlik om nie, want die Ma weet alles van my af, maar dit was tog redelik snaaks en ek is seker daar is mense wat 20 dode sou gesterf het!

 

Toe ek nou uiteindelik my pakkie tuis kry het ek geen AA batterye in die huis nie.  Honderde AAA’s, maar geen AA’s nie.  Ek is mos nou doodnuuskierig om my nuwe speelding te probeer.  Uiteindelik onthou ek dat ek 2 in my melk skuim woerlie het en gaan plunder dadelik die batterye.  Ek kan julle met genoegdoening meedeel dat my klein, pienk speeldingetjie daar gebly het tot die einde – nie opgespring en homself of sy hande gaan was het nie!

 

Na ‘n klein mentale uitmekaarval hierdie week waar ek letterlik my hare begin uittrek het en ‘n noodafspraak met my slim tannie kopdokter moes hê, gaan ek vanoggend op ‘n speel date met my oudste en beste vriendin, die Prokureur.  Sy is een van die mense in my lewe wat alles van my weet en al vir jare deur al die ops en die afs by was en steeds my vriendin is.

 

Ons gaan na Tascha’s in Constantia Village en eet heel lekker ontbyt toe ons ons net wil intrek met ‘n tweede koppie koffie en ‘n laaaaang gesels toe ons kelner vir ons sê ons moet nou gou maak want hulle het die tafel nodig.  Wel, daar strip dramaqueen haar moer en vra onmiddellik vir die rekening.  Kyk, my week was reeds kak genoeg – ek gaan nie nog gejaag word om gou my koffie te drink omdat jy jou turnover wil verhoog nie.  Eers stry die kelner met ons, want nou voel hy seker simpel, maar ek is hardegat en gaan beslis nie nou bly nie en in fact, nooit weer soontoe gaan nie.  Ek raai alle Suidelike Voorstede Kapenare aan om dieselfde te doen, assblief!

 

Ek en my vriendin, die Prokureur gaan loop toe eers lekker rond, pas sonbrille aan, koop ‘n bietjie klere en gaan toe na Seattle vir koffie en ‘n happie wortelkoek (dit was regtig net ‘n happie, die res het ek weggeneem) om verder in vrede te gesels en na al die mooi mans te kyk.  Daar was regtig ‘n paar vanoggend! 

 

Skielik onthou ek dat ek desperaat batterye nodig het en die Prokureur lag haar eers dood oor die storie oor die pakkie en die nodigheid vir batterye.  Nie alleen koop ek toe batterye nie, maar sommer herlaaibare batterye – want hulle sal gereeld herlaai moet word!

 

As dit maar so maklik was om ‘n man of ‘n verhouding te herlaai.  So met die uitloopslag sê die prokureur, “Well at least this Valentine’s day you are guaranteed an orgasm!”

 

Hoor-hoor.

Herlaaibare Valentynslekke

Zazza

 

Wondweefsel 2  04/02/2013

Ek sit nou-nou in die verkeer en tjank.  Ek is my Zen totaal en al kwyt.  Ek is teleurgesteld en moerrig.  Of bitter teleurgesteld, of bitter en teleurgesteld.  In fact, al die bogenoemde werk vandag vir my.

 

Ek sit vanoggend my LOVE armbandjie aan in die hoop om ‘n fraksie liefde, Zen, Goddellikheid of ten minste net iets goeds te voel.  Wel. Dit het nie gewerk nie.

 

Ek sit in die verkeer vir ‘n uur en terugdink aan die afgelope twee maande en ek verwens die dag wat ek nog ‘n doos ontmoet het.  Die probleem kan natuurlik tweeledig wees.  Of ek trek totale dose aan, of hulle is fine en ek maak hulle dose.  Nie een van die twee opsies is vir my besonderlik aantreklik nie.

 

Hoe kan mense so totaal en al teleurstellend wees?  En hier dink ek nou aan die sondes van die vaders ook.  Ek moes geweet het dit gaan ‘n wroegende dag wees toe ek al met die tandeborselslag daaroor gewonder het.

 

Nie eers woorde help my vanaand nie.  En die flitse van mooi boodskappies voor ek te veel geword het vir die laaste doos bly by my spook.  Dit sit my weer aan die grens en ek wonder wat is die liefde?  Wat is dit wat mense mekaar laat repsekteer en mooi behandel en nie seermaak nie?

 

Want dit het ek beslis nog nooit beleef nie – al het ek ‘n hele webwerf daaraan gewei. 

 

Wondweefsel 2

 

Ek staar na die maan,

dik en taai

Oor die warm stad

waar jy iewers sit.

 

Die weefsel op my mou

blink in die lig

van die sagte aand

en ek dink -

wondweefsel wat oopgeruk word

is eintlik besonderlik

morsig.

 

Wondlekke

Zazza

 

Fantoomverhoudings  13/01/2013

Die twee goed wat ek die afgelope paar jaar vir myself herhaal soos n mantra is: alles gebeur vir n rede en ek het geen idee wat die tweede een is nie.  So s ek ook nou die dag vir die Ma dat alles wat in my lewe met my gebeur het my die mens gemaak het wat ek vandag is.  Op daardie satium het ek bedoel al die goeie aspekte van die mens wat ek vandag is, is asgevolg van dit wat ek deurgemaak het voor die ouderdom van 33.

 

OK, ek het nie ophou ervaar en groei na 33 nie, maar ek het die persoon wat verantwoordelik was vir die fisiese en emosionele mishandeling uit my lewe uitgesny.

 

Ek glo vas dat ek dit MOES deurmaak sodat ek iets besonders moes word.  Ek moes kon empatiseer, n verskil maak, verstaan waaroor die mensdom gaan en probeer om dit n beter plek te maak.

 

Die enigste probleem is dat dit steeds benvloed wie en wat ek is en die afgelope tyd kan ek nie die goeie daarin vind nie.  Seer sekerlik is ek nie veronderstel om een of ander offer aan die heelal te wees om dit vir ander n beter plek te maak nie?  Ek weet die goue ouderdom vir Christus-figure is 33, maar ek het nou wraggies geen begeerte om daardie rol aan te neem nie.  En ek voel ook nie eers ek maak op die oomblik die wreld juis vir ander n beter plek nie.

 

Al wat die afgelope jaar n herhalende refrain in my lewe is, is skyn verhoudings.  Sulke fantoompyn-effekte wat iets in die rigting van n miskraam is.  Ek ontmoet n man, hy dink ek is fokken fabulous en stel so momenteel belang.  Dan gebeur iets wat amper is soos om op n sypaadjie te loop in n Poolse winter en op n holte ys te gly.

 

Dis hoe dit voel om met PTSD saam te leef.  Alles gaan goed en wel en dan voel ek hoe my bene onder my begin uitgly.  Ek dink nog ek hou alles bymekaar, maar voor ek my kom kry is ek op my alie.  Terwyl ek dan daar op die sypaadjie l met n seer gat, sien ek hoe ek nader geloop kom, my voet oplig, die ys tref, balans verloor, begin gly en dan, kaplaks neerslet.

 

Dis elke keer dieselfde.  Ek raak amper manies.  Dit voel aan die begin so half goed, ek is energiek, kreatief, so half verlief.  Die man is nuut en lekker en alles is interessant.  Ek wil alles deel en gesels en praat te veel en dink te veel en skryf te veel en raak heel van my trollie af.

 

Voeg n paar ander stressors by soos werk en hospitale wat jou aan skuldeisers oorgee oor hulle jou rekening opgeneuk het en jy hoor van iemand wat jy ken wat beroof is deur n groot man met n geweer en dan begin dit.  Die nagmerries, die hoofpyne, die angstigheid.  Jy kom agter dat jy dae laas geslaap het, maar jy is OK.  Alles is onder beheer.

 

Dan voel jy op n dag by die werk jy gaan mal word tussen die vier mure.  Jy voel of jy in die tronk toegseluit is en dat jy nie kan uit nie.  Jy raak klousterfobies en jou asemhaling versnel.  Jy raak onsamehangend en jou kop wil bars.  Jou beheer hang aan n fyn draadjie.  Teen die middag wat jy jouself in n spiel gewaar lyk jy soos n crack whore.

 

Jy deel dit met die man in jou lewe, daai soort van belangstellende, soort van amper iets.  Julle is nie vriende nie, want daar was nie tyd daarvoor nie, maar is ook nie lovers of geliefdes nie, want dis te vroeg en ongedefinieer daarvoor.  Maar jy begin die ou vertrou en jy vertel hom jou clutch begin gly.  Dit was n fokop van n dag en julle chat.  Op n donnerse Bloubessie.

 

Jy dink jy maak perfekte sin in die 4-woord sinne waarin julle kommunikeer en skielik is hy die moer in vir jou en jy weet nie hoekom nie.  Jy is flippant en onsensitief en te veel vir hom.  Jy raak te vinnig te ernstig en hy kan jou net nie meer hanteer nie.

 

En net daar is dit verby.  Sommer net so.  En daar l jy op jou gat.  Nog n potensile iets in sy moer in.  En jy wonder wat jy verkeerd gedoen het die keer,  hoe jy anders as jouself kan optree.  Hoe jy meer gevrek en normaal kan voorkom.  Martha Stewart kan channel en onderdanig en gedwee jou plek kan ken.

 

Fok die sondes van die vaders.  En repetition compulsion en PTSD en werk en angs en woede en woorde en elektroniese media, smsse, bbms, eposse en kak.

 

Maar ja, daar is seker n rede daarvoor.  Want alles gebeur mos vir n rede.

 

Lam lekke

Zazza

Damage  26/12/2012

Onthou julle nog die fliek Damage met Jeremy Irons en Juliet Binoche?  So 'n wroegende verhaal van lus en begeerte en wat ons nie alles aan mekaar doen nie.  Uiteindelik slof Jeremy Irons in linne iewers in Marokko rond.

 

Maar die een ding van daardie fliek wat my nog al die jare bybly (behalwe nou Jeremy Irons in linne) is die lyn "damaged people are dangerous, because they know they can survive".  Wanneer is jy so seergemaak dat jy nie meer vir ander kan oopmaak of liefwees nie?

 

Hier is my hart, soos gewoonlik, op my mou:

 

Wondweefsel

 

Wat gebeur as daar

soveel wondweefsel is

dat twee harte sukkel

om mekaar te voel?

 

Bly hulle toegegroei

en effe dood?

 

Of groei hulle uiteindelik vas

en vorm saam

‘n dikker laag?

 

Wondweefsel is tog

sterker as gewone vel.

 

Lekke

Zazza

 

Toetsrit  02/12/2012

Die nuwe speelgoedkarretjie

 

Ek het nog altyd hierdie teorie gehad dat almal wat jy ontmoet absoluut fabulous is.  Jy weet niks van hulle af nie.  Hulle het die potensiaal om enigiets en enigiemand te wees. 

 

Hierdie idees het ontwikkel in my eerste ernstige verhouding toe ek 21 was.  Die dude het elke keer homself omtrent natgepiepie as hy ‘n nuwe girl ontmoet, want hulle was dan net so wonderlik.  En dan het ek nogal die verslag gekry van presies hoe wonderlik hulle is!

 

Jy sien, die persoon by wie jy is (in daardie geval was dit nou ek) het al begin om hul krake te wys.  Jy leer hulle mos nou ken.  Daar is nie meer soveel potensiaal nie.  Dis soos ‘n kind wat rondloop in ‘n speelgoedwinkel.  Hy HET ‘n speelgoedkarretjie by die huis, maar hier is dan soveel nuwes.  Hulle het ander kleure en maak dalk ander geluide as jy die wielietjies oor die mat rol.

 

In elk geval, I digress.  Noudat ek in die tweedehandse karmark is, is dit eintlik steeds dieselfde.  Jy ontmoet iemand en dis wonderlik.  Jy weet niks van hulle af nie, so die potensiaal en die opgewondenheid is onuithoudbaar.

 

Met die eerste oogopslag is daardie BMW pragtig.  Hy blink (die verkoopsman het selfs sy wiele gepoets).  Die toetsrit lewer ook verdere opgewondenheid.  Hy is vinnig en kragtig en dan ruik hy ook nog so lekker (new car spray, of iets).

 

Koop jy die kar (of leer jy die mens beter ken), dan kom jy agter dit is tóg ‘n tweedehandse kar.  Die sitplekgordels is ‘n bietjie uitgewerk, die verf by die vensters lyk of dit effens afdop en in die groefies en kepies is daar stof en vuilgoed.  So, geniet jy die motor en laat daardie goetertjies gaan of staar jy jouself elke keer blind teen die gebreke?

 

Ek voel self deesdae soos ‘n tweedehandse kar.  Ek het krappies en duikies en partykeer gly die clutch bietjie, maar oor die algemeen dink ek ry ek nog lekker (pardon the pun).  

 

Mmmm.  Ek sê julle ek het my eksistensiële krisis gemis toe ek 13 was en ek gaan nou deur hom!  Die mense in die woonstel hier onder my rook so baie dat my woonstel ruik of ek rook.

 

Daar het eers ‘n meisie van die middag gewoon – sy het nie in die nag besigheid gedoen nie.  Sy het pragtig aangtrek en het altyd so in ‘n wolk Chanel no. 5 by die trappe afgedryf.  Sy was stil en jy het haar net elke nou en dan op die trappe raakgeloop of ‘n man stilletjies by haar deur sien inglip.  Toe gooi die gepeupel haar uit.  Sy is dan ‘n hoer, ‘n slet, ‘n slegte vrou wat nie hier mag woon nie.  

 

En nou het daar ‘n paartjie ingetrek wat mekaar moer en skel en deure klap en verlede Saterdag word ek wakker met die polisiewa ingetrek en twee konstabels by hulle.  En dan is my kamer nog vol rook ook, nie meer Chanel no. 5 nie!

 

So, hoer of moer?  Die mensdom is ‘n snaakse spulletjie.

 

Lekke vir ‘n salige sondag

Zazza

 

Wind  30/11/2012

Twee goed.  Die wind freak my uit en moenie so baie rooiwyn drink as jy moeg is en net slaai en geen carbs eet nie!  Ek skrik 4 uur wakker na 4 ure se slaap en nou, soos julle kan agterkom, sing die voëltjies al en al wat kan slaap is ek.  

 

Het ek julle vertel van my hubcaps wat so 'n rukkie terug "redistributed amongst the community" is?  Wel, ek moet vertel van 'n keerpunt wat gekom het in my lewe en begin het met 'n klein, pienk armbandjie wat sê LOVE.

 

Vir 'n ruk nou al voel dit of die wêreld so effe uit alignment is.  Hubcaps word gesteel, ek skuld dokters te veel geld, die skroewe in my rug kos R34 000 en NIEMAND betaal daarvoor nie.  Nie my simpel mediese fonds nie en ook nie GAP cover nie (ja, nou weet ek hulle betaal net die dokter en sy trusty sidekick wat my moet onder sit en onder hou).  

 

Ag, so klomp goed wat jou laat dink dinge is effe onderstebo.  Dan gaan ontmoet jy die Fabulous Foodie by die Waterkant een Sondagoggend, julle koop 2.5kg Lindt sjokolade, 'n klein pienk armbandjie en drink 'n glas wyn (as usual).  Niks daaraan nie.  

 

Maar van daardie oomblik af is dinge net weer reg.  Wat is dit?  Wat het gebeur?  My intellek sê vir my dis nie die sjokolade of die armbandjie nie, maar skielik is alles beter.  Jy raak weer opgewonde, jy sien kans vir skryf en het weer 'n huppel in jou houding.

 

Nou ja.  Ek weet nie wat hierdie verandering teweeg gebring het nie, maar ek dra verwoed daai armbandjie!  Dalk is dit wat ek nodig gehad het - iets om my gewrig wat my herinner aan LOVE.  Die mooi, Kosmiese liefde wat ons omring en alles die moeite werd maak!

 

Die wind loei en die voëls klouter rond.  En ek is honger.

Lekke vir 'n Luscious dag!

Zazza

Casta Diva  30/11/2012

Op 'n dag staan jy op en jy weet net nie dat dit nou die besondere dag is dat jou lewe gaan verander nie.  Dalk nie onherroeplik nie, dalk nie vir ewig nie, dalk nie eers vreeslik drasties nie, maar wel ietwat.  Dalk is dit net 'n persepsie of 'n gevoel wat verander, maar dis belangrik genoeg.  Dit kan die verskil beteken tussen kyk na die N4 hoofweg of een word met die N4 hoofweg (ek trek nou hier ervaring van die verlede en psigopatiese knaagdiere nader).

 

Wel, op 'n dag staan jy op en is moeg.  Jou rug is seer na jou onlangse rugoperasie, jou werk is nou nie vir jou "mind blowing" nie en jy sukkel om deur die dag te kom.  Dan kry jy uit die bloute uit 'n epos van iemand wat jou wil ontmoet.  Jy ken hom.  Dis iemand met jy al 'n rukkie kontak het.  Jy dink dis werk en met 'n gevoel van plig sit jy jou werkskeppie op en gaan ontmoet die man waar hy aan huis gaan vir twee dae in die Kaap.

 

En daar gooi die universum vir jou 'n dolos wat jy nou wragtag nie verwag het nie.  Kom ek stel julle voor aan die Strandman.  Intelligent, goeie sin vir humor, bebliksemd.  Ja, soos 'n koppie goeie koffie.  Sterk en lekker.

 

Eers is ek so neutraal soos kan kom.  Eerstens is ek oortuig dit is werk en tweedens is ek beslis seker die Strandman is getroud.  Kyk, julle weet teen nou al ek het nie 'n goeie rekord nie.  Hulle is of getroud of bly nog by hul ekse of wil hul ekse wees of trek hul ekse se onderklere aan of iets.  Daar is altyd IETS!  

 

OK, so ek weet nie of daar iets is nie, maar die gesleskap is lekker en die man weet waarvan hy praat en wat hy wil hê.  Wel, actually, op hierdie punt van die geveg weet ek glad nie wat die man wil hê nie, maar hy tref my as die soort wat weet wat hy wil hê.  

 

Die volgende dag word ek daarvan beskuldig dat ek omkope vat van skrywers deur middel van etes om hul boeke te publiseer en die dag daarna word ek uitgekak omdat ek en my twee vriendin-kollegas te veel in die kombuis staan en lag en net te veel fun het by die werk.

 

Kyk, ek weet mens kan nie altyd wen nie, maar fok dit was 'n lekker week!  Ek is gedaan.  Ek wil vir 'n jaar op my Swiss Mate gaan opkrul, my Egiptiese Linne duvet oor my kop trek en slaap.  Slaap tot ek beter voel en weer energie het, maar dis lekker om weer met iemand te "connect".  Net lekker te gesels en te voel "jy kry my".

 

So, dankie Strandman vir die lekker kuier en die lag en die waardeer.  Dis lekker en dis anders as die normale kak.  Ek het begin dink daar is nie meer mans met balls daar buite nie (meer oor die Vagina men later).  Met Phillipa Giordano en Casta Diva in my ore sê ek goeie nag en fok, die lewe is lekker.

 

Groetnis en Lekker(r) vir die volgende hoofstuk

Zazza

And we have lift-off!  22/11/2012

Nou ja toe mense, raai watse nuus het ek vandag gekry?  Die wag is verby.  Afrikamasutra is nou, uiteindelik, OFFISIEEL oppad.  Ja, regtig!  Ek het vandag die briefie van die Divine Dames van Unisa Press gekry en onse Afrikamasutra word nou deel van die Klassieke Reeks.  Die boek is deur twee peer reviews, twee senaatslede en een hoof dude goedgekeur!

 

Daar gaan ‘n paar klein veranderings aangebring word en dan is dit drukkers toe!  So, hou vas daai bollas en maak seker die sjampers is op ys.  Hier kom ‘n ding.

 

Nou moet julle hier dophou want van nou af bly julle op hoogte.  Ek het nog nie 'n verskyningsdatum nie, maar weet net...hy kom!

 

Luidrigtige Lekke

Zazza

 

Gag reflex  03/11/2012

Gisteraand kyk ek ‘n paar porn clips gelink op Dot Black se site.  Daai girl is my sex blog idol!  Maar, die een ding wat my opval soos ek na hierdie clips kyk is dat daai meisies absoluut geen gag reflex het nie – wat is gag reflex in Afrikaans?  Kotsknoppie?

 

In elk geval.  Dit verwonder my.  Die ander ding is dat die vrouens in daai mini movies nooit bevredig word nie.  Hulle kerm en kla en maak die onaardste geluide, maar jy kry nooit die idee dat sy enige klimkas bereik nie, terwyl elke insetsel eindig met die vrou wat haar mond oopmaak en die man wat dan in haar mond kom.  Nuff said.

 

Nou wonder ek oor gay porn – het die manlike porn sterre ook nie gag reflex nie?  Ek sal ondersoek moet instel.  Gisteraand plaas ek nou hierdie vraag op die Afrikamasutra faceboek blad en ek word vertel (toevallig absoluut niks oor die aanvanklike vraag oor die gay porn nie) dat EK net moet leer “relax” en ek moet WIL plesier gee en daar wip ek my in ‘n ander sonnestelsel in, sommer so voor die 21ste Desember. 

 

Dis daardie “ek het mos nie ‘n tv nie” mentaliteit.  So superieur teenoor die arme poepol wat wil opgooi as jy ‘n penis in hulle keel afdruk.  Dan kom al my oorsensitiewe, weersin in enige geforseerde sekshandelinge op en raak ek myself heel byster.  Dan wil ek sommer die blad sluit en nooit weer oor seks dink of praat nie.

 

Die hele rede hoekom ek Afrikamasutra.net begin het is om die fokus weer op liefde en respek in seks te plaas.  Dat jy nooit hoef te doen wat jy nie mee gemaklik is nie, want om iemand te forseer om iets te doen wat hulle nie mee gemaklik is nie, het net mooi niks met plesier WIL gee (so in hoofletters) te doen nie.  Ek het al boyfriends gehad wat allerhande weird nukke en grille gehad het as dit kom by seks en dit het nie eers by my opgekom om hulle by te dam en te sê los jou kak, jy moet my WIL plesier gee.

 

So, sal ek nou elke dag my vinger in my keelgat gaan afdruk totdat ek nou nie meer opgooi nie?  Dalk verloor ek sommer ‘n paar kilo’s in die proses.  Dan kan die mans in my lewe my vagina (wat toevallig geen gag reflex het nie), heeltemal vermy en net konsentreer op my keel.  Ek sal veel eerder ‘n glas Chardonnay in my keelgat afdruk!  En ek het toevallig al ‘n hele kolom oor hierdie onderwerp geskryf.

 

Droom vannag van ‘n eks nadat ek gedink het ek die man gister in Kampsbaai gesien het.  In sulke lelike skoene langs ‘n regtige lelike motorfiets (nie die BMW wat ek weet hy besit nie).  Dis nou die realiteit, nie die droom nie. 

 

In die droom vind ek dae later uit hy het my gemail (ek het nog nooit weer van hom gehoor van ons uitmekaar is nie – realiteit en droom).  Ek sien ‘n video van hom met sy nuwe girlfriend en toe díe so omdraai na sy hom gesoen het is dit ‘n man en ek dink, “uiteindelik het jy uit die kas geklim”!  Amazing wat jou onbewuste alles kwytraak.  Dis nou hoeka die man wat nie van koekie gehou het nie en in my ervaring met my gay boetie – as jy nie van koekie hou nie is jy heel moontlik gay.  Seker vandaar die droom.

 

Ek wens die drug dealer wat in die blok hier langsaan bly wil in ‘n lokval beland en tronk toe gaan of iets dat ek in die nagte weer kan slaap.  Hy het die hele nag in en uit gery en hy het so ‘n kak uitlaatpyp wat die hele donnerse Wynberg wakker maak elke keer as hy die kar lewendig moet rev.

 

Hoop ek raak minder iesegrimmig – kom ek gaan maak koffie.  Dink weer aan al daai mooi mans wat ek gisteraand by Kelvin langs die swembad bekyk het! 

 

Total objectification.

 

Lekke(r) naweek!

Zazza

Tyd vir duime en vashou  25/09/2012

Ja, ek het dit deur my operasie gemaak.  Hier sit ek alweer regop voor my kompertjie.  OK, die sit is seer, maar ek gaan nie lank hier wees nie - wou net hello sê.  Vandag het ek soos een van die 60 ander pensionarisse wat elke Dinsdag op Kirstenbosch toesak teen 'n slakkepas daar gaan wandel aan die arm van my arme, long suffering moeder.  Maar, ten minste is ek op en aan die beweeg!

 

'n Mens besef regtig nie hoe ver jou tone van jou hande af is totdat jy nie kan buig om hulle self te was nie!  En ek vra nie maklik vir hulp nie.  Ek lê eendag so hulpeloos in die hospitaal en probeer badkamer toe gaan of iets dergerliks en ek kon wraggies nie beweeg nie.  Ek moes net die verpleegster roep om te kom help.  Na ‘n lang gesukkel het ek daardie aand besef dis een van die lesse wat ek deur hierdie proses moes leer.  Partykeer moet jy net om hulp vra.  Sluk net daai trots, want partykeer kniehalter dit jou lelik.

 

So, oor die duime – ek soek almal se Kosmiese goeie karma en stywe duime wat vasgehou word.  Die boek, ja DIE boek, moet nog deur een keurder gaan.  Net een.  Ja, julle het reg gehoor, net een.  Die hele projek hang van daardie een man se ja of nee af.  So, julle gaan vir die volgende week of wat daardie duime vashou to hulle blou is.  As alles goed gaan, het ons teen die einde van Oktober ‘n boek op die rakke!  Dis omtrent tyd, né?

 

Ek wil ook vra – vir al die mense wat gereeld hier kuier en wat al vir my geskryf het, om asseblief net weer vir my te skryf sodat ek al die eposadresse op rekord het.  My kompertjie is ge-reformat en so in die proses is ek my hele email inbox en al die addresse kwyt.  Ek het julle almal belowe ek hou julle op hoogte en nou sit ek sonder kontakbesonderhede.  Help, asseblief!

 

Op een fijne week verder.  Wees lief en lieflik.

Lekke

Zazza

 

Virgin Earth  30/08/2012

Ek en die Niggie sit weer gisteraand af Kelvin toe vir 'n Wyn en kos aand.  Die wyne is Leapord's leap en Virgin Earth.  Wel, Virgin Earth het my hart gesteel.  One begin met die Viognier MCC wat blykbaar een van, indien nie die enigste, Viognier MCC in Suid-Afrika is.  Dis die perfekte einde tot 'n dolle dag en die begin van 'n heerlike aand.  

 

Dit was nou nadat ek soos Satan in my rooi gevaarte huis toe gejaag het (soveel soos mens kan jaag in verkeer wat teen 10km/uur beweeg) en toe ek by die huis kom besef ek my hare moet weer rooier.  Daar in die uur voor ek vir Niggie ontmoet is dit eers die daai van die hare!  So met die seer rug en al.  Ek voel vandag elke haar wat ek geverf het in die bleddie rug.  Maar wat, 12 dae and counting.

 

Anyway, ons ete begin met 'n gerookte salm en peer slaai met krummeltjies bokmelkkaas en 'n Sauvignon Blanc wat trane in my oë laat inskiet - dit gebeur nogal gereeld met my en lekker kos.  Dit maak my bewoë!  Ek bly dink die Pa sal so mal wees oor die wyn, want dis so tipies met die peper en die gras en die groen en al. Dit is hoeka die Peppertree SB.  En wraggie, daar wen ek toe 'n bottel van die wyn.  Die ouders sal die naweek moet deel in die plesier!

 

Hoofgereg oortref die chef homself met 'n fillet op tagliatelli en 'n Osso Bucco-sous.  Wel, die balans en die eenvoud was perfek.  Onse chef daar by Kelvin het partykeer die manier om 'n bietjie te veel te wil doen op 'n bord en ek het al gewonder of hy al gehoor het van "less is more".  Wel, gisteraand was hy op sy stukke.  Die maal gaan gepaard met die Leapords Leap Merlot wat ek weer wil drink, maar die keer op sy eie.  Die eerste ruik en proe so voor die kos was baie sjokoladerig en romerig.  Met die kos plat dit ongelukkig 'n bietjie af, maar ek dink die wyntjie sal homself goed op sy eie kwyt!  Wel, so saam met 'n klong met 'n tong...

 

Poerring bestaan uit sjokolade en frangelico crème brûlée en die Virgin Earth Noble Late Harvest.  Subliem.  Ek slaap gisteraand so lekker en soet en voel vandag sommer ligtier in die gees - alhoewel ek dink dit iets met die son te doen het.  

 

Die pianis het heerlik gespeel en my so aan wyle Derrek laat dink saam met wie ek so simfonie toe gegaan het en cognac en sigare by Kennedy's gaan geniet het.  Ai, Derrek, ek mis jou.  Daar is so min sielsgenote in die wêreld.  Kry ek sommer nou weer trane in my oë!

 

Ek droom die vorige aand hierdie weird droom.  Dit gaan oor hierdie paartjie (die droom geskied soos 'n movie).  Die man is Hardus, een van die kunstenaars op AKS en die vrou is so 'n kombinasie tussen Sandra Bullock en Illse Roos.  Die paartjie is dolverlief (of so dink hulle), trou, en so verloop die droom so oor jare - die vrou word tot grys.  Toe kry die vrou kanker en gaan nou sterf maar die man is so half gatvol vir die huwelik en het nooit eintlik iets vir die vrou gevoel nie (dit kom nou uit my laaste verhouding uit) en soos hulle een oggend die bed opmaak sê sy vir hom "wel, gaan jy regtig nou skei?"  Sy gaan so 'n rukkie aan oor die dood en haar siekte en hul lewe en sê toe, "om nou die verhouding te beïndig is soos om die boek neer te sit voor jy klaar gelees is".  Wow.  EK het gedink dit was nogal heel profound vir 'n droom.  

 

Ag, dit het baie elemente van my eks en my vorige verhouding oor ek gevoel het die man het gefokof so mooi voor ons mekaar eers geken het.  Voor ek weer ek was in my eie huis.  Ek sien hoekom die karakters is wie hulle is (en nee, ek sien myself glad nie as Sandra Bullock nie!), maar die punchline het my nogal verbaas.  Dis heel abstrak, maar nogal waar, dink julle nie?

 

Laat die weer tog hou vir my stappie op die promenade vanmiddag!

 

Lekke op die Donderdag

Zazza

Cafe Chameleon  27/08/2012

Dank die Engele dat die son vandag skyn. Ek was gereed om Swede toe te trek. Ek is vandag so moeg ek wil tjank. Die enigste ding wat my gewoonlik red is die kort stappie en dan die tee gedurende middagete hier by die koffiewinkel in die straat af.

 

Ek is vandag wragtig van lyn af. Ek het besuit as die printer by die werk gedurig offline kan wees, dan kan ek ook.

 

Ek het hierdie naweek 'n movie gemaak van 'n onderhoud met Zakes Mda. Die eindproduk is fabulous, maar ek het soveel tegniese moeilikhede gehad dat ek naderhand al my elektronika by die venster wou uitgooi. Teen Saterdagaand was my dstv uit, die foon was stadig en toe onwerkend, die Apple wou nie die footage in sync oordra na iMovie en dit het selfs op my niggie se komper gebeur toe ek hare leen om die job klaar te maak.

 

Daar sit hieroorkant my 'n man met die manlike weergawe van platforms aan! Ag shame, hy is seker baie kort. Dis sulke lekker klunky skoene en sy meisie het pas opgedaag. Dis te oulik. Herinner my aan sowat 'n jaar gelede. Die man was net nie so suburban nie. Dalk in sy kop, maar ten minste het ek op daai stadium nog gedink die son skyn uit hom uit. Sover ek kan onthou is dit hoeka vandag sy verjaarsdag. Ek dink hy het die dag met my wyle ouma gedeel. Dalk moes ek geweet het iets is missing toe hy verjaarsdag met sy eks gevier het -mind you, al die verjaarsdae. Syne en sy pa s'n en tien teen een al die ander ook waarvan ek nie weet nie. Dis mos familie aangeleenthede. Daar's nie plek vir goed soos girlfreinds nie. Hemel, ek date darem dose.

 

My moegheid maak my blykbaar bitter. Anyway, dit lyk of my boek gereed gaan wees vir die Frankfurt buchmesse (yay!!!) en dis nou presies 14 dae voor die dr my met 'n mes bydam....dit moet nou ook net kom en klaarkry. Ek is moeg vir moeg en seer wees!

 

Lekke vir 'n beter Maandag as myne!

Zazza

Bones in the light  19/08/2012

Hier sit ek en tik op my nuwe iPad. Dis nogal weird die hele tik op die screen ding. Mens raak seker gewoond daaraan!  Ek kan net sien dat dit my lewe gaan revolusioniseer (is dit eers 'n woord?)

 

In elk geval, ek sukkel nou al jarre met my rug en as totale laaste poging om die storie uit te sorteer gaan sien ek verlede week die ortopeet.  Ek doen 'n lewenskwaliteit toets en die man sê vir my ek het net 50% lewenskwaliteit.  Dit het nogal die hele ding vir my in perspektief geplaas.

 

Dit was eintlik die vraag woor hoe die pyn my sekslewe affekteer wat my laat opsit en kennis neem het!  Ek het 'n paar offers die afgrlope tyd van die hand gewys oor ek net geweet het ek kan nie op die oomblik van die kandelare swaai nie!  En so kan 'n girl mos nie leef nie! Veral nie een wat skryf oor seks nie!!!!!!

 

So, nou gaan hulle my daar oppie tafel oopvlek en vir my 'n nuwe rug insit. Of iets dergelik!  Dis twee maande se herstel.  Maar dan....oe dan moet julle weet!

 

Ek hoop dat die boek ook sommer in daai tyd teryl ek nou onkapabel is uitkom en rigting kry.  Hy moet nog deur 'n keuring van 'n raad gaan.  Gelukkig lyk dit of die reviewers tot dusver positief is.  Ek sal julle later vertel van die wonderskone ironie van die lewe...ek wil nie niu die storie jinx nie!

 

Lekke vir 'n soet Sondag. 

Zazza

Die dun lagie van die liefde  11/08/2012

Dit was 'n rare week.  Ek is vir die eerste keer in eeue met vakansie.  Ek is in Hermanus vir 'n week en ek kry weer kans om net te wees.  Teen Woensdag is ek oortuig ek moet nie meer wees nie en wil ek my Ouma gaan join in Voëlklip - daar waar ek haar asse gesnuif het.  Dis een van die enigste mooi dae en ek sien niks.  Snik elke vyf minute, kyk nie as ek oor die straat loop nie en is oortuig ek neem afskeid.

 

Ek het altyd hierdie simpel gevoel dat jou familie jou liefhet omdat hulle jou moet liefhê, maar dat hulle nie noodwendig van jou hou nie.  Ek ervaar altyd die liefde as onvergeeflik.  Elke keer as ek met iemand - beide vriende en geliefdes - vasgesit het, is dit dikwels sommer net so die einde van die verhouding. 

 

Daar's nie kiss and make up, gee 'n drukkie en beweeg aan nie, nee met my is dit ok, koebaai.  Ek durf eenkeer vir 'n boyfriend sê sy obsessie met sy foon irriteer my en woeps, daar is ek sommer die volgende week uit.  Wel, toe irriteer sy obsessie met sy eks vrou my ook, so good riddance. 

 

Anyway, ek verbaas my net soms oor daai absolute dun, dun lagie van die liefde wat so maklik deurskif.  Ek dink dis dalk hoekom ek (en miljoene ander mense) so mal is oor Fifty Shades - die fantasie van die allesomvattende, totale, romantiek, lus en liefde.  Dis die ideaal.  Dis wat ons almal wens ons het.  Daar's nie probeer en werk aan 'n verhouding nie - om aan te haal, dit moenie werk wees nie, dit moet maklik wees.  Dis nou die man met die foon (en die vrou).

 

I really just don't get it.  Ek het al gedink om 'n advertensie uit te neem (ek dink ek het dit al genoem).  Wees prakties en abstrak.  Neem gevoel daaruit.  Ek sal kook en huishou solank daar seks en geld is?  Ek wonder. 

 

Weet julle op skool - ek dink dit was ons laaste klas van Matriek, het die klas my aangewys as die persoon wat eendag die beste vrou sal maak.  En hier sit ek.  My eierstokke oud, my rug gefok en alleen.  Wel, gelukkig sien ek Woensdag die ortopeet so ons kan darem iets aan die gefokte rug doen.  Ek is al jare op die pil, so die eierstokke is dalk nie so oud soos ek dink nie - of is dit nou die eiers self wat oud word?  Oh well.  Dalk is die sperm vars! 

 

Ek dink daaraan om volgende jaar 'n tweede Phd te doen.  Ek wil bietjie verder navorsing oor die erotiek en die menslike seksualiteit doen.  Ag, dalk wil ek net weer dink.  Dalk gee dit my bietjie rigting weer.  Aan die ander kant, dalk ontmoet ek my prins - die een op die groot swart perd (ek hou van groot swart perde, nie  wittes nie).  Dalk 'n Vriesperd.  Mooi donker man met diep oë.  Dalk sit ons huis op of dwaal oor die aarde van avontuur tot avontuur en sy vars sperm en my ou eiers maak dalk 'n baba wat al sy kromosome op die regte plekke het.

 

Ek weet nie.  Ek weet nie wat die sin van alles is nie.  Al wat ek wel weet is dat ek kon doen met nog so 3 maande se verlof - verkieslik onder 'n palmboom.  Ek kan deur my polse vreet om te dink ek moet weer Maandag by die werk wees.  Kill met with a knaaif!

 

Stormagtige lekke en droom ten minste verruklike drome!

Zazza

 

Whitness en Vetgeit  27/07/2012

Ek sit vanoggend  en luister na referate.  Een is oor musiek en hipnose en ek verloor my in die gesprek.  Die navorser ondersoek Beethoven se 4de klavierkonsert en kyk hoe die verskillende elemente van die musiek die teenstrydige aspekte van die menslike psige verteenwoordig en hoe dit ons lei na 'n meer geïntigreerde Self.  Werklik interessant.

 

Die ander een gaan oor "Whiteness" in die terapeutiese verhouding.  Dit was fassinerend en iemand saam met wie ek jare terug op kongres was in Oxford.  Haar argument is insiggewend, maar in die daaropvolgende gesprek buite sê sy iets wat my baie diep raak.

 

Ons praat oor 'n rassige samelewing en hoe ons met mekaar omgaan - iets wat ons as Suid-Afrikaners seker elke dag raak.   Sy praat van hoe UJ ongelooflik rassig geraak het in 'n ander rigting (anti-wit) en dat selfs studente dit nou begin uitwys as iets wat hulle pla.

 

Sy vertel die verhaal van een student (swart) wat saam met sy pêl (wit) sit en in 'n voorlegging opstaan en vra hoekom hy 'n beurs gekry het en sy vriend wat dieselfde punte as hy het maar wit is, niks gekry het nie.  Hulle is die "vry" generasie, maar die diskriminasie swaai nou in die ander rigting.

 

Ek, so heel onvanpas en uit my plek, sê toe ja, ek het self nog nooit 'n vaste posisie by 'n universiteit gehad nie en moes nou my siel verkoop en in 'n ander industrie ingaan net om aan die einde van elke maand 'n salaris te kry - al is ek in murg en been 'n akademikus, denker, skrywer en oor die algemeen tobber. 

 

Daar draai sy om en sê vir my dis reg so, want ek is bevoordeel deur Apartheid en die Universiteite het die regte besluit gemaak om my nooit aan te stel nie.  En nou sit ek nog hier in die hoekie en bewe.  Wat maak ek met daardie inligting?

 

Soveel van my navorsing het gegaan oor die herskepping van die mite in ons lewens.  Oor dink en wroeg en ondersoek.  Oor hoe ons die wêreld 'n beter plek kan maak.  Ek het geveg teen my verlede.  Ten spyte van molesstasie en PTSD my PhD gekry - baklei en kwaad gewees en my eie (persoonllik en nie-rassige) oorloggie hier in my hoekie gevoer en hier vee iemand in een foul swoop dit alles van die tafel af.

 

Ek betaal vir wat die Vaders van die verlede aan die land gedoen het.  Huh?  Is dit nie baie maklik om dit te sê as mens 'n lekker vaste werk het en van Zimbabwe af kom en beweer jy het niks met rassisme te doen gehad nie? 

 

Dis 'n harde pil om te sluk.  Maar, wees gerus - ek neem blykbaar hierdie een vir die span. 

 

Einde ten laaste, sê sy ook vir my ek het so vet geword.  Ja, seriously!  Ek is nou nie my gewone, swelt self nie - na jare se kortisoon en aaklige medikasie, maar magtig - moet dit so gestel word? 

 

Dis 'n rare oomblik in my lewe. Daardie besef dat alles beslis nie wel is nie.

 

Verbysterde Lekke

Zazza

 

Mighty Mike  26/07/2012

Dit klink meer vir my soos Minnie Mouse, maar nou ja.  Dis 'n rare tyd in my lewe en die mindless kyk na mooi-ge(boude) kaal mans was heerlik vir 2 ure!  Moet nou nie 'n storielyn of iets verwag nie, maar dis lekker ligte vermaak en daar kan heerlik afgeskakel word.

 

So, na 'n uitmergelende dag by 'n kongres, moet ek en my kollega vanaand die gala funksie bywoon en daar word ons by die deur weggewys omdat ons nie kaartjies het nie!  Die kaartjies is wel deur die maatskappy gekoop, maar nêrens het ons 'n bewys nie.  Kan jy nou meer.

 

Vir die van julle wat die afgelope tyd geskryf het en vir wie ek nie teruggeskryf het nie - die AKS adres is lelik gespam en ek was onder die aanslag van 500 eposse ver dag!  Skryf tog asseblief weer.  Ek kon so 'n paar boodskappe red so deur die Chinese Blow-up doll eposse, maar ek is seker ek het 'n klomp gemis.

 

Gepraat van kaal mans, hoe kan ek vergeet van 50 Shades of Grey?  Ja, ek lees en ja, ek is hooked!  Dit is ongelooflike boeke en ek dink dit is hoog tyd.  Dit is lig en lees lekker en die seks word asemrowend beskryf.  Ek begin dink ek moet die Afrikaanse 50 Skakerings skryf.

 

"I am going to spank you, then fuck you over this billiard table"  Holy Shit.  Every single muscle south of my navel clenches hard.

 

Ja nee toe - ek weet ek het nog nie soveel fun op 'n pool tafel gehad nie!

 

Lekke(r) warm bly

Zazza

Pining for the fjords  09/07/2012

Hulle sê (is dit nou die "hulle deur seks regeer" om Ingrid Jonker te quote), dat mense wat getroud is langer leef.  Met ander woorde, mense wat in verhoudings is is gelukkiger en leef langer.  Maar, hulle sê ook jy kan nie jou geluk in iemand anders kan vind nie.

 

Nou wil ek weet.  As jy dan so zen is en op jou eentjie so volkome content en gelukkig is, hoekom is dit dan dat mense in verhoudings langer leef?  Is dit iets wat mense net kwyt raak as jy pas gedump is of lanklaas 'n vry gehad het?  Dan voel jou vriende wat gelukkig getroud is of lekker gemaklik in 'n verhouding is dat hulle jou kan paai met daardie heilige waarhede soos "vind jou geluk in jouself" kak.

 

Ek word die afgelope paar nagte in my drome geteister deur ou geliefdes en my pa.  Beslis nie 'n goeie kombinasie nie.  Ek sal actually volkome verstaan as ek more sommer uit pure frustrasie omkom.  Want dis in elk geval die enigste kom wat tans in my lewe sal plaasvind.

 

In elk geval.  Ek wen so 'n ruk gelede kaartjies na die fliek, The Romantics.  Ek het so lanklaas gaan fliek, want vandat ek a. nie meer 'n boyfriend en fliek partner het nie en b. nie meer op Discovery vir R20 kan fliek nie, sit ek deesdae selde in 'n movie.  Ek en die ma sit toe Saterdag af Cavendish Nouveau toe terwyl die Pa (dis nou die ander pa) rugby kyk en griep het.  Die girls vaar toe Canvendish in en doen iets wat ons jarre laas saam gedoen het.

 

Die fliek was vir my net effens te naby aan die waarheid.  Eerstens, Josh Duhamel se karakter is 'n opperste pislap en hy het my way te veel aan 'n paar van my eie ekse laat dink.  Hy is totaal en al verlief op Katie Holmes.  Hulle is mal oor mekaar en het die wonderlikste, mees verruklike tye saam.  Hulle gesels en filosofeer en is net totaal in mekaar opgeneem. 

 

Maar, vir onse Josh is dit nie genoeg nie.  Nee, hy is bang.  Bang dat hy nie weer daardie perfekte aand/dag/uitstappie met Katie sal kan herhaal nie.  Dus, gaan hy maar vir die veilige opsie.  Die flou, vaal en simpel Anna Paquin.  Sy challenge hom nie en alles is mooit netjies voorspelbaar.  My moer!  Het hulle my lewe gevat en in 'n script omgesit?  Dit was net vir my alte bekend.

 

Sondag, terwyl ek nou so op die fliek misie was, gaan verlustig ek my toe in Snow white and the huntsman.  Wel, dit was fabulous!  Ten spyte van die reviews het ek my gate uit geniet.  Die huntsman is yummy verby, die kostuums en effekte was ongelooflik en dit was 2 ure van totale escapism.

 

Ek soek 'n date vir die Kelvin Spring ball en ek besef vandag - vir die eerste keer in jare is ek in so 'n groef dat ek nie een enkele (en die klem val hier op enkele) ordentlik en beskikbare man in my lewe het om saam na 'n dans mee te gaan nie.  WTF?

 

Wat het die afgelope tyd met my gebeur?  Hoe het ek en my lewe tot op hierdie laagtepunt verval?  Ek dog mens se 30's is veronderstel om die beste jare van jou lewe te wees?  O koek.  Dan het ek regtig 'n probleem.  Wel, die koek het beslis 'n probleem!

 

Kom vannag in my drome, ag toe?  Ek mis jou.  En ek wonder hoe alles so liederlik uitmekaar uit geval het.  Ek dink nie 'n dag gaan verby waar ek nie aan jou dink nie. 

 

Kill met with a knaaif!

 

Wens ek was into drugs lekke

Zazza    

 

Promenade sans chien  04/07/2012

Wel, na my treurmaras van die afgelope paar keer het ek besluit om die roetine so biejtie te verander - aangesien dit my nou so grief.  So nou, in plaas daarvan om elke middag in die verkeer myself te sit en verknies, ry ek deur Seepunt toe en gaan stap op die promenade.  Ongelukkig nou sonder die chien, maar steeds.  Ek kyk na die ander mense en hul chiens!

 

In elk geval.  Ek dink vandag aan hierdie nuwe gril wat mense het.  Hierdie bizarre ding dat as jy aansoek doen vir 'n nuwe werk bly die salaris hierdie groot, über staatsgeheim.  Ek onthou dat ek 'n ruk terug in hierdie epic onderhoud vasgevang was (2 en 'n half ure, I kid you not) en op 'n punt dog ek toe ek gaan die subject moet broach.  Ek verdien nou al die afgelope 5 jaar stelselmatig minder, nie meer nie, minder!  En ek is nou gatvol my eie tyd en ook die onderhoudvoerders se tyd en mors.  Wel, ek dog die dame wat my onderhou kraam net daar voor my.  Dit was een van daai belaglike onderhoude waar al die standaard vrae wat jy op die indernet onder "How to interview someone" kan Google gevra is.  So om oulik en intimiderend te klink, neem ek aan.  Wat is dit met hierdie nuwe tendens?  Hoekom kan mense nie weet wat die salaris van 'n posisie is nie?  As dit baie minder is as wat jy verwag dan weet almal waar hulle staan - as dit ongelooflik hoog is, dan weet jy jy is dalk nie heeltemal gekwalifiseerd vir die werk nie.  Wonder maar net.

 

Hoor hier, Playboy het 'n nuwe kompetisie vir ons mooi SA meisjes.  Dis nou die gewone, girl next door wat kan inskryf.  Gaan koekeloer bietjie hier:

 

http://fb-app-contrib-compare.evly.com/FacebookTab/GotoProject/203

 

Wel, ek het nou 'n date met Nora Roberts - ja, ek lees onbeskaamd liefdesromanse en geniet elke oomblik daarvan.  Ek moet een van hierdie mooi aande begin skryf aan my eie romannetjie waarvoor die Editor chick wag, maar ek speel nog met die storie in my kop.  Elke dag kry hy 'n lekker kinkel by.  En as ek so langs die see in die koue aandlug stap, dan kry my brein ook sommer lug.  So een van die dae begin die woorde weer vloei.  Speaking of which - ek MOET my kolom skryf.  Het nou al weke terug die navorsing gedoen.  Ja, lui verby.  Of is dit nou besig?  Anyway.  Dit kom.  Ongelukkig nie ek nie...

 

Lekke op hierdie koue wintersaand

Zazza

Waar\'s my grot?  29/06/2012

Ek dink nou al vir jare dat ek deur 'n belated eksistensiële krisis gaan.  Ek het gedink toe ek uiteindelik al my geraamtes uit die kas uit pluk dat ek uiteindelik my demone in die oë kyk en vorentoe gaan beweeg in 'n nuwe lewe in vol moontlikhede en geluk.

 

Wel, ek begin dink ek was Hitler in 'n vorige lewe of dalk is ek net ewig soekend en ongelukkig.  Inherent ontevrede?  Hoe kan mens elke dag wonder wat die sin in hierdie groter bestaan is?  Hoe veg jy teen roetine en konvensies?  Net om aan die lewe te bly en te lyk soos 'n suksesvol geïntigreerde mens moet jy jou siel verkoop aan die duiwel en soos 'n labretorium gedierte op daai wielietjie aanhou hardloop totdat jy so gatvol is jy kan skree, maar steeds moet jy trap om daai wielietjie aan die beweeg te hou.

 

Dink daaraan - toe ons nog in grotte gewoon het, was die naaste grot jou skuiling, water was gratis, die vuur het jy geskep, die kos het jy gepluk of gevang.  Jou harde werk het direk verband gehou met hoeveel skuiling en kos jy geniet het.  Vandag moet jy vir al die basiese benodigdhede jou alie af werk en selfs dan is dit nie seker dat jy genoeg geld gaan hê net om jouself warm en veilig te hou en nie van die honger gaan omkom nie.

 

Iesegrimmig?  Ja.  Dalk het ek SAD of iets.  Dalk moes ek maar getrou het toe die Nederlander gevra het en klein blonde, blou-oog snotneusies grootgemaak het.  Ek skep nie meer nie.  Ek is nie meer kreatief nie.  Ek sit dag na dag na 'n skerm en staar en teen die einde van die dag kan ek nie sê, "wow, kyk, dit het ek vandag bereik nie.  Dit het ek geskryf of gemaak of geskep."  Die bevrediging kom uit die chaos wat jy deur jou skepping orden.

 

Gisteraand luister ek na Allison Botha.  Sy praat oor daardie angswekkende nag in 1994 toe sy verkrag en opgekerf is deur twee psigopate.  Sy vertel hoe haar een oorweldigende gedagte was - hoe lank moet sy uithou.  Hoe lank moet sy sterk wees om te oorleef.  Hoeveel kan mens hanteer voor jy opgee.

 

En dit het by my vasgesteek.  Hoe lank is lank genoeg?  Hoeveel moet jy sluk voor jy die dag besluit jy kan nou net nie meer nie.  En wat dan? Ek probeer so hard om die Zen te behou.  Maar wat gebeur as jy die dag gaan sit en jy kan net nie weer opstaan nie?  Daar is nie 'n gratis grot waar jy na die grot-plafon kan gaan lê en staar nie.

 

Ek draai Karl Jenkins se Stabat Mater harder om die spasie om my uit te doof.

 

Lekke

Zazza

 

Roetine  26/06/2012

Ek het al gehoor 'n Gemini moet meubels op wiele hê - dis nou sodat hulle dit kan rondskuif wanneer hulle verveeld raak.  En dis pretty much elke dag.  Ek begin nou verveeld raak met my roetine.

 

Moet my nie verkeerd verstaan nie.  Ek is mal oor die maatskappy waarvoor ek werk.  Dis net elke dag dieselfde.  Staan op, is moeg, sit in die verkeer vas, staar na die komper vir 'n volle 8 ure, kry rugpyn, sit in die verkeer vas, kom huis toe, slaap en more herhaal ons weer alles van voor af.

 

En ek het ook tot die besef gekom dat ek wil trou.  Nou.  Ek was altyd so anti die konvensionele.  Kinders, wit huisies met klein wit muurtjies, hondtjies, katjies en die wit toyota wat in die oprit staan.  Nou is ek op die punt waar ek 'n advertensie wil plaas "baarmoeder te huur".  Ja, ek sal selfs 'n kind hê.  Nee, dis nie oor ek skielik met broeisheid geslaan is nie.  In teendeel, ek is steeds nie seker of ek kinders deur my lendene wil druk nie, maar ek wil 'n familie hê.  Ek wil so graag behoort aan iemand en iemand hê wat behoort aan my.  Nie in die besit konteks van die woord nie, maar soos jou familie joune is.  En net joune.

 

En ek wil 'n kat hê.  So 'n pragtige, purrende kat wat op die bed kom spring en my wakker maak of in die son op die bank saam met my 'n middag slapie sal vang.  Ek het sommer weer vanaand oor die Madame getjank.

 

Toe ek nog in Pretoria gewoon het, het 'n vriendin my naam eendag vir 'n vrou wat 'n dating agency het gegee.  Nie oor ek iemand gesoek het nie, maar oor hulle iemand gesoek het vir een of ander onkonvensionele ou.  Op die ou end was hy eintlik konvensioneel verby en so ook die volgende en die volgende ou toe ek blykbaar haar "go to" girl word vir mans wat sy nie geweet het wat om mee te maak nie.

 

Dis vandag 'n kollega se bridal shower by die werk en ek staan met 'n ander kollega en gesels en verwoord so uit die bloute uit my wens om te trou.  Ek dink sy het my gevra of ek getroud is.  Ek loop terug na my lessenaar in die hoekie en my foon lui.  Daar, so asof die gode my gehoor het, is dit die vrou met die dating agency in Pretoria.  Sy het 'n man wat sy aan my wil voorstel.  Jy kon my omslaan met 'n pap snoek.

 

Ek moes haar toe meedeel dat ek nou in die Kaap woon.  Maar is dit nie weird nie?  Hoe wens ek die man reis baie en bel my tog!  Sal lekker wees om weer te maak of daar belangstelling is en ek nie steeds aan die Padman dink nie.

 

Oh well.  Nou het ek my wens daar in die Universum ingestuur.  Dit en die feit dat ek hoop ek wen 'n Audi A3 (dis nou weer 'n ander storie)!

 

Lekke op hierdie koue wintersaand

Zazza

Sexy sopresep  11/06/2012

Die winter is nou behoorlik hier en dis ysig koud!  Ek dog toe ek plaas vir julle 'n wonderlike sop wat die hitte sal terugbring en hopelik jul aande opwarm.

 

Gaan kyk onder Kama Kook vir hierdie wonderlike resep vir 'n Geroosterde Eiervrug en tamatiesop.  Daar is baie knoffel en heerlike Indiese geure betrokke.  Ek dollie die sop sommer verder op met komyn, pimento, fenugreek en allerhande Indiese speserye wat ek in die kas het.  Die geheim is om die sop lekker te laat prut sodat die geure kan ontwikkel.

 

Dan is die Afrikamasutra eposadres gespam - ek wag nog vir tegniese hulp daarmee - ek kry sowat 200 strooi eposse per dag nou op die adres, so indien julle iets wil sê en ek antwoord nie, ek vra omverskoning - dis oor ek vanoggend net delete gedruk het om ontslae te raak van die 850 eposse wat vir my lê en wag het.

 

Ek is ook besig met 'n lekker kolom.  Dis 'n bietjie aan die diep kant - handel oor hoe ons ons identiteit in 'n verhouding behou en waarom ons telkemale in dieselfde tipe verhoudings beland.  Ons nooi sommer vir oom Freud ook nader.  So, watch this space.

 

Warm lekke en hoop julle het 'n gelifde wat julle lekker warm kan vry.  Ek soek nog, maar het nou die aand die mooiste droom gehad van die mooiste man!  Ek hoop daar gaan binnekort 'n Déja vu oomblik wees...

 

Zazza

Kommetjie in \'n Vivo, nie op \'n Vespa  22/05/2012

Laas toe ek om die Kaapse skiereiland gery het was ek agter op 'n liggroen Vespa, agter my Padman vasgeklou.  Ek moes vanmiddag 'n video onderhoud met iemand gaan doen in Kommetjie en sit net na twee in my rooi Vuurwa van Plattefkloof af.  Dis 'n goeie amper uur se ry van daar af!

 

Ek besef nie eers dis nostalgies tot ek so oor Ou Kaapse weg ry nie.  Ek het vandag nogal so 'n onverklaarbare nostalgie oor my, so van ek opgestaan het vanoggend. 

 

Na die onderhou is dit so te sê vyf uur en ek besluit toe sommer om via Simonstad terug te ry huis toe.  So Kalbaai se kant besluit ek vis en skyfies van Kalkies sal nou lekker wees vir aandete.  Kalbaai was nou my en Padman se uithangplek.  Dis effens meer dodge op 'n Dinsdagmiddag as oor 'n naweek en sonder 'n man aan jou sy.  Jy kom ook baie gou agter hoe kort jou rok is!

 

Wel, na 'n stop in Constantia vir Heinz tamatiesous en 'n piepie (het hom toe al van Kommetjie af!), is ek nou so dik geëet aan vis en tjips en dink ek gaan pop.  Gelukkig sluk ek dit af met 'n fabulous Nitida Sauvignon Blanc wat die Niggie nou die aand hier aangebring het.  Hy is nogal een van die Bartho Top 10!

 

So elke nou en dan kom daar 'n aand op wat jy iets beplan gehad het en dan val dit weg en skielik is daar 'n leemte van tyd.  Tyd vir dink, tyd vir wees, lees dalk.  Dit gebeur die afgelope tyd nie baie nie, maar aangesien ek nou so nostalgies is vandag, is hierdie tyd so half vreemd. 

 

Die nuwe huis ruik nou al soos ek as ek inloop.  By die dag ook minder na verf!  Ek weet nou al waar alles is in die kaste (behalwe my printer kabel wat steeds soek is) en ek is al gewoond aan die nuwe geluide.  So, my kollega vriendinne lag vandag vir my.  Ek het nou die nuwe werk (tick), ek het nou die nuwe huis (tick), ek het iemand aan die dood afgestaan en iemand is uit my lewe uit (tick en tick).  So, al die groot stressors is nou verby.  O ja, bietjie siekte ook daar ingevoeg en ek is deur hulle almal.  Wat nou?  Hoekom voel ek vandag soos tjank?  Is dit die adrenalien wat nou effe stadiger vloei deur die lyf? 

 

Oh well, miskien is ek vandag maar net weer seer oor iemand "net belangstelling verloor het" en dit jou soos 'n groot, boring, blob laat voel.  Snaaks hoe party goed wat mense vir jou in jou lewe sê net geheel en al onuitwisbaar is.  On the plus side, ek het blykbaar 'n Dame van die Nag wat in die woonstel onder my bly - sy is in die geval egter meer 'n Dame van die Middag, aangesien haar kliënte haar in die dag besoek en die geluide wat tans uit haar woonstel kom is baie raar - dit klink soos 'n reus wat bad.  Of so iets.  Of skottelgoed was.  Very strange.

 

Nostalgiese lekke met Rodrigues se kitaarkonsert in die agtergrond

Zazza

 

Die Klavier  10/05/2012

Vanoggend voel ek toe soos Holly Hunter op 'n strand toe my klavier afgelewer word.  Dis nou ouma se klavier wat al van Pinelands, na Poznan na Pretoria en uiteindelik nou na Wynberg getrek het.  Dis 'n groot, ou Duitse Fritz Kuhla en die dag toe my meubels afgelaai is het Biddulphs hom mooi netjies in die stoor vergeet.  Toe arriveer die bouers en alles is chaos en ek sê toe nee die ding moet nou maar afgelewer word as die bouers klaar is.

 

En dis toe nou vanoggend.  Ek het gelukkig nog my vinger en dit was nie vir my nodig om met Harvey Keitel 'n affair te hê nie!

 

Anyway, daar beland ek toe amper die naweek in die Rapport met so 'n lekker sleazy, stink storie.  Ek dink ek het dit vir nou ge-side step, maar ek kon net sien hoe 3.5miljoen mense na my gevreet staar Sondag.  Moet tog net nie vir my sê dis nou my celeb oomblik vir my lewe nie?  Ek sit my geld maar nogsteeds eerder op Karma - she's a bitch!

 

Ek kan nie wag om op die ou end vanaand in my woonstel in te loop en te weet dat daar vir 'n ruk lank nie vreemde mense in my woonstel sal hoef te wees nie.  Ek wil nou die stof afwas en die vreemde reuke uitkry.  Dit moet nou my sanctuary word.

 

Karmiese lekke

Zazza

 

 

Bouers  02/05/2012

Om te bou is soos 'n verhouding.  Jy loop in jou nuwe woning in wat omskep moet word en dis soos daai warm gevoel aan die begin van 'n verhouding.  Dan ontmoet jy jou bouer en julle maak planne vir die toekoms en hoe dinge gaan werk en wat gedoen gaan word en dis net muisneste en opgewondenheid.  Jy is regtig bly as hy bel en julle praat land en sand oor land en sand.

 

Dan is die wittebroodsfase verby en julle settle in 'n lekker, gemaklike verhouding van praktiese ditjies en datjies en kort voor lank is julle soos ou getroudes.  Die aanvanklike opgewondenheid as jy sy naam op jou selfoonskerm sien is weg en dinge begin so effens te krap.  Naderhand hap julle na mekaar en op die ou end is julle sommer oop en bloot geirriteerd met mekaar.  Al wat julle wil doen is wegkom van mekaar af en naderhand kan nie een van julle iets nice van die ander persoon sê nie.

 

Nou ja.  Dis dag vier sonder warm water (nie die bouer se skuld nie, maar die vorige eienaar en die swaksinnige loodgieter wat dink ek soek 'n compliance sertifikaat en nie dat die flippen geyser reggemaak word nie!).  Die woonstel lyk presies nog net soos hy gelyk het toe ek vanoggend hier uitgeloop het.  Geen verdere verfwerk, geen verdere wasmasjien koppeling, geen verdere enigiets nie!  En steeds geen warm water nie.

 

Die antwoord?  Tel tot 23476 en skink 'n groot glas rooi wyn.  En bitch in die kuberruim in oor jou irritasies.  Ek is nie die gil tipe nie, maar vanaand het ek wraggies lus gehad om op iemand te gil.  Dit help nie en dit vermag gewoonlik fokol, maar ek dink dit sou my effens beter laat voel het.

 

Intussen werk ek nou maar op my Juju op Die een wie se naam nie genoem mag word nie.  As jou Karma jou nie gaan kry nie, sal my vervloeking hopelik.  Dis die vlooie van die 1000 kamele en die smeer wat jou armholtes en jou lieste bevlieg en jou naels wat dan in lemmetjies verander as jy probeer krap.  Ja.  Mag die woorde op die bladsye wat ek vol geskryf het sonder betaling in suur verander en druppend deur jou hart brand.  Jou fokker.  

 

Daar was eendag 'n man wat die Pa so hel gegee het en my ma het hom so vervloek en daar slaat die man toe dood neer van 'n beroerte op besoek aan Londen.  Sien, daar is 'n streep heks in ons familie weg.  

 

Dalk probeer ek sommer nou warm water uit my geyser uit toor - bogger die water in die wyn, ek sal vanaand regtig gelukkig gewees het met net die water, maar warm!

 

Lekke vir 'n herstel in my aura

Zazza

Karma  19/04/2012

Ek praat nou-nou met een van my faceboek buddies oor Karma.  Dis 'n bitch.  Ek het lank in my lewe afbetaal - as ek in my vorige lewe 'n sprinkaan was en een of ander ou boer se koring opgevreet het of as ek dalk iemand leed aangedoen het, dan het ek betaal.  In hierdie lewe het ek baie betaal, maar ook nie my eie saak bevorder deur 'n affair te hê.

 

Ja, ek het gedink hy is aan't skeie, ja hy het gesê hy gaan met my trou, die son en die sterre beloof, maar ek het tog, toe ek geweet het wat gaan vir wat, nogsteeds maande aangehang en gehoop.  So, ek weet van Karma.

 

Eendag, nie so lank gelede, op hierdie einste webwerf, het ek die kosmiese stelling gemaak dat party mense inherent poeserig is.  Dit is so 'n globale stelling, maar iemand het die skoen gesien, hom aangetrek, toe pas hy wraggies en toe ontketen hulle 'n kataklismiese boggerop in my lewe.  Maar, my stelling bly totaal en al waar - party mense is net totaal en al inherent poeserig - en ek het die afgelope week of 60 met soveel mense wat in daardie kategorie val te doen gehad dat ek geheel en al op is.

 

Ek kan nie en wil nie meer redekawel en baklei en jou probeer oortuig van wat myne is is myne en waarvoor ek gewerk het moet ek vergoed word nie.  Nou laat ek dit maar oor aan die Kosmos.  Laat Karma dit uitsorteer.  Ek is redelik fatalisties in daardie opsig.  Die wiel draai regtig en as jy nie eendag Samsara bereik nie, sal jy in die Karmiese kringloop vasgevang bly.

 

Sê maar net.

 

Wees lief, wees goed en moet tog nie Poeserig wees nie!

Lekke

Zazza

Moving the goal posts  19/03/2012

Ek ry vanmiddag weer na die Noorde vir 'n vergadering en soos ek ry dink ek.  Ek wou nou sê ek dink altyd as ek ry, maar ek dink altyd. Punt.  In die stort, terwyl ek tande borsel, terwyl ek moet slaap.  In fact, my sielkundige sê nou die dag vir my "just stop thinking"!

 

Anyway, so daar sit ek weer en dink en ek wonder hoekom ek nog so pissed off is deur die Padman en so seer. Hoekom dink ek nog heeltyd aan hom?  Wel, eerstens, ek moet altyd op 'n fkn pad ry.  Dus, daai een kom nogal natuurlik en ek het eintlik weeer die Kaap herontdek saam met hom.  So, die hele donnerse Skiereiland, besides die geteerde gedeeltes, laat my aan hom dink!

 

Toe tref dit my - hy het die goal posts geskuif.  Selle met die Psigopaties knaagdier.  As jy weet waarvoor jy in is, is dit maklik om jou gevoelens daarby te bepaal.  As jy 'n affair het en jy weet dis net 'n affair, kan jy jou besluite maak rondom die feite.

 

Net soos as jy in 'n verhouding is wat vir die een net 'n fling is, dan weet jy - don't get emotionally involved!  Maar, dan kom die donners met hulle ge-ek wil met jou trou, of ek laaik jou kwaai of ek wil met jou kys ens. ens. ens. En jy pas aan by wat hulle vir jou laat glo.  En dan op 'n dag verander hulle die reëls sonder om vir jou te sê en 'n sms of 'n 2-minute speachie in 'n kar en dis verby.

 

FOK!  Is julle in die bol gepik?  Ek is ontgelooflik, ontsaglik, verskriklik befok.  Ek is beyond befok.  Ek is so gatvol vir mans se kak.  En nou moet julle mooi oplet - dis die eerste keer in 35 jaar wat ek 'n seksistiese stelling maak.  Ek gaan altyd so aan oor mans se vulnerabilities en hoe ons moet mooi werk met mekaar blah blah blah.  Wel, niemand het nog ooit mooi gewerk met my nie, so ek dink ek kan bietjie vent.

 

As ek 'n motorfiets sien wil ek kotsend die see inhol.  As ek 'n vlootunivorm sien kry ek rukkings, as ek masseerolie ruik wil ek histeries aan die gil gaan.  As ek op 'n pad ry wil ek in trane uitbars.  Is ek dalk net oorsensitief?  Is al die fokkers daar buite heel normaal en ek weird?

 

Wel, whatever dit is, Mammie is Moerrig!

 

Vanaand begin ek met my kopieskryfkursus en oor 2 weke trek ek, so fokus maar op die nuwe, die hier en die nou.

 

Nie lus om te lek nie

Zazza

Die Spook  11/03/2012

Ek het nou onlangs maande afgestaan om 'n boek te spookskryf wat pas verskyn het.  Die feite is aan my gegee en ek het die storie rondom die feite geskep dat dit lees soos 'n roman met karakters en aksie en seks en die smeer.  Ek het seker sowat 'n derde van die roman geskryf in getal woorde.  Verder geskaaf en herskryf en orden.

 

Toe die boek nou uit is, word daar nêrens genoem dat ek betrokke was by die boek nie.  In fact, die setter word genoem, maar die persoon wat 'n derde van die boek geskryf het, is letterlik 'n spook.  Nou kom 'n interessante vraag by my op - wanneer is spookskryf plagiaat?  Of om die gespookskryfte dokument heeltemal as jou eie uit te gee?

 

Ek het die werk aanvaar met die gedagte dat ek ten minste ook op die voorblad sou pryk, of dan ten minste op die binneblad, maar niks.  Dis 'n interessante etiese vraag.  Ek lees die volgende in 'n artikel:

 

Is Ghostwriting Plagiarism?

The practice of commissioning an anonymous writer, or ghostwriter, to do one’s writing has been employed for a number of famous books and papers in the past, including official presidential biographies.  Examples of ghostwriting exist in almost every field – from politics to literature to scientific research.  Ghostwriting is an industry of its own; thousands of people make their living every year by writing anonymously.  Although ghostwriting has been historically accepted, it has been undergoing some criticism recently that it is considered a form of plagiarism.

According to the Merriam-Webster Online Dictionary, plagiarism means:

  • to steal and pass off (the ideas or words of another) as one's own
  • to use (another's production) without crediting the source
  • to commit literary theft
  • to present as new and original an idea or product derived from an existing source

Based on these definitions, the concept of ghostwriting at its base level is plagiarism.  After all, the whole point of ghostwriting is to hide credit from the real author and instead recognize another source. 

However, there are several factors based on different methods of ghostwriting that makes the subject not so black and white.

Depending on the industry and specific project, ghostwriters can have varying levels of involvement.  Some ghostwriters will do everything from start-to-finish including research, writing and editing.  Some ghostwriters will come in after the research phase and write the bulk of the work, whereas some are only employed to edit and rewrite a draft. 

The ghostwriter’s level of involvement is directly proportional to the publishing “author’s” involvement.  In some cases the person or company who commissioned the ghostwriting was actually deeply involved.  In other cases they really just put their name on the book or paper. 

In addition, ghostwriters can also be acknowledged to varying degrees by the author or publisher.  Some are given a byline and others are completely anonymous. 

Although there is a grey-scale for ghostwriting, it really comes down to this question:  if proper and legal consent is given to leave out the ghostwriter’s name, is it still plagiarism? 

 

Niemand het my toestemming gevra om my nie te noem nie.  Ek bestaan nie.  Ek is die spook.  Dis weird.

 

Die spook

aka Zazza

 

Die duurste slaai in die Suidelike Halfrond!  11/03/2012

Nou ja, dit sal my leer om nie direk op my admin bladsy te tik as ek nie 3G kan kry nie!  Ek het nou net 'n hele blog verloor.  Wel, hier probeer ek weer. 

 

Gister sit ek en 3 chicks af Waterfront toe vir middagete en movies.  Die keuse val op "My week with Marilyn" en toe moet ons besluit waar om middagete te eet.  Die Waterfront is op 'n Saterdag gewoonlik 'n plek wat ek ten alle koste vermy.  Dis manies.  Die een eetplek na die ander is vol en van die in die groep is anti-vis, so dit kruis nog 'n paar plekke van die lysie af.

 

Ons eindig uiteindelik by La Playa.  Die uitsig is mooi en ons kry maklik 'n tafel.  En nou weet ek hoekom!  Ek is tans op 'n baie streng Candida dieëet om die goggas in my maag in toom te kry en ek wil nou nie al my harde werk met brood en suiker beduiwel nie, so slaai is my voorland. 

 

Ek besluit op 'n Caesar Slaai en het so lus vir daai lekker eier bo-op en ansjovissous.  En toe word ek gekonfronteer met 'n bak coss-blare...en dis al.  O ja, ek jok, 3 ansjovisfilette en 3 croutons.  En 'n sprinkel parmesankaas.  Ek wroeg deur my bak blare en R68 vir die slaai later, loop ek nog meer moerrig en honger by die restaurant uit as wat ek ingeloop het!

 

So, my advies aan almal - krap onmiddellik La Playa van jul teelysie af.  Marilyn aan die ander kant was verruklik.  Michelle Williams se spel was ongelooflik en as sy nie op was teen die Iron Lady nie, dink ek het sy met 'n goue beeldjie weggestap.  Gorgeous verby.

 

Ek wil nog vir julle 'n kolom skryf oor Candida en jou sekslewe.  Julle het geen idee hoe daardie goggas in jou maag jou liefdeslewe kan beduiwel nie!

 

Lekker Sondag vir julle verder en onthou, wees lief!

 

Lekke

Zazza

 

Dolfyne!  09/03/2012

Hierdie link het iemand nou-nou op fb geplaas.  Dis te pragtig - gaan kyk hoe omtrent 30 dolfyne gestrand raak en hoe almal saamspan om hulle te red.  Te pragtig.

 

http://www.youtube.com/watch?v=ekmMD8oYtJ0

 

Lekke vir 'n verruklike naweek

Zazza

Nuwe Storie!  06/03/2012

Gaan lees onmiddellik die vurige, witwarm, liplekker (pun intended) storie uit die pen van Riaan van Wyk, "Adriaan J. de Ridder bied aan: Dis warm in Ceres", onder Kama Skryf!

 

Geniet

Lekke, soos gewoonlik

Zazza

 

 

Bebliksemd  16/02/2012

Ek is vandag besonderlik bebliksemd.  Ek is nie presies seker hoekom nie.  My dag het heel lekker begin met my Netwerk ontbyt en toe ry ek rustig deur kantoor toe en dis so om en by die tyd wat die bui begin het.  Ek dink dis seker ook ‘n oorblyfsel van die woede wat ek gister uitgeskryf het.  En ek is steeds bebliksemd.

 

Gister plaas iemand ‘n foto van ‘n klein dogtertjie wat lelik seergemaak is op FB en sê, “as jy teen geweld teen kinders is deel hierdie foto”.  Kinder molestering en geweld teen kinders is een van my hoof causes en ek deel toe onmiddellik die foto.  Vanoggend, in my semi-bebliksemde staat, kry ek ‘n uiters ongeskikte post op MY FB muur wat sê die person gaan my afhaal van FB af oor ek fotos van mishandelde  kinders op FB plaas.

 

OK.  Punt nommer een.  Dis MY gesig op daai kiekie, nie joune nie, so dis MY FB.  As jy nie hou van wat ek sê en doen nie, bogger van my fb af!  Blok my, haal my af, doen net wat de bliksem jy wil, maar moet my nie kom uitkak op my eie blad nie.

 

Punt nommer twee – toe kry ek hierdie boodskap (as deel van die post), die feit dat ek die kiekie deel, maak my nie ‘n kampvegter vir kindermishandeling nie, net ‘n toeskouer.  Ek doen nie eintlik iets nie.  Nou toe nou.  Teen die tyd weet almal en hul hond seker dat ek as kind gemolesteer en later psigies uitgemergel is tot ek naderhand my toys behoorlik gegooi het.  Ek blog daaroor, ek baklei daaroor, ek kak mense sommer uit as ek dink hulle is nie mooi met hulle kinders nie.  Verder lees ek vir kinders by ‘n skool as my werkslading dit toelaat, so om vir my te sê ek is net ‘n toeskouer piss my net af – as jy nie weet nie, moenie sulke kak stellings maak nie!  Ek was beslis nie ‘n toeskouer toe dit met my gebeur het nie!

 

Punt nommer 3 – dit kom toe uit dat die dogtertjie op die foto in pleegsorg in Engeland deur ‘n ander kind gebliksem is.  Ek praat nou hier van klein kinnertjies.  En dis die punt – daardie kind sou nie die ander een geslaan het as hulle dit nie in hulle lewe ken nie.  Daardie kind wat op daardie jong ouderdom daardie gedrag toon word verseker mishandel of het geweld om hulle.

 

Ek is eintlik nooit ‘n toeskouerr nie.  Ek het altyd ‘n opinie en raak altyd iets kwyt wat iemand iewers seker die bliksem in maak.  Die punt is, as ek op MY site iets sê wat jy nie wil lees nie – gaan weg.  Selle met my FB.  Wat maak jy daar as my prentjies van kinders wat seerkry jou so geweldig afronteer?  Dis mos makliker om nie gekonfronteer te word met die lelike dinge in die lewe nie.

 

Maar partykeer laat dit jou net weer die mooi goed waardeer.  En dis op die ou end wat belangrik is.  Wees lief en moenie iemand anders intensioneel seermaak nie.

 

Befoeterde lekke

Zazza

 

Jy is te nice!  15/02/2012

Toe ek 22 jaar oud was, toe dump my boyfriend my.  Hy was vir sowat 3 weke 'n bietjie van 'n doos.  Nee, in fact, langer as dit maar dit was in daardie 3 weke wat ek besef het iets is nie lekker nie.  Toe gaan ek eendag na sy woonstel toe en konfronteer hom.  Dit was iets soos, "daar is iets fout, kom ons gesels."  Jinne, toe's dit sy gap - nee, dit werk nie meer nie (kan nou nie die detail onthou nie), maar bottom line, "you are too nice".  Mmmm.  Curious.

 

Toevallig jarre later, word sy ouers en my ouers baie goeie vriende en moet ek hoor - nee, ek het te ernstig geraak en ek wou trou en kinder hê.  Op 22?  Is jy gepik in jou bol?  Ek is nou al VELE jare ouer en wil nogsteeds nie eintlik die picket fence en die 2.4 kinders hê nie.  Wat rook jy?  Interessant wat mense oor mekaar dink as hulle nie kommunikeer nie.  Sover ek weet is my opinie oor trou en kinders nooit gevra nie.  En wie is vandag getroud met kinders?

 

Met die laaste dude hoor ek, "jy probeer die perfekte girlfriend wees."  Ek word gesê om te ontspan en myself te wees en hy vind my fassinerend.  Wel, na 'n week van dood, ekse ontmoet, totale mental wobblies en geen kommunikasie (waar ek regtig my BF nodig gehad het), word ek gebel en kry daai "ons moet praat" stemtoon.  Toe is dit "off with her head".  Sommer net so.  Want, en dis my gunsteling deel van die hele storie...ek het net belangstelling verloor - wat het geword van ek is fassinerend 'n week van tevore?  

 

My goeie vriendin, die Prokureur, sê eendag vir my ek leef in my kop - wel, as ek kyk na hierdie klonge, lyk dit my ek is nie die enigste een nie!  

 

Vanmiddag sit ek op die Koeberg Wisselaar en bekyk die paartjie in die kar agter my.  Hulle is in 'n hewige gesprek betrokke.  Maar soos in he-wig!  Dis 'n geskree en 'n geswaai van arms en dit word net al hoe meer animated.  Toe ek weer kyk, dam die girl die dude by en klap hom dat die biesies bewe.  Ek raai, en hier gis ek geheel en al, dat die make-up seks vanaand awesomerowend gaan wees!

 

Nou is my vraag: ek probeer nooit teef nie, ek nag nie en probeer demokraties wees en wil nie voortplant nie en is so ver van konfensioneel dat ek al die anti-Chris genoem is.  Ek is redelik intellektueel stimulerend en nou nie 'n huis of 'n pispadda nie. Hou mans eintlik, secretly van tewe?  Wil hulle eintlik skel en skree en klap en jammer voel vir hulself oor hul wywe so aaklig is met hulle?  Dis nou die afgelope twee boyfriends se storie - my vrou (of dan nou eks-vrou) is/was so lelik met my.  Maar jy is te nice.  Nee rêrig!  WTF???????  Hulle is in 17/25-jarige verhoudings met die tewe, maar hulle is darem die "ma van my kinners en ek respekteer hulle".  Jy is net nie goed genoeg nie.  Hulle is so lelik met my, maar jy, nee a.  JY is te nice.

 

Get real mense - JULLE leef in julle koppe! En sorteer julle kak uit.  Hierdie labrador puppy wat so geglo het in die liefde en die mooiheid van die lewe en die goedheid in ander is nou seriously disillusioned.  En ek is die moer in vir die dose wat dit veroorsaak het.  Ja, ek is bitter en ek is kwaad en ek is seer.  Nogsteeds - en as nog een mens vir my sê "get over it" dan freak ek uit.  Ek is nou al weke stil.

 

Ek sê maar net.

 

Bitter lekke

Zazza

Die Dag met die hoofletter D  14/02/2012

Ek probeer myself al die hele dag weerhou om sarkastiese kommentare te lewer oor Valentysdag.  Hoe kan iemand wat so aangaan oor die Kosmiese Liefde en so aan, die Grinch van Valentynsdag wees?  Hoe is dit dat ek so bitter is oor die dag as ek so mal is oor die liefde?  Suur druiwe dalk?  Irritasie oor ek altyd single is op hierdie donnerse dag?  Ek is nogal baie so om en by Valentynsdag gedump of kom dan net so weer tot verhaal na die laaste dumping. 

Goeie titel vir ‘n Horror movie – The Last Dumping.  Nee, dit klink soos jou laaste toiletbesoek voor jy vrek.  Which is quite horrid.  Anyway, so hier word ek toe in die middel van die nag wakker en verlang my dood na my eks se dogtertjie.  Is dit weird?  Ek was omtrent in trane toe ek wakker word.  Toe dam iemand my ouma (wat al jarre dood is) by met ‘n paintball gun en sy is daarmee heen.  Nie ‘n goeie nag van drome nie.

Vanoggend sit ek weer af na die kantoor (dankie tog daar is tydelik ‘n kantoor om heen af te sit) en daar lê ‘n baba katjie op die kant van die snelweg. Morsdood.  Nou nie ‘n goeie begin aan die dag van die Vaaltyn nie!

OK, so as die dag my nie herinner het aan al die psigopate en die smeer wat ek nou al gedate het nie, dan sou ek die liefde seker besing het.  Ek sou dan seker ook liefdesgedigte kon skryf wat te kere gaan oor alles wat mooi is, in plaas van om altyd te skryf after the fact – ek kan blykbaar net skryf as ek in ‘n diepe depressie is.  Dis nou gedigte.  Ek het destyds my eks gewaarsku dat as ek begin dig moet hy weet daar is fout…’n week later toe is dit neusie verby.  Ai.

So, gelukkige Valentynsdag aan al die geliefdes wat iemand in hul lewe het en aan al die van on swat nie het nie, kom ons besing maar die idee van die liefde.  Ek is verlief op die rigting wat ek dink my lewe op die oomblik inslaan.  Ek is verlief op die feit dat ek gister my boek in druk gesien het (OK, ok, moenie te opgewonde raak nie – dit was ‘n paar digitale kopieë wat ek laat druk het vir bemarkings doeleindes).  Ek is verlief op die moontlikhede wat op Afrikamasutra wag en so kan ek aangaan.  Dis nou nie dieselfde as ‘n doos tjoklits of ‘n bos rooi blomme van my ewige beminde nie, maar anders sal ek seker hier sit en tjank.  Haai – dalk moet iemand volgende jaar tjoklit dose maak vir Valentynsdag!

 

Anyway, hêppie hêppie.

 

Tjoklit lekke

Zazza

 

 

Wys vandag jou krakie  25/01/2012

An elderly chinese woman had two large pots hanging on the ends of a pole which she carried accross her neck.  One of the pots had a crack in it while the other pot was perfect and always delivered a full portion of water.

At the end of the long walks from the stream to the house, the cracked pot arrived only half full.  For a full two years this went on daily, with the woman bringing home only one and a half pots of water.

Of course the perfect pot was very proud of its accomplishments.  But the poor cracked pot was ashamed of its own imperfection, and miserable that it could only do half of what it had been made to do.

After two years of what it perceived to be bitter failure, it spoke to the woman one day by the stream.

"I am ashamed of myself, because this crack in my side causes water to leak ou all the way back to your house."

The old woman smiled, "Did you notice that there areflowers on your side of the path, but not on the other pot's side?  That's because I have always known about your flaw, so I planted flower seeds on your side of the path and every day while we walk back, you water them.

For two years I have been able to pick these beautiful flowers to decorate the table.  Without being just the way you are, there would not be this beauty to grace this house."

 

Mmm.  Laat mens beter voel as jy dink jy is nie perfek nie.  Dink aan jouself as 'n duur en rare Persiese tapyt wat 'n foutjie in moet hê.  En waardeer dit ook in ander.

 

Wees lief!

Lekke

Zazza

Iets vir die Vrydag  20/01/2012

Iemand stuur nou net vir my die grappie - ek het gedink dit was baie snaaks!

 

Patymaal wil mens net van voor af begin.  Al die stof uitvee en sommer net ontslae raak van al die gemors.  Ek begin gewoonlik by my hare.  So, vanoggend het die hare gewaai!  Alles.  Dis gewoonlik wat ek doen na 'n verhouding.  Hulle sê ons selle het 'n geheue en my hare is baie selle wat baie seer herinneringe van die afgelope 2 jaar het.  

 

Dis sommer in hierdie Kaapse hitte ook goed!  

 

Mag dit 'n verruklike naweek wees en 'n jaar van nuut begin, verlief raak, kreatief wees en uitbundig lewe!

 

Lekke

Zazza

Moenie kak soek met \'n vrou wat lees nie!  18/01/2012

One morning, the woman's husband returns the boat to their lakeside cottage after several hours of fishing and decides to take a nap.  Although not familiar with the lake, the wife decides to take the boat out.

She motors out a short distance, anchors, puts her feet up and begins to read her book.  The peace and solitude are magnificent.

Along comes a Fish and Game Warden in his boat.  He pulls up alongside the woman and says, "Good morning, Ma'am.  What are you doing?"

"Reading a book," she replies, (thinking, "Isn't it obvious?")

"You're in a Restricted Fishing Area," he informs her.

"I'm sorry, officer, but I'm not fishing.  I'm reading."

"Yes, but I see you have all the equipment.  For all I know you could start at any moment.  I'll have to take you in and write you up."

"If you do that, I'll have to charge you with sexual assault," says the woman.

"But I haven't even touched you!" says the Game Warden.

"That's true, but you have all the equipment.  For all I know you could start any moment."

"Have a nice day ma'am," and he left.

 

MORAL: Never argue with a woman who reads.  It's likely she can also think.

 

Take That!

Zazza

Groundhog Night!  14/01/2012

Sjoe, maar Vrydag die 13de het my uitgeput.  Nie oor dit iets met die 13de te doen gehad het nie, dit was net vol en druk en besig.  Dit voel vanoggend of ek 'n marathon gehardloop het en die naweek moet ek 'n boek klaarskryf!

 

En dan natuurlik is daar die nagte.  Elke nag, soos klokslag, droom ek van my demone.  Dis elke nag so 'n rotasie.  Party aande skryf ek eksamen en ek het nie geleer nie.  Ander aande trek ek - en meestal is die trek al weg, maar daar is nog 'n klomp goed in my huis oor wat nie gepak is nie.  Swembaddens feature ook baie - ek is 'n baie goeie swemmer, maar het hierdie onverklaarbare fobie (seker van daar fobie) vir publieke swembaddens.  Of net onbekende swembaddens.

 

Dan kom ons by die mees indringende droom deesdae - oor die Padman.  Oor en oor.  Ek probeer met hom praat, hy ignoreer my.  O nee wag, dis die realiteit.  Ek wens ek kon so 'n prosedure laat doen soos in "Eternal Sunshine of the Spotless mind".  Alhoewel jy weet dat jy dan die goeie met die slegte laat uitwis is die herinnering net so pynlik.  Die onthou so onwillekeurig.  Die konstante vergeet dat my maatjie weg is en ek vir hom iets wil sê.  Die hele godlike dag lank.  En dan nou deesdae in die nag ook.  

Sien julle, uitputtend!  Ek dink altyd oor die absolute finaliteit van die dood, maar ek dink 'n break-up met 'n partner is erger.  Ten minste as die persoon dood is, dan kan jy nog met mense daaroor praat.  As jy na 'n break-up net te lank seer is, dan begin mense dink jy is kranksinnig, so nou bly jy maar stil.

 

En dit maak nie saak wat die realiteit was nie, hoe 'n verhouding nie perfek was nie, hoe geen mens op hierdie planeet perfek is nie, hormone en verliefdheid is onverklaarbaar.  Jy is net mal oor daardie mens, ten spyte van alles.  al speel jy die refrein van "ek het net belangstelling verloor" oor en oor in jou kop en probeer jy jouself herinner dat dit nie nice was nie.

 

Dis regtig soos seks sonder 'n orgasme.  Dis so onvolledig.  Nou speel dit net oor en oor in my kop soos 'n movie.  En daardie dawerende stilte maak my waansinnig.  Die verlange.  Die seer.

 

Nou ja toe, laat ek die dag begin.  Sanik sal ook nie help nie né?  

Lekke vir 'n feestelike naweek!

Zazza

Volmaan, weerwolwe en eekhorings  09/01/2012

Volmaan.  Ek wens ek kan in iets verander - weerwolf, klip, eekhoring (hulle lyk gewoonlik heel jolig, behalwe natuurlik as roadkill).  Hoe kan iets wat almal jou probeer wysmaak nie moes gewees het nie, so seer wees?  Of nie reg was nie, of nie bedoel nie of watse pop psychology hulle almal kwytraak.

 

In die lig van selfbeskerming, het ek die manier om mense op Gesigboek te blok.  As iemand my seergemaak het, wil ek nie sien hoe gelukkig hulle is of hoe wonderlik hulle lewe nou is nie.  En daar wys iemand my vanmiddag die mooiste foto van my eks wat ek seker nog ooit gesien het.  Hy is pragtig en daar word iets gesê soos "available, cultivated Capetonian" met skaterlag kommentare en whoops van almal wat so bly is om hom weer gelukkig te sien.  Hy is dan mos nou ontslae van sy ou bal en klou (wat is dit in Afrikaans?  Bal en klou klink vir my reg...).

 

En daar tref dit jou.  Hy het niks om oor te kom nie.  As hy belangstelling verloor het in die eerste plek en nie gevoel het soos hy moet nie, dan is dit mos vir hom 'n verligting, dan nie?  En hier dog ek altyd mense weet so half hoe dinge staan tussen hulle.  Hoe kan mens so geheel en al af wees met hoe jy dink iemand oor jou voel?  Makes you think, doesn't it?  Om Nedbank in die 80's te quote.

 

Anyway, vanaand sit ek so saam met die ouders en eet en ek vertel hulle van my peet-yorkie wat ek die afgelope tyd opgepas het.  En ek vertel hulle van die keer toe Bella my broekie opgeëet het - ja, opgeëet!  Ek het so 'n mooi, sexy, swart boycut broekie wat ek altyd (ge)dra (het) as ek uitgaan.  Die aand gaan ek uit (seker maar met die Padman) en ek kom by die huis en trek my klere uit.  Die broekie lê so op my hopie wasgoed en ek karring in die huis rond.

 

Later wonder ek hoekom is Bellatrix so stil.  Ek hoor nie 'n piep uit haar uit nie.  Ek gaan kyk in die kamer wat van haar geword het en daar lê sy met my broekie!  En ek hoor net sulke suiggeluide soos sy eet.

 

Nou wil die ma weet hoeveel van die broekie het Bella toe geëet.  Wel, die HELE insetsel.  Jy weet, daai dele wat natuurlik vir haar te lekker geruik het.  Nou wil sy verder weet - het Bella broekie gepoefie die volgende dag?  En ons kry naderhand omtrent stuipe soos ons lag.

 

En daar is 'n storie wat ek weet Padman nooit gehoor het nie. Nie dat ek dink hy dit noodwendig sou snaaks vind nie, maar hoe vervelig kan een mens wees?  Hoe kan mens net belangstelling verloor as my ma, wat pretty much alles van my weet, steeds stories hoor by my wat sy nog nie gehoor het nie én dink ek is snaaks.  Ek bly daagliks nogsteeds vir haar interessant!

 

Nee wat, ek kyk na die volmaan wat soos 'n groot Parmagiana in die lug hang en ek kry seer en ek begryp steeds nie.  Virgo of te not, incompatible of te not, meant to be of te not.  'n Deel van my is dood en die res gekneus.  Ek voel of ek nie asem kry nie, want my binneste is uitgeruk.

 

Ja, OK, ek wallow in die publiek...julle kan my as huilebakker huur vir begrafnisse en Barmitzvas!  Solank ek nie weet hoe om oor hierdie pyn te kom nie, sal ek skryf.  Hou maar op lees as julle wil!

 

Lekke (aan my eie wonde)

Zazza

 

 

 

 

 

Voorlesing uit Afrikamasutra!  29/12/2011

Gaan luister bietjie na my voorlesing uit Afrikamasutra op SLiPnet:

 

Afrikamasutra Voorlesing

 

Zazza

Artikel van die Good Men Project - lees nou!  29/12/2011

Words Are Not Fists: What the Twitter Blow-Up Tells Us About Men, Women, and Anger

By Hugo Schwyzer

 

“One of [the] childish things adult men must put away is the need to deflect, belittle, or exaggerate women’s anger.” 

EDITOR’S NOTE: This post was originally due to run on December 19. In fact, we posted it for a short while, pulled it down, and Hugo Schwyzer ultimately resigned when we couldn’t come to an agreement over his perceived censorship of this post and his role moving forward. The post first ran on his blog under the title “Why I Resigned From The Good Men Project.” We are publishing it now with Hugo’s knowledge and permission.

♦◊♦

One of the most popular articles of the year (and certainly one of the most-viewed here at GMP) is Yashar Ali’s now thoroughly viral Why Women Aren’t Crazy. Referencing an old film, Yashar coined the simple term “gaslighting” to describe the way in which men undermine women’s self-confidence through subtle (and not so subtle) insinuations that women’s feelings are unreasonable. I’ve thought about Yashar’s piece quite a bit as I’ve reflected on the recent Twitter blow-up between GMP founder Tom Matlack and a number of well-known feminist writers. (For more, see here, and here, and here.)

I’ve also remembered an incident from a women’s studies class of mine many years ago. It was a typical course: perhaps 30 women and 6 men. Most of the guys had been quiet all semester long. But one (there is often such a one) was a talker. “Kevin” liked to stir the proverbial pot; a member of the college’s forensics team, he was a skilled debater who liked to argue. Many of his female classmates argued back, not infrequently getting the better of him, which spurred Kevin to try even harder to instigate arguments.

One day, Kevin came to class with a duffel bag. I thought little of it, until—in the midst of a discussion about men and feminism—he reached into the duffle and pulled out a football helmet. “I know I’m gonna get killed for what I’m about to say,” he announced dramatically. “I brought some protection.” Kevin then strapped the helmet on as his classmates and I stared in shock. I told him to cut out the cheap theatrics, but not before he’d made a powerful point, though I’m confident it wasn’t the one he intended to make.

Kevin’s gag with the football helmet was designed to send a signal about women and anger. The message he wanted to send was, as he told me later, that “feminists take things too seriously and get too aggressive.” The message he actually sent was that men will go to great lengths to try and short-circuit women’s attempts at serious conversation. The helmet was an effort to label those attempts as “male-bashing” or “man-hating.” The hope was that it would shame uppity feminists into biting back their anger; of course, Kevin only ended up inflaming the situation. In less dramatic ways, I’ve seen men use this same tactic again and again.

♦◊♦

What bothered so many of us about the Twitter conversation about feminism was that Tom Matlack trotted out (as so many men do) that same tactic of attempting to silence women’s anger by suggesting that it poses a threat. Tom tweeted at Jenn Pozner that some men are afraid to speak up out of fear of female reprisals. Kind of being proven right here. Now Jennifer Pozner is a well-known feminist media critic, but she’s hardly in the position to carry out “reprisals” against anyone for speaking out, not that she would if she could. Nor was Jenn (or Kate Harding, or Amanda Marcotte) engaged in throwing stones, which didn’t stop Tom from describing the “pelting” he was taking from feminists.

A short while later, Tom tweeted I really thought the MRA guys were crazy until I engaged the wrath of the feminists. Insane. Though I doubt Tom thought this through clearly, this is the textbook “gaslighting” to which Yashar refers. No feminist had called Tom a name equivalent to the names he (and I) are regularly called by MRAs (“mangina” is the epithet of choice from the Basement Boys); it didn’t matter. Jennifer and Amanda were “insane.”

Seemingly innocuous words often have a profound charge depending on how and by whom they’re used. Tom knows, surely, how problematic it is to use the word “boy” to refer to an African-American. It’s not a curse word in most contexts, but when used by a white person to refer to an adult black male, it’s steeped in the long and painful history of racism in America. What many men fail to understand is that accusing a woman of being insane or of engaging in reprisals merely because she’s expressing forceful disagreement has an equivalent ugliness. If that seems hyperbolic, google the word “hysteria.”

All of this behavior reflects two things: men’s genuine fear of being challenged and confronted, and the persistence of the stereotype of feminists as being aggressive, wrathful, “man-bashers.” The painful thing about all this, of course, is that no man is in any real physical danger on the internet—or even in real life—from feminists. Women are regularly beaten and raped, but I know of no instance where a man found himself a victim of violence for making a sexist remark in a feminist setting! “Male-bashing” doesn’t literally happen, in other words, at least not as a result of arguments over feminism. But that doesn’t stop men from using (in jest or no) their own exaggerated fear of physical violence to make a subtle point about feminists.

♦◊♦

There’s a conscious purpose to this sort of behavior. Joking about getting pelted (or putting on the football helmet) sends a message to women in the classroom—and online: “Tone it down. Take care of the men and their feelings. Don’t scare them off, because too much impassioned feminism is scary for guys.” And you know, as exasperating as it is, this kind of silencing language almost always works. Time and again, I’ve seen it work to silence women in the classroom, or at least cause them to worry about how to phrase things “just right” so as to protect the guys and their feelings. It’s a key anti-feminist strategy, even if that isn’t the actual intent of the men doing it—it forces women to become conscious caretakers of their male peers by subduing their own frustration and anger. It reminds young women that they should strive to avoid being one of those “angry feminists” who (literally) scare men off and drive them away.

This doesn’t mean that a “good man” is always in the wrong when he’s arguing with a woman. It does mean that when men and women argue about gender justice, women are more likely to have insights that men have missed. Here’s the basic axiom: power conceals itself from those who possess it. And the corollary is that privilege is revealed more clearly to those who don’t have it. When a man and a woman are arguing about feminism—and the women involved happen to be feminists and the man happens to be an affluent white dude—the chances that he’s the one from whom the truth is more obscured is very high indeed. That’s as true for me as it is for Tom Matlack.

I’ll say it a thousand times. I respect and admire Tom Matlack for what he’s done to start this conversation, even as I disagree with him about the degree to which men and women are really different. I disagree with his take about being “attacked” by feminists, as I don’t see the evidence of animus towards him that that word implies. But the real disagreement we have is, I think, a bigger (though not necessarily insurmountable) one.

This is the Good Man Project, and as I’ve said a time or nine, I think the opposite of “man” is not “woman”, but “boy.” At the heart of the reason I joined GMP was because I believe we live in a culture where too few adult males assert the grown-up virtues of self-control, responsibility, and manifested empathy. Being “manly” is less about traditional machismo than it is about what the Apostle Paul calls the putting away of childish things. And one of those childish things adult men must put away is the need to deflect, belittle, or exaggerate women’s anger.

 

Donker digwerk vir die seer hart  28/12/2011

Die Markies de Sade

 

My gil van pyn

laat jou net kyk.

Onbeweeglik, strak en stil.

 

My bors is oopgeruk en

‘n hart lê en uitdroog

in die son.

 

‘n motgevrete Kraai

met vuil, swart vere

pik aan die verskrompelde orgaan.

 

Die tjank lê vlak

soos ‘n bol snot

wat ek nie uitgehoes kan kry.

 

Jy gooi die masker by my voete neer,

draai om

en stap dan rustig weg.

 

‘n Hele sub-kultuur

is tog na jou vernoem.

My kinders sal altyd eerste kom  23/12/2011

"Nobody can go back and start a new beginning, but anyone can start today and make a new ending."

 

Ek en my niggie praat nou die dag oor verhoudings op ons ouderdom.  Dis nou daardie ouderdom waar jy in die tweedehandse karmark is.  Almal om jou het getrou en kinder gehad en is nou weer aan die skei of is reeds geskei.  Om een of ander rede het ons die eerste rondte gemis.

 

En so praat ons oor die verskillende verhoudings wat ons al gehad het en die rare goed wat die mans in ons lewens al kwytgeraak het.  Die mees oorgebruikte sin, natuurlik – “my kinders sal altyd eerste kom”.  Of my gunsteling wat Saterdag aan my oorgedra is (dis nou na die “ek het net belangstelling verloor”) is “jy sal altyd tweede kom.”

 

Nou, punt nommer een is, ek het nie geweet dis ‘n kompetisie nie.  Hoekom moet daar ‘n ranglys wees?  Ons weet almal dat kinders gekoester en beskerm moet word.  As nuwe maat in die persoon se lewe wil jy regtig absoluut niks doen om daardie verhouding te kompromeer of weg te wens nie.  Indien enigiets, wil jy deel word van daardie verhouding en daardie familie dinamiek en die oomblik as jy begin lief word vir daardie kinders, wil jy ook net die beste vir hulle hê. 

 

‘n Familieband en liefde het niks met bloed te doen nie.  My stiefpa is niks anders as my pa nie.  Daar is geen sprake van ‘n verskil in gevoel tussen wat ek vir my ma voel en wat ek vir hom voel nie.  Ons is onteenseglik deel van mekaar.

 

As grootmense, is ons op dieselfde vlak.  As jy in ‘n verhouding met iemand is, is dit ‘n verhouding van gelykes.  Die verhouding wat jy met jou  geliefde het is geheel en al anders as jou verhouding met jou kinders.  Die twee is ook nie wedersyds eksklusief nie.  Hulle behoort in harmonie deel van dieselfde prentjie te wees.

 

‘n Stelling soos, “my kinders sal altyd eertse kom” is ‘n aggresiewe stelling.  Dit verbaliseer die voor die hand liggende, dit wat ons klaar weet en aanvaar.  Dit dui egter daarop dat die ouer iewers hulself en hul fokus verloor het.  Daardie verhouding met jou kinders word al wat jou definieer.  Dit raak ongebalanseerd.

 

As mens, wil ons almal gekoester en liefgehê word.  Jy wil ‘n maat en vertroueling wees.  Jy wil ‘n grootmens verhouding met ‘n ander grootmens hê – ‘n verhouding wat geheel en al anders is as die een met jou kinders.  Niemand wil emosionele oorskiet hê nie.  Almal wil voluit liefgehê word.

 

Op hierdie skaal, met ‘n stelling soos “my kinders sal altyd eerste kom”, beteken dit dat daar ‘n beperkte hoeveelheid gevoel en emosie is.  Dat as jy jou kinders klaar liefgehê het, dan is daar ongelukkig niks vir jou oor nie.  Sorrie vir jou!  Hoe orden jy dan jou liefde vir jou verskillende kinders volgens hierdie ranglys?  Is die een vir jou meer belangrik as die ander, want jy voel dan in ‘n hiërargie.

 

Dit is een van die moeilikste dinge om pappa of mamma se nuwe meisie of kêrel te wees.  Daar is ongedefinieerde grense wat gestel of verskuif word.  Daar is intense emosies betrokke en op die ou end is al wat enigiemand uit die deal wil hê, tog liefde.  Hoekom moet dit nou nog verder gekompliseer word deur ‘n hiërargie wat slegs in daardie persoon se kop bestaan?

 

As die onlangs gedumpte meisie van die pa met die vele kinders, het ek hierdie eerstehands ervaar.  Die ding is dat jy nie net daardie persoon verloor nie, jy verloor almal.  Die kinders, die eks vrou, die boeties en niggies, selfs die ma en die pa.  Dis ‘n gros van ongeveer 20 mense wat met een swiep uit jou lewe uitgewis word, never to be met with again (om Lewis Carroll aan te haal).

 

Ons lewens en ons liefdes is organies en beweegbaar.  Die liefde is nie ‘n kompetisie nie.  Ons harte het ‘n geweldige kapasiteit en daar is baie, baie liefde om om te gaan.

 

Moenie die begrip en liefde van jou maat onderskat in ‘n nuwe verhouding waar daar ekse en kinders betrokke is nie.  Onthou, jou verhouding met jou kinders is ‘n given.  Julle sal altyd daar wees vir mekaar.  Die Liefde, daai een met die hoofletter L, is egter die ontwykende een.  As dit kom klop aan jou deur, gryp dit aan.  Aanvaar dit. 

 

Jou kinders word groot en beweeg aan en jy word nie gedefinieer deur jou kinders nie.  Resepekteer jou maat genoeg om hulle begrip en integriteit te vertrou – hulle is net so lief vir jou kinders en dra ook net hul belange op die hart.  Maar, jou geluk en liefde is uiters belangrik.  Sonder geluk, gaan jy ook nie vir jou kinders kan wees wat jy wil nie.  Dan word jy hierdie hartseer dop waaroor jou kinders hulle net bekommer en vir wie hulle op die ou end jammer voel – ek weet, ek het dit in my eie lewe gesien.

 

Dis ‘n stil Kersfees met min karakters.  Ek mis my nuutgevonde en kortstondige familie!  Die hartseer en verlange sit in my keel soos ‘n bol slym wat ek net nie uitgehoes kan kry nie.

 

Liefde

Zazza

 

Nou ja toe  18/12/2011

Daar het jy dit.  Ek het nou al elke cliché wat daar bestaan oor die liefde die afgelope twee weke gehoor.  As dit nie was oor hoe dit nie bedoel was nie, dan moet jy jouself liefhê en jou geluk hang nie van iemand anders af nie...ja, dankie vir al die psycho babble wat ek ook al gelees het en gedink het is oulik.

 

Wel, hier is nog een - elke einde is 'n nuwe begin.  Wil julle ook al opgooi?  Anyway, die beste break-up line tot dusver is, ek het net belangstelling verloor.  So, ek voel vandag so goed oor myself en soos die mees innemende en interessante mens op hierdie planeet.  Nie alleen wil jy nie meer in 'n verhouding wees nie, nee, ons het sommer net belangstelling verloor.  Ek dink dis hoekom dit help as die seks ten minste goed is.  Dan hou die belangstelling effens langer.

 

Anyway, dis nou verby en ons gaan 2012 met geen addisionele baggasie binne.  Net my eie wat ek in die Nuwe Jaar mooi sal begin regpak en uitsorteer.

 

My laaste uitskryf:

 

Paint it Black

 

Ek wil my verlustig in kak poësie.

Jou uitskryf, afskryf,

beskryf of dalk selfs herskryf?

As no. 9 op jou speed dial

was dit nie bedoel,

want jy het net nie genoeg gevoel.

 

Sweis my toe in

'n geseëlde kis.

Vat swart verf

en verf mooi netjies toe.

Laat sak my nou in die diepste see

vir ewig uit jou hart gevee.

 

Nou ja, vernuwende lekke vol cliché's

Zazza

The Adjustment Bureau  16/12/2011

Ek en die shrink gaan op hierdie goddellik dag in die Kaap gou vir 'n koppie koffie daar by die sie.  Ek moet werk, maar ek voel of ek gaan stapel gek word.  Ek moet net uit en iets effens lekker doen.  Altwee van ons voel op die oomblik of ons deur die Adjustment Bureau herstel moet word.  Reset.  Begin weer. Vee alles wat vooraf gegaan het uit en herprogrammeer.  Jy weet, soos jy met jou Appeltjie kan doen.  Force Quit!

 

Nou op die radio speel soveel memories - dis Zorba.  Happy.  Hy laat my wens ek sit nou op 'n Griekse eiland sonder enige bekommernisse.  Saam met my Geliefde.  Nie sommer enige geliefde nie, nee.  Toe Moon Shadow van Cat Stevens - my en die Prokureur se anthem opppad om te gaan kamp in Ceres saam met die Religious Mountain Goats, Jack Daniels en John Fowles.   

 

En nou, die Sunscreen Song.  Ai, die herinneringe.  "Don't be reckless with other people's hearts" en "Keep your old love letters."  Ek sit en wag vir my Padman om my te bel om vir my te vertel wat de bliksem in sy kop aangegaan het, sodat ek kan verstaan, begrawe, aanbeweeg?  Ek het 'n gat in my bors en nie eers een enkele liefdesbrief om te hou of herlees nie.

 

Ek maak myself mal met die wag en wonder en glo dat hy wel sal bel, soos beloof.  Maar dit was seker maar net om van my ontslae te raak.  Hoe kan mens so verkeerd wees oor hoe iemand oor jou voel?  Donkerte en hartseer hang om my en dit maak nie saak wat ek doen nie, dit oorweldig my.  Dis somer, Desember, vakansie en ek is die Grinch. Ek haat vandag die son, mense wat glimlag, kinders wat baljaar en honde wat hardloop.  Ek wil hê die hele wêreld moet saam met my swart dra.  Swart voel.  Swart sien en swart proe.  

 

I see a whole world, never maaind 'n door and I want it to turn black.  No colours anymore, I want them to turn black.

 

Ek will wallow en ween en mourn.  Ek wil nie glimlag nie.  Ek wil nie hoor hoe "it wasn't meant to be".  Ek wil geen logiese argumente hoor van hoeveel beter ek af is nie.  Ek is seer en swart en so wil ek wees.  Vir nou.  Wagtend.  Swart.

 

Ten minste sus Brahm's se Vioolkonsert my nou.  Dis beter as mense met woorde.

 

Swart lekke vir vandag

Zazza

 

5 Sexual Positions to drive her Wild!  16/12/2011

#1: WET HANDS

 

Yep, it is the wet hands technique. Certainly one of the most popular among most women polled for this article. So simple. So exciting. You will leave her breathless.

 

 

-Fill the kitchen sink up with hot water and add a few drops of a scented dish liquid. Not too many, you don't want it to be harsh. There are many very nice scents out now, from vanilla and lavender to grapefruit. It is completely up to you.

-With a soft cloth in your hands plunge your hands into the water and get the cloth very wet.

-Now, moving slowly and gently place a dish in the water and rub the cloth across the surface of it... over and over again.

-Place the dish in clean rinse water and repeat until she is moaning with pleasure.

 

 

#2: VIBRATE ME BABY

 

This technique utilises what many women think of as toys… it is a little more difficult and takes a little more muscle. Extra credit on this one if you wear a black 'wife beater' shirt at the same time. Are you man enough?

 

 

- Carefully pull the vacuum out of where it has been stored. You know you want to.

-Plug it in and push all the right buttons.

- Slowly move back and forth and back and forth across the carpet, you will know when to move to a new spot.

-Move to the next spot and repeat as long as it takes to get results.

 

 

#3: THE WET T-SHIRT GAME

 

This game is pretty easy, although you will have to think quickly while in the midst of getting your game on. If you can handle the amount of agitation and vibration in the first few minutes you will be okay until the end.

 

 

- You will need two piles... no I did not say poles, I said piles.

-Put everything white and light coloured in one and everything dark coloured in the other.

-Fill the washing machine with warm water and laundry soap (this is imperative... use the amount suggested by the manufacturer).

-Add the light pile. Close the lid.

-Write her a love letter about how great her eyes are while you are waiting for it to finish.

-Repeat with the dark colours except use cold water.

-Quick note: If your wife is screaming "Yes! Yes! Yes!" Don't stop what you are doing... that is called domesticus interruptus and it really is frustrating for women.

 

 

#4: WHAT GOES UP MUST COME DOWN

 

This is best used as a quickie, whether in the middle of the night or during a chaotic afternoon. She simply can't say no to this.

 

-When you put the toilet seat up, put it back down.

-Every time.

 

 

#5: TONIGHT IT'S ORAL GRATIFICATION

 

I know... I know... you almost can't take any more verbal titillation. Good thing this is a short list. This last one is amazing. It is incredible... it definitely saves the best for last. This one will take some time to master. Work on it while using other techniques several times a week and then just expose your big secret to her when she least expects it. If you already know this technique you should be using it to its full potential by adding to your repertoire of tricks.

 

 

-Learn to cook a whole meal.

-When she has had a particularly rough day run her a bath, preferably aromatic with LUSH bath stuff.

-While she is bathing fix your incredible dinner (hot dogs and popcorn does not count)

-While she is still relaxed from the bath and satiated with dinner proceed to technique #1.

 

Ok guys - GO GET 'EM!!!!!!

 

Will the real Phantom please stand up!  14/12/2011

Take Two!

 

Na die disaster van die nat vloer, sit ek en die Shrink gisteraand af na die Kunsteskaap om weer te probeer.  Ek is veronderstel om daar te wees met my Padman, maar die is nou nie meer nie en ek sit toe met die kaartjies.  

 

Ons trek ons mooi aan en val in die reën in die pad.  Dis soos gewoonlik 'n totale verkeerskonfyt om by die parkering in te kom, maar ons is in en ons loop.  Verby die busker, wat my en my ma se persoonlike Charity Case is, tot in by ons sitplekke.  En daar sit iemand op ons sitplekke!  Ek vra nie of hulle die regte plekke het nie, want ek aanvaar mense is nie so dof om op die verkeerde plekke te gaan sit nie en aangesien hierdie spesiaal uitgereikte kaartjies is, dog ek daar is nou weer 'n tegniese fout.

 

Ons hol agter 'n usher aan, wat kom check en so wragtie - die tweetjies sit op ons plekke!  OK, ons sit en sommer onmiddellik begin dit.  En ons word meegesleur in die wêrels van die teater en die liefde en die donkerte.  Dis asemrowend.

 

Ongelukkig was Magdalene Minnaar as Christine vals en ek het hoendevleis gekry.  Nie van die lekkerkry nie!  Die vorige keer het Robin Botha bekoor as Christine, maar Magdalene het geklink of sy haar stem ooreis.  Hanlee Louw as Carlotta was subliem verby en Anthony Downing as Raoul was lief en sweet met 'n suiwer stem.

 

James Borthwick en Jason Ralph as Monsieurs Frimin en André was hierdie keer nóg meer bekoorlik en Ralph se stem is net ongelooflik.  Hy is ook 'n fenominale akteur.

 

En nou kom ek by die eintlike ster van die show.  Jonathan Roxmouth is nou maar net eenmaal fantasties.  Toe hy sy mond oopmaak as Phantom, toe weet ek hier kom 'n ding.  As Raoul die laaste keer, was ek totaal en al smoorverlief op hom.  Hierdie keer was ek as Phantom totaal en al verlief en daar was geen ooreenstemming met die twee rolle nie.  

 

Die krag van sy stem, sy spel, sy energie - dis ongelooflik.  Op 24 het hy seker nog die stamina om al die ander Phantoms uit te stof, maar hierdie mooie man met daai kragtige stem het die hele show gesteel!  

 

Dit was net ongelooflik!  Ek het 'n traan weggepink gedurende "All I ask of you", want langs my, het nie my Padman gesit nie.  Maar ek het met 'n lied in my hart en 'n glimlag op my gesig saam met die Shrink daar uitgeloop.

 

Phantasmagories Lekke

Zazza

Wil jy my kys wees?  11/12/2011

In ons daaglikse omgang en verhoudings met mense het ons ‘n sekere verantwoorelikheid teenoor mekaar.  Ons is verbind daartoe om mekaar te koester, nie doelbewus seer te maak nie en mekaar met liefde en respek te behandel.  Of jy nou in Woolies met die kasier praat en of jy tee drink saam met jou ma of jou girlfriend uitneem vir roomys.

 

Maar, in ‘n sameleweing wat al hoe meer intollerant word vir dit wat ons nie wil hê nie, doen ons net wat ons wil.  Met ander woorde, dis nou ‘n verbruikersmark.  ‘n Tyd van instant gratification.  Dit wat jy nou wil hê sal jy kry.

 

As jy nie meer van daardie produk hou nie, los hom – daar is nog baie ander soos hy op die rak.  Musiek?  As Robbie Wessels jou vies maak, dan is daar altyd Kurt.  Motors?  Jy hoef nie nou meer net te kies tussen ‘n swart Ford en ‘n swart Ford nie, nee jy kan kies en keur tussen enjin grootte en kleur. 

 

Jy hoef niks te doen wat jy nie wil nie.  Alles wentel nou om die verbruiker – wat is vir my lekker, wat werk vir my en wat wil ek hê.  Wat gaan my lewe vir my lekkerder maak.

 

Het ons liefdesverhoudings ook so geraak?  Dis nie meer nodig om te trou as jy langtermyn saam met iemand wil wees nie.  Jy kan saam bly, saam wees, saam kinders hê, alles op jou eie terme.  Niemand hoef meer by enige tipe reëls te hou nie.  Doen net wat jou gelukkig maak.  Die vryheid is joune.

 

So, wie en wat bepaal dan hoe ons met mekaar omgaan as geliefdes?  Niks en niemand.  Nou maak jy maar staat op ‘n ingeboude of aangeleerde integriteit.  Jy hoop maar die persoon met wie jy betrokke gaan raak neem jou ook in ag.

 

So ‘n ruk gelede word ek gevra om te kys – ja, so ‘n regte outydse, “sal jy asseblief my girlfriend wees”.  Ek kuier heel lekker saam met die man, ons gaan uit, hou hande vas, soen, praat tjol, alles heerlik, maar hier word ek toe spesefiek gevra om sy girlfriend te wees.  Wow!  Te oulik.  Ag, my hart wil sommer uit sy kas uit spring en ek dink hiermee saam kom nou respek en in agname en liefde.

 

Dit gaan goed vir so ‘n rukkie, maar soos die lewe dit nou maar bepaal, kan mens nie altyd gelukkig wees nie.  Alles kan nie altyd presies gaan soos ons dit wil hê nie en daar gooi die Heelal so ‘n paar klippies in die pad.  Daar is misverstand en onmin en spanning en toe dood rondom ons – nie tussen ons nie, rondom ons.  So ‘n maand van werklik intense emosies.  En natuurlik spoel hierdie emosies deur na jou verhouding toe.  Maar, jy het ‘n “kontrak” met daardie persoon.  Julle is lief vir mekaar (of behoort te wees) en is daar vir mekaar vir die op en die af.

 

Maar nee, op ‘n dag kry jy ‘n oproep – een van daai, ons moet praat oproepe.  Jy kan nie eintlik onthou wanneer laas julle wel gepraat het nie.  Of gekuier het, of gelag het of iets lekker saam gedoen het nie en dis Vrydagaand en dit gaan so sleg, so jy bad en jy trek mooi aan.  Sit lekker parfuum aan en die mooiste rooisel op jou lippe en wag vir jou Geliefde om jou te kom oplaai.

 

En as jy hom sien weet jy sommer iets is fout.  Hy wil jou na ‘n publieke plek toe neem en vir jou “Daai” speech gee.  Vir koffie, nie vir ete nie.  7 uur op ‘n Vrydagaand.  Jy is honger en was bly jy gaan eet.  Maar jy weet, dis nou sulke tyd.  En jy besef net, nee ek wil nie nou in die publiek gedump word nie, maar jy bly steeds hoop jou instink is verkeerd en hy is eintlik net ‘n bietjie down en soek jou geselskap.

 

En dan tref dit jou.  Dis nie meer lekker nie.  Dit werk nie meer vir my nie.  Dis nou te veel soos harde werk.  En net daar tuimel die damwal in.  Vir weke nou al hou jy ‘n vinger in die gat en hoop die muur breek nie.  Dan vorm daar nog ‘n gaatjie en jy druk ‘n vinger van die ander hand daar in.  Naderhand staan jy soos ‘n akrobaat daar met tot ‘n toon wat probeer keer dat die water deurbreek en jou versuip en dan kom daai finale krakie wat die muur breek en die water jou oorweldig.

 

Sommer net so.  Binne vyf minute.  In ‘n kar langs die pad.  Nee, daar is nooit ‘n goeie tyd om jou lover te los nie, maar wragtig, partykeer is dit darem kakker as ander kere.  Daar is mos geen kontrak nie, so as ek sê dis verby dan is dit verby!  Fok, dis dan nie meer lekker nie!  En alles moet mos altyd lekker wees.

 

Ek het nie ‘n antwoord nie.  As dinge nie uitwerk nie, dan werk dinge nie uit nie, maar dis nooit nodig om ‘n ander mens heeltemal te vernietig in die proses om te kry wat ons wil hê nie.  My motto is en bly - dis nooit nodig is om ‘n doos te wees nie.  Ek hou maar daarby as riglyn.

 

Wees vandag lief en onthou – moenie ‘n doos wees nie!

 

Lekke

Zazza

 

Dood, dumped en drank  04/12/2011

Hoe beskryf ek die afgelope maand?  Dis was soos ‘n tv wat nie heeltemal op die stasie getune is nie.  Net so effentjies af.  Die kleure is anders – alles is blou.  Die mense praat op die skerm, maar jy hoor nie heeltemal wat hulle sê nie en as jy hoor, kan jy dit nie onthou nie.  En dan is daar so ‘n streep wat wikkel oor die skerm.  Oor en oor en oor.  Jou favourite soapie lyk bekend, maar is onherkenbaar in hierdie blou, bestreepte, af kanaal.

 

Dit hoe dit voel om deur ‘n lekker wobbly te gaan in my kop.  Freud sal ‘n field day gehad het met my die afgelope tyd, want ja, dis alles die Pa se skuld en toe is dit alles mans in my lewe wat my van my stasie af stoot.

 

Eerstens, ek rebelleer teen die feit dat een mens se kak jare terug my hele lewe kan beheer en opneuk.  Jy fight so hard om daai equilibrium te behou, op daai stasie te bly, maar partykeer verloor jy net geheel en al daai battle en tip jy oor die grens.  Dit gebeur so half sonder dat jy eers daarvan weet.  Dis die joy van PTSD.  Jy dink alles is wel, maar as jy terugkyk besef jy jy het al weke terug van die stasie begin afgly.

 

Sowat ‘n maand gelede sit ek in ‘n baie onplesierige vergadering met die Uitgewer en die Ander Uitgewer.  Daar is ‘n verskil van mening en daar is ‘n geskree.  Ek val heeltemal uitmekaar uit as mense op my skree.  Toe spring die een groot man op, staan so oor my en ek dog regtig hy gaan my slaan.  Ek verloor amper beheer oor my blaas en sommer my kolon ook.  Ek skrik moer groot.

 

Ek loop op die ou end soos ‘n bibberende jellievis daar uit en besluit net daar dis nie cool nie en ek kan nie in ‘n omgewing wees wat my so laat voel nie.  En besides that, Afrikamasutra kom ook nêrens.  Maar toe is ek nou al klaar van die stasie af – jy besef dit net nie onmiddellik nie.

 

Die volgende week bel die Main Uitgewer dude my en praat so mooi met my dat ek nie weet of ek kom of gaan nie.  Hy bied my al die verkope van my boek aan wat hulle gemaak het, nooi my om te kom inloer en ek is stomgeslaan.  Daai oggend, toe ek die Uitgewers se nommer op my foon sien het ek eers in ‘n bewerasie ingegaan, besluit om nie te antwoord nie en toe moes ek badkamer toe hol….sien, heeltemal van die stasie af!

 

Die volgende week, bestem die heelal dit so dat Main Uitgewer dude hierdie werklikheid verlaat.  Dis ‘n dood wat my so onkant vang en so van die stasie afruk dat ek nie eers meer die kanaal herken waarop ek gedog het ek is nie.  Dis static en white noise en sneeu. 

 

In hierdie toestand, moet ek daai aand my geliefde Padman se eks ontmoet.  Sy is lieflik.  Interessant, hard, loud, alles wat ek nie is nie.  En ek kan nie die situasie gefokus kry nie.  Hulle is so naby mekaar.  Hulle leen mekaar se bril om te lees, en word “Ma” genoem en het net ‘n vibe wat ek nog met niemand gehad het nie.  En dan nog drie kinders.  En daar fok ek toe skoon van die hele TV af, never maaind nog van die stasie!

 

My liggaam gaan in overdrive in.  Die bloed suis deur my kop, die kortisol pomp teen so ‘n snot spoed deur my are dat ek nie weet of ek veg of vlug nie.  Ek slaap teen die tyd al vir twee weke nie en die nagmerries neem elke sekonde van my slapende ure oor.  Ek sien my pa in elke bergie, boemelaar, man wat stap in die straat of met wie ek gesels.  My Padman word my Pa.  Sy oë, sy hande, sy vel, sy gewrigte en ek is screwed.

 

En die kloof tussen my en die werklikheid en die mense om my word net al hoe groter.  Ek val nou in die TV in, dieper en dieper en dit word al hoe donkerder om my.  Ek herken niks om my nie, dis te donker.  En Padman is ver en ons praat nie meer nie.

 

Teen Vrydag, toe is dit die einde van my en Padman.  Hy kan nie meer nie.  Hy ken nie hierdie freak wat die afgelope tyd in my plek was nie.  Hy is veel gelukkiger by sy eks en sy kinders in sy eie huis.  Dis nie meer die lekker hand vashou en drukkies en soentjies wat hom gelukkig gemaak het nie. Nee, nou druk ek sy knoppies en ek irriteer die kak uit hom uit, sommer so sonder dat ek dit weet.  En hy is nie bereid om my ‘n gap te gee of kom nie eers agter dat ek van my stasie af is nie, want hy voel nie vir my wat hy moet nie.  En dis die bottom line.  As daar nie liefde is nie, sal daar ook nie begrip wees nie. 

 

En ek is seer en ek is kwaad dat die skadu van my verlede nogsteeds so swaar oor my lewe hang dat dit nou die mooiste, beste ding wat nog ooit in my lewe was van my af weggeneem het.  Sommer so sonder dat ek dit kon keer.  Ek kan nie eers baklei nie.  Dis net weg.  Verby.  Afgelsuit.  Sonder enige bespreking.  Dis mos makliker so.

 

Fok die Vaders en hulle sondes.  Fok brein chemie.  Fok die dood, om gedump te word en die drank wat jou nog kakker laat voel.

 

Gewonde lekke

Zazza

 

Nuwe Nuus24 artikel  30/11/2011

Gaan lees alles wat jy nog ooit wou weet om jou geliefde met die tong te terg...Orale plesier, cunnilingus tegnieke kan gelees word onder Kama Nuus aandra!

 

Geniet

Zazza

xxx

Koop my NOU!  29/11/2011

Ja, dis reg....die direkte skakel is nou gelaai.  Kyk net regs...ja, daar is hy!  Makliker kan dit nie wees om sommer dadelik jou digitale Afrikamasutra af te laai of vir jou gunsteling niggie oorsee te stuur nie!

 

Lekke!

Zazza

Afrikamasutra raak digitaal!  27/11/2011

Almal van julle wonder seker al wat geword het van die boek?  Die ding was dan al veronderstel om in September op die rakke te wees!

 

Wel, uiteindelik kan ek die nuus met julle deel.  Die oorspronklike uitgewers wat Afrikamasutra sou uitgee was effe ambisieus met die projek.  Dit is 'n volkleur pragstuk wat nie sommer op jou ma se kleur printer gedruk kan word nie en kos 'n stewige bedraggie om die lig te laat sien.  

 

My weg met die uitgewers het sowat twee weke gelede uitmekaar geloop en ek het besluit om eers die boek digitaal uit te gee sodat die van julle wat desperaat is nie 'n oomblik langer hoef te wag nie.  Verder werk ek aan die harde kopie en die karakters agter die skerms hardloop met bedrywigheid en energie rond om te help.

 

Afrikamasutra se pragtige digitale weergawe word op die Omnibus platvorm versprei.  Dit blaai en maak geluide en is te wonderlik vir woorde.  Dit is die perfekte geskenk vir familie en vriende wat oorsee sit en vir wie jy in elk geval 'n kopie van Afrikamasutra wou stuur!

 

Daar gaan binne die volgende paar dae 'n permanente skakel op hierdie bladsy geplaas word na die e-boek se verkoopsblad toe, maar vir die oomblik doen ek dit nou maar op die ou manier:

 

http://www.fatmag.com/shopping/!list?publication=afrikamasutra

 

Volg solank hierdie skakel om jou E-Afrikamasutra te bestel!

 

Lekke

Zazza

Wie was gisteraand by Phantom?  23/11/2011

Phantom slaan toe in die Kunstekaap

Ilse Carla Groenewald

 

"Lot 666, then: a chandelier in pieces. Some of you may recall the strange affair of the Phantom of the Opera: a mystery never fully explained.”

 

Die gehoor sit in afwagting.  Dis openingsaand van Phantom of the Opera by die Kunstekaap.  Almal is getooi vir die affêre en parfuum hang in die lug soos mense hul sitplekke inneem.

 

Na ‘n rukkie kom ‘n man met ‘n mikrofoon op die verhoog.  Hy gaan óf vir ons sê Eva Perron is dood en die show is gekanselleer óf André Schwartz het sy toon teen ‘n blompot in sy kamer gebreek en Jonathan Roxmouth sing vanaand.  Gee net kans terwyl hy kostuums ruil!

 

Maar nee.  Die man met sy sagte, Amerikaanse aksent deel ons mee dat iets gebeur het wat in al sy jare op die planke met Phantom nog nooit voorheen gebeur het nie.  Oe, intrige.  Ons wag in spanning, hou so effens ons asems op. 

 

Die vloer is nat.  Huh?

 

Ja, voor die begin van elke produksie, word die vloer eers geverf sodat dit mooi blink en swart is vir openingsaand.  Hierdie keer het die verf nie drooggeword nie!  En dis gevaarlik vir die dansers. 

 

Hy hou sy mikrofoon by sy skoene en trek sy sole, so asof uit toffie van die vloer af.  Die arme ballerinas sal op daai verhoog neerslaan soos ek op die tennisbaan toe ek in drafskoene probeer speel het.

 

Die oplossing is dat hulle die hele produksie sal opvoer as ‘n konsert en die gehoor kan hul kaartjies gaan ruil vir ‘n ander vertoning.  En sonder verdere seremonie, klap ons hande en die afslaer begin met sy storie.

 

Die hele geselskap loop in volle kostuum op die verhoog en neem plek op stoele wat op die verhoog geplaas is.  Dit was vir my fassinerend en het gevoel soos ‘n repetisie, nee repetisie doen afbreuk aan die kwaliteit, want die uitvoering was perfek en die verhoog so mooi geklee.

 

Hierdie Phantom-poets het beslis nie die spelers van stryk af gebring nie en Robin Botha as Christine was subliem.  Die krag en helderheid van haar stem het my hoendervleis gegee.  Jonathan Roxmouth se vertolking as Raoul was ongelooflik en ek het sommer self op hom verlief geraak.  Op ‘n keer wat hy die Phantom daag tot ‘n oorlog, sien mens die passie en krag deurskemer wat hy spaar vir sy Phantom gedurende die Sondag optredes.  Ek sou hierdie Raoul graag ook as Phantom wou sien, want ek dink nie hy sal teleurstel nie.

 

Andre Schwartz het bekoor as die Phantom en die drie hoofspelers het staande in die middel van die verhoog nog net soveel passie en energie getoon as vir die volledige uitvoering.  Jy kon die emosie duidelik in die Phantom se stem hoor.

 

Na pouse was die tweede bedryf beslis meer ontspanne en het die spelers ‘n bietjie rondbeweeg.  In die eerste bedryf was almal nog so effe vreemd met die situasie en het mooi netjies gesit en wag tot hul sangbeurt, opgestaan, gesing en dan weer gesit.  Maar nie eers dit het gepla nie.

 

Op ‘n keer het iemand in die gehoor so uit die bloute begin hande klap (seker vir die ballerinas wat nie op die verhoog was nie) en dit het ‘n giggel in beide die gehoor en spelers ontketen.  Schwartz het sommer openlik gelag.

 

Met nog ‘n dramatiese toneel as die Phatom in die teater vasgekeer word, val daar onverwags iets uit die dak uit op die verhoog.  Die skerp soldaat (vermoedelik Herman Theron) kom op met “That is not one of my people!”  en met die antwoord, “Yes, I know,” hier van Monsieur Fermin of Andre af het die gehoor en die spelers uitgebars van die lag!

 

Jason Ralph het gesorg vir ‘n energieke en humoristiese Monsieur Andre.  Gelukkig kon ek uit die derde ry elke nuans van sy uitdrukkings terdeë geniet en waardeer.

 

‘n Rare ervaring waar die Phantom sommer van ‘n stoel in die middel van die verhoog vir ons sit en lag het, maar ‘n absolute plesier om te kon meemaak.  Ek kan nie dink dat so iets al ooit voorheen by die Kunstekaap gebeur het nie en almal het die situasie met grasie en humor hanteer.

 

Met hierdie konsert-voorsmakie kan ek nie wag om die volledige produksie te sien nie!

 

Dalk luister die Opera-base díe keer vir die Opera Ghost.

 

 

 

Melanzane vir die Padman  19/11/2011

Gaan kyk onder Kama Kook vir die verruklike Melanzane resep.  Dis nou 'n lekker sensuele dis hierdie - jy kan smul en lek en geluide maak en die sous van jou bord af mop met 'n sny Ciabatta!

 

Buon Appetito

Zazza!

\'n Moet lees! Word vrouens gekondisioneer om te dink hulle is mal?  18/11/2011

Has gaslighting conditioned women into thinking they’re emotionally unstable? Yashar Ali thinks so.


You’re so sensitive. You’re so emotional. You’re defensive. You’re overreacting. Calm down. Relax. Stop freaking out! You’re crazy! I was just joking, don’t you have a sense of humor? You’re so dramatic. Just get over it already!

Sound familiar?

If you’re a woman, it probably does.

Do you ever hear any of these comments from your spouse, partner, boss, friends, colleagues, or relatives after you have expressed frustration, sadness, or anger about something they have done or said?

When someone says these things to you, it’s not an example of inconsiderate behavior. When your spouse shows up half an hour late to dinner without calling—that’s inconsiderate behavior. A remark intended to shut you down like, “Calm down, you’re overreacting,” after you just addressed someone else’s bad behavior, is emotional manipulation—pure and simple.

And this is the sort of emotional manipulation that feeds an epidemic in our country, an epidemic that defines women as crazy, irrational, overly sensitive, unhinged. This epidemic helps fuel the idea that women need only the slightest provocation to unleash their (crazy) emotions. It’s patently false and unfair.

I think it’s time to separate inconsiderate behavior from emotional manipulation and we need to use a word not in our normal vocabulary.

I want to introduce a helpful term to identify these reactions: gaslighting.

Gaslighting is a term, often used by mental health professionals (I am not one), to describe manipulative behavior used to confuse people into thinking their reactions are so far off base that they’re crazy.

The term comes from the 1944 MGM film, Gaslight, starring Ingrid Bergman. Bergman’s husband in the film, played by Charles Boyer, wants to get his hands on her jewelry. He realizes he can accomplish this by having her certified as insane and hauled off to a mental institution. To pull of this task, he intentionally sets the gaslights in their home to flicker off and on, and every time Bergman’s character reacts to it, he tells her she’s just seeing things. In this setting, a gaslighter is someone who presents false information to alter the victim’s perception of him or herself.

Today, when the term is referenced, it’s usually because the perpetrator says things like, “You’re so stupid” or “No one will ever want you” to the victim. This is an intentional, pre-meditated form of gaslighting, much like the actions of Charles Boyer’s character in Gaslight, where he strategically plots to confuse Ingrid Bergman’s character into believing herself unhinged.

The form of gaslighting I’m addressing is not always pre-mediated or intentional, which makes it worse, because it means all of us, especially women, have dealt with it at one time or another.

Those who engage in gaslighting create a reaction—whether it’s anger, frustration, sadness—in the person they are dealing with. Then, when that person reacts, the gaslighter makes them feel uncomfortable and insecure by behaving as if their feelings aren’t rational or normal.

♦◊♦

My friend Anna (all names changed to protect privacy) is married to a man who feels it necessary to make random and unprompted comments about her weight. Whenever she gets upset or frustrated with his insensitive comments, he responds in the same, defeating way, “You’re so sensitive. I’m just joking.”

My friend Abbie works for a man who finds a way, almost daily, to unnecessarily shoot her down and her work product. Comments like, “Can’t you do something right?” or “Why did I hire you?” are regular occurrences for her. Her boss has no problem firing people (he does it regularly), so you wouldn’t know that based on these comments, Abbie has worked for him for six years. But every time she stands up for herself and says “It doesn’t help me when you say these things,” she gets the same reaction: “Relax; you’re overreacting.”

It’s a whole lot easier to emotionally manipulate someone who has been conditioned by our society to accept it. We continue to burden women because they don’t refuse our burdens as easily. It’s the ultimate cowardice.

Abbie thinks her boss is just being a jerk in these moments, but the truth is, he is making those comments to manipulate her into thinking her reactions are out of whack. And it’s exactly that kind manipulation that has left her feeling guilty about being sensitive, and as a result, she has not left her job.

But gaslighting can be as simple as someone smiling and saying something like, “You’re so sensitive,” to somebody else. Such a comment may seem innocuous enough, but in that moment, that person is making a judgment about how someone else should feel.

While dealing with gaslighting isn’t a universal truth for women, we all certainly know plenty of women who encounter it at work, home, or in personal relationships.

And the act of gaslighting does not simply affect women who are not quite sure of themselves. Even vocal, confident, assertive women are vulnerable to gaslighting.

Why?

Because women bare the brunt of our neurosis. It is much easier for us to place our emotional burdens on the shoulders of our wives, our female friends, our girlfriends, our female employees, our female colleagues, than for us to impose them on the shoulders of men.

It’s a whole lot easier to emotionally manipulate someone who has been conditioned by our society to accept it. We continue to burden women because they don’t refuse our burdens as easily. It’s the ultimate cowardice.

Whether gaslighting is conscious or not, it produces the same result: it renders some women emotionally mute.

These women aren’t able to clearly express to their spouses that what is said or done to them is hurtful. They can’t tell their boss that his behavior is disrespectful and prevents them from doing their best work. They can’t tell their parents that, when they are being critical, they are doing more harm than good.

When these women receive any sort of push back to their reactions, they often brush it off by saying, “Forget it, it’s okay.”

That “forget it” isn’t just about dismissing a thought, it is about self-dismissal. It’s heartbreaking.

No wonder some women are unconsciously passive aggressive when expressing anger, sadness, or frustration. For years, they have been subjected to so much gaslighting that they can no longer express themselves in a way that feels authentic to them.

They say, “I’m sorry” before giving their opinion. In an email or text message, they place a smiley face next to a serious question or concern, thereby reducing the impact of having to express their true feelings.

You know how it looks: “You’re late :-) ”

These are the same women who stay in relationships they don’t belong in, who don’t follow their dreams, who withdraw from the kind of life they want to live.

♦◊♦

Since I have embarked on this feminist self-exploration in my life and in the lives of the women I know, this concept of women as “crazy” has really emerged as a major issue in society at large and an equally major frustration for the women in my life, in general.

From the way women are portrayed on reality shows, to how we condition boys and girls to see women, we have come to accept the idea that women are unbalanced, irrational individuals, especially in times of anger and frustration.

Just the other day, on a flight from San Francisco to Los Angeles, a flight attendant who had come to recognize me from my many trips asked me what I did for a living. When I told her that I write mainly about women, she immediately laughed and asked, “Oh, about how crazy we are?”

Her gut reaction to my work made me really depressed. While she made her response in jest, her question nonetheless makes visible a pattern of sexist commentary that travels through all facets of society on how men view women, which also greatly impacts how women may view themselves.

As far as I am concerned, the epidemic of gaslighting is part of the struggle against the obstacles of inequality that women constantly face. Acts of gaslighting steal their most powerful tool: their voice. This is something we do to women every day, in many different ways.

I don’t think this idea that women are “crazy,” is based in some sort of massive conspiracy. Rather, I believe it’s connected to the slow and steady drumbeat of women being undermined and dismissed, on a daily basis. And gaslighting is one of many reasons why we are dealing with this public construction of women as “crazy”

I recognize that I’ve been guilty of gaslighting my women friends in the past (but never my male friends—surprise, surprise). It’s shameful, but I’m glad I realized that I did it on occasion and put a stop to it.

While I take total responsibility for my actions, I do believe that I, along with many men, am a byproduct of our conditioning. It’s about the general insight our conditioning gives us into admitting fault and exposing any emotion.

When we are discouraged in our youth and early adulthood from expressing emotion, it causes many of us to remain steadfast in our refusal to express regret when we see someone in pain from our actions.

When I was writing this piece, I was reminded of one of my favorite Gloria Steinem quotes, “The first problem for all of us, men and women, is not to learn, but to unlearn.”

So for many of us, it’s first about unlearning how to flicker those gaslights and learning how to acknowledge and understand the feelings, opinions, and positions of the women in our lives.

But isn’t the issue of gaslighting ultimately about whether we are conditioned to believe that women’s opinions don’t hold as much weight as ours? That what women have to say, what they feel, isn’t quite as legitimate?

 

Nuwe Resepte!  16/11/2011

Aangesien ek nou op dieet is en steeds hou van lekker kook en eet is daar sommer 'n trop nuwe resepte wat ek uitgedink het.  Daar is 'n warm en koue lensieslaai, 'n lekker maklike fake moussaka en 'n boontjieslaai met harissa pasta en feta.

 

Bon Appetit!

Zazza

The 4-Hour Body  16/11/2011

Right, dis nou al dag drie van my nuwe dieet.  Tim Ferris se 4-Hour Body.  So ongelooflik die moeite werd om te lees!  Beskikbaar by alle Exclusives en dies meer.  

 

Op die 14de November, na die Groot verjaarsdagvieringe van die ouders, besluit ek en die Padman om vir ten minste 'n maand op te hou wyn drink.  Terwyl ek nou een ding verander, toe besluit ek sommer om Ferris se eetplan ook te volg.  Wel, so far, so good!  Die basies prinsiepe is maar hoë protiëne en geen stysel, so jou maaltye word opgemaak deur onbeperkte groente, boontjies en 'n vleis.  

 

Ontbyt bestaan gewoonlik uit 'n roereier, tamatie of spinasie en 'n paar paddastoele met middagete wat 'n slaai is met tuna en lensies of boontjies of iets by.  Jy word regtig nie honger nie en ek het geen begeerte om tussenin te knaag nie!  Koffie drink jy met room, jaa room!  Geen melk!  En aandetes is enigiets wat jou hart begeer wat uit bogenoemde kombinasies bestaan.  Gisteraand was dit heerlike vis en slaai!

 

Die heel beste deel van hierdie dieet is dat jy een dag per week mal gaan - verkieslik op 'n Saterdag eet jy net wat jou hart begeer.  Lus vir 'n sny kaaskoek?  No problemo!  Doughnut?  Wat se kalorieë?  Sy teorie is dat vir suksesvolle gewigsverlies jy 'n spike in kalorie inname nodig het om die metabolisme aan die gang te hou.  Ek gaan nie met hom stry nie!

 

Dan is daar wonderlike stukke oor oefening, goeie seks en 'n hele hoofstuk wat hy die vroulike anatomie bespreek en waar mans gewoonlik die pot missit, wel in elk geval die klitoris.  Ek sal nog breedvoerig daaroor skryf!  Ek dink elke man moet met daardie hoofstuk voorsien word.  Ongelooflik.

 

O ja, en as jy nou nie besluit om op die waterkar te wees nie, twee glase rooi wyn per aand is heel toelaatbaar!  Hy stel net voor dat mens regtig jou vordering monitor - meet eenkeer per week, weeg elke dag, neem fotos van jouself vir inspirasie en kyk hoe die ponde wegsmelt.  Tot dusver is dit nogal amasing, moet ek sê!

 

Een van my gunsteling geregte al vir jare, wat nou so goed hierby inpas is 'n warm lensieslaai.  Jy braai 'n ui, voeg 'n blik lensies by, sout en peper, bietjie balsamic en gekapte pietersielie.  Bedien met 'n hoenderborsie en broccoli of iets groen en voila!  Ek sal die resep mooi ordentlik onder resepte plaas.

 

Lekker eet en lekker vry!

Zazza

Die Comma Sutra!  15/11/2011

Marmelade en Talk Radio  08/11/2011

So gister loop ek toe by my kindertjies in vir wie ek Maandae lees.  “Oe, Tannie het Tannie se hare ge-dye!  Dit is mooi, dis so wynrooi!”  laat die sewe seuns so om die beurt hoor.  Bly om te sien ons sit deesdae sommer al van kleins af ‘n bietjie metro in die man!  Ek moes giggel. 

 

Dis 7 dae voor ek wynloos gaan.  And counting. 

 

Ja, die 15de November is D-dag.  So na die groot verjaardagvieringe van die ouders is ons af van deeg en drank.  Gisteraand doen ek toe die ding ordentlik met pizza en wyn.  Vanaand is dit darem weer slaai, so dis nou nie asof ek geheel en al die gat uit die gans uit gaan ruk voor die 15de nie!

 

Anyway, my Padman is in Pretoria en so op sy pad Noord, klets ons toe sommer elektronies vanoggend.  Hier in die Kaap is dit nat en koud na gister se idille en daar is dit natuurlik pragtig.  Elke dag. 

 

Ek simpatiseer nog so oor die verkeer en sê dat ten minste het hy daar Classic FM, maar hy sê toe nee, Radio 702.  En toe besef ek.  Ek kon nog nooit vat kry aan Talk Radio nie.  Dis vir my soos marmelade.  Toe ek klein was het ek gedink dis iets wat jy eet as jy groot is.  Dit kom so van self met jou 21ste verjaarsdag.  Dan begin jy skielik smul aan toast met marmelade.  Wel, dit het nog nooit vir my gebeur nie.  Ek het nooit gegradueer na marmelade of Talk Radio nie, al noem 'n klomp kinnertjies my deesdae Tannie! 

 

Gee my maar enige dag FMR 101.3!  (En natuurlik monitor voor 8 in die oggend.)

 

Lekke van Lady Un-marmelade

Zazza

 

 

 

 

If your Snark be a Boojum...  07/11/2011

"If your Snark be a Boojum, beware, for then you will softly and suddenly vanish away and never be met with again."  Lewis Carroll

 

Partymaal is mense nie wie jy dink hulle is nie en dan is die teleurstelling groot as jou Snark in 'n Boojum ontaard.  Ander kere verras mense jou weer.

 

Ek lees nou net dat 'n ete sonder wyn is soos 'n dag sonder sonskyn.  Ek kan nie méér saamstem nie.  Dis soos 'n Maandagoggend sonder koffie is soos...ek weet nie, 'n Mac gelaai met Windows?  In elk geval.  Ek het my Vida Double Latte in, die matte word vandag skoongemaak en ek het die perseel verlaat, die ouders word albei die week jarig en die groot feesvieringe begin sommer vandag al.  Die lewe is weird, Tantra is amazing, koffie is lekker en oor 'n week hou ek op wyn drink. (Jip, so 'n Zen liggaams suiwering voor die feesseisoen en om te kyk of ek kan ontslae raak van al my pyne en skete sonder nog pille en dokters.)

 

Raait, laat die week wegspring!

 

Lekke

Zazza

 

 

Die Zen herstel  07/11/2011

Oe gister wou ek sommer net weer gil en rebelleer teen die praktiese, die logiese en die hede.  Vandag sit ek 'n bietjie in Kirstenbosch en werk en met die voeltjies wat tjirp en die windjie wat so liggies om my waai, wie kan nou kwaad wees vir die wêreld?

 

Ek het die afgelope tyd soveel ongelooflike Engele in my lewe ervaar dat ek sowaar nie kan kla oor die hede nie.  My geliefde Padman is my eie, persoonlike Engel wat sy vlerke so saggies om my sprei.  Ek kan beslis nie kla oor die hede saam met hom nie en waar dit complicated familie scenarios betref -hierdie is beslis die mees normale weirdness wat ek in my hele lewe beleef het!

 

Daar is net soveel ongelooflike mense om my wat daagliks my lewe op die wonderlikste maniere raak.  So Eckhard Tolle, ons is terug in die NOU.

 

Ek hoop julle kan vandag die Engele om julle raaksien!  Hulle is daar, glo my!

 

Lekke 

Zazza

Is die Fairytale dood?  31/10/2011

Ek het gewoonlik baie te sê en ‘n opinie oor alles.  Die probleem is eintlik meer dat ek nie juis ‘n filter het tussen my brein en my mond nie.  Wat ek dink, kom uit.  Dit het my al lelik in die moeilikheid gebring.  So, na die lang blog-stilte, het ek weer iets te sê en ek gaan dit sê.

 

Verlede week gaan kuier ek by die Dokter Doedie.  Dis soos gewoonlik lekker gesels en lekker koffie en dit sit my toe weer aan die dink.  Hulle het sopas hul tweede babatjie gehad en ons praat toe oor kinders en chaos en beplanning en die lewe. 

 

Ons was almal saam op skool (laerskool saam met haar, hoërskool saam met haar man) en kom almal uit dieselfde tipe huise.  Pynlik netjies, georagniseerd, gestruktureerd.  Ons het mooi geleer op skool en altyd die regte ding gedoen.  Alles volgens plan.  Geen per ongeluk swanger raak, opskop, stout wees, dronk raak, onverantwoordelik wees - nee, alles mooi ordelik en ordentlik. 

 

Toe hulle trou, is alles mooi beplan.  Twee kinders op hierdie en daardie tyd, werk, huis koop, aanbou ens.  En skielik met baba No. Twee raak dinge ietwat meer deurmekaar.  Die huis is nie altyd pynlik netjies nie, klere lê rond (dis nou nie ek wat dit opgelet het nie!) en Dokter Doedie is verbaas oor hoe lekker die chaos vir ‘n slaggie is!  Is dit nie lekker om net vir ‘n slag met jou hart en nie met jou kop te dink nie en nie om te gee of goed rondlê en dinge bietjie deurmekaar is nie. 

 

En wat van nog ‘n baba?  Dis nie prakties nie, dit kos geld, jy weet jou karre, huise, senuwees ens. sal daarna nooit weer groot genoeg wees nie, maar sal dit nie lekker wees om net die chaos te embrace nie?

 

Tot Desember verlede jaar was my lewe ook so mooi gestruktureerd.  Werk by ‘n universiteit wat elke maand al die rekeninge betaal, huis, kat, kar, die volgende twee jaar van my lewe mooi netjies uitgelê.  Toe word daardie magiese mat so mooi onder die voete uitgeruk en hier sit ek. Meubels in stoor, huis verkoop, kat dood, in my ouers se spaarkamer.

 

En die Prins op die wit perd?  Hy bly by sy eks vrou en op hierdie oomblik, is al sy kinders weer in die huis.  Gelukkig is dit hierdie keer ‘n EKS vrou, maar nou ja.  Dit het nogsteeds “vrou” in die titel. 

 

Ek loop gister in sy spasie in en besef net – dis sy huis, dis waar hy gelukkig is, dis sy gesin, sy goed, sy werkswinkel, sy stapafstand van die strand af.  Hoekom moet hy dit opgee of verander.  Hoekom sal ek nou enigsins droom oor toekomstige moontlikhede as die hede hom tans so goed pas?

 

Ek voel maar nog altyd soos ‘n voyeur in my eie lewe.  Ek kyk in op ander, so deur die glas en sien hulle daarbinne rondbeweeg.  Selfs met my wonderlike ouers – hulle huwelik is en bly vir my die bakermat van goeie verhoudings, maar ek het in die mix altyd soos die outsider gevoel wat inkyk en op die periferie van hulle lewe rondbeweeg.  Die fokus in tweede huwelike, met verskillende stelle kinders is maar altyd anders, maar ek dink nie die ma/stiefpa-ding is hier die  oorsaak nie.  Dis maar net ek wat in my kop leef.

 

So, bestaan die Fairytale nog?  Is romanse dood?  Doen mense nog onbesonne goed vir die liefde of hunker ons nou na struktuur?  As jy die chaos gehad het, wil jy nou die orde hê.  As jy orde gehad het, hunker jy na chaos.  In ieder geval, die status quo werk.

 

En as nog een mens vir my sê embrace the moment, dônner ek hulle!  Ek wil ook bietjie droom van trou en trek en ringe kies en al die ander kak wat al die ander mense om my mag doen.  Hoekom moet dit vir my anders wees?  Kan ek nie ook na bietjie onsekerheid en chaos en uitbundige liefde smag nie?

 

Bogger Echart Tolle vandag!  Bogger die status quo, die hede, die hier en die nou, die orde, die struktuur en die logika van goeie beplanning!

 

Viva die Fairytale!  Viva die chaos.  Gaan mal en bou vandag ‘n lugkasteel van sulke allemintige proporsies en laat niemand jou keer nie!

 

Lugkasteel lekke

Zazza

 

Legoland

 

Jy neem my

speel-speel

van onbewoordbare,

ekstatiese

hoogtes –

tot kantelende

dieptes

waar woorde

die donkerte uitsypel.

 

Soos ‘n hondjie vir Kersfees,

wonder ek hoe lank dit sal wees

voor jy uitgespeel is -

om terug te keer

na jou lego-huisie

met mens- en dierfigure

op hul regte plek.

 

Ek sit met my nat snoet

teen die glasdeur en inkyk.

Jy sien my en glimlag.

Dan kyk jy weer af

na die lego-blokkie in jou hand

en plaas hom,

met presisie,

waar jý dink hy moet kom.

 

Active Sushi  28/10/2011

Gisteraand het ek en die Padman die wonderlikste ontdekking gemaak - Active Sushi in Strandstraat.  Eet soveel soos jy kan vir R109!  En dis lekker.  Wie sal nou ooit weer op 'n ander plek wil sushi eet?  Hulle adres is Strandstraat 63 en die telefoonnommer is (021) 422 0462.  Ek beveel dit ten sterkste aan.  Onthou net, jy moet bespreek en tweedens, jy betaal R15 per stukkie wat jy nie eet nie!  So, moenie 'n vraatjie wees wie se oë groter as sy maag is nie.

 

Sopas my nuwe kolom deurgestuur na Nuus24, so verwag hom teen volgende Woensdag.  Dan kan julle lees oor La Dolce Vita!  Verder wil ek niks weggee nie, julle sal maar self moet gaan lees.  Ek het onder Kama nuus aandra weer bietjie opgevang met artikels en kolomme plaas wat julle dalk interessant sal vind, so gaan lees gerus.

 

Die energievlakke is maar laag op die oomblik.  Dink dit het iets te doen met die tyd van die jaar of die feit dat my boek nogsteeds nie op die rakke is nie.  Dit maak my nie die gelukkigste mens onder die son nie en ek is seker julle is ook almal so angstig soos ek!  

 

Mag die lewe sag wees met julle die naweek!

 

Lekke

Zazza

Nuus24 Kolomme deur Zazza  13/10/2011

Die kolomme wat op Nuus24 verskyn kan gelees word onder "Kama Nuus Aandra".  As jy dus een gemis het, moenie bekommer nie!  Die eerste twee oor Voorspel en Masturbasie kan nou gelees word.

 

Lekke

Zazza

n Ricotta Avontuur  10/10/2011

Lank, lank gelede, het die melkraad ‘n kookboek uitgegee met die naam, Avontuur met kaas en botter.  Wel, hierdie naweek het ek my eie avontuur gehad met kaas!  Ek is seker daar moes iewers botter by betrokker gewees het.

 

Die Boetie, Boyfriend en buddies was hier vir die naweek.  Vrydag gaan haal ek Boetie by die lughawe (Boyfriend is reeds hier op besigheid) en ons zoem deur Kampsbaai toe in my rooi gevaarte.  Die dag was soos iets uit ‘n film oor die Cote d’Azure. 

 

Skip na Saterdag.  Ek en die Padman sit na ‘n tydsame oggend af Stellenbosch toe om eers te gaan koffie by die Wild Peacock, bietjie rond te loop en dan die Boetie en kie in Franschoek te ontmoet vir middagete.  Kommunikasie raak bietjie deurmekaar, ons ry die R45 op en af op soek na Plaisir de Merle en op die ou end raak ek bedonnerd honger.  Ek besluit toe sommer ek en Padman gaan nou alleen lunch in vrede.

 

En daar eindig ons by Olivello.  Ons staan nog so in die deur en gesels met Lynne en kyk na al Padman se beautiful handewerk in die restaurant (hy het vir hulle al die ysterwerk gedoen en ek moet nou eers spog) en soos ek my oë so oor die stoep laat gaan op soek na ‘n tafel, sien ek ‘n hele tafel bekende gesigte wat na my sit en staar en wag op my reaksie as ek hulle oplet.

 

Groot gil later, omhels ek die oudste en wonderlikste familie vriende wat my nou al ken van ek 6 jaar oud is.  Wys jou, mens kan nooit iets in die geheim in die Kaap probeer doen nie!  Jy loop altyd mense raak.

 

‘n Idilliese middag langs die dam volg, met ‘n pou wat elke nou en dan in die bos gil.  Die kos was heerlike, die wyn wonderlik en die geselskap maak in elk geval altyd my knieë lam.  Ons is veronderstel om te begin met Meditireense groente en knoffel foccacia.  Dis ‘n dag van rare kommunikasie en die hoofgereg kom eerste.  Geen probleem en ons begin smul aan ons Spezzatino di Manzo wat ‘n Italiaanse gesmoorde biefstuk in rooiwyn en tamatie is.  Die voorgereg word nagereg en die geantisipeerde Crème Brûlée moet ongelukkig oorsien word.  Daar is net nie meer plek nie!

 

Met die uitloop slag loer ons by die kombuis in waar die chef besig is om Rillette te maak vir Sondag en Lynne vertel ons van die Ricotta wat sy die vorige dag gemaak het en onmiddellik word ons ‘n bakkie in die hand gestop.  En hier kom ons nou by die smul deel van die storie.  Gister maak ek toe Ricotta en Griekse yogurt kaaskoek.  Ek het so ‘n paar resepte beloer en toe hierdie een aanmekaar gesit:

 

250 g ricotta

250 g griekse yogurt

½ koppie suiker

gerasperde skil van 1 suurlemoen

2 E suurlemoensap

4 eiers

3 E maizina

3 E meel

1 t vanilje essens

 

Verhit die oond tot 180° C.

Meng die ricotta en yogurt met ‘n elektriese klitser.  Indien jy nie die korrelrige tekstuur van die ricotta wil hê nie, sit dit in ‘n elektriese menger.

Voeg die suiker, eiers, suurlemoen, skil en vanilje by en klits.

Sif die meel en maizina in en klits verder.

Gooi in ‘n gesmeerde, losboom pan en bak vir 1 uur.  Kyk na 50 min of die koek al reg is.

Skakel die oond af en los die koek vir nog sowat ‘n uur in die oond.

 

Geniet!

 

Lipleklekker lekke

Zazza

 

Avonture op \'n Vespa  03/10/2011

Die Padman se familie is hier van Australië.  Saterdag gedra ons onself saam met sy niggie en haar BF soos Italianers en ry al om die Kaapse Skiereiland op Vespa’s.  Ek het nie ‘n scooter liksens nie, so ek is die gelukkige een wat net agter die Padman kan sit en vasklou.

 

Die eerste paar minute was ek oortuig ek gaan afval of omval of deur een of ander voorwerp getref word, maar daai gevoel het sommer gou verdwyn en het ek my oorgegee aan die verrukking.  Ons dag het iets soos volg verloop: ry, stop, koffie, ry, stop, koffie, ry, stop, foto, ry, stop, middagete, ry, stop, koffie!  Hoe dan anders?

 

Ons eerste koffie stop was in Kampsbaai by Vida vir Latte en Lindt.  Daarna Llundudno toe om sommer net te kyk en stop in Hout Baai vir koffie by Chappies Hotel.  Die sitkamer waar ons koffie drink is donker hout en leersitplekke en ruik soos Frankincense.  Oppad uit ontmoet ons die eienaar wat besluit om vir ons die hotel te wys en die stokou boom wat so uit die rotse uit groei.  

 

So halfpad oor Chapman’s Peak stel ek voor dat ons by Franck Dangereux gaan eet by die Food Barn in Noordhoek vir middagete en wat ‘n goeie toevoeging tot ‘n reeds perfekte dag!  Elke bord kos was ‘n visuele en smaak fees. 

 

Daarna Kommetjie toe om na die ligtoring te gaan kyk, wat ongelukkig nou oor naweke toe is, Misty Cliffs, Smitswinkel en uiteindelik Simonstad vir nog koffie – op hierdie punt het ek oorgeskakel na tee.  Die son het begin verdwyn agter die berg, die druppeltjies het begin val en uiteindelik was dit tyd vir ons om die pad terug stad toe aan te durf.

 

Teen die tyd wat ons die scooters in die garage toegesluit het, was ek befrore en so lus vir ‘n glas of drie rooiwyn dat ek myself omtrent nie kon help nie.  Ons groet die Niggie en haar BF en ek en my Padman BF sit af na Café Verdi in Wynberg. 

 

Verdi is so ‘n paar jaar gelede mooi oorgedoen.  Dit lyk nou pragtig, maar dit het iets van daai ou charm verloor.  Dis nou helder lig, die musiek is hard en jarring en dit het iets van daai romantiek verloor.  In elk geval, dit het ons nie gekeer om in elk geval die aand terdeë te geniet nie. 

 

Net iets interessants oor ‘n Vespa…dis soos om vir sewe ure op ‘n groot vibrator te sit!  Daai vibrasie so onder my met my geliefde styf vasgeklem het net ‘n goeie effek gehad. 

 

As jy dus jou verhouding bietjie wil opspice, gaan huur ‘n Vespa!

 

Lekke vir ‘n pragtige week

Zazza

 

Liplapa op Uitsaaines  26/09/2011

Vrydag het ek met Evert Buurman van Griffel Media gesels op Griffel met Evert.  Ons het sommer lekker gechat oor Afrikamasutra en die onderhoud is vanoggend uitgesaai.  Julle kan hier gaan luister na wat ek alles op die lug kwytgeraak het:

 

http://www.uitsaaines.co.za/programme/griffel26092011.mp3

 

Lekke

Zazza

Pietertjie kyk vir jou  25/09/2011

'n Boef breek by 'n huis in.  Hy is net mooi besig om die silwer kerhouers in sy sak in te prop toe hy iemand hoor fluister, "Pietertjie kyk vir jou."  Hy kyk om hom rond, maar dis donker en doodstil en hy dog toe hy verbeel homself.  Na so 'n rukkie weer, "Pietertjie kyk vir jou."  Hy ignoreer die stemmetjie wat hy dink in sy kop is, maar toe hy die derde keer weer hoor, "Pietertjie kyk vir jou." skakel hy maar sy flits aan en lig so in die vertrek rond.

 

In die hoek sit 'n African Grey.  Hy vra vir die voël, "Is dit jy wat so met my praat?"  

"Ja," seg die papegaai.  

"Wat's jou naam?" vra die Boef.

"Mordegaai."

"Sjoe, dis darem 'n snaakse naam vir 'n pappegaai." sê die Boef.

"Nie so snaaks soos Pietertjie vir 'n Rotweiler nie!"

 

Dis 'n verruklike dag hier in die Moederstad vandag!

Giggelende Lekke

Zazza

Afrikamasutra Geskenkbewys  22/09/2011

Hier is iets oulik en uniek om julle gelukkig te hou totdat die boek uitkom!  Ek het die afgelope paar weke baie mense gehad wat dringend en naarstiglik opsoek is na die boek.  Toe kom ek vorendag met 'n wonderlike plan.  As jy van plan is om Afrikamasutra aan iemand te gee as geskenk, gee intussen vir hulle hierdie "belofte".  Hiermee kan jy vir hulle sê, hy is oppad, ek gee hom vir jou sodra hy op die rak is!  Hoe oulik is dit nie?

 

Bootcamp, boobs en die heelal  20/09/2011

Maandag het ek weer begin Bootcamp.  O ja, dit was gister.  Met die dat ek nou elke oggend tussen 6 en 7 in Kirstenbosch rondhol voel dit of ons al by Donderdag trek!

 

In elk geval, gisteroggend gaan drink ek koffie saam met die Dokter Doedie wat die nag geen slaap gehad het nie weens ‘n nuwe toevoeging tot die familie.  Ek, ironies genoeg, het ook nie geslaap nie en daar sit die twee van ons met moegheidshoofpyne en probeer ‘n titseltjie glam behou.  Ek sê toe vir Dokter Doedie sy moenie bekommer nie, want eerstens ken ons mekaar al ons hele lewe lank en hierdie miniatuur hobbels in die pad van glam kan beslis nie ons inherente fabulousness aantas nie!

 

Die koffie was steeds verruklik, danksy haar nuwe Nespresso en die geselskap was, soos gewoonlik, van hoogstaande gehalte.  Voordat ek toe moes gaan inklok by die kinnertjies van Simon van der Stel waar ek vir hulle help lees, moes ek ‘n blitsige draai gooi by Woolies vir ‘n nuwe  sportbra.  Die dames het meer onderstening nodig gehad vir die oggend hollery.

 

Ek pluk toe sommer in die hardloop daar 2 bra’s van die rak af en vra vir die meisie of ek hulle kan ruil as hulle om een of ander rede nie pas nie.  Geen probleem.  Die een bra het nie ‘n prys of etiket aan nie en sy verdwyn om die hoek om te gaan uitvind wat die kode en die prys van die bra is.  Hier kom sy terug en vertel my dat die bra nie veronderstel was om op die vloer te wees nie en dat ek hom verniet kry.  Ek kan hom net nie ruil nie.

 

Kan jy nou meer?  Daar loop ek toe uit met my gratis bra en vanoggend hou hy alles mooi netjies op die regte plek!  Verniet!  Op die onderwerp van gratis, ek kry toe sommer op die koop toe vanoggend ‘n Advernture Bootcamp sak om welkom te sê.  Ek het nogal gister van die ander vrouens se sakke beloer en gedink ek moet ook een aanskaf, want hy is sterk en neem jou gewigte en mat.  En daar kry ek toe een verniet.

 

So, dankie heelal vir al die goeie Karma!  Het sommer nog werk ook gekry gister.  Partykeer moet mens net wag totdat daai slinger weer terugswaai. 

 

Lekke

Zazza

 

Die groot vraag  19/09/2011

Een keer, lank, lank gelede, het iemand my gevra om te trou.  Dit was my rare, maar liewe, Nederlandse boyfriend met sy vrees dat sy tone gaan afval as hy kaalvoet op die strand stap en wat nooit, maar nooit kaal wou slaap nie en die deur van die badkamer gesluit het as ons alleen in ‘n hotelkamer was.

 

My onmiddellike antwoord op dié onverwagse vraag, so in die strate van Leiden, was ja.  En toe moet ek vir die volgende paar maande probeer om myself daar uit te kry.  Ek het ure omgehuil by die gedagte dat ek vir die res van my bestaan in Goes sou bly en blonde, snotterige, blou-oog kinnertjies sal grootmaak en nooit weer my ma se pampoen en hoender sou eet nie – ja, ek is ‘n drama queen en in my kop sou ek nooit weer Suid-Afrika of my vriende of familie of die son sien nie.

 

Ons het op die ou end heel dramaties uitgemaak en die arme man weier sederdien om enigsins met my kontak te hê.  Selfs sy ou huismaats ignoreer my in solidariteit.  Ek gee nie eintlik om nie, want ek weet dit sou nie gewerk het nie en ek sou nou seker 2 kinders wat ek nie wou gehad het nie en te veel (of te min) slegte seks later, geskei gewees het met ‘n heel ander lewe as die een wat ek tans besig is om so te geniet.

 

Dit alles net agtergrond vir die eintlike punt van die verhaal – as dit so nou en dan in my lewe opkom dat ek al gevra is om te trou, dan is mense altyd so ongelooflik verbaas.  Dit tref my nou eers dat ek seker offended moet wees.  Weet julle, op skool is ek in matriek aangewys as die meisie wat eendag die beste vrou sou/sal maak.  Jy weet, daai weird pryse – the person most likely to become a psychopath ens.

 

Nou die dag kry ek toe weer so ‘n verbaaste “haai regtig” toe hierdie trou-feit opkom (nogal van my huidige geliefde) en dit speel nou so in my agterkop van toe af.  Hoekom so verbaas?  Anyway, vandag tref dit my dat ek eintlik al twee keer gevra is, alhoewel ek nie weet of die tweede keer eers tel nie.  Die psigopatiese knaagdier het my gereeld vertel dat hy met my gáán trou, maar dat hy my, as die tyd reg is, nog ordentlik sal vra – jy weet mooi en romanties, soos dit hoort.  Met ‘n ring en beloftes en hoop en klaarheid en geen vrou in die prentjie nie.  Ja toe, kyk hoe het dit geëindig.

 

En hier eindig ek nou maar my storie voor ek iemand weer die bliksem in maak!  Maar, die moraal van die verhaal – partymaal is die baggasie en die komplikasies en die ekse en die huise en die kinders en ekse in huise en die seemingly onintigreerbare lewens wel die moeite werd om te oorkom om saam te wees.  Dis net lekkerder saam as apart.

 

Laastens, is dit minder emosioneel gekompliseerd om weens omstandighede by jou eks of by jou ouers te bly?  Ek weet daar is talle van julle daar buite wat hierdie vraag al aan eie bas gevoel het.  Beide het nogal ‘n intense impak op jou sekslewe!  Somehow, lyk dit my, kry jy egter meer boheemse browny points as jy by jou eks bly as by jou ouers.  Anyway, ek vat ‘n eks 110 maal bo ‘n vrou!  Been there, done that en het die t-shirt nou al vir die behoeftiges geskenk.  Tweedehandse karre kom nou maar eenmaal met hul quirks.

 

Lekke

Zazza

 

Nuwe kolom op Nuus24  19/09/2011

Van Woensdag af, kan julle Zazza op Nuus24 volg.  Ek gaan so elke twee weke iets kwytraak oor seksualiteit en wat dit vir ons beteken as mense en probeer om dit bietjie te ontrafel en te ontkompliseer.

 

Die eerste artikel handel oor Voorspel, een van die mees sentrale aspekte van die hele liefdespel.  Sodra die kolom op Nuus24 gelaai is, plaas ek die skakel!  Ek wag ook in spanning dat my Facebook link gelaai word op Afrikamasutra.  Lyk my die mense in beheer van al hierdie tegnologie hierdie week is effe dromerig.

 

Ek kriewel sommer met opgewondenheid!

 

Lekke(r)

Zazza

 

Afrikamasutra in Sarie, Oktober 2011  10/09/2011

Laas week was ons in Playboy, hierdie week skaal ons bietjie af na die Sarie - die vriendin vir elke vrou!  Gaan lees onder Kama Nuus Aandra die artikel uit die Sarie van Oktober 2011 se "Hoe het jy gevoel..." kolom.

 

Die finale edit van Afrikamasutra is sopas gestuur en ek voel al die gewig van die boek in my hande!

 

Lekker naweek

In opgewondenheid

Zazza

Leap of Faith  07/09/2011

Ek kyk nou net hierdie “made for TV movie”, Matching Jack op Movie Magic.  Dit was nie sleg nie.  Die storie was sterk en die akteurs beslis nie tweede rangs nie.    Australiese fliek, wat altyd ‘n pluspunt is.  Maar, daar laat dit my weer dink.  Opsigself gevaarlik!

 

Die storie gaan oor ‘n seuntjie wat gediagnoseer word met Leukemie.  Terselfdertyd vind sy ma uit dat sy pa (haar man, obviously) ‘n affair het.  Actually, nie net een nie, maar oor die loop van jare, vele.

 

En daar begin die marmot op die wielietjie weer hol.  Niks gee vir jou ‘n aanduiding dat jou man vir jou lieg nie.  As die gewese “ander vrou” moes ek ook maar al die leuens glo: ek is besig om te skei, ek was nooit lief vir my vrou nie, sy is vet en lelik, ek is ongelukkig, ek trek by jou in en los my vrou, blah, blah, blah.

 

As alles eenkeer verby is en die sogenaamde skille val uiteindelik van jou oë af voel jy darem soos ‘n regte poepol.  In elk geval, daar sit ek weer en tjank met die arme Bella (dis nou my peet Yorkie wat ek tans oppas) wat beserk raak hier om my.  Sy weet regtig nie wat om te doen nie.  Dis seker iets in my interne vibrasies as ek huil wat haar upset – gewoonlik is ek redelik kalm en dit reflekteer beslis in haar persoonlikheid!

 

Anyway, met die Yorkie nou rustig aan die slaap langs my kom ek toe tot die volgende gewaarwordinge.  Ten spyte van Sussie se raas nou die dag oor my blog oor die Psigopatiese knaagdier en die effek wat dit op my persepsies en verhoudings het, het hierdie fliek my ontstel.  Mens weet net nooit nie.  Op ‘n stadium is jy so lief vir iemand dat jy bereid is om daardie leap of faith te neem, maar jy weet nooit regtig nie.  As iemand vir jou in jou gesig sê hy vertel die waarheid, hoe gaan jy dit nou nie glo nie?

 

Tweedens, ek haat dit om alleen te wees.  Ek eet te veel en drink beslis te veel wyn as ek op my eie is.  Nie altyd nie, maar daar is aande wat daar net nie keer is nie.  Gelukkig het ek nog nie begin dig nie.  Dan sal julle beslis weet daar is fout.

 

Derdens, ek mis Madame Sophie soveel dat geen normale mens dit sal begryp nie.  Sy was perfek en myne en saam met haar is so ‘n klein stukkie van my hart saam.  Sophie, jy was veronderstel om tot 104 te lewe!  WTF? 

 

Vierdens, ek wens ek het ‘n sosiale filter.  Ek sê nou die aand vir die Padman iets wat eintlik vir hom sê dat ek hom nie vertrou nie.  Sussie is reg, ek moet oor my kak kom.  Jy, my liewe Padman, is beslis te cool vir die kak in my kop!

 

Laastens, my hemel kan FMR aakliger musiek speel vanaand! 

 

Vir net ‘n breukdeel van ‘n sekonde verbeel ek my ek lê in my eie bed met Sophie langs my, vol liefde en sonder wantroue.  Behalwe vir die feit dat Sohpie vanaand Bella is en my universiteits eks en sy broer loer vir my uit vele fotos (laaaaaaang storie), is die res dalk waar?

 

Dit was ‘n verruklike dag hier in die Kaap!

 

Lekke en liefde

Zazza

 

Die misterie van Salome  05/09/2011

Ek het nog altyd die teorie gehad dat almal wat jy nie ken nie, absoluut wonderlik is. Dink net aan al daardie potensiaal – in jou kop kan hulle enigiets word wat jy wil. Wanneer jy iemand ontmoet, sit jy gewoonlik net jou beste voetjie voor. Jy is vriendelik en nie nukkerig nie, jy verloor nie sommer jou humeur nie en alles is vrolik verby. Sodra ons mekaar egter beter leer ken, begin die donker kolle wys. Dink aan daardie eerste paar weke van 'n nuwe verhouding. Jy dink die son skyn uit jou geliefde uit. Hy (of sy) is die wonderlikste ding wat op twee bene rondbeweeg. Tot daardie eerste oomblik wat hulle iets sê wat jou seermaak of wat jy nie dink by hulle pas nie. Of jy kom agter dat hulle winde laat en sweet! Ek bedoel, hulle is veronderstel om perfek te wees!

 

Die mooiste ding wat iemand onlangs vir my gesê het is, “ek hoop ons leer mekaar nooit ken nie”! Miskien moet ons net werk daaraan om van daardie aanvanklike misterie te behou. Aan die ander kant, as iemand jou leer ken met donker kolle en al en steeds wil rondhang en in jou geselskap wees, dan het ons 'n wenresep. Maar, soos die Kama Sutra ons leer, “om 'n ware godin te word verg oefening.” Dalk is deel daarvan dat ons nie al die sluiers meteens afgooi nie? Mag Salome se dans lank aanhou – ek sien dit steeds in my ouers, so ek weet dis moontlik!

 

Baljaar vandag soos Eekhorings!

 

Lekke vir 'n fabulous week

Zazza

 

Afrikamasutra in Playboy!  05/09/2011

Op Afrikamasutra kan ons Altyd Nuus Aandra -so, gaan kyk onmiddellik na die artikel oor Afrikamasutra in die Septemeber uitgawe van Playbou onder Kama Nuus Aandra!

 

Zazza

Verwagtings  31/08/2011

Vir die eerste keer sedert die Psigopatiese knaagdier is daar weer iemand in my lewe met wie ek ‘n nouer band het as bloot vriendskap.  Dis ‘n bietjie vry hier, ‘n drukkie daar en heerlike geselse tussenin.  Alles vars en vrolik.

 

Die enigste probleem is dat ek steeds so gekondisioneer is deur die Psigopatiese knaagdier dat ek hierdie happening (dis tog sekerlik nie ‘n verhouding nie?) deur Jade-coloured brilletjies bekyk.  En glo my, dis nie die nuwe vry se skuld nie! 

 

Byvoorbeeld, as ons reël dat ons mekaar sal sien, glo ek dit eers as hy aan my deurklok lui.  As ons ‘n date het om uit te gaan of dalk ‘n ballet te gaan kyk, selfde ding – eers as ons in die teater sit, weet ek ons is werklik aan.  My verwagtinge is so laag dat ek heeltyd verwag hy gaan my op een of ander manier seermaak of in die steek laat.  Ek is mos gewoond daaraan.

 

Dus, sê hy hy sal my more bel, dan dink ek, “ja, raait”.  Of as hy beweer hy wil my graag een of ander tyd sien – I’ll believe it when I see it.  Is dit nie belaglik nie?

 

Hoe hard mens ook al probeer om nie bitter en twisted te raak nie, partymaal moet mens toegee dat daar tog letsels agter gebly het.  Jy kan tog nie oor en oor op dieselfde plek seergemaak word en op die ou end heeltemal ongeskonde daarvan af kom nie.  Vra vir Prometheus.

 

So, hoop vir niks en hê die laagste verwagtinge.  Dan kan jy nie so maklik weer om die bos gelei word nie.  Maar ai, hoe wens ek ek kon net laat gaan en wild en wonderlik verlief raak en vertrou en oorgee en iemand in my lewe hê wat my ook net wil koester.

 

Too much to ask?

 

Prometheus se arend is alweer besig met hierdie verraaier in my bors en alles is altyd net so donners complicated.  Daai tasse so vol bagasie dat mens wonder hoe jy ooit deur customs sal kom.

 

Lekke (aan my ou wonde)

Zazza

 

Ratex  24/08/2011

Partymaal gaan daai hamster op die wielietjie in my kop beserk.  Hy raak skoon die kluts kwyt.  Hy spin en hol en trap tot hy homself (en vir my) naderhand gatvol maak.  Hoekom maak ons die lewe vir onsself so moeilik by tye?  Ons dink en ons tob en ons wroeg en lees ondertone in gesprekke in.  Analiseer die nuanses in iemand se stemtoon en hoe hy sy gesig trek of sy neus krap.

 

My goeie vriendin die Prokureur sê nou die dag vir my dat ek in my kop bestaan.  En dit is tot ʼn sekere mate so.  Ek dink net regtig te veel.  Maar, hoe klim jy uit jou kop uit?  Jy lees Ekhard Tolle en jy mediteer en jy raak Zen, maar uiteindelik bly die hamstertjie hol.  Is dit hoofsaaklik ʼn vroulike ding?  Is dit geneties in ons DNA ingeprogrammeer om te tob?

 

Of is dit dalk omdat mense nie eintlik reguit is met mekaar nie?  Alles wentel om insinuasie en suggestie.  Niemand is meer reguit nie.  Met smsse en ander elketroniese media het dit ook so maklik geword om iets so sexy en dubbelsinnig te sê, maar as jy op die punt gekonfronteer sou word, sou jy heel maklik kon sê, “jy het maar net te veel daarin gelees.  Ek het dit nie so bedoel nie”.

 

Mense het ook soveel bagasie.  Almal is in ʼn sekere sin damaged goods.  So mens moet heeltyd om emosie dans, want niemand wil weer te gou betrokke raak nie.  Check eers die kat lekker uit die boom, hou dit lig en vrolik, elimineer enige idiootlike idees van liefde sommer dadelik – net vir ingeval die verkeerde idee gekry word.

 

Iemand vertel my nou die dag dat jy jouself moet afvra wat dit beteken om te trou.  As die persoon in ʼn ongeluk beland en verlam raak, sal jy dit uitsien, of sal jy hol vir die heuwels.  Volgens hom, moet ons voor ons besluit om bymekaar uit te kom, ʼn skeikontrak laat opstel en in die kluis hou vir die dag as jy skei, want skei sal jy en dan het jy ten minste die dokument laat opstel toe jy nog rasioneel was.  Die huwelik is, volgens hom, ʼn kontrak en het niks met liefde te doen nie.

 

Ek het nie eers daarby uitgekom om te vra wat hy nou eintlik van die liefde dink nie.  Maar dit klink vir my darem uiters prakties en onromanties.  So, is romantiek dood?  Is almal nou net bitter en twisted en moet ons nou maar vat wat ons kan kry as en wanneer ons kan?

 

Niemand vra mekaar meer om te kys nie.  Ten minste op skool, as Jannie vir Sannie ʼn briefie geskryf het en gevra het of hulle kan kys, het Sanie geweet.  Dit was heel duidelik en Sannie het geweet Jannie sal pouse dalk vinnig haar hand vat.  Sy kan nou maar Pietie se advances ignoreer.  Sy hoef nie meer haar opsies oop te hou nie.  Sy hou nie eintlik van Pietie nie, maar Jannie kom ook nie tot die punt nie (pardon the pun), so sy wil Pietie ook nou nie laat dink sy en Jannie is betrokke nie.

 

Maar, nou dat ons oud en jaded en oneerlik is, is niks meer duidelik nie.  Jy dig hierdie ou, maar wat is julle?  Is julle gekys, of is julle net vriende wat vry?  Mag jy nog met ander mans uitgaan?  Of “spaar” jy jouself vir jou imaginary kys?  Niks is dan ernstig of gedefinieer nie en jy moet maar net aldag maak of jy vrolike vriende is wat net elke nou en dan kan en wil doen met ʼn soen.

 

Sien julle wat ek bedoel met die hamster op die wielietjie?  Daar is seker net een antwoord vir die bloeming knaagdier en dis Ratex. 

 

Oh well, lekke tot ʼn volgende keer

Zazza

 

Die woede, die waansin en Zen Zazza  18/08/2011

Gisteraand gaan sien ek en die Padman Larry Crowne.  So ’n warm en fluffy film wat jou net laat goed voel.  Het dit nodig gehad na die ‘Out in Africa’ fees van Dinsdag.  Ek was die enigste girl (en dan nog straight daarby) in die teater.  Die ou wat ’n aankondiging maak vra my sommer pertinent of ek ’n Lesbian is (oor ek dan nou in die fliek sit) en ek sê toe nee, moet ek wees?  Agterna het ek gedink ek het tog meer in gemeen met gay mans as Lesbians – ek is mal oor mans!  Die film (Homme en Bain) was nou nie die literêre hoogtepunt van my lewe nie, maar die dokkie, We Were Here, beslis die moeite werd.

 

In elk geval, na die impromptu film gaan eet ons die verruklikste pizza by Bardelli’s en drink daarmee saam die Boekenhoutskloof Wolftrap.  Ongelooflik!  Padman drink die Beyerskloof Bouwland rooi – net so heerlik.  En soos gewoonlik, gesels en filosofeer ons dik stukke.  En so kom ek by vandag se storie.

 

Soos julle nou al weet, sê ek altyd dat ek in die tweedehandse kar mark is.  Ek het die eerste rondte gemis en vry nou met die geskeides op hulle tweede rondte deur die ding.  En dit tref my hoe gekondisioneer ons is om op ’n sekere manier te funksioneer en te dink. 

 

Die gesprek gaan altyd iets soos volg.  “Ek is geskei, het twee kinders, wil nooit weer trou nie.  Ek maak nie daai fout twee keer nie.”  Weereens, sommerso in die gesprek ingewerk sonder dat mense eintlik gevra het vir die inligting.  Net sodat jy mooi weet waar jy staan – ek is oop vir vry, maar kry dan liefs jou ry.

 

Eerstens, ek is so gatvol vir mense wat sulke sweeping statements oor die lewe maak.  Dis net so maklik.  Mans is poepolle en hou van seks, want dis hul natuur.  Vrouens bitch en hou nie van seks nie, want dis húl natuur.  Die huwelik beteken die einde van my vryheid en intimiteit en is altyd ’n bogger op en as jy ’n vrou is, moet jy nog jou van ook prysgee.  Wie sê? Om alles so af te bring tot die laagste, gemene deler is net te eenvoudig.  Dis so ’n cop out!

 

Elke mens en elke verhouding wat jy betree is uniek.  Partykeer kry jy te doen met ’n psigopatiese knaagdier en ander kere vat die lewe jou op ’n lelike draai van die Zen af, maar die punt is dat ons nie al daai strooi moet laat ophoop en ons bitter en twisted maak nie.  Ek kan besluit dat ek mans haat, want my pa het my gemolesteer en mal gemaak.  Of ek kan ’n daadwerklike besluit maak om positief te bly en elke mens as unieke individu te benader.

 

Daar is nie antwoorde nie.  Ons weet werklik nie wat gaan gebeur nie.  Jy ontmoet iemand, julle irriteer mekaar grensloos en jul paaie skei.  Of, jy ontmoet ’n engel en alles is idillies en julle leef en lief mekaar tot in die happily ever after in.  You just never can tell.

 

Ek is en bly gewillig om daardie kans te vat.  Ek moet myself partykeer keer om nie ooreenkomste te trek tussen die persoon by wie ek is en die manlike moere uit my verlede nie, maar dis my paadjie wat ek moet stap.  Ek is net te nuuskierig om te weet wat nog kan gebeur.

 

Ek was vir 33 jaar van my lewe bedônnerd.  In fact, ek is bedônnerd gebore.  Met ’n lekker skoot gewroeg en ’n goeie wobbly later het ek my Zen gevind.  Ek moes doelbewus besluit dat ek nie meer die bedônnerde bitch wil wees nie.  Die verlede het gebeur en nou kies ek om elke dag nuut te leef.  En ek verkies dit so.  Ek het so baie energie aan kwaad wees spandeer dat ek nou sit met ’n outo-immuun siekte wat my aanmaan elke keer as ek bedônnerd of upset raak.  Ek wens ek het die Zen gevind voor die fisiese manifestasie, maar dis nou maar hoe dit is.

 

En ek hou van die meer Zen Zazza.  Dit het 35 jaar gevat om hier te kom en elke dag is ’n avontuur!

 

Lekke vir ’n verruklike dag

Die labrador puppy,

Zazza

\'n Speelse dans met Samsara  11/08/2011

Gaan lees die resensie van Francois Loots se Die Jakkalsdans onder Kama Nuus Aandra.  Die resensie verskyn binnekort op Litnet.

 

Zazza

Sensual Food Movement (SFM)  10/08/2011

“Never trust a woman who doesn't like to eat. She is probably lousy in bed!" - Frederico Fellini

 

Ek praat nou al maande oor ’n sensuele kookboek.  Eendag bespreek ek dit met die Wêreldberoemde sjef, heirdie konsep van Sensual Food, en hy verseker my dat daar alreeds so iets bestaan.  Iemand het my reeds voorgespring en die SFM uitgedink.  Wel, ek kyk nou al maande op die internet op soek na hierdie beweging en kry net mooi niks.

 

Daar is vreeslik baie geskryf oor kos en seks, kos en sensualiteit, die verhouding tussen die gebruik van die sintuie gedurende seks en eet ens, maar, geen SFM!  So, kan ek offisieel die konsep munt?  Hiermee begin ek nou die Sensuele Kosbeweging. 

 

Ek hou van kook, ek hou van eet, ek raak poëties en ekstaties oor wyn en brandewyn en cognac en handgemaakte sjokolade en sjampanje.  Soos ons ons liggame voed met kos, so voed ons ook ons siele.  Ons oë drink die kleure en teksture in, ons neuse die reuk van knoffel en roosmaryn, ons vingers voel aan boontjies en gly deur botter, breek ’n bloedlemoen oop dat die sap oor ons polse drup en suig ’n mangopit af tot net rafels oorbly en die sap oor jou ken en in jou cleavage inloop.  En daar het jy dit – soveel van die Kama Sutra se posisies en beskrywings wentel om kos!  Suig daai Mango!

 

Ek het of seks of kos nodig, want ek is oor die algemeen krapperig en prikkelbaar vandag.  Seks, op hierdie punt van die geveg, is egter beter vir die lyf.  Op soveel vlakke.  Dis die beste gewigsverlies plan wat ek ken.  Laat ek dan maar vir die oomblik aan ’n stuk handgemaakte, 70% Venezuela Rio Caribe sjokolade (www.dvchocolate.com) knibbel en hopelik myself meer aangenaam maak vir die res van die mensdom.

 

DV Sjokolade is elke Saterdagoggend te kry by die Hermanuspietersfontein mark in Hermanus. 

 

Lekke (verkieslik iets van jou Geliefde af)

Zazza

Tergende Tong  09/08/2011

Hierdie is nou nie 'n les uit die Kama Sutra nie, maar 'n heerlike resep vir die sagste, smaaklikste en delikate tong.  Gaan kyk onder Kama Kook  vir die resep en bedien die tong met 'n heerlike witwyn en kappertjie sous.  Die tong is wonderlik bedien met pofaartappels en ertjies.

 

Lekke(r) eet!

Zazza

Ertjiesop  09/08/2011

Die Padman soek nou die dag 'n ertjiesop resep, maar besluit toe op die ou end om sommer die pakkie se resep te volg.  Wel, hier is jou ertjiesop resep!  Gaan loer onder Sexy Soppe.

 

Smaaklike ete!

Zazza

Playboy en Providence  09/08/2011

Vrydag is ek op pad Hermanus toe om gou iets te gaan oplaai en dan sommer te bly vir ete en ’n kuier.  Ek sou vroeg Saterdagoggend terugkom, so ek besluit om nie my kompertjie te laai nie.  Wie wil my nou kontak in daardie 24 uur?

 

Ek ry in Newlands Avenue af, CD in en foon op hands free, reg vir die lekker trip.  Net toe ek die draai daar by Paradise Motors vat, kom daar ’n stempos deur, maar die foon het nie gelui nie.  Ek trek sommer net daar op die M3 af en luister gou.  Dis die redakteur van Playboy SA.  Hy soek info vir die nuwe uitgawe wat Maandag sak.  Ek val omtrent van my stoel af – nogal quite ’n oomblik as Playboy jou soek!

 

Ek chat eers ’n hele rukkie met die Redakteur en draai toe terug huis toe om die goeters te kom deurstuur en my laptop saam te vat.  Die hele detour so met die oproep was sowat ’n uur.  Pla my nie, die dag is mooi en ek het die hele middag om daar te kom.

 

Toe ek Sir Lowry’s Pass tref, is daar onder ’n kennisgewing dat daar ’n ongeluk was – Expect Delays!  Ek sien die ry karre wat staan en kruip al hoe nader aan die ongelukstoneel.  ’n Trok het beheer verloor en in die aankomende verkeer ingery en bo-op ’n rooi kar beland.  Moes so ’n uur of wat vroeër gebeur het. 

 

Die oomblik gaan my nie verby nie.  Daar sit ek in my ROOI kar en kyk na die trok en dank Playboy dat ek teruggedraai het huis toe!  Snaaks hoe sulke goed partykeer gebeur.  Die ander les is natuurlik – moet nooit jou laptop by die huis los nie.  Iemand sal jou binne die volgende 24 uur soek.

 

Gelukkige Vrouedag – bly ek is nog hier. En koop die nuwe uitgawe van Playboy!

Lekke

Zazza

Lus vir nuwe muurpapier?  03/08/2011

As julle moeg is vir die kleur van jul mure, hier is iets nuut - Kama Sutra muurpapier!

 

 

Ek dink egter Afrikamasutra muurpapier gaan nicer wees, so watch this space!

 

Lekke

Zazza

My Unstructured Existence  01/08/2011

’n Kaapse winter is nat.  En koud.  Nie idillies en sonnig en perfek nie.  Die damme word nie vol nie, maar ten minste kry nie een van ons die winter SAD nie.  So is dit ook gister toe ek en die Shrink afsit Promenade toe.

 

Eers stap en toe gou inval by La Vie vir hul ontbyt special – R35 vir ’n volle ontbyt met koffie ingesluit!  Ons sit so lekker en tjol praat oor die lewe en werk.  Die Shrink het Vrydag haar goewermentswerk bedank en is toe so half angsbevange oor wat nou.  Ek sê toe ek is baie tevrede met my huidige “unstructured existence” en sy moet haar eie praktyk oopmaak!  Hoekom vir iemand anders werk as jy vir jouself kan werk.  Ek is nou al deur die Gans wat weerlig gesien het fase en nou probeer ek almal convert na Unstructured Living!

 

So, as jy wil joga doen op ’n Donderdagoggend, vergaderings reël by koffiewinkels en dergelike ongestruktureerde goed, bedank.  My lewe, post akademie, is fabulous!  Vir die eerste keer in jare wens ek nie ek kan na een of ander one-horse-town trek net om van die stad en die mensdom af weg te kom nie.  Glo my, om nie vir iemand te werk nie is net so goed as om te gaan kaas maak in Stanford.

 

Van tyd tot tyd mis ek daai inbetaling op die 25ste van die Maand, maar die lewenskwaliteit wat ek nou het maak beslis daarvoor op. 

 

Viva Unstructured Living!

 

Lekke

Zazza

Prei, courgette en crme frache sop  25/07/2011

Soos beloof, is die sop nou geplaas onder Kama kook!

 

Lekker smul - ek het gister goeie terugvoer gekry oor nou die dag se boontjiesop, so ek hoop hierdie een is net so lekker!

 

Lekke

Zazza

Subteks  24/07/2011

Vandag het ek die groot kook gehad.  Ek het vanoggend besluit ek vat vandag af.  Was nodig om iets vir my loisir te doen.  Gaan sien toe eers The Perfect Host.  Wat ‘n treat!  Doen julself die guns en gaan sien dit sommer dadelik.  Dis ‘n swart komedie met wonderlike galgehumor, maar totaal en al boeiend van begin tot einde.  Net sodra jy dink die film is nou verby, is daar nog ‘n interessante kinkel.  David Hyde Piece se spel is fabulous.

 

Tuis raak ek toe aan die kook.  Eers varknek stukkies met ‘n mostert en crème fraîche sous en Franse boontjies, bedien met ‘n Steenberg Rosé.  Toe maak ek Osso Bucco.  Dit lyk of ek effens te veel hoenderaftreksel ingesit het, so ek maak dit nou ‘n Osso Bucco pastasous.  Na drie ure in die oond is daai sous nou ongelooflik, maar beslis meer souserig as Osso Bucco-rig.  Nou gaan dit ontwikkel tot ons dit eet.

 

Maar, die kokery was nog nie vir die dag klaar nie.  Toe maak ek vir aandete so ‘n lekker sop na die vark van vanmiddag.  Prei en courgette sop met cannelini  boontjies en ‘n blob crème fraîche.  Heerlik.  Ek het sommer die resep opgemaak soos ek gekook het, so ek plaas hom ook sommer nou-nou.

 

Nou, oor die subteks van die titel.  Ek verwonder my partykeer oor mense se kommunukasie metodes.  Het julle al agter gekom as jy iemand bel en sê, ons moet bymekaar kom, hoe dikwels is die antwoord nie, “wel, ek is baie besig hierdie week.”  Wel, ek het nie gesê hierdie week nie, het ek?

 

Of, my gunsteling.  Jy is by ‘n kongres en ontmoet ‘n oulike man.  Jy gesels lekker en daar is geen Delila-agtige intensies of onderstrominge nie, maar die sinnetjie, “ja, my vrou is ‘n tandarts” (of whatever) val sommer so sonder konteks die gesprek binne.  Jy is net bly jy sit nie langs een van jou koekerige kollegas nie, maar nou dink oulike man jy jaag hom en wil net seker maak jy weet hy is getroud.

 

Nou, almal weet al ek is soos ‘n labrador puppy.  Partymaal is my entoesiasme vir mense en kuier en wyn en allerhande dinge heel over the top.  Ek maak ook altyd baie effort om met mense kontak te hou, dates te reël en  deesdae eerder mense te nader as om iets alleen te doen.  En dan word dit verkeerd opgeneem.

 

Ek het al ‘n gay vriend gehad wat my uitgeneem het vir koffie om vir my te sê hy wil net seker maak of ek weet hy is gay, want hy dink ek is verlief op hom!  Nee ek was nie verlief op hom nie (nie eers heimlik nie), ja ek weet hy is gay en gelukkig is ons nog groot pelle.  Maar, dit gebeur gereeld dat ek ‘n lekker verhouding met iemand het, heerlik kuier en dan skielik sulke subtiele boodskappies begin kry.  Net sodat ek presies weet waar ek staan.  Party net meer ouvert as ander (vorige blogs oor vryers verwys).

 

Ek veronderstel daar is nie eintlik ‘n ander manier om dit te doen nie.  So subteks en subtiele boodskappies is seker maar the way to go.  Maar, sal reguit kommunikasie nie partymaal beter wees nie?  Ek het eenkeer ‘n suitor gehad wat my in st. 7 gebel het en vreeslik ernstig gevra het waar hy met my staan.  “Seker langs die telefoon”, was my antwoord.  He was not amused!

 

Dit is al gesê dat daar altyd in ‘n verhouding (vriendskaplik of meer) een mens is wat meer voel as die ander een.  Jy dink jou BFF is regtig jou beste maatjie, maar mean time het hulle al lankal ‘n ander BFF!  Dit is nou maar seker eenmaal die menslike natuur. 

 

Oh well, dis deel van die aangaande soektog na my Groot Liefde en die lewe.

 

‘n Voorspoedige week

Lekke

Zazza

Bronstige Boontjiesop  22/07/2011

Gisteraand kom ou vriende oor vir boontjiesop, Springfield Method Ancienne Cab, lopende kaas en olyfbaguette.  Nou nie juis die mees hydro-approved maaltyd nie, maar beslis heerlik!  Vandag wil ek net met julle daai ongelooflike boontjiesop deel.  Gaan kyk onder Kama kook vir hierdie sexy sop.  Dit kan regtig nie makliker nie.

 

Ek sien die berg is weer toe onder ‘n donker wolk en ek hoop die Kaap sien weer bietjie reën.  Die Bangbang Club het ook vandag begin, sowel as Beautiful met Javier Bardem.  Hy is so mooi om na te kyk.  Kan nie wag nie!

 

Nou koffie en werk!

Lekke

Zazza

Hanna  21/07/2011

Gister was een van daai dae wat ek vir ure na my computer skerm gestaar het en net mooi niks uitgerig het nie.  Haat daai dae!  Ek besluit toe ek kan net sowel gaan fliek en vra die Padman of hy nie saam met my Hanna wil gaan kyk nie.  Ek wou dit al lankal gaan kyk het en gaan maklik op my eie fliek, maar dog toe ek sal die keer ‘n punt daarvan maak om iemand saam te vra.  Jy sien, as jy alleen gaan fliek hoef jy glad nie te worrie oor wat die ander persoon daarvan dink nie.  Partymaal, as ek ‘n fliek voorstel, sal ek die hele fliek deur sit en wroeg en wonder of die persoon langs my dit enigsins geniet.  Ja, hoor ek julle sê, get over it!  Wel, gister het ek.

 

Wat ‘n fassinerende en boeiende fliek!  Dit is dissonant en byna burlesk op plekke.  Die musiek en redigering is puik en die spel fenominaal.  Die fliek het so ongesiens verbygegaan en ek onthou dat hy nie wafferse resensies gekry het nie.  Gelukkig het ek my nie deur daai opinies laat afsit nie!  Briljant!  Sal fabulous fliek wees om in ‘n film klas te ontleed.  You can take the girl out of academics, but you can’t take academics out of the girl, of so iets!

 

Daarna die perfekte, seared tuna by die Cape Town fish market, ‘n bottel Asara Cab/Merlot (met ys, want die ding was waarlik badwater temperatuur!), geselskap uit die boonste rakke en toe roomys op die kaai van San Marco. Dit het gevoel of ek met vakansie is in 'n eksotiese kusdorp in Italie!

 

Is dit nie lekker om in die Kaap te woon nie?

 

Lekke

Zazza

Avonture met Mr. Chan  20/07/2011

Partymaal werk mens op 'n plek wat almal mal maak, maar op die ou end hou jy 'n klomp oulike mense oor van hierdie ervaring.  So is dit met een van my kortstondige werkservarings.  Die gemiddelde personeel ommekeer was so 6 maande, maar in daai 6 maande het jy so 'n band gesmee met jou medewerkers, in solidariteit oor die aakligheid, dat ons nou nog pelle is.

 

So is dit met die Dramadoktor.  Hy was my eweknie in Johannesburg en ons het sommer van die begin af lekker gekuier.  Hier bevind ons onsself nou altwee terug in Kaastad en gaan toe gisteraand op 'n Seepunt Avontuur.  Hoe lanklaas het julle Seepunt ingevaar?

 

Eers het ons begin by die Black Bull (of is dit nou Ram?) in Kloofnek vir 'n glas ongelooflike Lammershoek Chenin/Viognier.  Maak 'n nota hiervan - gaan uit en koop onmiddellik 'n bottel!  Toe is dit Seepunt toe na Mr. Chan, wat blykbaar berug is vir hul spicy vis.

 

Ek bestel die Calamari met gemmer en sprietuie en die Dramadoktor die spicy vis, maar sonder die deeg waarin hulle dit gewoonlik braai.  Die kos was verruklik!  Kyk, MSG is nou nie die beste ding vir jou gestel nie en jy voel die hele nag of jy gesuip het, al het jy gestop na die een glas Lammershoek, maar elke nou en dan is dit die opoffering werd.

 

As julle avontuurlustig voel, gaan probeer Mr. Chan's in Seepunt.  Dis sommer so in die hoofpad, daar waar Aris Souvlaki altyd was.  Maar passop, oppad huis toe is ek in 'n polisie blokkade gestop.  Daar was so 'n ongelooflike teenwoordigheid van polisie gisteraand - blou ligte net waar jy kyk.  Maak dus seker jy het 'n aangewese bestuurder wat nie gaan drink nie, as jy daai bottel Lammershoeok op jou eie wil uitdrink!

 

Lekke

Zazza

Vandag is die dag wat my lewe gaan verander  18/07/2011

Terwyl ek nog in Pretoria gewoon het en gewerk het by Die plek wie se naam nie genoem mag word nie, het ek dikwels in die oggende in die verkeer op Lynnwoodweg gesit en dink.  Dan wonder ek – wat as vandag die dag is wat my lewe sal verander.

 

Jy loop by jou werk uit en vas in die man van jou drome, julle het ’n warrelwind romanse, trou, kry kinders en woon gelukkig saam vir die res van jul dae.  Of, jy ry op pad werk toe in iemand vas en jou lewe verander onomkeerbaar.  Dalk wen jy die lotery of kry ’n nuwe werk.  Dikwels as mens nie heeltemal gelukkig is nie, oorval hierdie tipe gedagtes jou meer as op ander tye. 

 

Dan is daar dae wat jy geheel en al niksvermoedend uit die bed uitklim en bam! Jou lewe is vir ewig anders.  Jy is nog salig onder die indruk dat jou lewe op ’n sekere trajek is en jy is heel gelukkig met die huidige verloop van sake.  En net so, word die mat onder jou voete uitgeruk.  Jy is dalk in ’n verhouding en die man van jou drome woon by jou en gaan met jou trou.  Dan los hy jou.  Jy word gediagnoseer met een of ander siekte wat jou benadering tot jou bestaan verander.  Jy word ontslaan uit jou werk uit en moet skielik huis verkoop, oppak en terugtrek by jou ouers.

 

Wat ook al die scenario, partymaal gebeur dinge heel onverwags.  Terwyl dit besig is om te gebeur, dink jy dis die einde van die wêreld.  Jou lewe is op ’n einde.  Jou kat is dood en jy is jou huis kwyt.  En dan so ’n paar maande later besef jy – alles om jou is pragtig.  Die berg is skoon en groen en helder.  Jy loop soos ’n verliefde rond in die Kaap en sê heel weird vir almal wat jy teëkom, “Is die Kaap nie mooi nie?”  Jou lewe begin weer rigting kry en jy is weer lus vir aangaan, opstaan, werk, skep, verlief raak.

 

Mmmm.  Dalk is vandag die dag wat my lewe gaan verander.  Of nee, my lewe het klaar verander en verander steeds elke dag en dit maak my opgewonde.

 

Is die Kaap nie vandag pragtig nie?

 

Lekke

Zazza

On-bon Fromage  16/07/2011

Ek koop so 'n rukkie terug 'n ontbyt deur Dealify by Bon Fromage in Nuweland.  Nou ek is mal oor Groupon, Dealify en al die ander epos deals wat ek elke oggend ontvang, maar ek het nou 2 bloutjies geloop die afgelope tyd.

 

Die eerste was my lang begeerde massering wat ek by Yen Mei gekoop het en die tweede, vanoggend se ontbyt.  Die massering was weird.  Die oggend bel ek en 'n Chinese meisie antwoord wat geen Engels kan praat nie.  I kid you not!  Dit het my 10 minute geneem net om my telefoonnommer aan haar oor te dra en ek is seker wat sy neergeskryf het het geen ooreenkoms met my telefoonnommer gehad nie. 

 

Daar aangekom word ek en 'n vreemde man op twee banke langs mekaar neergeplonk met ons voete in so 'n stomende vaatjie.  Naderhand vra die man langs my of my voete ook so brand, waarop ek toe moet erken ek voel al soos 'n gestoomde mossel.  Daar sit ons soos idiote vir 'n half uur!  Met net een tydskrif oor die boubedryf of iets tussen die twee van ons.  Ek probeer toe maar mediteer, maar met die brandende voete het nie eers Zen gehelp nie!

 

Daarna is dit VUURWARM klippe wat op en af met my ruggegraat gevryf word (ja, bo-op my ruggraat) en teen die tyd wat ek daar uitloop is ek meer moerig en seer as toe ek ingeloop het.  So, Yen Mei is van my lysie af.  Geen opvolg besigheid van my nie.

 

Vanoggend bloutjie nommer twee.  Ek het 'n koepon vir 'n ontbyt en 40% af op my metgesel se ontbyt.  Ek besluit om die ouders saam te sleep.  Die personeel is clueless oor die deal, die koffie laat jou hare regop staan (nie op 'n goeie manier nie) en ek is nou al naar van vanoggend af na my Eggs Benedict.  Dit was uiters on-bon!

 

Op 'n positiewe noot, ek het die afgelope paar maande 'n bietjie van 'n tekort in lessenaarspasie gehad.  Baie mooi lessenaar, maar uiters beknop.  Dis soos jou handsak - my lessenaar het naderhand my psige begin weerspieel.  En net daar besluit ek toe vanoggend genoeg is genoeg en ek vaar Builders Warhouse binne vir 'n GROOT blad en 2 bokke.  Ek ontdek toe egter 2 tafeltjies in die garage wat net so goed werk soos die bokke, so bokke word more teruggeneem.  Ek sit nou by die grootste, lekkerste lessenaar ooit en dit het my presies R270 gekos.  Yay!

 

Ek laat julle met 'n Sartre pereltjie: "You cannot escape the reflection of yourself as seen in others."  Of so iets.  Ek mag dalk nou mis-aanhaal, maar dis so om en by reg.  Ek dink dis so waar.  Ons is maar almal spieels vir mekaar.  En blykbaar is my lessenaar ook 'n spieel vir myself!

 

Lekke vir 'n Bon Dimanche.  Hoop dis beter as die Fromage!

Zazza

Afrikamasutra NOU op Boekblik!  16/07/2011

Dis nou amptelik.  Afrikamasutra kan van VANDAG af bestel word op Boekblik.  Gaan kyk op http://www.boekblik.co.za/p9781920424282/Afrikamasutra.aspx

 

Onthou, die boek verskyn eers in September, maar die bestellings word nou geneem!  So, gryp daai muis en klik op "Gooi in my trollie"!  Dan sal jy jou kopie so warm as kan wees van die drukkers af ontvang.  En wie wil nie eerste in die ry wees vir hierdie fenomeen nie?

 

'n Verruklike naweek vir julle

Zazza

Kama Sutra in Observatory  15/07/2011

Gisteraand sit ek, die Boekman en die Fabulous Foodie af na Obs.  Jinne, het ek lanklaas daar gekuier!  Dis nog net dieselfde.  Ons is oppad na Kama Sutra, 'n nuwe Indiese restaurant, gelee waar die ou Diva's was op 88 Lower Main Road.

 

Julle kan natuurlik raai waarom ek nou juis die plek wou probeer - vanwee die naam, natuurlik!  En die kos was heerlik en uiters redelik.  Die groentekerries is hier om en by die R35 en die hoender- en lamskerries so R65.  Ons het so 'n mengelmoes van Korma, Madras and Rogan Josh met Rotis en rys bestel en gesmul so tussen al die geklets deur.  Ek was weer die groot kekkelbek en gevoel ek bly nie vir een oomblik stil nie.  So effentjies soos 'n radio wat net-net van die stasie af is.

 

Dit het begin met die parkeerdery - eers loop ek in die verkeerde rigting in Lower Main Road, want die nommers is so effens aweregs (wat anders kan jy verwag in Obs?).  Maar, toe kom ek op die Vinylwinkel af - ek wil hom al vir maande besoek!  Nou weet ek darem waar hy is.  Deurentyd het ek hierdie running commentary met myself, hardop - ons het later besluit dis hoekom bedelaars, muggers en car guards nerens te bespeur was nie.  Hulle was banger vir my as ek vir hulle!

 

Soos ek by Panchos verbyloop, onthou ek ook een aand, so 'n hele paar jaar gelede waar ek te lande gekom het om 'n tafel met so 'n paar knape met wie ek so op 'n streep 'n vryerasie gehad het.  Die res van die aand kan ek nie eintlik onthou nie omdat ek uit pure verbouereerdheid 'n bietjie te veel rooi wyn gedrink het - ek weet nie my vriendin, Die Prokoreur, moes Ursula (dis nou my ou Golfie) om die draai na haar huis toe ry en my op die bank slaap maak.  Viva verantwoordelike vriende!

 

Wel, 'n bottel Fort Simon Chardonnay en 'n Knorhoek Two Cubs later (die corkage is maar R20), beveel ek Kama Sutra regtig ten sterkste aan - gaan kyk op hulle Facebook bladsy vir meer inligting en vir allerhande interessante komende gebeurtenisse, soos 'n erotiese poesie voorlesing! (Ja nee, en nou kan ek nie eers die deelteken op daai 'e' sit nie!!!)

 

Ek stel voor julle Kama eet by Kama Sutra!

Lekke en 'n (lek)ker naweek

Zazza

Dis soos Kuns - Afrikamasutra maak die Vrouekeur!  13/07/2011

22  Vrouekeur 15 Julie 2011

sy verskuif grense

 

Dis soos KUNS

Ilse Carla Groenewald is besig met

’n projek wat haar na aan die hart

lê, vertel Maryke Roberts

 

 

Ilse Carla Groenewald is besig met die

Afrikaanse vertaling van die Kama Sutra.

Sy werk al etlike maande deur die ingewikkelde

Sanskritteks. Sy maak nuutskeppinge,

skaaf, verkort en werk by om

die teks toeganklik en toepaslik te maak.

Sy het die idee gekry omdat sy ’n gaping

in die Afrikanerpsige of -verwysingsraamwerk

gesien het.

 

Almal weet op een of ander manier van

die oorspronklike Kama Sutra, wat in

die sesde eeu ná Christus deur Vatsyayana

geskryf is, maar die vertalings

deur die jare was moeilik om te lees en

die illustrasies nie baie mooi nie. Illustrasies

is ook eers later bygevoeg om die

ingewikkelde teks makliker verstaanbaar te

maak. Ek het uiteindelik besluit die meeste

tekste is eintlik baie vervelig en nadat ek

Richard Burton se 1883-vertaling in Engels

gelees het, het ek besluit om die boek nie

net te vertaal nie, maar by te werk sodat dit

meer toepaslik vir die moderne mens is.

 

Die oorspronklike boek was bedoel as

reëls van die liefde. Dit het mans en vroue

as gelykes in die verhouding behandel en

dit was noodsaaklik dat genot en respek vir

al twee ewe belangrik moet wees. “Kama”

verwys na die estetiese en erotiese plesier

en liefde en “Sutra” na die draadjie wat alles

en almal aan mekaar verbind. Hoewel ons

dit nie wil glo nie, is baie groot dele van

die ou teks steeds op ons van toepassing.

Ek vertaal die werk, maar hou hier en daar

van die oorspronklike Sanskri tterminologie

om daardie tikkie misterie vas te vang. Die

algemene boodskap van die boek is dat

voorspel die sleutel tot albei se genot is en

dat plesier en vreugde net so nodig vir die

liggaam as kos is. Soos deeg voorberei

moet word voor dit gebak kan word, moet

die vrou ook voorberei word voor sy gereed

is vir die seksuele.

 

Ek doen al die afgelope paar maande

my navorsing. Ek het gereeld in die Pretoriase

Botaniese Tuin gesit met verskeie

blaaie van die Kama Sutra om my gestrooi.

Ek het sommige bladsye tot 27 keer

deurgelees en stukke met my kleurmerker

uitgelig. Ek was by die 2011 KKNK ook een

van die gassprekers by ’n boekgesprek in

die CP Nel Museum. Die illustrasies vir die

boek is pragtige kunswerke op hul eie. Dis

deur Diek Grobler, Hardus Koekemoer en

Marna Schoeman gedoen. Die illustrasies

is pittige en humoristiese kunswerke wat

’n nuwe speelse, maar eg Suid-Afrikaanse

blik op die teks gee.

 

Van die posisies in die oorspronklike

teks is soos gedigte geskryf en ek geniet

die mooi frases. Daar is posisies met

interessante name soos “die donderslag”,

“melkkarring”, “suig ’n mango” en “die

sirkelende tong”. Ek wil met my boek die

“sies” uit seks wegneem. Ons is pragtige

mense wat daarvan hou om aan mekaar

te raak en te druk en dis mooi as dit goed

bedoel is. Ek verstaan nie die koeklikheid

en nievrydenkenheid van mense nie, want

ek het nie so grootgeword nie. Seksuele

plesier is deel van ons samestelling.

 

Die projek voel vir my soos ’n reusekunswerk.

Dit is soos om – laag vir laag

– op ’n reusedoek te werk. Ek werk lang

ure daaraan en hoop om dit binnekort in

druk te sien. Die boek, met sy pragtige illustrasies,

gaan só mooi wees. Dit sal as ’n

geskenk of koffietafelboek kan dien.

 

Ek was twee jaar in ’n bisarre verhouding

met iemand en ek het later

selfondersoek oor my eie spiritualiteit

en seksualiteit gedoen en besluit om ’n

webwerf te begin. Mense kon hul spiritualiteit

en seksualiteit kreatief met staaltjies

en gedigte daarop uitleef. Ek het baie

rondgespeel met idees vir die webwerf, tot

ek op Afrikamasutra besluit het.

 

Ek glo die mense wat my boek gaan

koop, sal meestal die vrydenkendes

wees. Tog hoop ek die konserwatiewes

koop dit ook, al steek hulle dit weg. Hulle

moet dit net lees! Die reaksie van Suid-

Afrikaanse vroue is geweldig positief

omdat daar niks soortgelyks in Afrikaans

beskikbaar is nie. Vk

 

Loer by www.afrikamasutra.net vir daaglikse

blogs en ander staaltjies terwyl sy vertaal en

ontdek

 

 

Illustrasie Diek Grobler  

Die Prinslike Pierewaaier  08/07/2011

Na die koninklike troue van Monaco, praat my ma-hulle oor die “winking prins”, hoekom Charlene so angsbevange gelyk het en die algemene skinderstories wat so die rondte doen oor die arme mense.  My ma sê in die kar vir pa, ja dit lyk of die man ’n pierewaaier is.  Nou pa is al 30 jaar deel van hierdie Afrikaanse-mengelmoes familie en die Ingilsman praat baie goed Afrikaans, maar om een of ander rede, het hy nog nooit die woord “pierewaaier” gehoor nie, met die gevolg dat hy vra: “Pielewaaier? Hy ken nie daai woord nie.”

 

Ma is natuurlik histeries van die lag en pa, toe die woord nou gekorrigeer word, sê toe, maar pielewaaier is in die Prins se geval veel meer gepas!  Waar trek ons nou al met die buite-egtelike kinders?

 

Anyway, openingsaand van Fringe People het baie goed gegaan en ek het nie my woorde vergeet nie!

 

Lekke op hierdie Verruklike Vrydag.

Zazza

Porno Broekies  07/07/2011

Wat is dit met Woolworths?  Ek loop nou die dag deur die mansafdeling van Cavendish se Woolies en kom op die mees horibale gesig af:

 

 

Kyk die kleur van die onderstes!  Wat is daai kleur?  Teale?  Seegroen?  Seeblou?

 

 

Daar staan 'n HELE rak vol van hierdie walglike krimpelienerige broekies (wat nou nogal 70% af is!).  Is julle verbaas die goed verkoop nie?  Dit lyk soos iets wat ek in 'n huishoudkunde klas op 'n loepende Empisal aanmekaar sou geslaan het!

 

Al wat dit nou nodig het is ligblou Grasshoppers - daai padded materiales uit die 80's!

 

Lekke

Zazza

 

 

 

Fringe People  02/07/2011

NEW SOUTH AFRICAN PLAY

 

 

  

Since its inception in 1992, the Companions has been entertaining and delighting audiences, in particular senior citizens and the disabled. The talented volunteers also make up the Vaudeville Companions, and, more recently, the group has been joined by others presenting comedic songs and instrumental items.

 

A newcomer to the stable is a drama group - The Companions Players - which will be appearing at the Milnerton Playhouse on July 7, 8 and 9, in a South African comedy-drama called Fringe People, and written by one of its members, Ralph Kelly. "1994 was a turbulent year in South Africa", says Ralph, "a year of great expectation and anxiety as people of the new 'rainbow nation' looked to the future.  This isn't a political play, though - it's a simple plea for compassion and understanding when faced with supposed 'aliens' and misfits".

 

There are four performances of the play, beginning at 8.15 in the evenings and at 2.15 at the matinee performance on Saturday.

 

Tickets are R50 each and are available through Ralph at 021 686 3336, and Melanie at 021 797 1319, or on rsp@telkomsa.net.

 

 

 

Rivka (Ilse Groenewald) and George (Gary Green) Ntali.

 

 

Dominee Mostert (Ralph Kelly) and Stella Bayliss (Melanie Stewart)

 

 

\"Ek kyk mos nie TV nie!\"  02/07/2011

Ek lees eendag in ’n kolom dat mense wat nie TV’s het nie, nie ’n TV het nie, sodat hulle vir ander mense kan sê hulle het nie ’n TV nie.  Ek het my doodgelag, want ek dink al jare dieselfde.  Daar is mos party mense wat so trots is op die feit dat hulle nie ’n TV besit nie, “want hulle kyk mos nie TV nie”!

 

Maar, dan hoor jy hoe hulle altyd movies by die huis kyk en TV-reekse uitneem by die video-winkel (snaaks hoe ons dit steeds video-winkels noem).  Nou wil ek weet – wat, in hulle koppe, behels dit dan nou eintlik om TV te kyk?  Ek het ’n TV, maar die ding dien vir my as ’n monitor om dieselfde films en TV-reekse te kyk as wat daardie über nie-TV-kykers kyk.  Ek praat nou dalk net vir myself, maar ek kan my nie indink dat mense TV’s besit net omdat hulle hul wil intrek om advertensies, swak e-TV porn op ’n Saterdagnag, WWE Raw en Jerry Springer wil kyk nie.  Ek het so ’n el-cheapo DSTV bouquet gehad waarop ek films en TV-reekse op my hardeskyf opgeneem het en dit dan gekyk het as ek nou lus was vir mindless vermaak.  So, is ek dan nou een van daai’s – o koek, ’n TV-kyker?

 

Ek moet sê, ek is mal oor advertensies.  Die goed fassineer my.  My ouers was albei in die advertensiewese en ek het altyd die Cannes Goue Leeus gaan kyk by die flieks.  Hulle het elke jaar al die pryswenners gewys.  Ongelukkig is dit nie nou meer die geval nie, maar ek voel nog steeds nie genoop op my voor die TV in te trek om arbitrêre advertensies te sit en kyk nie!  So, ek is terug by my oorspronklike vraag – wat beteken dit dan om TV te kyk versus om nie TV te kyk nie?  Hoe maak dit jou een of ander opper wese?

 

Is TV nie net nog ’n medium van kommunikasie nie?  Elke nou en dan bevind ek my saam met my ouders wat nuus kyk, Top Billing of Pasella en ek moet sê, dis altyd vrek interessant.  Pasella het hoeka pas die prys gewen vir die beste “Magazine programme” (wat is dit tog in Afrikaans?) en daar is altyd iets te leer en wat my verwysingsraamwerk verbreed. 

 

Terwyl ek nou weer op my seepkissie is, is dit ook dieselfde mense wat RSG beledig, maar, luister hulle ooit RSG?  Soos byvoorbeeld die een geval wat my oor en oor vertel is van Dawie Roodt wat eendag op RSG gepraat het oor ekonomiese sake en die omroeper stop hom toe sommer die aankondiging van die volgende musiek brokkie in die hand.  Toevallig is dit Andrew Lloyd Webber se Pie Jesus.  Blykbaar haak die arme Dawie toe af met Pie (soos in pasty) en Jesus (soos in Jesus in Engels).  En dit word nou voorgehou as die rede hoekom Dawie Roodt die grootste poepol in die wêreld is, sowel as hoekom RSG die aakligste radiostasie op die planeet is.  Vergewe my nou dat ek die arme man se kant vat, maar my hemel, hy was seker onkant gevang en as ekonoom lyk Pie seker toe meer op Pi as op Pié!

 

So, viva RSG (en veral Monitor en Spektrum), viva Pasella, viva TV, viva Dawie Roodt en viva die vryheid om te doen en te dink wat on wil!

 

’n Lek(ker) naweek en bly warm!

Zazza

Die Perfekte-oomblik-teorie  29/06/2011

Gister ontmoet ek die editor by Newport vir ’n koffie en chat oor liefdesromans.  Ons, let wel, deel ’n sny verruklike kaaskoek, drink  koffie en praat oor allerhande literêre en nie-literêre goeters en dat ek nie fluffy kan skryf nie.  As ek vir jou ’n liefdesverhaal skryf dan is dit sterk gesetel in die realiteit – mense sê gewoonlik vir my ek is disturbed as hulle van my werk lees.

 

In elk geval, alles irrelevant tot die verhaal.  Na die meeting, wil ek blitsvinnig by die Apple winkel in die Waterfront invaar om te besluit watter Appeltjie op my wenslys is.  En daar loop ek ’n pêl byna uit die aarde uit reg voor die Appel waarop ek afpyl!  Ons gaan drink koffie, kyk by Exclusives rond, neem kiekies op die kaai en eindig op die ou end by die Cape Grace in die Whiskey Bar.  Dis olywe en wyn, goeie geselskap, jazz en ’n venue wat jou laat dink jy sit iewers in ’n vêraf land sonder bekommernisse of verantwoordelikhede.

 

Soos die wolke  onheilspellend oor Tafelberg skuif, wat ek so lekker in die oog hou, besef ek – dis die Perfekte Oomblik.  Dis een van daardie momente waar jy nêrens anders wil wees nie.  Alles om jou val weg en jy is geheel en al gefokus op die hier en die nou.  Heel Zen, I tell you!  Ek is seker die Warwick First Lady Cab het ’n klein rol in hierdie Zen-geit gespeel.

 

Die dag eindig met ’n wandeling op die promenade en kyk hoe die son goud word tussen die wolke en verdwyn.  Dit het ongelukkig alles op hoë hakke geskied en naderhand is die hier en die nou vervang deur rou voetsole en 'n alles oorweldigende pyn, maar ek sou dit vir niks in die wêreld verruil het nie.  Die seer voete was ’n bitter klein prys om te betaal vir seker die lekkerste dag in jare!

 

Hernude lekke

Zazza

Karma Chameleon  27/06/2011

My sterre voorspel dat ek teen Junie 2012 groot sukses gaan behaal.  Dat ek nie nou moet moed verloor oor dinge wat my mal maak nie, want al die agro en moeite sal dit werd wees as ek nou hierdie piek van perfeksie bereik in Junie 2012.

 

Nou, ek glo in karma, noem dit  Yin en Yang, die balans tussen goed en kwaad, in Bybelse terme wat jy saai sal jy maai, as jy wil.  Dit kom alles neer op dieselfde ding.  Wees goed, werk hard, moenie met mense mors nie en alles sal hunky dôrie wees. 

 

Vanoggend het ek een van daardie frustrerende oggende – dit begin met ek wat 4:30 wakker word en not ‘n bliksem weer aan die slaap kan raak nie.  Seker maar my demone wat my jaag.  Ek staan op en maak vir my ’n glas wheat grass (koring-gras?) aan.  Sal dan maar solank admin doen en kyk wat gaan vir wat.  Ek moet sommetjies maak om te kyk wanneer die oordrag op my huis sal deurgaan en of ek aan die einde van die maand weer die verband en dergelike kostes sal moet betaal.

 

Ja, nee, my sommetjies van wanneer gelodge is by die aktekantoor en wanneer die maand eindig stem nie so mooi ooreen nie.  Bliksem!  Van daar af gaan dit eintlik net afdraande.  Ek loop in kasdeure vas, raak verstrengel in die rok wat ek oor my kop probeer trek, soek my lipstiffie en verknies my aan my huidige staat van finansiële irritasie.

 

Gelukkig is ek nou so half oor my grille en het ek maar net weereens tot die besef gekom, verknies en baklei teen die kosmos gaan nou nie eintlik help nie ek ek sal maar net moet “go with the flow”!  Soos ek netnou van ’n vergadering aan die ander kant van die berg af terugry Suidelike voorstede toe en die mooi berg en bome om my so bekyk, kom die vraag toe by my op – is karma en die hele balans tussen goed en kwaad werklik so regverdig?  Met ander woorde, as jy nou ’n klomp kak ervaar, sal dit later goed gaan?  Het ek met al my irritasie en frustrasie van die afgelope 2 jaar opgemaak vir jare en jare se geluk en fabulousgeit in die toekoms?  Is my karmiese rekening in krediet wat ek net later gaan geniet?

 

Mmmm.  Makes your think.

 

Lekke

Zazza

Mahler se 5de  24/06/2011

Gisteraand sit ek, die Uitgewer, die Lesbian en haar sussie af na die stadsaal vir ’n bietjie Beethoven en Mahler.  Eers het ons getamatiebredie en gewyn by die huis en toe in die reën ons weg gebaan na die mooi musiek.

 

Beethoven se tweede klavierkonsert was pragtig, maar die Mahler, sjoe!  Terwyl ek daar sit en luister besef ek net hoe die musiek die perfekte klankbaan is vir my lewe op die oomblik.  Jy het die byna dissonante tone van die eerste en tweede beweging, met ’n speelse, byna maskerbal-agtige tema deurentyd. 

 

Ek is nou wel gekondisioneer om Mahler se 5de met Thomas Mann se “Death in Venice” te assosieer as gevolg van Lucino Visconti se ongelooflike, dekadente filmweergawe.  Ek kon dus nie help om my sulke totale over the top Venesiese tonele voor te stel, met kostuums en maskers – en as mens van naderby kyk, besef jy die kostuums is oud en uitgerafel en die grimering loop ietwat.

 

In elk geval.  Teen die tyd wat ons by die stadige beweging kom, rol die trane en in die klankbaan van my lewe wonder ek wanneer ek daar gaan uitkom.  Wanneer gaan die maskerbal eindig?  Die 5de en laaste beweging is dan weer vrolik en opgelig, na die rustigheid van die 4de beweging.  Die res van my lewe, dus?

 

Die Psigopatiese knaagdier het my eendag, lank, lank gelede ’n tobber genoem.  Ja, ek tob.  Oor alles.  En gister was ook nie anders nie.  Ek ontvang gister ’n epos wat my heeltemal onkant vang en my van ’n kant af skok en bebliksemd maak.  En daar begin daai marmot op sy wieletjie in my kop te hol.  Dit vat my tamatiebredie, 2 glase wyn, ’n Beethoven klavierkonsert en 4 bewegings van Mahler, voor ek uiteindelik begin ontspan.

 

Eckhart Tolle vertel ook die storie van die twee Zen monnike, Tanzan en Ekido, wat op ’n modderige pad loop na hewige reënbuie.  Naby die dorpie, kom hulle ’n jong vrou teë wat probeer om die pad te kruis, maar die water is so diep en so modderig dat sy haar pragtige, sy kimono geheel en al sou ruïneer.  Tanzan, tel haar onmiddellik op en dra haar na die ander kant van die pad.

 

Die monnike loop in stilte verder.  Vyf ure later, toe hulle byna by die tempel is, kan Ekido dit nie meer langer uithou nie en vra vir Tanzan, “Hoekom het jy daardie meisie oor die pad gedra?  Monnike is nie veronderstel om sulke dinge te doen nie!”  En Tanzan antwoord, “Ek het haar 5 ure gelede neergesit.  Dra jy haar nog steeds?”

 

Nou ja.  Ek het die manier om dinge met my saam te dra.  Plaas daarvan dat ek dit net neersit. 

 

Lekke vir die nat, Kaapse Vrydag

Zazza

Toilet kaskenades  22/06/2011

Vrydag bied ek 'n kursus aan by 'n regsfirma hier in Kaapstad.  Aan die einde van die les wil ek net gou gaan piepie voor ek die laatmiddag stadsverkeer aandurf.  Ek kry die sleutel, loop by die laaaaaaang, stil gang af en gaan by die deur in, sluit die deur van binne en doen my ding.  Toe ek die deur wil oopsluit, wil daardie sleutel nottedam in daai slot draai nie!

 

Nou, ek ken van slotte.  Ek het in Pretoria so 'n problematiese kombuisdeur gehad wat ek altyd so moes paai om te sluit.  As hy op 'n sekere manier gedraai het, kon jy nie daai deur toegesluit kry nie.  Ek het telkemale die slot uitmekaar gehaal, gespookpis en weer aanmekaar gesit.  Op die ou end het nie eers dit gehelp nie!  So, toe die slot so vier-voetig (of 2-lever) vassteek, weet ek toe presies wat binne die slot aangaan en dat daar nie 'n manier is waarop ek hom ooit weer van binne af sal oopgesluit kry nie.

 

En daar begin ek toe maar gil en slaan teen die deur.  Die probleem is dat die muur waarin die deur is geen venster of opening in het nie en die venster bo die toilet daar bo teen die plafon sit, so 2.5m bo die grond.  En dis een van daai ou staalraam vensters wat bo vasknip, NOG 'n meter bo die vensterbank.  Ou gebou in Woodstock, so julle kry die prentjie.

 

Dan kyk ek maar eers vir myself in die spieel, dan leun ek teen die muur, dan skree ek eers weer en klap my hand seer teer die deur.  Ek dink by myself dat iemand op 'n stadium sal moet agterkom dat ek nooit teruggekom het van die toilet af nie.  My jas, tas en handsak le alles nog net so in die raadsaal.  Gelukkig het ek water en ek kan piepie, so ek sal 'n paar ure kan oorleef as dit moet.

 

Uiteindelik, na so 'n halfuur (daar is nie veel voetverkeer verby die toilet so laat op 'n Vrydagmiddag nie), hoor ek die geklingel van die sekuriteitshek en ek begin weer verwoed skree en gil en klap.  Die opsigter het my heel onder in die gebou hoor skree!  Hier kom die man toe to my redding - hy se hy dog hy hoor iemand skree.  Vryheid!

 

Daarna vra almal my toe, maar hoekom het ek nie gebel nie.  Haai weet jy, dis nou so snaaks, maar dit het my net nie bygeval dat ek dit kan doen nie...My hemel, as ek my foon by my gehad het kon ek die president gebel het!  En ek is nie die tipe wat my selfoon saamvat as ek gaan piepie nie.  Alhoewel ek nou dalk daardie idee sal moet heroorweeg.

 

Lekker Woensdag, en moet julself nie vandag in 'n toilet toesluit nie!

Zazza

Band van emosie vir vroue nr. 1  16/06/2011

Hierdie is 'n interessante artikel wat nou die dag in die Burger verskyn het.  Dit gaan oor die Men's Health meningspeiling wat onder 1000 Suid-Afrikaners gedoen is:

 

Band van emosie vir vroue nr.1

 

http://www.dieburger.com/Suid-Afrika/Nuus/Band-van-emosie-vir-vroue-nr1-20110612

2011-06-12 22:37

 

Carryn-Ann Nel

 

Kaapstad - Al ooit gewonder wat die beste manier is om ’n vrou tussen die lakens tevrede te stel?

Mans en vroue stem ’n slag tog saam oor een ding – wanneer hulle kafoefel, sien albei geslagte ’n emosionele verbintenis as die belangrikste om ’n vrou te bevredig.

Dit bleik uit ’n meningspeiling oor seks wat die tydskrifte Men’s Health en Women’s Health vroeër vanjaar onder 1000 Suid-Afrikaners gedoen het.

Mense tussen 18 en 40 jaar (van wie die meeste tussen 25 en 30 jaar is) het aan die peiling deelgeneem. Bloemfontein blyk die “sexyste” stad in Suid-Afrika te wees.

Die uitslae – asook warm wenke – verskyn in die tydskrifte se Julie-uitgawes en is van vandag af beskikbaar.

Vrae sluit in: “Hoe lank wil jy hê moet omgang duur?” en “Beskryf jou maat se penisgrootte”.

Jason Brown, Men’s Health se redakteur, het gesê: “Ons lesers se dapper erkennings gee Suid-Afrikaners insig in wat mans en vroue deesdae wil hê.”

Lori Cohen, Women’s Health se adjunk-redakteur en die artikel se skrywer, het gesê haar eerste indruk van die uitslae is mans skroom nie om oor hul gevoelens te praat nie.

“Sowat 300 meer mans as vroue het aan die peiling deelgeneem. Dit is bemoedigend om te weet mans is gewillig om intieme besonderhede te deel.

“Ook fassinerend is vroue én mans beskou ’n emosionele verbintenis as die belangrikste ding wat vroue bevredig.”

“Ek dink die voorkoms van MIV/vigs in Suid-Afrika is ’n groter faktor as ons konserwatiewe gesindheid. Byvoorbeeld, 12,7% van vroue sê hulle sal net met ’n nuwe maat seks hê sodra hulle dit bespreek het of uitsluitlik met mekaar uitgaan. Intussen sê 11,3% hulle sal net seks hê as albei vir MIV/vigs getoets is.

“Wanneer dit by seks kom, dink ek nie ons moet ons laat oortuig ons is anders as ander paartjies in die wêreld nie.”

Nóg ’n interessante feit uit die peiling: Suid-Afrikaanse mans is goed bedeeld. Altesame 62,1% van vroue sê hul mans se penisse is “net reg”.

Een uit elke sewe deelnemers erken hulle het al voorgegee hulle ervaar ’n orgasme.

 

- Die Burger

\'n Cock screw vir jou Willy glass?  14/06/2011

Verlede maand neem die ouders ’n maand uit die Kaapse koue en gaan vir ’n rukkie na die Kruger Wildtuin.  Ons spot in ons familie altyd dat Scorpios inherent kleptomane is en veral die ma het dit al reggekry om vir een koerant te betaal as daar twee is, een baguette as daar twee in die sak was – julle kry die idee.  Alles per ongeluk, natuurlik, maar dit bly maar ’n grappie so tussen ons. 

 

Wel, in Sereni het sy weer iets gegaps by die Parkeraad.  Die inventaris.  Sy wil eintlik vir die parkeraad skryf en sê hulle moet tog asseblief woordeboeke vir die personeel gee of hul kopie nagaan voor dit op deure deur die hele park geplak word.  Ek het egter gedink dis so skreeusnaaks dat ek dit eerder met julle wil deel.  Hier is die bestes:

 

Flying pan

Wooden try

Water jar

Dish rack try

Willy Glass (dis nie verkeerd nie, net histeries binne die konteks!)

Potato pillar

Cock screw

Saving spoon

Soup saving spoon

Bow dessert

Complain register

Ash try

Bath soup

 

Dit het my eeue geneem om uit te werk wat ‘bath soup’ is.  Is dit wat oorbly as jy klaar gebad het?  Ek neem aan dit moet ‘bath soap’ wees.  Daar is baie probeerslae met ’n ‘wooden try’, ‘dish rack try’ en ‘ash try’.  Die ‘cock screw’ klink eerder soos iets wat in Madame Rosa se kinky sex shop beskikbaar moet wees! (Of Henry die 8ste se Torture Chamber.)

 

Daar word darem baie gered met die ‘saving spoon’ en die ‘soup saving spoon’.  Geen ‘floatation devices’ vir redding in die wildtuin nie.  Nee, ons gebruik sommer lepels!

 

So, enigiemand wat ’n ‘cock screw’ nodig het vir hul ‘willy glass’?

 

Lekke

Zazza

Frida se nuwe look  13/06/2011

Ek het sopas die laatmiddag stadsverkeer aangedurf om Frida te gaan haal by die paneelklopper en daarna haar nuwe Zazza nommerplate.  Haar rooi huid (rooiheid?) is herstel en sy is blink en spiekeriesh!

 

 

En kyk hoe mooi lyk daai nuwe nommerplate!  Wat 'n gedoente om hulle opgesit te kry.  Moes eers vanoggend die lisensiefooi in Plumstead gaan betaal - dis nou die herdruk van die liksens met die nuwe besonderhede daarop.  Toe, na Montagu Gardens en die paneelklopper en daarna, Paarden Eiland toe vir die plate.  Maar, hulle sit nie die plate vir jou op nie.  Was dit nou vir jou 'n gesoek om die oues te laat afhaal en nuwes te laat opsit.  Van Sout Rivier tot in Wynberg toe Garth van Zeda my uiteindelik sommer so, sonder om iets te wil he, help.

 

Blink, rooi lekke, all round

Zazza

50 Ways to leave your lover  08/06/2011

Paul Simon se liedjie leer ons dat daar 50 maniere is om jou minnaar te los.  Vatsyayana beskryf die volgende maniere om van jou minnaar ontslae te raak:

 

Beskryf die gewoontes en gebreke van die minnaar as onaangenaam en afkeurenswaardig met ’n trek van die lip en ’n stamp van die voet.

Praat oor onderwerpe waarvan hy niks weet nie.

Verkleineer en wys geen bewondering vir sy geleerdheid nie.

Krenk sy trots.

Soek die geselskap van mans op wat sy meerdere is kragtens geleerdheid en wysheid.

Slaan by alle geleenthede geen ag op hom nie.

Deur haar misnoeë te kenne te gee oor die dinge wat hy geniet.

Deur nie haar mond te bied om gesoen te word nie.

Deur toegang tot haar jaghana te weier (met ander woorde, die deel tussen die naeltjie en die dye).

Deur afkeur te wys vir die merke wat hy maak met sy naels en sy tande.

Deur nie teen hom aan te leun as hy haar omhels nie.

Deur begeerte te toon om deur hom geniet te word wanneer hy moeg is.

Deur te lag vir sy verbintenis tot haar.

Deur nie te reageer as hy haar omhels nie.

Deur weg te draai van hom af as hy haar begin omhels.

Deur te maak of sy vaak is.

Deur uit te gaan met ander mense wanneer sy weet hy haar wil sien.

Deur aspris sy woorde verkeerd op te neem.

Deur te lag sonder dat daar iets snaaks is.

Deur onderlangs na haar eie vertrouelinge te loer en dan haar hande te klap as hy iets sê.

Deur hom te onderbreek as hy praat en dan self oor iets anders te begin praat.

Deur sy foute en tekortkominge op te lys en dan te verklaar dat hulle onherstelbaar is.

Deur snedige opmerkings aan haar vroulike volgelinge te maak wat sy hart sal breek.

Deur seker te maak dat sy nie na hom kyk as hy haar kom sien nie.

Deur hom dinge te vra wat sy weet hy haar nie kan bied nie.

En uiteindelik, om hom weg te stuur.

 

Groetnis

Zazza

Verhoudings  06/06/2011

Eckart Tolle skryf in “The Power of Now” oor die Eend met die menslike brein.  Hy vertel van twee eende wat in ’n geveg betrokke raak.  Die geveg hou nie baie lank aan nie en sodra die eende klaar baklei het, swem hulle van mekaar af weg – kalm en rustig asof niks gebeur het nie.  Dan sal elke eend hul vlerke ’n paar keer flap om van enige surplus energie ontslae te raak wat gedurende die geveg opgebou het en daarna rustig ronddryf asof niks ooit gebeur het nie.

 

Indien die eend egter ’n menslike brein gehad het, sal hy die argument aan die gang hou deur te dink en uit te brei.  Die eend se storie sal so klink:

 

“I don’t believe what he just did.  He came to within five inches of me.  He thinks he owns this pond.  He has no consideration for my private space.  I’ll never trust him again.  Next time he’ll try something else just to annoy me.  I’m sure he’s plotting something already.  But I’m not going to stand for this.  I’ll teach him a lesson he won’t forget.”

 

Tolle se slotsom is dus, “on and on the mind spins its tales, still thinking and talking about it days, months, or years later.  As far as the body is concerned, the fight is still continuing, and the energy it generates in response to all those thoughts is emotion, which in turn generates more thinking…You can see how problematic the duck’s life would become if it had a human mind.  But this is how most humans live all the time.  No situation or event is ever really finished.  The mind and the mind-made “me and my story” keep it going.”

 

Party verhoudings is soos met eende.  Jy is lief vir mekaar, hap partykeer so half onsinniglik na mekaar, maar flap dan die vlerke, omhels, skink ’n glas wyn en gaan aan.  Nog steeds net so lief vir mekaar.  Ander verhoudings is meer soos eende met menslike breine.  Die verhouding is soos ’n klein, dun draadjie.  Die oomblik as die wind opkom, breek daai draadjie onmiddellik en uit kom die klein swart boekie van verwyte en beskuldigings.  Die draadjie onherstelbaar flenters met twee eende wat in verskillende tale oor die dam op mekaar gil.

 

Elke nou en dan ontmoet mens so ’n eend.  Jy vry lekker en gesels heerlik of kuier dan en wan ’n hond uit ’n bos, maar iets in jou binneste waarsku jou dat hierdie eend ’n menslike brein het en dat as daar ooit iets fout gaan of een of ander krisis opduik, daardie ragfyn draadjie van liefde onherstelbaar sal breek.  Vir jare trap jy baie liggies om daardie eend om nie te veel golfies op die dam te veroorsaak nie.  Tot jy eendag per ongeluk van ’n klip afgly en een reuse golf oor die dam stuur.  Dan spat die eendmis.

 

Frida is in die hospitaal en Afrikamasutra moet hierdie week klaar!  Hou duime vas.

 

Lekke

Zazza

History of a Pleasure Seeker  03/06/2011

Ek en die Niggie sit gisteraand af na Swaer, Richard Mason se bekendstelling van sy nuutste boek, History of a Pleasure Seeker.  Die bekenstelling is gehou by die Book Lounge in Roelandstraat en selfs Carte Blanche was daar.  Richard het pragtig gelyk in 'n smaraggroen trui en dit was 'n gedruk en gegroet van die ander Niggie, broeder van Richard, klein niggies en nefies en tussendeur nog pose vir fotos.  Die plek was gepak, die temperatuur het gestyg en uiteindelik het ek beter gevoel toe ek 'n glas kou wit wyn in die hand gehad het.

 

Richard is 'n paar vrae gevra en 'n kort voorlesing is gehou terwyl ek gestaan het met 'n tafel vol boeke wat my in die alie steek.  So op een been gebalanseer.  Ek het naderhand gewens die storie wil nou end kry, nie oor dit vervelig of oninteressant was nie, maar so 'n tafelhoek in jou alie raak naderhand ongemaklik.

 

Die boek open met die volgende beskrywing: "The adventures of adolescence had taught Piet Barol that he was extremely attractive to most women and to many men."  Vit my byna Wldesque.  Die boek speel af in die Nederlandse Belle Epoque in Amsterdam.  Omdat ek Amsterdam en Nederland so goed ken sal dit vir my interessant wees om te sien wat Richard met die stad doen.  Ek laat julle weet.

 

Na die launch is ek en oudste Niggie na Bardellis hier in Kenilworth vir die mees fabulous pizza en 'n bottel Haut Cabriere Chardonnay/Pinot Noir.  Ek gryp die pot chilli en knoffel en se so ewe, ek weet ek gaan stink maar ek gee nie eintlik om nie.  Niggie antwoord met "Well, I'm not going to sleep with you" op presies die oomblik toe ons uiters sjarmante kelnerin kom vra of alles nog in orde is.  Die uitdrukking op haar gesig was komies en ons bars al drie uit van die lag toe ek se, "that's quite a sentence to walk in on"!

 

Ek bied vandag 'n kursus in besigheidsetiket en kommunikasie aan by 'n regsfirma hier in Kaapstad, so laat ek aan die werk spring!

 

Lekke Vrydag

Zazza

Weird tekens en Oscar Wilde  02/06/2011

"It's absurd to divide people into good or bad.  People are either charming or tedious."

 

Dankie Oscar - I know the feeling!

 

En nou vir een van die weirdste tekens wat ek nog ooit gesien het.  Dit is op die vloer by Kaapstad Internasionaal.  Gaan jy jou skielik vasloop in 'n klomp voete?  En as jy nou weet mense gaan deur die deur kom - wat dan?  Hardloop jy in die teenoorgestelde rigting?  Skreeu jy?  Huil jy?  Hardloop jy hulle tegemoet?  Weird verby.

 

 

Die volgende teken is op die toiletdeur buite Bartho Eksteen se winkel by die Village in Hermanus, Hermanuspietersfontein.

 

 

My interpretasie - Blow Jobs given inside...

 

Dis 'n pragtige dag hier in die Kaapse Skiereiland.  Koud, wolkies wat in die lug ronddans, maar helder en die sonnetjie skyn op die oomblik.  Haleluja!

 

Lekke

Zazza

\'n Duur verjaarsdag  01/06/2011

Nou ja.  Hoe begin ek eers vertel van die naweek.  Dit moes dalk net nie gebeur het nie.  Weke gelede bespreek ek 'n huis in Hermanus vir 'n verjaarsdagnaweek.  Die dag voor ons vertrek bevestig ek die bespreking en moet net aanwysing ens. kry voor alles gereel is.  Ek los 'n boodskap vir die eienaar en hier teen die laatmiddag bel sy my terug.  Heel odd en effens histeries.  Sy verhuur nie eintlik die huis nie en dis net vir vriende en familie en dis 'n "home" nie 'n vakansiehuis nie en so meer.  Ek staan verbyster en luister na haar 10 minute relaas en is nie seker wat sy vir my probeer se nie.  Daarna haak sy af met die prys wat omtrent dubbel is van wat ek aanvanklik gedink het dit is.

 

Ek sit die foon neer en tob so 'n rukkie oor hierdie bisarre oproep en besluit om dan maar 'n ander huis te probeer vind as sy dan nou nie eintlik wil he ek moet daar kom bly nie.  Na omtrent 2 ure se soek, vind ek 'n oulike plekkie, maar dis effe duurder as die oorspronklike plan.  Dit gaan nie goed af met die ander mede-naweekhouers nie en ek betaal op die ou end al die akkomodasie net om die atmosfeer te bewaar.

 

Oppad Hermanus toe bel die verteenwoordiger van die oorspronklike vrou wat die huis in Hermanus oopsluit en skoonmaak en vertel my dat ek nou daardie akkomodasie ook moet betaal, want ek het te laat gekanselleer.  Oi vey.  Ek is weer in trane en ry so tussen die soutwater deur lughawe toe - asof die vorige aand se drama nie genoeg was nie!

 

Saterdag kom Sussie, die klein Hollandertjie uit die Kaap, om ons te join en ons gaan na die awesome Oscars vir die mees fantastiese koffie.  In die kleine uurtjie wat ons nie by die kar is nie, ry iemand wraggies in my kar vas....en ry weg.  Die arme Frida lyk te verskriklik.

 

 

Ek wou nog so ewe 'n foto plaas van die nuwe afrikamasutra branding agterop en my nuwe Zazza nommerplate en hier moet ek toe die foto plaas van die arme girl in 'n toestand van skok.  Hoe die mens dit reggekry het, weet ons steeds nie, maar dit het beslis in die teenoorgestelde rigting van die eenrigting gebeur.

 

Gelukkig is die Hollandertjie daar vir ondersteuning en vat my gou polisiestasie toe terwyl die ander ridder die wiel omruil.  Uiteindelik keer ons huiswaards vir baie kaas, baguette, parma ham en wyn.  Ons maak 'n substansiele duik in die wyn en koekies wat spesiaal vir die naweek aangeskaf is en byna onaangeraak teruggekom het Kaap toe.

 

Gister op die 35ste verjaarsdag, sit ek toe 8 uur die oggend al by die assessors.  Dit gaan R10 000 kos!  Viva Outsurance, maar met die dat die poepol wat my gestamp het weggery het, moet ek die excess van R2000 betaal.  Die rekening van die naweek hoop net al hoe meer op!

 

So wat het ek geleer hier in my 35ste jaar?  Dat my eierstokke nou officially oud is.  Dat swangerskap na 35 riskant raak en dat die kind 'n Butternut kan uitdraai.  Dat my lewe om eet en drink wentel en dat daar nie veel oorbly as jy nie kan eet en drink nie en dit jou sosiale verkeer geweldig knel en dat Eva nooit daai bliksemse appel vir Adam moes gegee het nie, want appels maak jou bedonnerd.

 

Lekke

Zazza

Get your Betty ready  26/05/2011

In die naam van navorsing is ek ingeteken op die tydskrif Intiem en bestel ek allerhande interessanthede wat ek dink pas by Afrikamasutra se vibe.  Nou die dag kom my ma-hulle hier aan met my pos wat in Pretoria agtergebly het, onder andere my nuwe Intiem.

 

Uit die tydskrif val daar 'n brosjure:  Get your Betty Ready, colour for the hair down there (specially formulated, nogal).  In die naam van "below the belt maintenance", kry jy die gewone swart, blond, bruin en rooi, maar dan ook 'n reeks spesialiteitskleure: pienk (herinner aan Samantha in Sex and the City), turquoise, oranje, groen en pers.  Daar is ook die grooming en styling kit wat kom met haarverwyderaar, rondepunt skertjie (glo my ek het al 'n mis-knip met my sker gehad), stensils om patroontjies te sny en 'n spesiale lemmetjie om die moeilike areas by te kom.

 

Is dit nie fantasties nie?  Die produk se skepper, Nancy Jarecki, het met die idee vorendag gekom toe sy haar hare in Rome laat sny het.  Sy het agtergekom dat die vrouens wat die salon verlaat 'n oomblikkie by die deur wag, totdat die kapper en kleurder hulle afsien met 'n klein, bruin papiersakkie.  Toe sy vra wat hierdie misteieuse afskeidsritueel behels, se die kapper vir haar: "Per sotto, per farli combaciare," of "For the hair down there...to make it match"!

 

Gister was dit "Net in Frankryk", wel vandag is dit "Net in Italie"!  Dis nou sjiek op 'n heel nuwe vlak.  Gaan bekyk die produkte op www.bettysa.com.

 

Wel, I'm off to see the wizard...in Hermanus.

Lekke

Zazza

Only in France  25/05/2011

Ek lees nou net op Facebook van Diek Grobler se wonderbaarlike ondervinding op die lughawe in Frankryk.  Hy gaan op CDG deur doane en nadat die meisie gevra het vir sy vingerafdruk, vra sy in dieselfde, streng toon iets in Frans.  Hy vra of sy dit asseblief in Engels kan herhaal en daar is die vraag toe nie of hy daar kom woon, werk, terroriseer of toeristiseer nie, nee sy vra watter parfuum hy aan het!  Natuurlik wil almal toe weet wat dit was, maar Diek moes bieg dat dit 'n mengelmoes van Duty Free in Engeland was! 

 

Die afgelope twee dae was een van daardie rare geleenthede waar jy eers hier laat in die nag kans kry om jou rekenaar aan te skakel.  Dit was admin en jeans koop (nood aankoop), verjaarsdag trip reel Hermanus toe, wyn koop, ouers gaan haal op die lughawe, Chivas vervang ens.  Soos julle sien - vir blog en werk was daar absoluut geen tyd nie.

 

Vanaand gaan ek Hot Cross Nuns by die Baxter sien.  Ek het jarre laas Not the Midnight Mass sien perform.  Die Kaapse winter is lekker hier en dis boontjiesop, rooi wyn en dik truie.  Maak werk sommer lekker.

 

In elk geval, ek en die Wereldberoemde Sjef raak nou die aand so lekker aan die gesels oor 'n glas of ses Chardonnay.  Ons praat toe oor verhoudings en hoe jy mense ontmoet.  Jy kry daai koekies wat op die balkon sit en wag vir haar ridder om verby te loop, skielik en dramaties op te kyk, hierdie bekoorlike dame op die balkon te sien sit en dan te besluit om sommer met die rankplante op te klouter om haar op te raap en passievol te soen nie.  Mmmmm, not gonna happen.

 

Nou, ek hou van kuier.  En Lekker kuier.  Maar, ek is way te oud om in klubs rond te hang en ek is ook nie die tipe om alleen die strate in te vaar en te kyk wie tel ek op nie.  Wie is?  So, jy is aangewese op vriende en familie.  Jy kuier met vriende en hoop eendag nooi hulle iemand wat jy nie ken nie.  Manlik of vroulik, maak nie saak nie, want so verbreed jy jou eie vriendekring en leer die mense wat hulle ken weer om die beurt. 

 

Iemand se eendag, lank gelede vir my, dis nie hulle werk om mense aan mekaar voor te stel nie.  Maar is dit nie tog ons sosiale verantwoordelikheid nie?  Toe ek in Pretoria gewoon het, het mense altyd gespot dat ek soos 'n Gay Madam is.  Ek het al my gay vriende ge-match.  Partymaal meer suksesvol as ander kere, maar altyd pret en plesier.  En daardie mense wat ek aan mekaar voorgestel het, het nie noodwendig gevry en getrou nie, maar het vriende en kontakte geword.

 

En daar gooi die Sjef toe 'n ander spanner in die works: maar hy kan nie saam met my by so-en-so kuier nie, want die is geintimideer deur my PhD.  My wat?  O ja, daai tjol wat ek eenkeer kwytgeraak het en toe op die kop geklap is daarvoor.  Hemel, as ek geweet het die bloeming ding gaan my sosiale lewe en my kapasiteit om ooit 'n werk buite die akademie te kry, so kniehalter het ek wraggies nie die ding ooit geskryf nie!  Verder, dat hy dink aan mense aan wie hy my wil voorstel, maar dan wonder hy of hulle te smaart is vir hom en dus, by assosiasie vir my.  Nou hier verstaan ek nie mooi nie, want hy is deel van die Boere Mafia daar uit Upington se wereld en ek van die Kaapse Mafia hier onder, so huh?

 

Anyway, makes you think.  Hier sit ek nou in my bubbeltjie.  Ek is te slim vir sekere mense, tans te arm vir ander, te wereldwys vir die koeke, te koekkerig vir die terte en seker te dom vir die werlike slimmes.  Wat maak mens?  Dis alles ander se persepsies.  Mense kla altyd dat Kapenare kliekie is.  Ek het hulle nooit vir 'n oomblik geglo nie, maar weet jy, as dit die dag sleg gaan is dit nogal beduidend hoe min jy jou vriende sien.  Is dit net toevallig?  Is dit nou die Kaapse kliekiegeit?  Of is daar so 'n reukie wat om tydelike hardship hang wat mense wegstoot? 

 

En al wat ek wil doen is kuier! (En wyn drink...)

 

Peinsende lekke

Zazza

Die Madam, die Chef en die Skrywer  20/05/2011

Hier sit ek alweer iewers na vier in die oggend agter die rekenaar met die Kama Sutra.  Ek het gister saam met die Wereldberoemde Chef 'n "Mental Health" day gehad.  Ek dink ons het dit albei baie nodig gehad.  Ons charge vroegoggend hier uit om te gaan koffie drink by Steenberg, 'n bietjie wyn te proe en is toe albei sommer sterwend honger daarna.  Vis en tjips by Kalkies, bier by die Brass Bell en toe Pick 'n Pay toe vir skenkels om Osso Bucco te maak (resep nou ook onder resepte).

 

Tuisgekom, word die skenkel gou in die oond gesit, die Steenberg 2008 Rose wat tans op special is vir R25 in die yskas en ek sak vlouerig op die bank neer.  Kyk toe sommer op die koop toe Leon Schuster se Tsabalala moevie vir die laaf.

 

Die gevolg van hierdie gejollery is dat ek nie gister gewerk het nie en daar is nie eintlik nou tyd om te verloor nie.  Ek kan egter nie onthou wanneer laas ek so 'n lekker dag gehad het nie!

 

Oor 'n paar uur ontmoet ek die Madam weer by Steenberg vir koffie.  Ek, sy en die Wereldberoemde Chef is tans in dieselfde bootjie.  En sit drie kreatiewe siele in 'n penarie bymekaar en ons kom dalk net-net met iets interessants vorendag!  Julle dink seker ek het vasgesteek op Steenberg, maar die view is mooi, die koffie is lekker en die wynproe is gratis! 

 

Die dat ek toe dog, terwyl die slaap my nou so half ontwyk, sit gou so 'n paar uur se werk in voor die nuwe jol!

 

Lekke

Zazza

 

 

Die bottel Veuve  18/05/2011

Partymaal moet mens uithak.  En dit het ek en my vriend, die Wereldberoemde Sjef, gisteraand gedoen.  Sy suster het die filosofie dat jy altyd 'n bottel Vevue Clicquot in die yskas moet he.  As jy die dag die slegste dag van jou lewe gehad het, dan kan jy ten minste jou sorge versuip met die beste en se, wel ten minste drink ek nog Veuve.

 

Anyway, hy moes gister 'n Cook Off doen vir 'n Head Chef werk in die Midde Ooste waarvoor hy aansoek gedoen het.  Alles was al gefinaliseer, die werk was syne en die cook off bloot 'n formaliteit.  En toe bomb dit geheel en al.  Hy was soos die Springbokke - die oomblik was net te groot.  Hy was in 'n goor kombuis, way te senuweeagtig ens. ens.

 

Wel, toe hy hier aankom stop hy daai bottel Veuve in my hand en ek skink solank vir ons Chivas terwyl die bottel chill (soos in chill, dude).  Verder is daar baie gaps in die aand.  Vanoggend weet ek net alles is seer. 

 

As die ma die aand effentjies te veel gekuier het, se sy nooit sy het 'n hangover nie.  Nee, sy het die volgende dag net 'n bietjie sinus.  Vandag het ek sinus.  Baie sinus.

 

Die moreel agter hierdie verhaal?  Dis partymaal nodig om geheel en al die kluts kwyt te raak en hou altyd daai bottel Veuve in die yskas!

 

O ja, en gaan stem!

 

Sinus lekke

Zazza

 

 

\'n Voorsmakie  16/05/2011

Terwyl die vrou op sy bed lê en haar aandag afgetrek word deur sy geselskap, moet hy die knippies van haar onderklere losmaak.  As sy met hom begin stry hieroor, moet hy haar oorweldig met soene.  Dan, wanneer sy lingam hard is, moet hy haar met sy hande op verskillende plekke aanraak en sagkens verskeie dele van haar liggaam manipuleer.  As die vrou skaam is en as dit die eerste keer is wat hulle met mekaar intiem is, moet die man sy hande tussen haar dye ingly, wat tien teen een op hierdie stadium nog styf teen mekaar is.  As sy nog redelik jonk is, kan hy eers sy hande op haar borste lê.  Indien sy egter ’n bekwame minnaar is, kan hy enigiets doen wat vir albei aanvaarbaar is en gepas is vir die geleentheid.  Hierna kan hy sy hand in haar hare sit en met die ander hand haar ken vashou om haar te soen.  Hy moet deur haar aksies gely word oor wat vir haar genotvol sal wees gedurende hierdie samesyn.

 

Die tekens van ’n vrou wat haarself geniet en bevredig word, is die volgende: sy ontspan haar lyf, sy maak haar oë toe, sy sit alle skaamheid opsy en wys toenemende gewilligheid om die twee geslagsdele so naby as moontlik aan mekaar te kry.  Aan die ander kant is die tekens van ’n vrou wat nog nie heeltemal bevredig of gereed is nie as volg: sy laat nie die man opstaan nie, sy byt hom, piets hom en hou aan beweeg.  In so ’n geval moet die man, voordat daar voortgegaan word met omgang, die klitoris van die vrou vryf met sy hand en vingers (soos die olifant ’n boom met sy slurp sou vryf), totdat dit hard en geswel is en sy nat en sag is.  As dit gedoen is, kan hy voortgaan om sy lingam in haar yoni in te sit.

 

Mmmm, ek dink die rede hoekom hierdie vertaling my so lank neem is omdat ek elke keer eers moet gaan afkoel as ek so 'n stuk geskryf het.  Beslis nie 'n goeie tyd om nie 'n boyfriend te he nie!!!!

 

Vrylustige groetnis

Zazza

Well-behaved women and Baby Beef  14/05/2011

 

Dankie aan my vriendin, Die Plantkundige, wat hierdie prentjie gedeel het.  Dis fabulous!

 

Ek drink gister koffie met my goeie vriend, die Wereldberoemde Sjef.  Ons sit so lekker en perve oor alles en almal wat verbyloop.  Nou die aand kyk ek per ongeluk die laast stuk van Master Chef raak voor ek gaan repeteer.  Die deelnemers moes eers 'n tipe vleis wat in 'n schnitzel gebruik is identifiseer en toe die dis herproduseer.  Dis toe waar ek begin kyk, so reg aan die einde toe hulle nou klaar is met hul disse en die beoordeelaars moet proe.

 

Twee uit die drie deelnemers is vas oortuig dat wat hulle geproe het, Kalfsvleis was.  Net die een ou weet toe dat wat hy geproe het Vark was, want hy ken sy vleise.  Dis net mooi oor die tipes vleise wat ons toe aan die gesels raak.  Hy hou van sy mans soos Veal, maar partykeer is Baby beef ook lekker!  Ek is eerder een vir 'n lekker belee en net reg verouderde steak.  Nie te oud nie, dan is dit ook nie meer lekker nie.  Maar, maaind you, 'n ou stukkie Baby Beef elke nou en dan is seker ook nie te versmaai nie...

 

'n Nat soen vir 'n formidabele naweek

Zazza

A change of scenery  12/05/2011

Vanoggend het die Kama Sutra Labratorium veskuif Kirstenbosch toe.  Ek het begin cabin fever kry en was op die ou en die teenpool van produktief.  'n Koppie tee en die mooiste uitsig, met voeltjies wat tjirp en 'n klok wat iewers lui, het die afdeling oor soene sommer gou klaargekom.

 

Wel, nou dat ek klaar gevry is op papier, laat ek eers gou 'n draai om die tuin stap om op te warm!

 

Tot later

Zazza

Gesensorde Zazza - Die nuwe voorblad  11/05/2011

Was ist ein poes? (uitgesrpeek pou-is)  11/05/2011

Moet nou asseblief nie die horries oor die P-woord kry nie!  Dis kontekstueel en hierdie blog kom met 'n P-woord waarskuwing.  As jy fyngevoelig is, hou nou op lees:

 

My boetie loop eendag in Kirstenbosch agter 'n groep Duitse toeriste.  Iewers op 'n boom of 'n muur of 'n ding staan "Jou ma se P**S" gegraffitti.  Die een se aan die ander: "Poes, was ist ein poes?"

 

Wel, die arme mens wat sopas Zazza se tieties moes toemaak onder die sterre stuur vir my hierdie grappie met haar daaropvolgende kommentaar:

 

Jannie gaan na sy ma en vra, "Mamma Mamma, wat is 'n poes?"

Mamma se Jannie moet vir Pa gaan vra.

Jannie gaan na sy Pa en vra, "Pappa Pappa, wat is 'n poes?"

Pappa se Jannie moet vir Oupa gaan vra.

Jannie gaan na Oupa en vra, "Oupa Oupa, wat is 'n poes?"

Oupa gaan krap in sy ou kis onder sy bed en pluk daar 'n Scope uit.

"Seun, jy sien hierdie sterre.  Die persoon wat dit daar gesit het is 'n poes."

Nou is ek die poes...

 

'Nuf said.

Sensorskap en persvryheid  11/05/2011

Hierdie jaar het ek vir die eerste keer sensorskap en die totale grap wat persvryheid is aan eie bas gevoel.  Kyk, ek het altyd geweet daarvan en gesimpatiseer met David Bullard en Dion Maas, Jonathan Shapiro en dies meer.  Toe het dit my verbaas dat een of twee mense se opinie so geheel en al die dinges uit die hoender kan ruk.

 

Aan die einde van verlede jaar skryf ek iets wat toe die hele hoender uit homself uit ruk, nevermaaind net die poepol.  Weereens, een of twee mense wat nie gou genoeg van daai mishoop afgesrompel kan kom om jou by die naaste, beste outoriteit aan te kla nie.

 

En nou weer.  En hierdie keer verbaas my nog die meeste - daar is nog nie 'n hoender of 'n poepol om uit te ruk nie, dis vooruitgeloopte rukkery.  Dit gaan hier oor die arme Zazza se tieties.  Hulle is te naak vir die konserwatiewe Afrikaner wat so PG is en dit beslis nie op hulle koffietafel sal wil sit nie. 

 

Ja, die Kama Sutra se voorblad mag nie tieties op he nie, want die anties gaan kla.  Nou my argument is die anties wat gaan kla gaan in elk geval nie die boek koop nie en niks wat ek doen, dink of skryf gaan hul opinie oor intimiteit en seksualieteit verander nie.  Die mense vir wie ek die boek skryf is mal daaroor, maar nou ja.   Julle sal nou maar tevrede moet wees met 'n gesensorde Zazza.

 

Ek hoor vanoggend van 'n werk wat geadverteer is vir aanlynredakteur van 'n bekende Afrikaanse tydskrif wat handel oor seks.  Ek kan natuurlik nie aan 'n beter kandidaat dink as die uwe, Zazza nie, maar daar bars my bubbeltjie.  Die kandidaat MOET 'n Christen en getroud wees.  Want, seks voor die huwelik is mos uit die bose en hoe kan jy dan nou weet van iets wat jy nie veronderstel is om te doen as jy nie getroud is nie?  O koek! 

 

Laat hoor tog van julle, asseblief?  Wil so graag skryf wat julle wil hoor.

 

Uit 'n bewolkte, koue Kaap

Lekke

Zazza

Detox  10/05/2011

Ek probeer kyk of ek voor my verjaarsdag so 'n paar gramme kan afskud en bietjie lewenslus terugkry.  Wel, vandag is dag 1 van my Clicks 3-day detox.  Daarna volg ek hulle 10-dae eetplan.  Kyk, die pamflet waarsku jou dat jy 'n hoofpyn gaan kry, maar ek voel skoon of iemand my oor die kop geslaan het! 

 

Beteken dit dat ek meer toksies is?  Is dit veronderstel om so vinnig te begin werk?  As dit die geval is, dan briljant!

 

Verlede week se eetplan het meer bestaan uit pizza en wyn as enigiets anders.  Hierdie week besluit ek toe om maar die bul by die horings te pak.  Dalk is ek binnekort suiwer, swelt Zazza!

 

Cranberry en Aalwyn lekke

Zazza

Mr Big en die babas  05/05/2011

Ek droom gisternag ek is getroud met Mr Big van Sex and the City.  Dis lekker en oulik en HY is swanger.  Op 'n stadium hol ek in die badkamer in en daar is hy, die dr en die nurse besig om babas te baar in die bad.  Die nurse vang die een, glibberige baba, sy gly uit haar arms uit en beland op haar kop.

 

Ek gryp die baba en versorg haar van daar af.  Sy is piepklein en in die krib lyk sy soos 'n geitjie.  Sy skarrel ook soos 'n geitjie rond.  Daar is ook 'n ander baba wat al bietjie groter is (ook gebaar deur Mr Big).  Die tweetjies le so lekker saam en slaap, dan tel ek die groter een op en laat hom nie weer gaan nie.  Iemand anders is besig met die kleintjie en Big is missing.  Dis oor berge en in dale en ek klou vir 'n vale aan die kleintjie.

 

Weird.  Dalk is die baringsproses van Afrikamasutra?

 

Zazza

 

 

Declined  04/05/2011

Dit het nou al twee keer in my lewe gebeur dat ek op die 4de van die maand winkel toe gaan, betaal met my kontantkaart en daai klein, parmantige masjientjie kondig aan: DECLINED.  So ewe in hoofletters.  Jy is seker dis geheel en al onmoontlik en vra dat hulle dit weer deursit - nee, steeds dieselfde uitkoms.

 

Volgens my moet daar ten minste nog so R2000 in my beroerde bankrekening wees.  Jy hol bank toe, steek die kaart in die OTM en jip, die masjientjie was reg - R100.  Op die kop.

 

As jou karma suck, dan suck dit big time!  Die oordrag van jou huis stol so dat dit al toffie geword het.  Die kredietkaart kreun al en om alles te kroon moet jy tandarts toe.  Daar is iets groot fout in jou mond.  Daar gekom (en R380 later) vind jy uit dis nie jou afgevrete en geknerste tanne nie.  Jy moet dokter toe.  Hy se weer vir jou jou kliere is ontsteek, vandaar die gevoel dat iemand jou op die kaak gepot het.  En aan die strot gegryp het en rondgeswaai het.

 

Nou ja, wie't nou weer gese "although I lie in the gutter, I still look up and see the stars"?  Wel, hierdie sloot stink.

 

Biddend vir kontant en melankoliese, seer klier lekke

Zazza

Bestel jou kopie NOU!!!!  03/05/2011

 www.boekblik.co.za

 

Afrikamasutra

Ilse Carla Groenewald

 

R250 /  160 pp /  225mm x 275mm / Soft Cover / Non Fiction / ISBN 978-1920424-28-2 / Available: August 2011

 

Afrikamasutra is the super sexy Afrikaans translation of Vatsayayana’s Kama Sutra by writer Ilse Carla Groenewald.  The book is beautifully and humorously illustrated by Diek Grobler, Hardus Koekemoer and Marna Schoeman.

 

The Kama Sutra can be seen as the standard work on human sexual behaviour, originally written in Sanscrit by Vatsyayana between the first and sixth century AD.  The work was called the ‘Vatsyayana Kama Sutra’ or ‘Aphorisms on Love by Vasyayana’.  Kama referring to esthetic or erotic pleasure and love, with Sutra referring to the thread that links everything and everyone.

 

Afrikamasutra is a unique book based on the Kama Sutra by Vatsyayana.  What makes it unique is that it is the first Afrikaans translation of the Kama Sutra and all illustrations in the book are done by three, well known South African artists, namely Diek Grobler, Hardus Koekemoer and Marna Schoeman.  The illustrations are meant to illucidate the text in a humorous and creative manner.

 

The book is not merely a direct translation of the original, but aims to capture the South African idiom to give a fresh, unique and sensual look at sexuality, aimed at the modern, free thinking South African reader.  Afrikamasutra looks at love, respect, spirituality, sexuality, intimacy and social issues in a creative, humorous, yet compassionate way.

 

The text is a sharp, witty, but also poetic interpretation of the original text by Vasyayana.  No such work has ever been published in South Africa.  Afrikamasutra is truly uniquely South African!

 

                                                      *  *  *  *  *  *  *  *

 

Afrikamasutra is die uiters sensuele weergawe van Vatsayayana se Kama Sutra uit die pen van skrywer Ilse Carla Groenewald.  Die boek is pragtig en humoristies geïllustreer deur Diek Grobler, Hardus Koekemoer en Marna Schoeman.

 

Die Kama Sutra word gesien as die standaard werk oor menselike seksuele gedrag in Sanskrit geskryf  deur Vatsyayana tussen die eerste en sesde eeu na Christus.  Kama verwys na estetiese en erotiese plesier en liefde, twerwyl Sutra na die draadjie verwys wat alles en almal aan mekaar verbind.

 

Afrikamasutra is ‘n unieke boek gebasseer op die Kama Sutra deur Vatsyayana.  Wat hierdie boek uniek maak is dat dit die eerste Afrikaanse vertaling van die Kama Sutra is en al die illustrasies in die boek is gedoen deur drie bekende Suid-Afrikaanse kunstenaars, naamlik Diek Grobler, Hardus Koekemoer and Marna Schoeman.    Die illustrasies lig op humoristiese en kreatiewe wyse die teks toe.

 

Die boek is nie slegs ‘n direkte vertaling van die oorspronklike nie, maar is gemik daarop om die Suid-Afrikaanse idioom vas te vang en ‘n vars, unieke en sensuele blik te gee op seksualiteit wat gemik is op die moderne, vrydenkende Suid-Afrikaanse leser.  Afrikamasutra kyk na liefde, respek, spiritualiteit, seksualiteit, intimiteit en ander sosiale kwessies op ‘n humoristiese, tog deernisvolle wyse.

 

Die teks is ‘n skerp, pittige, maar ook poëtiese interpretasie van die oorspronklike teks deur Vatsyayana.  Geen so ‘n werk is nog ooit in Suid-Afrika gepubliseer nie.  Afrikamasutra is waarlik uniek Suid-Afrikaans!

Die verlore lyk  02/05/2011

Ek kom pas terug van way te veel pizza met net genoeg wyn en geselskap.  Oppad terug luister ek na 'n Mika liedjie wat my sommer laat terugdink aan Pretoria en verlang na die Taalguru.  En met die dat ek aan hom dink, onthou ek 'n storie wat ek nooit met julle gedeel het nie.

 

'n Hele rukkie terug het ek julle vertel van die heengaan van ene Mal Ingrid.  Ingrid wat so mal was oor tuinmaak en my kom vertel het ek moet die suurlemoene aan my boom eet.  In elk geval, voor ek toe my groot uittog maak uit Pretoria, sien ek mense is besig om Ingrid se plekkie mooi reg te maak en ek gaan gesels met die meisie wat staan met die verfkwas.

 

Ja, Ingrid was haar tannie en hulle is besig om die huisie te restoureer om te verhuur.  Intussen het ek en die tuinbroers, Jerry en James al mooi gewerk met die tuin daar om Ingrid se huis.  Maar daar vertel die klein niggie my dat haar tannie se liggaam weggeraak het!

 

Nou ja, dis nou nie mooi as jy in iemand se gesig uitbars van die lag as hulle jou vertel van die liggaam van 'n familielid wat vermis geraak het nie, maar ek het gedink dit was so tipies Ingrid - tot op die laaste aweregs!  Blykbaar het die lyk na 'n ander begrafnisondernemer gegaan oppad van die hospitaal/tehuis af en moes die familie haar weer gaan uitken toe sy so twee dae later haar opwagting maak.

 

Dis nou al seker byna 'n jaar na jou heengaan, Ingrid en jy laat my steeds glimlag! 

 

Op jou, Ingrid!

Groete

Zazza

Skoolrok drome  02/05/2011

Gelukkig het ek oor my grys gedagtes gekom van gister.  Help partykeer om op 'n idee te slaap!  Daar is nie 'n manier nie.  Dankie tog.

 

Elke nou en dan het ek skoolklere drome.  Ek loop in 'n winkelsentrum rond of ek moet besigheid met mense doen en ek is in 'n skoolrok!  My hare is soos gewoonlik, ek het 'n PhD en is in die 30's, maar as ek afkyk, bevind ek my in 'n skoolrok!  En niemand neem my ernstig op nie.

 

In gisternag se droom, het ek darem hoehakskoene aangehad, maar die algehele effek was dieselfde.  Toe is ek sommer weer in die laerskool en AL my fobies kom gelyk in die droom uit.  Ek is 'n goeie swemmer, maar ek hou nie van vuil, onbekende swembaddens nie.  Weet nie wat dit is nie, maar as ek in 'n diep, donker en vuil swembad inspring voel dit of ek versmoor en leviteer ek sommer uit die water uit.  Weird, want nie net is ek 'n goeie swemmer nie, ek het ook geduik en is beslis nie bang vir onder die water wees nie.

 

Die ander droom wat bly deurkom is toiletdrome - ek soek 'n toilet en almal is vuil of loop oor of het nie deure aan nie.  Wel, gisternag is ek 1. in skoolklere, 2. terug in die laerskool, 3. moet swem in 'n diep, vuil swembad 4. moet toilet toe gaan en almal is vuil en sonder deure en 5. moet aantrek voor al die ander kinders (wat 10 is en ek nie).  Dis erg genoeg om een van daardie drome op 'n slag te he, maar almal in een!  Wat gaan aan?  Boonop is ek seker toe ek die swemklere moet uittrek en weer skoolklere aantrek is dit of weg, of te klein of ek kan nie uit die nat kostuum uit wriemel nie.  In elk geval heel angswekkend.

 

Dus, met al daardie psigiese, nagtelike wroeging gaan ek beslis nie nou nog wroeg oor grys word nie!

 

Lekker publieke vakansiedag - ek en Afrikamasutra is ingetrek.

Groete

Zazza

Grys of nie?  01/05/2011

Ten spyte van die beste poging van die Matador, wen die bul partymaal.  Vrydag het ek gehoor dat my saak teen die instansie wie se naam nie genoem mag word nie, nie deur die CCMA aangehoor kan word nie.  Tegniese puntjie. 

 

Gelukkig het ek al lankal besluit ek skryf die hele drama af soos 'n slegte verhouding.  Loop uit en maak die deur agter my toe.  Tog, kan mens nie help om te dink aan die ongelooflike onregverdigheid van die situasie nie.  Dan wonder jy of Karma tog bestaan.  Of nog erger - wat het ek gedoen om my eie karma so op te dinges?

 

Die geluk is nie op die oomblik vreeslik aan my kant nie en ek voel of ek 'n verandering nodig het.  En wat doen vrouens gewoonlik as hulle die bliksem in raak?  Gaan haarkapper toe.  Nou sit ek vanmore so en wonder.  Sal ek al my rooi krulle laat afsny en maar kyk wat onder aangaan?  Ek vermoed dis redelik grys.  Is dit dalk die verandering wat ek nodig het?  Pixie grys?  Is dit moontlik om pixie grys te wees?  Kan grys op amper 35 enigsins sexy wees?  Of gaan dit my maar net oud en afgemat laat lyk?  Mmmmm.

 

Ek het altyd gese ek sal eendag al my hare afskeer en dan iets gaan doen soos die Camino loop.  Ek gaan miskien nie die Camino loop nie, maar hierdie fase in my lewe is tog so half 'n pelgrimstog.  Die soeke na stabiliteit en vrede.  Rustigheid en liefde.

 

Nie 'n maklike besluit nie, maar ek hou julle op hoogte!

 

(Grys?) lekke

Zazza

Limitless  27/04/2011

Ek het nou pas 'n fliek gesien wat my absoluut fassineer het - Limitless.  Eeerstens is Bradley Cooper lekker sag op die oog en 'n plesier om vir 2 ure dop te hou!  Maar, die konsep van die film is vir my mind blowing! 

 

Een sonnige dag toe ek redelik klein was (wel, jonger, ek's steeds redelik kort), vertel iemand my dat ons slegs 10 - 20% van ons breinkapasiteit gebruik.  Van toe af is ek geobsesseer met die idee.  My brein het al hierdie breinkrag (padon the pun) en ek gebruik nie eers die helfde daarvan nie!  Wat is fout met ons?  Is dit een of ander fout in ons ontwerp?  Hoekom het ons die kapasiteit as ons dit nie kan gebruik nie?

 

Ek het al gedink mens kan dit reg mediteer of as ek nie wou swot nie, dat ek net lui was.  OK, slegte voorbeeld, ek was.  Ek's 'n Gemini en ek haat roetine, dus sit agter boeke vir ure aaneen was nie my idee van pret nie.  Totdat ek natuurlik 'n vakgebied gevind het wat my interesseer en daarna kon jy my nie wegsleep nie.  But, I digress.

 

As daar werklik so 'n pil was wat ons net laat DINK het.  Dis nie 'n drug nie, dit gee jou nie mag wat jy nie alreeds binne jouself het nie.  Dis ongelooflik!  Dink net aan al die ongelooflike dof goed wat mense elke dag om ons doen.  In die verkeer, in die winkels, in die koerante...

 

Wow.  Ek gaan nie die einde weggee nie, maar dis SO die moeite werd om daardie film te gaan kyk.  Goeie afleiding vir 'n Vryheidsdag.

 

Lekke

Zazza

Demo Model  26/04/2011

Ek probeer nou al die heel oggend geblog kry en elke keer as ek so mik vir Afrikamasutra, dan val een of ander heerlike gesprek voor met 'n interessant vriend of vriendin!  Heel inspirerend en opkikkerend.

 

Paassondag gaan eet ek by ou, ou vriende - daai's wat my nou al ken vandat ek 6 jaar oud is.  Ons het te heerlik gelag en gekuier en al die kulinere wonders wat daarmee saamgaan.  Met die afskeidsgeselsie by die motor, lag ek en die gasvrou oor die feit dat ek altyd se ek is nou in die tweedehandse karmark.  Ek het die eerste getrouery en kinders kryery gemis met al my worldly travels en moet nou wag tot die klomp manne wat op 24 getrou het, skei (sorrie, dit klink nou baie kru, maar dis waar!). 

 

En daar besluit ons toe ek soek nie 'n tweedehandse kar nie, maar nuwe modelle in my ouderdomsgroep kom met sy eie snaaksighede (het al breedvoerig daaroor geskryf).  Dus, soek ek 'n goeie Demo model.  Hy kom gewoonlik met al die bells and whistles, maar het net so 30 000km op die klok!  Nou wonder ek, moet ek 'n advertensie plaas?  Good Demo model wanted for Kama Sutra testing - of so iets?

 

'n Heerlike week verder - nie te lank nie en met nog 'n breek more!

Lekke

Zazza

Friedel and Friends Part Deux  24/04/2011

 

La Familia: An Easter Story - happy family memories

 

 

The Adam's Family - Menage a trois.  Uncle Fester comes to Town.

 

 

Oops!  (Swinging, always big in Pretoria, but to involve the children, nee Sies!  Waar's Advokaat Barbie nou?)

 

 

A Kiss Before Dying or Honey, I shrunk the Kids!

 

 

The Texas Chainsaw Massacre.

Friedel and Friend  24/04/2011

 

'n Good Duck en 'n Paashasie hou mekaar geselskap - shame, ek sal nie nou vir Friedel vertel ek gaan binnekort sy maatjie opeet nie!

 

Lank, lank gelede het ek een aand hierdie super weird fliek op tv gesien.  Dit was oor so 'n versukkelde egpaar wie se seun op een of ander manier dood is.  Dink hy het onder een of ander masjien of trein beland.  Dink ook die fliek het iewers in Engeland afgespeel, maar dit was nog die jare toe Dirty Harry Zulu gepraat het en Buck Rogers Afrikaans, so dis moeilik om te bepaal.

 

In elk geval.  Een donker, stormagtige aand kom die man tuis met 'n rabbit foot (Hasepootjie seker maar in Afrikaans).  En hy vertel sy vrou dat hulle iets soos drie wense het met hierdie voodoo dingetjie.  Natuurlik is die eerste ding wat die vrou wens, dat haar seun weer lewend word en terugkom.

 

Sny na shot by die begraafplaas en 'n modderrige hand skiet deur die aarde.  Terug na die man en vrou wat wag op die terugkeer van hul seun en dan weer na 'n donker straat tussen donker steenhuisies waar 'n drogagtige figuur in die pad afskuifel.  Met die dat hulle gewens het hul seun word weer lewendig, het hulle nie bepaal dat hy weer moet lyk soos voor hy onder die trein/stroper/masjien beland het nie.  Net daar, dink ek, het my moed my begewe en het ek die tv afgeskakel, maar daardie beeld bly nou al jare by my!

 

Die moreel van die verhaal was natuurlik, pasop waarvoor jy wens.  Lang storie wat my nou weer vanoggend aan hierdie grillerige verhaal laat dink het.  Dis maar die Paasgety wat my altyd melankolies laat.

 

'n Facebook friend skryf vanoggend op hul Facebook bladsy dat hul lewe minder soos 'n reis voel en meer soos 'n "endurance trail" met hier en daar 'n "pit stop".  Ek voel vanoggend presies dieselfde - ek is nou al so gatvol vir hierdie hindernis roete (obstacle course?) dat ek kan gil!

 

Maar, dan kyk ek weer na Friedel en sy maatjie hier voor my en smile!

 

Lekke vir hierdie pragtige, reenerige Sondag.

Zazza

Goeie Vrydag  22/04/2011

Op hierdie rustige Paasnaweek het ek vanoggend op die Promenade gaan stap, koffie gedrink by Caturra, mense raakgeloop, 'n bietjie gesels en die pragtige weer en see geniet.  Toe huis toe vir tradisionele gepekelde vis, slaai en natuurlik 'n yskoue glas Sauvignon Blanc.  Ek het die wonderlikste resep vir gepekelde vis en dit kan nie makliker wees nie.  Jy klim in jou kar, ry Woolies toe en koop twee bakkies van hul pekelvis wat tans op special is!  Te heerlik!

 

Terug na my tegniese drama van gister - ek kry toe die laptop terug, maar hulle kon niks terugkry nie.  Dis vir my steeds 'n misterie wat presies gebeur het.  Gelukkig het ek 'n redelike volledige backup op my netbook gehad, maar alle musiek, blogs en goeters wat ek seker eers later sal agterkom is weg.  In elk geval - die eerste ding wat ek toe vir die Chaos man se is "oorhandig onmiddellik 'n external harddrive"!

 

Maar, die moreel van hierdie storie is die volgende.  Die oggend toe ek my frenetiese skoonmaak het was ek nie lus om te werk nie.  Ek dog toe ek spandeer die tyd deur maar netjies te maak en te orden.  Dus, volgende keer as jy nie lus het om te werk nie, gaan fliek eerder!  Jy sal beslis minder skade aanrig.

 

'n Rustige Pase vir julle verder

Zazza

Die tragedie van die backup  21/04/2011

En daar delete ek toe gister my hele hardeskyf.  Ek is besig met hierdie groot skoonmaak en rondskuif van dokumente sodat ek 'n kopie kan maak en dan vars kan begin.  Ek sien 'n autorun file wat ek dink ek van my stokkie af oorgedra het en ek delete hom.  En met die, verdwyn elke enkele dokument van my kompertjie af!  Ja, alles!!!!

 

Ek dink so 'n wyle oor die situasie, raak snaaksgenoeg nie histeries nie en doen 'n system restore.  Wel, toe begin die histerie posvat.  Nie eers dit werk nie!  Professionele hulp word ingeroep en ek en Dell sit af na Chaos toe.  Hulle is tans besig.  En ek kry skeidingsangs.

 

Gaan vanoggend Constantia Villiage toe vir inkopies en om te vergeet van my laptop.  Dis natuurlik die malheid vanself hier straks voor die paasnaweek.  Al is die winkels almal tot 18:00 oop oor die naweek, dink mense mos dis die apokalips en moet hulle stock pile vir die voedseltekort wat moreoggend begin.  Die snaakste was een van die winkelassistente wat met haar haasore in die gang aangehardloop kom.  Sy lyk te oulik, maar egter meer soos 'n Playboy bunny as 'n paashaas.  Duidelik werk ek te veel met die Kama Sutra!

 

Net iets arbitrer - na maande se kortisoon verlede jaar leer ek hierdie jaar iets interessant.  Dit werk blykbaar deur jou kopvel uit.  Dit lyk soos skilfers, maar is nie.  Ek is nou al so gatvol vir hierdie vervelling van my kopvel dat ek allerhande (onsuksesvolle) planne beraam om daarvan ontslae te raak.  En eergisteraand probeer ek Fissan Paste.  Julle weet, bababoudjieroom.  Dit werk gewoonlik vir allerhande weird velkwale vanwee die hoe sinkinhoud.  Wel, moet dit NOOIT in jou hare of op jou kopvel gebruik nie.  Wat 'n gemors!  Ek sit nou met 'n nog groter kopvelkrisis.  Disaster!  En dis vetterig, so dis 'n bitch om uit hierdie boskaas van my uit te was!

 

Dis die allermooiste herfsdag hier - behalwe vir my laptoplose staat.  Glo my, as ek netnou my laptop gaan haal, dan koop ek 'n portable harddrive!

 

'n Wonderbaarlike paasnaweek vir almal!

Zazza

Verlossing deur Dewald Alberts  20/04/2011

Gaan lees vandag se nuwe verhaal.  "Verlossing" deur Dewald Alberts. 

 

En mense se my stories is disturbing....Was mal daaroor!

 

Geniet

Zazza

Nog \'n fab artikel  19/04/2011

Gaan lees Bryony Whitehead se lieflike artikel oor Afrikamasutra by: 

http://lifestyle.iafrica.com/love_sex/features/722890.html?p=1

 

Groete

Zazza

Nuwe storie  19/04/2011

Gaan lees "She falls to pieces" onder kama skryf.  'n Storie wat ek geskryf het vir 'n Nederlandse publikasie wat eersdaags verskyn.  Sal dan publikasiebesonderhede byvoeg.  Die projek se naam is "Hauntology of Smoke and Ocre" en is geinspireer deur Ingrid Jonker.  Die projek is gekonseptualiseer deur visuele kunstenaar, Paul Hendriks en word geredigeer deur Benda Hofmeyr.

 

Zazza

Friedel  19/04/2011

 

Ontmoet Friedel.  Hy is my Good Duck.  Ek en my vriendin die Prokureur gaan eet Sondagoggend ontbyt by Kirstenbosch en sy gee Friedel toe vir my.  Dit is na al die "trials and tribulations" waardeur ek die afgelope tyd is.  Friedel moet net vir my goeie vibes gee.  En wraggies, vandat Friedel in die rondte is, hou die goeie karma nie op nie! 

 

Ek hoor gister ons is applous gegee op 5fm oor Afrikamasutra en die hits op die werf klim elke dag net hoer (jammer vir die hoer - laptops is mos moeilik met deeltekens!).  Daar word tot van ons getweet! 

 

'n Wonderlike dag vir julle almal!

Lekke

Zazza

Nuwe storie deur Dewald Alberts  18/04/2011

Gaan lees "Nie heeltemal 'n slaaptyd storie nie" onder Kama Skryf!

 

Lek-kerrrrrrr!

Zazza

Kama Sutra translated into Afrikaans  18/04/2011

http://www.channel24.co.za/News/Local/Kama-Sutra-translated-into-Afrikaans-20110415

 

Hey, hoe cool is dit!  Ons het tot artikel op News24 gehad (die dat die hits so die hemel in skiet).  Weereens, dankie Johannes.  Jy is my publisiteitsengel.

 

Die tweets vlieg en die kommentaar stroom in - party darem baie bitter, maar dis tyd dat ons hierdie kasdeur oopruk.  So, dankie vir al die absolute wonderlike reaksies en vir die van julle wat mekaar sommer in die kuberruim aanvat.  Dis eintlik sooooo exciting.

 

Iets histeries wat die Kultuurdiva sopas vir my gestuur het - Musical Kama Sutra:

 

 

Is dit nie wonderlik nie?  Nog iets snaaks wat my niggie nou die aand vertel - wat is die perfekte man?  Een wat tot 4 uur kan seks he en dan in 'n pizza verander.

 

Lekke vir almal!

Groete

Zazza

Twitter  17/04/2011

Volg die wel en wee van Zazzasutra nou ook op Twitter - ongelukkig was Zazza reeds geneem, ai!

 

 

Zazza (aka Zazzasutra op Twitter!)

Rapport Forum  17/04/2011

O jinne, maar was ek nou pas op die aakligste plek - die Rapport forum oor Afrikamasutra.  Ek weet as mens jouself en jou opinie en jou kreatiwiteit daar buite sit is jy oop vir kritiek, maar dis nie altyd maklik om te sluk nie.  Die ou koeke is nou weer lekker bitter oor die ou boekie van my.

 

Eerstens, dis verouderd, so hoekom bodder ek.  Tweedens, die boek het geen woorde, dus is daar niks om te vertaal nie.  Haai, julle ken mos daar gesegde - "It is better to look a fool and say naught, than to open your mouth and remove the doubt."  Die boek is so 500 bladsye lank en die oorspronklike teks het nie eens prentjies ingehad nie.

 

'n Ene servaas beweer "Wanner gaan die Afrikaner tog ophou om so hard te probeer om sy 'konserwatiewe' etiket af te skud deur vir die wêreld en onsself te bewys: Ons kan ook af wees, ons kan ook vloek in ons liedjies, ons kan ook die kerk haat, ons kan ook irrasionele Oosterse idees aanhang... Ons moet bietjie oor onsself kom. Die boek is mos reeds beskikbaar vir diegene wat daarin belangstel."

 

Wel, ek was nog nooit konserwatief nie, en ek was nog nooit onder myself (of wat ook al jy moet wees om oor jouself te kom nie) en ek is nie so seker wat so irrasioneel is aan liefde en respek vir jou man of jou vrou nie, wat een van die hoofgedagtes is wat in die boek bespreek word.  En die boek is nie in Afrikaans beskikbaar nie en ook nie met die wonderlike kunswerk van onse eie kunstenaars nie, so we.  Ek hou daarvan om interessante goed in Afrikaans te lees en te verken.  Al lees ek Engels, Nederlands en 'n bietjie Frans en Duits ook.  Hoekom moet hy nou nie beskikbaar wees nie, want 'n koek wil hom nie koop nie?

 

En wat van hierdie een: "Ag nee wat, dit en die feit dat dit van Oosterse afkoms is, sit my klaar af."  Wow, sal ons vir Hitler nader roep?  Dalk kan hy jou kan help met die skoonmaak van daardie nare elemente in die lewe, soos Oosterlinge en mense wat nie soos jy is nie!

 

Ek weet ek moet my nie steur aan sulke kommentaar nie, want die oorweldigende reaksie is so positief en so mooi.  Ag en dis ook soveel beter om oor iets kommentaar te lewer as mens actually iets daarvan weet.  Die Kama Sutra is nie net 'n boek met vuil prentjies, geen woorde of "gekerriede pornografie" nie. 

 

Mense, mense, ek probeer hier iets mooi doen.  Moet dit nou asseblief nie vir ons almal bederf nie!But, now I'm preaching to the converted.  Die van julle wat nou hier lees, wil hier lees!

 

'n Lekker Sondagaand vir almal.

Zazza

Opinies  16/04/2011

Meermale in my lewe is ek al beskuldig daarvan dat ek altyd 'n opinie het.  Is dit nie raar nie?  Ek is mos nie dood nie.  Ek spreek myself uit.  Ek verhoed niemand om my om saam te gesels en nie saam te stem nie.

 

Ek bevind myself in heerlike geselskap gisteraand en een van my kuiergenote se almal moet oppas, want more blog ek weer oor hulle.  Mmmmm.  Ek neem waar en ek gee weer - wel, my weergawe, maar niks verhoed jou om jou eie blog en weergawe te he nie, dan nie?  Hulle se mos ons is net spieels van mekaar, so jammer as jy nie van jou refleksie hou nie?  Dis nou wraggies nie kritiek op gisteraand se geselskap nie, want dit was fab - maar net 'n gedagte.

 

Lees op die oomblik die interessantste boek, Healing without Freud or Prozac deur Dr. David Servan-Schreiber.  Hoofstuk een begin met 'n aanhaling wat vir my nogal pertinent is:

"Doubting everything and believing everything are two equally convenient solutions that guard us from having to think." (Henri Poincare).  Is dit nie waar nie?  Neem godsdiens of politiek - as jy blindelings glo wat vir jou gese word neem dit jou verantwoordelikheid weg om self 'n opinie te he.  Jy word dan voorgese wat reg en verkeerd is.

 

Dieselfde om ander te beskuldig dat hulle "opinionated" is (wat is dit in Afrikaans?).  Dan hoef jy mos nie jou eie opinie te he nie.  Neem al die verantwoordelikheid van jou af weg en jy kan die mens met die opinie van die kantlyn af sit en kritiseer vir hul opinie, maar jy self is veilig.  Jy se dan niks.

 

Seker maar daai ding van die hoe bome wat die wind vang?

 

Het nou die dag die wonderlikste, ligte, fliek gesien - "No strings attached".  Net wat ek nodig gehad het.  Hollywood schmalz met 'n lekker-voel einde wat die endorfine 'n hupstoor gee.

 

Lekker naweek.

Zazza

Crock waarskuwing  14/04/2011

Ek dink nie ek het al ooit vir julle vertel hoe ek Crocks haat nie.  Ek dink dit was Nathaniel wat gese het dit lyk of jy marshmallows aan jou voete het.  Wel, ek loop nou pas verby die ouens wat besig is om die een roltrap reg te maak.  En wat is die skuldige party?  'n baba Crock.  Moenie vir my vra hoe die ding in die maganika van die roltrap beland het nie, maar dit het.  Die ding is verwring en be-olie en die roltrap in sy glorie!

 

Net nog 'n goeie rede waarom gewonde landsburgers (ons sal dokters en chefs verskoon) NIE crocks behoort te dra nie - dit bogger roltrappe op!

 

Zaz

Normaliteit  14/04/2011

Vanoggend moes ek gaan Pilates.  Maar om een of ander rede slaap ek toe of ek betaal word en raak begogeld en verward wakker.  Belsuit toe om my dag eerder bietjie rond te skuif.  Dus, hier sit ek nou eers bietjie en werk by die Mug & Bean in Cavendish. 

 

Na die malheid van die afgelope tyd voel vandag vir my weer bietjie normaal.  Ek vertel vanoggend vir my niggie dat ek vandag gaan maak of ek actually hier bly.  Tot dusver gaan dit uitstekend en ek het tot al iemand raakgeloop wat ek al amper 30 jaar ken!

 

Dis een van daai magical herfsdae in die Kaap.  Die wind waai nie, die lug is helder en die temperatuur idillies.  OK, ek sit nou wel in 'n mall, maar dit is nie vir lank nie!  Sal dalk selfs die gym vanmiddag verruil vir 'n stap by Kirstenbosch (of op die promenade) en more gaan yoga.

 

Ek wil net met julle deel hoe fabulous die leesersyfers lyk vandat ons so ewe parmantig op bl. 3 van die Rapport was!  Dankie vir almal wat kom loer - ek hoop ek kan julle vermaak hou.  En daar is nog baie resepte wat verwerk moet word - ek maak al jare lank bymekaar en elkeen het 'n storie.

 

Wees mooi en lief vandag - soos ek altyd se, dis nooit nodig om 'n doos te wees nie.  Ek smile en knoop die heel oggend al geselsies aan met almal wat werk hier in die Mall en dis wonderlik! 

 

Lekke

Zazza

Nuwe ligte knibbel resep  13/04/2011

Gaan kyk by resepte vir die maklikste songedroogte tamatiepestoresep ooit - het hom verlede week uitgedink!

 

Zazza

Karma (en Kama natuurlik!)  13/04/2011

Dis moeilik om partymaal positief te bly as die wêreld se aanslae jou lewe wilde draaie laat loop.  Daar sit ek toe Maandag die hele dag by die CCMA vas in ‘n parallel universum.  Dit gaan einlik mos alles oor Afrikamasutra wat party koeke dwars teen die bors stuit – gelukkig maak ons toe Sondag die koerant en na die high van die KKNK het ek gelukkig nog genoeg momentum om Maandag te oorleef.

 

Ek vergeet skoon verlede week om julle te vertel wat die nag na ek so getjank het by die KKNK gebeur het – daar kom ek en die girl met wie ek die kamer deel die aand tuis.  Ek is gedaan gehuil en sê ek gaan nou slaap.  Sy verdwyn om verder saam met ons mede reisgenote nog verder te gaan kuier en ....wag hiervoor....sluit my in die kamer toe!  Sy dink ek moet veilig wees of iets (mens is klaarblyklik doof, stom en lam as jy slaap) en sluit die deur agter haar. 

 

Ek is nog wawyd wakker en ek raak daar in ‘n angs met allerhande drogbeelde – die kamer gaan afbrand en ek kan nie uit nie.  Ek kry ‘n piepie en ek moet in die asblik gaan.  Ek word vasgekeer deur inbrekers en kan nie by die deur uit nie (OK, dit was nou nie die mees logiese argument nie, maar ek was vasgekeer!)  Toe sy uiteindelik terugkom om haar handdoek en tandeborsel te kom haal gil ek daar soos ‘n besetene “moet my asseblief nie weer toesluit nie”!  Dis eers nou vir my snaaks.

 

So ‘n paar weke gelede gaan ek na ‘n filosofie praatjie.  Die een ding wat my bybly is dat daar, veral in werksomstandighede, gewoonlik ‘n hiërargie is wat spruit uit die struktuur van die besigheid.  Met ander woorde, as gevolg van verskillende posisies en funksies sal party mense bo ander aangestel word of in die posisie geplaas word om hulle te moet bestuur en koördineer.  Maar, as mense is en bly ons mekaar se gelykes.  Ons moet mekaar nog met net soveel respek behandel – of jy nou die baas of die teemaker is.  Makes you think, doesn’t it?

 

Terug in die Kaap werk ek nou weer verder aan die fabulous boek en hoop ek vir werk vir Bon Mot – moet vandag planne beraam om werk in te win!

 

‘n Wonderlike Woensdag!

 

Zazza

xxx

Ons maak toe bl. 3 van Rapport!  10/04/2011

http://www.rapport.co.za/Suid-Afrika/Nuus/Indiese-handleiding-oor-seks-in-Afrikaans-20110409

 

Nou ja toe!  Hier maak ons toe sommer bl. 3 van Rapport!  Fabulous artikel, dankie Johannes.  My dag is amptelik gemaak.

 

Lekke all round

Zazza

Leaving on a jet plane - alweer!  09/04/2011

Ja, hier sit ek alweer op ‘n vliegtuig.  Ek kan nou al stuipe kry.  Maar, Maandag is die groot dag wanneer ek en Die plek wat se naam nie genoem mag word nie van aangesig tot aangesig te staan gaan kom.  Hou duime, tone en sommer enige orgaan wat sal saamspeel vas.

 

Terug na episode 2 van die Oudtshoorn eskepades.  Sondag verlede week is die voorskou toe van Afrikamasutra.  Ek voel nou al vir 3 maande soos die anti-Chris oor die bleddie boek en asof alles wat ek skryf vir iemand, iewers aanstootlik is.  Met ‘n tjank-hangover van formaat staan ek toe Sondagoggend op en trek swart en sexy aan vir die praatjie. 

 

Twee uur is ek aan die woord.  Marna, Diek en Hardus se kunswerke is op die muur agter my geprojekteer en ek lees voor uit die boek.  Die saaltjie/kamer is gepak en AL die joernaliste is daar (hulle moes net een stuur!).  Eers kom vra so ‘n tannetjie of dit is waar Amore op RSG gaan praat en iemand sê nee, die die Kama Sutra praatjie – wel, ek dag die arme dame steier agteroor in Hannon met die make-over vas, soos sy op die vlug slaan met ‘n “Oe, nee!”

 

Ek begin lees en dit gaan heel goed, maar op die dele wat ek dink is histeries, is die mense so half te bang om te lag.  Hoe hanteer die Afrikaner psige dan nou hierdie openlike behandeling van seks?  Soos daai play van Reza de Wet waarin Wilna Stockentröm so ewe preuts sê, “ons praat nie oor ons eierstokke nie”!

 

Ek gooi hulle met die tipes vrouens wat mans liefs moet vermy – soos vrouens wat melaats is (stukkies van hulle mag dalk net in die bed agterbly) en hulle sit.  OK, volgende grap: vermy liefs mal vrouens (jy weet nie waartoe hulle in staat is nie – Lorena Bobbit et al), maar net so ‘n glimlaggie hier en daar.  Ek gaan maar aan en dog toe my grappies is seker nie so snaaks soos wat ek gedink het nie.

 

Totdat ek by die posisies kom!  Ek begin lees:

 

Hou die enkels

van die vrou met vol heupe,

wie se boude soos twee ryp spanspekke is vas,

lig haar pragtige dye         

en sprei die heupbene wyd.

 

Oe, reaksie!  Die mense sit regop (dit raak effens warm in die vertrek en hulle begin hulself koel waai).

 

Die vrou met die ronde dye op die bed

neem haar enkels en lig haar Lotusvoete omhoog;

jy piets haar aan die wortel, soenend

en klappend, met oop palms tussen haar borste.

Dit is “Markata” (Die aap).      

 

Wanneer jou geliefde, soos ‘n merrie

‘n hings wreed vasknyp,

jou penis vasvang en melk met haar vagina,

is dit “Vadavaka” (Die merrie se kuns).

 

Teen hierdie tyd skater die mense!  En ek is op ‘n roll. 

 

As die vrou, vurig vir liefde,

hande-viervoet staan, haar rug krom maak soos ‘n hertooi,

en jy haar van agter af geniet,

bronstig asof jy alle menslikheid verloor het,

is dit “Hirana” (Die Hert).         

 

Ag, na ‘n wonderlike sessie kry ek die lekkerste komplimente, mense lag en geniet en dink Afrikamasutra is die wonderlikste ding sedert gesnyde brood.  Ek voel beter oor myself en Maryke Roberts, vryskut joernalis en lid van die gehoor pitch ‘n storie oor my en die boek vir Vrouekeur en dit word goedgekeur!

 

Die volgende dag kry ek die HELE bladsy 3 van die Krit met ‘n waarskuwing op die voorblad, “PASOP! Bl. 3 nie vir kinders nie.”  Dinge lyk op.  Na ontbyt (ek wurg maar langtand ‘n muffin af na my nag in omhelsing met die toilet) sit ons af oor die Swartbergpas na Prins Albert.  Ek is groen, maar die pas is pragtig.  Nog meer pragtig is die vars, koel lug wat die naarheid elke keer tem as ons (weereens) uitklim om die uitsig te besigtig.

 

In Prins Albert gaan besoek ons Hennie Boshoff en sy ongelooflike metgesel, Rozetta.  Ek is in ekstase oor hul Villa Kruger en die mooi kuns en raak in diepe gesprek met Izak oor al die interessante en pragtige karooplante.  Dit is die naarheid werd en met ‘n lied in my hart gaan staan en wag ek daai aand vir die bus.

 

Die plek waar die bus gewoonlik vandaan vertrek is toe vanwëe die fees en ek gaan staan senuweeagtig en onseker in die straat en wag.  Daar is so ‘n outjie met ‘n brilletjie en twee jong meisies wat ook daar staan en my nader en vra of ek ook wag vir die bus.  Gelukkig!  Ons wag saam en raak aan die gesels.  Naderhand kom die kinders se ouers daar aan en ons gesels verder – die moeder kyk so na my top wat sê “Sex and the City” en sê vir outjie met brilletjie hy moet oppas vir díe tannie!  Gelukkig warm sy op (al val haar gesig momenteel toe sy hoor ek vertaal die Kama Sutra) en ons staan heerlik en chat tot die bus kom.  Daar word bevestig dat ek ouer is as wat ek lyk (ek lyk altyd 12, al het elke kindertjie in Oudtshoorn my daai naweek getannie) en ek is nog geleerd ook, jy weet.  Alle anti-Christelike labels vir eers besweer.

 

En daar het julle dit.  Ek klim op die bus en pass net daar geprezel op die bank uit en word die volgende oggend, donkernag in Kaapstad wakker!

 

(Lek)ker naweek

Soene, Zazza

Prezels all round!  07/04/2011

Verlede week was dit die prezel van die Ohm – hierdie week was dit prezels all around!  Saterdagoggend om 6 vm, meld ek aan vir my lift Oudshoorn toe.  Sondag moet ek ‘n voorsmakie van Afrikamasutra by die KKNK aanbied. 

 

Dis pragtig om die son te sien opkom en stadig maar seker uit die Kaap te ry.  Ons kuier-kuier al met die R62 langs tot in Oudshoorn.  Stop in Wellington vir ‘n koffie, by Ronnie’s Sex Shop vir ‘n Savannah, Barrydale vir ‘n piepie en uiteindelik kom ons in Oudshoorn aan.

 

Die middag verloop in die Sarie kafee met heerlike wyn en goeie geselskap.  Later word middagete aandete en ons verskuif net so af na die volgende restaurant. En daar begin die drama…Na alles wat díe jaar en sommer nog verlede jaar ook gebeur het, was ek nou regtig nie lus om aan gekarring te wees nie.  Maar, soos party mense nou maar is, dink hulle altyd hulle het die godgewe reg om jou voor te sê en dink hulle hulle het jou mooi “uitgefigure”.

 

En daar begin my twee metgeselle met aandete krap aan my.  Nou sit ek ook met ‘n spot PTSD en die rit deur Montagu en herinneringe vroëer die dag sit nie lekker nie en ek strip my moer.  Wel, dit was seker op ‘n stadium te wagte.  Ek hou nou al laaaaaank uit.  Ek gooi my geld op die tafel en waltz so ewe diva daar by die deur uit, die donker straat af.  Op die ou en bevind ek my op ‘n bankie in ‘n baie mooi kerkie se gronde en ek tjank hoor.  Ek tjank die tjank van alle tjanke.

 

Naderhand bel die wat so gekarring het om te hoor waar ek is (ek weet nie en ek weet ook nie hoe om by die gastehuis uit te kom nie), so daar is ek toe maar weer terug na die restaurant toe.  En soos ek aankom hoor ek net hoe daar NIKS met my fout is nie en ek net uitgelos moet word.  Wel, ek kies ‘n brëe skouer (gelukkig ken ek die man) en daar trek ek toe eers los!  Soveel so dat die engel van ‘n vrou by die tafel langsaan vir my ‘n Cream Soda stuur!  Sy sê dis al wat help as mens só voel en sy was reg.  Weereens dankie aan daai Engel!

 

Daarna het ek beter gevoel – moeg, maar beter.  Partymaal moet mens net alles uitlaat.  My liggaam besluit toe dis nie genoeg nie en na die psigiese prezel van Saterdagaand, spandeer ek toe Sondagnag geprezel om die toiletbak – voedselvergiftiging.  Maar, eintlik dink ek my liggaam wou net ontslae raak van alles.

 

Maandag prezel ek myself toe op ‘n Intercape bus terug Kaap toe.  Hoe dramaties!  En ek het nie eers by die actual happening gekom nie – die voorsmakie van my boek!  Ek los dit maar vir more.  Ek kan tog nie in een dag AL die stories vertel nie!

 

Lekker Lala, tot more

Liefde

Zazza

xxx

KKNK, hier kom ons!  01/04/2011

Wel, more sit ek en die Griffel span af Oudtshoorn toe vir die "sneak preview" van onse Afrikamasutra!  Met GROOT afwagting sit julle almal met ingehoue asems en wag vir die groot dag wat die boek die lig sien.  Wel, Sondag om 2 uur in die CP Nel museum se eetkamer, kan julle 'n voorsmakie kom geniet.  Daar sal 'n kykie wees na die kunswerke (deur Diek Grobler, Hardus Koekemoer en Marna Schoeman) wat in die boek gaan verskyn en 'n voorlesing deur die skrywer, Ilse Carla Groenewald.

 

Die Pomp-dag begin sommer al vroeg daar in die museum, met Petrus de Kock, Abel Pienaar en Bertus van Niekerk wat almal interessanthede gaan kwytraak.

 

Hoop om julle daar te sien!

Karoo groete

Zazza

 

 Deur Marna Schoeman

Bon Mot en die nuwe \"image\"!  01/04/2011

Bon Mot het 'n nuwe baadjie en beloof om sommer met rasse skrede te groei!  Gaan loer op hul nuwe webwerf (www.bonmot.co.za) en kyk wat hulle alles bied. 

 

 

(Lek)ker naweek!

Zazza

Die Ohm van die prezel  25/03/2011

Ja, julle het nie gedink ek gaan vanoggend voet by stuk hou nie!  Daar sit ek toe lekker vroeg af gym toe vir my yoga-sessie.  Ek gaan sit daar op my pers matjie en die yoga vrou vra of daar enige nuwelinge is.  Ek steek so ewe my hand op en daar ruk sy my pers matjie sommer so onder my uit.  "Well, you are short limbed and half a person.  You will not enjoy yoga"!  OK.  Daar het ons dit.

 

Nou wonder ek al die hele dag of dit nou vir 'n rukkie is totdat ek 'n gesoute yogie word of is dit nou 'n permanente affliksie (skies, klink net vir my na 'n woord).  Die Oosterlinge wat dit uitgevind het was dan sekerlik nie "long limbed" nie, of hoe?

 

Anyhoo, dit was actually baie lekker.  Ek is so styf soos 'n geroeste hek op die oomblik (nie van die yoga nie, oor die algemeen), maar is bly om te vermeld dat al die bootcamp en sit-ups nie heeltemal verdwyn het nie.  Kon meeste poses hou en voel sommer baie beter. 

 

So in die Zen van die oomblik besluit ek toe sommer dis dalk ook 'n goeie idee om bietjie wyn uit te sny en gesond te eet vir 'n ruk.  Ek gee julle een raai hoe lank dit gehou het.  Hier sit ek en uitkyk oor Tafelberg met 'n Cinzano wat ek uit die ouders se kas uitgekrap het.  Ek glo dit was nog myne van voor ek Nederland toe getrek het in 2004.  Dis Vintage! 

 

My dranke bly gewoonlik by wyn, whiskey en potstill, maar jy kan my in 'n wip vang met kruiemengsels.  Drink dit op ys met baie soda (enigiets anders is way te soet).  Het sommer vandag die kookmanie ook gehad - groentesop gemaak vir die minder eet en toe besluit ek wil vanaand so 'n stampkoring, risottorige affere maak met hoenderborsies.  Ek het 'n ui en knoffel gebraai, die koring bygevoeg, 'n paar gerehidreerde Chinese sampioene (aangeskaf by die Chinese supermark in Hazelwood), bietjie aftreksel, bietjie wyn en siedaar.  Dit staan nou rustig en prut terwyl ek Cinzano en Blog oppie stoep.

 

Sal julle daarop konsentreer dat my skrywersskok (writer's block) sal wyk.  Ek sit en wroeg nogsteeds oor die damn storie waaraan ek werk.  Ek dink nie ek het al ooit in my lewe gewroeg oor skryf nie! 

 

'n Vrylustige Vrydagaand

Zazza

xxxxxxxx

Die daai van die hare  24/03/2011

Vanmiddag spring ek in my rooi gevaarte.  Ek gaan gym toe!!!  Ek het vanoggend probeer om te werk by Newport, uit te kyk oor die mistige see by Groenpunt, koffie te drink en oor die algemeen 'n roetine te probeer handhaaf. 

 

En daar tref die groot Writers Block my (wat is dit in Afrikaans?).  Ek voel soos daai vrou in Kombuis Blues.  Sy sit by die tikmasjien aan die kombuistafel en begin.  "Die mis skuif stadig oor die berg.  Die voeltjies spring van tak tot tak...ag kak!"  Elke sin wat deur my vingers vloei klink banaal en plastiek.  Ek vang sommer dadelik 'n gly in my manlike karakter en dink hy's 'n doos.  Nou moet ek nog vir 3000 woorde iets met die bliksem te doen he.  Urgh.

 

Anyway.  Ek pak die rooi laptop, spring in die rooi kar en sien tuis in die spieel dat die rooi so effens uit die hare verdwyn het!  Die grys hier op die slape maak my mislik.  Ek werk nog so 'n bietjie aan die storie en besluit gym en endorfiene is dalk die antwoord.  Oppad Constantia gym toe ry ek reguit verby die gym se ingang na die Village toe.  Gaan gou hoor of iemand nie dalk my hare kan knip en kleur nie. (Jy weet mos - as 'n vrou haar hare wil laat sny moet dit NOU gebeur!)

 

En hier sit ek - rooi en fabulous!  Wel, dit voel in elk geval weer vir 'n slag so.  Die hare is op die kredietkaart (ek is mos tans nog salig werkloos), maar ten minste lyk ek of ek besigheid bedoel.  Die hele salon lag hulle dood oor ek gym skip om my hare te kom knip.  Die kleur word deur almal bewonder en beaam en vir die eerste keer in 'n lang tyd voel ek weer mens.

 

So oppad huis toe glip ek vir 'n sekonde by die gym in net om te kyk wat more op die rooster is.  Lyk of daar moreoggend 'n yoga klas is wat ek kan bywoon.  Dalk ontblok dit die skrywers struikelblok.  Met die aura uitgekam, die karma herstel en die hare weer bloedrooi kan dinge net beter gaan!

 

Rooi lekke

Zazza

Die groot trek, die groot stilte  23/03/2011

Ja, ek is eindelik terug in die Kaap.  Die Ma en ek is terug Tswanetoria toe om die huisie te gaan oppak en toe die klein, rooi gevaarte terug te ry Kaap toe.  Twee bestuurders maak tog so 'n groot verskil.  Maar, met die pakkery en die admin het ek my skryfpligte lelik verwaarloos.  Dit, en die feit dat skryf my die afgelope tyd ook lelik in die moeilikheid gekry het.  Dit is nou maar eenmaal so dat as jy jou opinie daar buite sit vir die publiek om te lees, sal daar maar altyd een of ander ou koek wees wat jy te na kom.  Maar, meer daaroor later.  Sekere dinge moet homself nou eers afspeel en uitspeel voor ek verder hieroor kan uitbrei...

 

Ek hoor nou die dag die wonderlikste grap.  Die vrou neem haar hond na die veearts.  Hy bly oorinfeksie kry, want sy hare bly ingroei in die oor in.  Die veearts maak mooi skoon, maar stel toe voor dat sy seker maak die ore bly skoon en haarvry.

 

Die vrou dink toe sy is sommer baie oulik, stap by die apteek in en skaf 'n bottel Nair aan vir die haarvryheid van bogenoemde hond se ore.  Die apteker maak dit net duidelik dat as sy dit onder haar arms gebruik, sy liefs nie onderarm direk daarna moet aanwend nie.

"Nee," anwoord sy, "dis nie vir my onderarms nie".

Wel, stel hy verder voor, as sy dit op haar bene gebruik moet sy seker maak sy sit genoeg lyfroom aan dat die vel nie branderig raak nie.

"Nee, dis ook nie vir my bene nie."

"Nou maar, waarvoor is dit dan?"  Gee die apteker op.

"Wel, as jy nou moet weet, dis vir my Schnauzer."

"In daai geval, moet jy vir ten minste 'n week nie fietsry nie!!!!"

 

(Lek)ker dag

Zazza

Nuwe gedigte!  11/02/2011

Uiteindelik het Afrikamasutra bydraes van buite!  Dis 'n wonderlike dag vir hierdie warm werf.  Gaan lees Dewald Alberts se gedigte, Rooiseesand en Murasie onder die gedigte.  Dis fab!

 

Lekke

Zazza

Die wysste woorde ooit!  11/02/2011

So 'n ligte ietsie hier kort voor die naweek: "Save the earth.  It's the only planet with chocolate"!!!!

 

Lekke(r) naweek

Zazza

xxx

Valentynsdag Smile  09/02/2011

 

Ek het dit so geniet, ek moes dit net met julle deel!  Dankie aan my vriendin die Plantkundige wat dit geplaas het op haar FB.

 

Lekke

Zazza

Demokrasie laat jou poep  08/02/2011

Dit gaan binnekort teen die wet wees om in Malawi ‘n wind te laat en om vir die ANC te stem is jou paspoort vir die hemel!  Ja, as jy vir die opposisie stem, stem jy vir die duiwel, volgens Jacob Zuma (wat natuurlik buite konteks aangehaal is).  Maar lees eers hier:

 

Democracy causes a stink as winds of change hit Malawi

 

BLANTYRE: Malawian lawmakers will next week debate a law change to criminalize public farting, which a cabinet minister said had been encouraged by democracy.

            “The government has a right to ensure public decency.  We are entitled to introduce order in the country,” justice and constitutional affairs minister George Chaponda said.

            “Would you like to see people farting in public anywhere?”

            Since the country embraced multiparty politics 16 years ago people had felt free to fart anywhere, said Chaponda.

            “It was not there during the time of dictatorship because people were afraid of the consequences.  Now because of multipartism or freedom, people would like to fart anywhere,” he said.

            Chaponda, a key figure in President Bingu wa Mutharika’s government, said that if Malawians cannot control their farting “they should go to the toilet instead of farting in public”.

            “Nature can be controlled…it becomes a nuisance if people fart anywhere.”

            Chaponda said that under the amended law farting will be considered a minor offence. –Sapa-AFP

 

Nou ja kyk!  Die poeples (sic) mag nou nie meer poep nie!  Die bleddie Weste en sy vrypostighede!

 

En ons kán die natuur beheer – Australië moet net vir die water sê om op te hou vloei en die winde om op te hou loei. 

 

Verder hoef ons ook nie te praat van ons huidige polisiehoof wat nou OOK ondersoek word vir ‘n shady R500m deal.  Dink julle hý poep in die publiek?  Maar gelukkig gaan hy reguit hemel toe met sy ANC paspoort.

 

Lekke

Zazza

Born to be Wild!  04/02/2011

Ek het grootgeword met die gesegde dat as jy ‘n vinger na iemand anders wys, wys daar vier vingers na jou toe terug.  Nogal traumaties vir ‘n kind op laerskool, moet ek sê.  Ek kon nooit by die huis kom en sê daai maatjie was lelik met my nie, want die respons wat ek altyd gekry het was, “maar wat het jý verkeerd gedoen dat hulle so reageer het?” 

 

As grootmens het dit my nogal geleer om altyd eers selfondersoek te doen en ‘n situasie van beide kante af te bekyk, maar as kind wou ek net soms hê my ouers moet my vasdruk en sê, “ja sies, hulle het nie mooi met jou gemaak nie”.  Met ander woorde – ons glo in jou en vat jou kant, want jy is ons kind en dis ons werk.

 

Soos ek myself deesdae in die arbeidsmark bevind en vir talle werke aansoek doen, kan mens nie help om jou verlede en veral jou werksloopbaan te bepeins nie.  Ek sit so vanmiddag en gesels met die Ma en skielik sê sy vir my ek het nie ‘n goeie rekord met base nie.  Ouch!

 

Toe begin hierdie hamster op sy wielietjie in my kop natuurlik oortyd werk en die vingers wat almal na my toe wys word elkeen deeglik bedink.  My heel eerste werk destyds was te lekker.  Dis nou my eerste, amptelike werk.  Nie studente werke waarvan ek sommer baie gehad het nie.  Ek was kursuskoördineerder van ‘n enorme kursus by ‘n Universiteit.  Ek het vir so ‘n donker (maar manlike) siel gewerk en ons het ‘n wonderlike werksverhouding gehad.  Ook ons departementshoof was professioneel, manlik en fantasties.

 

Tussen al die oorsee studeer en blyery het ek elke keer teruggekeer en werk in die akademie gekry.  Maar, die dae onder my ou baas en in my ou fakulteit was verby en van toe af werk ek net vir vrouens.  En die een was weirder en meer aggressief as die volgende.  Drie van hulle – in ‘n ry! 

 

En dis nou waar die selfondersoek inkom.  Is ek inherent onmoontlik om mee saam te werk of is swak, vroulike base in die akademie onmoontlik om mee saam te werk?  Ek het meer teistering en sexisme ondervind onder vrouens as wat ek nog ooit by ‘n manlike baas of kollega bespeur het.  En alles is persoonlik.  Doen ek aansoek vir ‘n ander, beter werk wat my meer betaal as ‘n blote assistent, dan “verraai” ek my baas.  Sal ek eendag in my hande huil en moet ek weet, sal ek nooit weet in daardie departement aangestel word nie!  Take that.

 

Ag, en die res is maar so op dieselfde trant.  Veral toe ek in posisies inbeweeg waar ek dieselfde kwalifikasies as my base het.  Dis niks ooglopend nie.  Dis nie asof jy na iemand kan gaan en sê hoor hier, die vroumens gee my hel nie.  Nee, dis net altyd ‘n vibe.  ‘n Vernietigende houding wat jou werkslewe hel maak.  Jy kan gat lek en jou werk doen en perform soos ‘n rob in ‘n akwarium met ‘n rooi bal op jou neus, maar dis net nooit goed genoeg nie.  Dis nooit die werk wat jou in die moeilikheid kry nie.

 

Nee, dit kom altyd neer op sulke kleinlike, persoonlike kakkies.  Ek het al vertel van die hare wat te rooi is, die houding wat te sterk is en “jy reageer dan altyd”.  Wel, ja!  Dammit, as iemand met my praat gaan ek mos reageer.  Ek is nie ‘n mummy nie!

Selfs met die selfondersoek is dit bitter moeilik om te aanvaar dat ek ‘n probleem met outoriteit het.  Ek is ‘n vrydenkende mens.  Ek is nie mal oor roetine nie.  Ek hou nie daarvan om in ‘n hok geplaas te word nie – fisies en psigies.  En as jy my persoon die heeltyd gaan aanval om jouself en jou posisie beter te laat vertoon, gaan ek rebelleer en jy gaan dit interpreteer as ‘n houding.  Maar met my werk word daar nooit fout gevind nie.

 

Mans (in die sin van toekomstige eggenote) en vroulike base het op die ou end tog iets in gemeen.  Wees onderdanig, moenie ‘n opinie hê nie, moenie uit jou beurt uit praat nie en om hemels naam, bly tog stil! 

 

Makes you think, doesn’t it?

 

Zazza

Waansin en die droom om onder n palmboom te gaan sit  03/02/2011

Partykeer is die begeerte om jouself aan totale waansin oor te gee so oorweldigend dat jy nie eintlik weet wat om daaraan te doen nie.  Skree jy?  Gooi jy jouself van die berg af?  Spring jy voor ‘n trein in?  Gee jy jouself oor aan drank of drugs?  Dis moeilik.

 

Nog moeiliker is om te erken dat jy partykeer die begeerte het om jouself te sny.  Rye en rye snye op jou bobeen te maak tot die bloed in strome oor jou bed loop en die lakens, duvet en matras rooi vlek.   Rooi met hartseer, rooi met rou.  Rou emosie en grief (grief is so ‘n omskrywende Engelse woord waarvoor ek nie nou ‘n Afrikaanse ekwivalent kan kry nie).

 

Ek was nie ‘n rebelse tiener nie.  Ek het goeie punte gekry, drama gedoen, sport, musiek.  Erekleure gekry in verskeie dinge.  Daarna is ek Universiteit toe.  Ek het myself so half verwonder oor die feit dat dit nou nie juis hierdie reuse bevryding was wat ek verwag het nie.  Ek het gedink die verandering van skool gaan asemrowend wees.  Toe nie.  Miskien het dit iets te doen gehad met die feit dat ek tuis gebly het terwyl ek geswot het.  Ek weet nie. 

 

Op Universiteit het ek weer hard geleer, uitstekende punte gekry, beurse, op die dean’s merit list beland, ‘n Phd verwerf.  En tog, wonder ek hoekom ek so onsuksesvol is.  Hoekom voel ek soos ‘n algehele mislukking?  Wat gaan verkeerd in die bedrading van jou brein dat jy terugkyk op hierdie lewe en dink “wow, wat ‘n fokop”?  Interessant.

 

Ek wens partykeer ek was ‘n moerse rebelse tiener wat harde rock geluister het en my ouers hel gegee het.  Of op Universiteit heeltemal uitgehak het en swart naellak begin dra het met te veel eye liner en mascara terwyl ek sterk, Franse sigarette gerook het en op koffie geleef het terwyl ek John Fowles op die trappe en onder bome sit en lees het met een of ander bleek en tragiese musiekstudent wat op my skoot lê.

 

Nou hier sit ek.  Bedink elke blog dat hy nie dalk té is nie.  Té kru, té eg, té waar, té seksueel, té, té, té.  Ek dank die heelal dat ek ouers het wat my op hierdie tydstip ‘n dak oor my kop kon gee.  Dat my huis so gou verkoop het.  Dat ek nie op straat sit nie.  Maar die begeerte om net heeltemal uit te hak, waansinnig aan die gil te gaan en myself van ‘n brug af te werp bly maar altyd daar.

 

Die “boompje, beesje, huisje” ding het dit nog nooit vir my gedoen nie.  Kinders gee my op die beste van tye die horrie pieps, roetine wil my laat naar word en ek hou regtig nie eintlik van labradors nie.  Maar, hoe wens ek partykeer ek het ‘n gewone, oninteressante, eenvoudige man gehad wat met my wou trou in ‘n wit rok en ‘n N G Kerk.  My wou swanger maak om die “babatjies” te hê wat hy nog altyd wou gehad het.  Vir my ‘n eenvoudige huisie in die suburbs wou koop waar sy wit Toyota Corolla so mooi in plek sou lyk in die karpad.  En natuurlik, een jaar vir my ‘n labrador puppy sou koop vir Kersfees!

 

Maar nee.  Ek bevraagteken mos als.  Ek word by die werk ingeroep en vertel ek het ‘n “houding”.  My lippe is te rooi, my hare te wild (en ook te rooi).  Nee jong, ek het nie ‘n houding nie.  Ek het net ‘n persoonlikheid.  Ek het ‘n opinie.  Ek sê wat in my kop in kom en ek redeneer as ek nie met jou saamstem nie.  Hoekom maak dit my verkeerd?  So what as my hare hul eie ding doen en ek nie getem kan word nie?  Hoekom moet ek in die wêreld se dosie vir my pas?

 

My hart bloei vanaand.  Vir die begeerte om te sit onder ‘n palmboom en my hart uit te ween.  Te slaap vir ses maande aaneen.  Vir my pragtige kat wie se dood ek nogsteeds nie kan verwerk nie.  Vir mense wat ander mense se lewens ruïneer net omdat hulle te koeklik is om verby hul oogklappe te kyk.  Nie ‘n moer om te gee dat hulle iemand se lewe geheel en al opgeneuk het nie (nie langtermyn nie, maar vir die oomblik net moerse chaos veroorsaak het).  Vir die onvermoë om te kan werk.  Die totale onvermoë om te skep en kreatief te wees.  Vir die feit dat my vryheid en menslikheid momenteel van my af weggeneem is.  Vir die feit dat ek op hierdie oomblik net nie verder wil bestaan nie. 

 

Hoe maklik sal dit nie wees as die lig net sou uitgaan.

 

Melankoliese Lekke

(Partykeer moet ‘n mens jou net oorgee aan jou misery)

Zazza

Endorfine en Knoffel-pietersielie Pasta  02/02/2011

Ek het die naweek die wonderlikste boek gelees – The Elephant Whisperer deur Lawrence Anthony.  Vir ‘n wyle was ek vasgevang in die storie van ‘n wilde trop olifante wat op die punt was om geskiet te word en toe deur Anthony ingeneem word op sy wildplaas in Natal, Thula Thula.  Hierdie totale fabulous storie oor hoe hy leer om met hierdie olifante te kommunikeer hou jou geboei tot die laaste bladsy.  Deel van die sjarme van die boek is natuurlik ook die feit dat dit waar is.

 

In my wedervaringe met die Madame, het ek dikwels geweet ek kommunikeer op ‘n totale nie-verbale vlak met haar.  Soos die keer wat ek in die Kaap was vir die ouders se verjaarsdae en ek droom die aand Sophie het nie kos nie.  Toe ek by die huis kom, het haar self-feeder vasgehaak en die persoon wat na haar moes omsien het nooit kom inloer nie!  Sy het werklik nie kos gehad nie.  Stemtoon en intonasie kan soveel oordra.  Ek het in die wonderlike bietjie meer as ‘n jaar wat Sophie by my was nooit eenkeer my stem vir haar dik gemaak of met haar geraas nie.  Ek het haar net die heeltyd bly sê hoe pragtig sy is.  En sy was.

 

In elk geval, ek gaan gister toe uiteindelik gym toe in Constantia om die endorfine ‘n bietjie vry te laat.  ‘n Gym is ook nou nie eintlik my gunsteling plek nie en in Pretoria het ek altyd in die Botaniese tuin ge-boot camp.  Dis buite, dis vars, dis interessant, jy sien jou vriendinne.  Maar ‘n gym!  Dit ruik na chloor, dit raas, daar is tv-skerms oral en die musiek is walglik.  Ek doen toe so ‘n paar masjiene – werk die bene en boude ‘n bietjie totdat die sensoriese aanslag net te veel vir my raak.  Toe vlug ek na die sportveld voor die gebou en gaan doen ‘n paar lunges waar ek na die berge en Ibisse kan kyk.  Teen die tyd wat ek toe klaar geoefen het, voel ek toe weer normal.

 

Na gym was ek lekker honger en kom gooi toe ‘n heel eenvourdige, maar ongelooflike pasta bymekaar.  Braai ‘n hoop knoffel en gekapte pietersielie in baie olyfolie met ‘n titseltjie botter.  Dit gaan blitsvinnig.  Kook pasta (vir die staat van die Candida het ek Mieliepasta gebruik, verkrygbaar by enige groot supermark) en dreineer.  Druk ‘n goeie skeut suurlemoen in die pietersielie en knoffelmengsel (onthou die sout en swartpeper!) en meng by die pasta.  As dit te droog is, gooi nog so ‘n leksel olie by.  Krummel nou feta oor en sit voor.  Dit kan natuurlik met parmesan bedien word, maar feta is toelaatbaar vir die Candida.  Dit was heerlik – al wat dit gekort het was, ja julle het geraai – ‘n glas wyn!!!

 

Nou ja.  Met my huidige staat van endorfine is ek bevrees sal ek dag en nag in die gym moet deurbring. 

 

Lus vir ‘n glas wyn Lekke

Zazza

xxx

Vryheid om brood te eet  29/01/2011

Ek, die Dr Doedie en Mini Dr Doedie gaan vanoggend na die Tokai Porter's market.  Ek is nou mos op my anti-skeet, geen koffie, geen brood, geen suiker, geen wyn dieeterige affere, maar vanoggend drink ek toe koffie by die mark.  Hoe lekker was dit nie.  Weet julle, partykeer moet mense net bietjie iets NIE gebruik nie om dit weer van voor af te geniet en te waardeer.

 

Die drie girls sit toe onder die bome en ontbyt eet en die lekker koffie drink (nou nie Mini DD nie!).  Ek eet spek en eiers sonder die brood - te lekker.  Daarna loop ons tussen die stalletjies deur - proe olywe, sien 1 liter Balsamiese asyn vir R40 en koop heerlike vars amandels.

 

Nou, soos met koffie en wyn, raak ek ook mistroostig oor ek nie kan brood eet nie.  En die ironie is ek is nie eers 'n major brood eter nie!  In elk geval, daar kom ons by die Freedom Bakery stalletjie.  Natasha Mandiringa vertel vir ons van die verskeie brode, die grane wat hulle gebruik en i.p.v. suiker is alles versoet met dadels of heuning.  Ek proe daar 'n sjokolade muffin wat rou sjokolade bo-op het, versoet is met dadels en geproe het of daar ook piesang en klapper in was.  Die brood wat ek toe koop is gemaak met kekerertjiemeel en bevat geen gis nie! 

 

Wel, dis maagskeet hemel!  Die muffin is gekwart en word nou elke teetyd aan gesmul en die brood was voortreflik met my maaskaas caprese (die ander ding wat my suur maak is die kaas-issue!).  So, dis moontlik om vir vier weke al die slegte culprits uit te sny as jy die Porter's mark op jou drumpel het.

 

Gaan besoek Natasha se webwerf by www.freedombakery.weebly.com

 

Lekke(r) naweek

Zazza

xxx

Honest Raw Oraganic Chocolate  27/01/2011

Het Saterdag by die Old Biscuit Mill in Kaapstad geproe hoe sjokolade in die hemel moet proe.  Honest Raw Organic Chocolate deur Michael de Klerk.  Gaan loer op sy webwerf www.honestchocolate.co.za.

 

Tjoklit Lekke

Zazza

The man who walked around the world  26/01/2011

Who has seen the new Johnny Walker ad? "The man who walked around the world" - truly brilliant!!! Six minutes shot in one take - in Scotland, nogal. Robert Carlyle is a legend.

  

Go check it out on Utube:

http://www.lanceagena.com/2009/08/10/the-man-who-walked-around-the-world/

 

Here is also a very cool interview with the director on the making of the ad.

 

HLA and BBH go walking with Robert Carlyle

 

Director Jamie Rafn shoots a one-shot-wonder for Johnnie Walker

A piper wails in a misty glen, surrounded by craggy highland scenery - not the most surprising start to a Scotch whiskey ad perhaps. And the spot's star agrees. Into the screen marches Robert Carlyle, who tells the piper to 'shut it', before launching into his story.

The film, for Johnnie Walker, The Man Who Walked Around The World, sees Carlyle stride through a landscape dotted with doors and bars and portraits and TV stacks as he recounts the tale of how a humble Scottish farmer grew an international brand. The story itself is gripping enough, with compelling copy from BBH London's Juston Moore, but what makes it all the more mesmerising is the fact the whole spot was shot in one take, with Carlyle and the camera operator navigating the treacherous countryside.

Shots caught up with HLA director Jamie Rafn.

What were the key things you wanted to achieve from Robert Carlyle's performance? What was he like to work with?
The key thing I was concerned about when we started rehearsing was making sure that the audience remained engaged with the story Robert was going to tell. Six and a half minutes is a very long time to be walking and talking without any cutting. It is also a very long time to be essentially talking about whiskey.

The other thing I was concerned about, having never worked with Robert before, was how he was going to handle the shear technical feat that is shooting a six and a half minute single take. As soon as we started rehearsing however I quickly realized that Robert is an utter genius. Not only was he (as you'd expect) absolutely professional and determined to get it just right, but he also had this abundant natural charisma. He just filled the screen and possessed it. Robert is a natural story teller, and between takes had me utterly rapt with tales from his extraordinary career. I knew as soon as we started shooting, that we were in very safe hands.

What was the brief and what did you bring to it?

The brief was essentially the speech. Justin (Moore at BBH) always had it in his mind that it should be one shot and I loved that idea. Everyone else (quite sensibly) thought that that just wouldn't happen in the two days we had to get it. We had all these meetings with post production about how we could cheat it and stitch shots together but the more we talked about it the clearer it became that the thing that would make this special was the fact that it was going to be a single shot. I did loads of research into single takes and soon discovered that six and a half minutes is pretty up there in terms of the longest ever - which was exciting.

The challenge was then to make it visually as exciting as I could and so I had to think in terms of what props to use to signal what parts of the story and what those props should look like. I didn't want to over-do the prop thing but I wanted to keep the audience engaged. My two favourite moments are the highland cow at the beginning which turns its head to camera so perfectly that it looks like a machine and the banner at the end which ended up being this great finishing line for Robert.

In terms of blocking, how precise did you have to be? What was the pre-production preparation like?
Blocking was a huge part of the challenge. Me and Steve (Plesniak - producer) started blocking it out in Hyde Park as soon as the job was confirmed. Steve would read as I scuttled backwards holding a small HDV camera. The results weren't spectacular, but it taught us a lot about where we would be placing the props, and how long it would take to walk between the props.

Steve and I then headed up to Scotland and repeated the process in the mountains in the pouring rain. We had a stack of index cards with things like "Bank of TV's" written on them and as Steve walked he'd drop the appropriate index card at the appropriate point in the story and that would be where we knew (approximately) that we'd have to place the relevant prop. By the time Robert turned up we were pretty well prepared - from a camera/technical point of view.

How many takes did you have to do to get the whole thing perfect?
The take that you have seen is the very last take we did at 8pm on the last day of the shoot. Take 40. The tension as we watched Robert do this take was unbelievable. It was such a good take at every stage and so the longer it went on without any fluffs the greater the pressure grew for nothing to go wrong. When he got to the end and I got to call cut there was this huge roar and applause from the crew and agency and I knew we had it.

Where was the film shot and what did the location add to the film?
It was shot near Loch Doyne in Scotland. The landscape is a huge part of it. It's like another character. Its hauntingly beautiful up there and we were blessed with these lovely clouds that gave us this really lovely brooding look.

How did the steadicam cope with the bumps and stones etc of a Scottish country path?
Amazingly. We also had one of the best operators in the world - George Richmond. He was sat on the back of a rickshaw being pulled up and down this rocky hill by two grips. At one point they hit such a large bump the whole thing came tumbling over and we were paranoid we'd damaged the camera. Fortunately all was fine. Everyone dusted themselves off and got on with it. The crew were brilliant.

What was the most challenging element of the job?
By 5pm on day one we hadn't managed to do one complete take. We therefore had nothing. We soon worked out that the reason for this was the huge bank of TV's which we'd placed 2 meters in the wrong position. Robert was having to slow down his walking and speed up his talking in a way that was artificial and was throwing him. There was nothing we could do but rebuild the TV's which meant wrapping and staring again the next day having achieved nothing on the first day. The following morning there were a lot of anxious faces and murmurings of "fixing it in post". Then Robert turned up and did the very first take of the day in one. As I said - the man's a genius.

(http://www.shots.net/article_detail.asp?atype=1&id=9071)

The Tourist - Take Two  26/01/2011

Ek en die Ma sit gister af na Cavendish Square om die Tourist te gaan sien.  Ek is lus om na mooi mense en mooi scenery te kyk om die angste weg te hou.  Ons kom net so ewe in die plot in toe die deure oopgaan, die movie stop en die ligte aangaan. (Dit het laas in 1998 met my gebeur in Cavendish en toe dog ek iemand gaan kom aankondig dat Eva Perron dood is).

 

Ons loop by die teaters uit en die hele sentrum is al ontruim.  Die teaters was die laaste.  Nice.  Laat die mense wat rustig sit en fliek opblaas!  Die mense voor ons is op eiers.  Ek neem ontruimings van groot komplekse redelik ernstig op.  Dit gebeur gewoonlik nie sommer om dowe neute nie en die kaap raak partykeer betrokke by anti-Amerika issues, pro-Midde Oosterse issues ens.  Maar, die mense loop of hulle op die promenade stap op 'n sondagoggend.

 

Buite gekom, gaan sit ons toe maar by Limnos (of whatever die plek in Zerban's se plek se naam is) vir 'n koffie (wel, vir my was dit peperment tee).  Teen die tyd wat die tee klaar was, was al die mense uit die strate uit en het ons afgelei die ontruiming is nou weer verby.  Oppad uit, vra ons die sekuriteit wat gebeur het - een van die personeellede het per ongeluk die alarm knop gedruk.  Daai een wat almal die gebou laat ontruim!  Wow, iemand gaan in die dinges wees!

 

Anyway, ons gaan sien toe vandag die fliek en dit was 'n fees!  Angelina Jolie is werklik te stunning vir woorde.  En haar ooggrimmering!  Ek kon nie uitgekyk raak nie.  Die keer kon ons gelukkig tot aan die einde kyk en dit is werklik die moeite werd.  Die shots van Venesie is stunning en die begin in Parys, wat net so stunning is.

 

Oor die rede hoekom ek tans op groen tee is - ek was so lekker neerhalend oor die rou beweging.  Kyk, ek is nogsteeds nie into fruits and nuts nie (ons moet 'n nasionale "hug a nut" dag instel!), maar ek het 'n bietjie van 'n gesondheids issue wat net nie wil wyk nie en toe besef ek: Ek sal moet aksie neem.  Nou is dit geen koffie, geen brood, geen aartappels, en GEEN WYN!!!!!!  OK, dis traumaties.

 

So, die dag as ek my oorbelle kan uithaal en ander insit, kan ek weer normaal eet.  Ek tel die dae af.

 

'n Wonderlike laaste paar dae van Januarie vir julle.

Lekke

Zazza

xxxxxx

Super Foods  21/01/2011

So, ek en die Ma gaan gisteraand na 'n praatjie oor Super foods wat alles net rou geeet moet word.  Ons daag daar op na 'n bord uber Spaghetti Bolognaise en 'n glas of twee heerlike Shiraz.  By die deur staan 'n langhaar dude almal en inwag met 'n druk - ek bespeur 'n kat en maak 'n duck om eers die kat te streel en sodoende die group-hug vry te spring.

 

Ons word 'n bakkie neute en spirulina in die hand gestop en vertel waar ons 'n glas water kan gaan tap.  Ek staan my nog so en verkyk aan al hierdie nutty freaks toe die Ma sonder my medewete haar spirulina begin eet (sonder water) uit onkunde vir hierdie super weird detox gebruike.  Ek red haar net betyds met 'n glas water.

 

Ek besluit nogal voor ons vertrek na die praatjie dat ek nie MOONTLIK iemand kan raakloop wat ek ken nie - dit gaan dan oor nuts en berries en ek, die groot wyndrinker en kosliefhebber sal beslis nie iemand daar tussen die klomp fruits en nuts ken nie.  My hare is soos 'n teddiebeer op my kop vasgemaak en ek voel skoon blink na die warm dag.  En soos dit die Kaap betaam, loop ek natuurlik iemand raak wat ek 1001 nagte laas gesien het.  My OU laerskool vriendin wat pas 'n baba gehad het en te fabulous vir woorde lyk! 

 

Ons skuif almal langs mekaar in terwyl ek omtrent nie my lag kan hou nie.  Die dude voor begin soos een of ander evangelis praat oor neute, water, toksines, wurms en ontlasting.  Ja, ons spandeer meer tyd as wat ek ooit in my lewe wou, aan stront.  Letterlik.

 

Daar is so 'n super-keen vrou wat voor ons sit en alles beaam en op kommentaar lewer.  Skielik spring sy op en gaan klap hande en lewer van agter af kommentaar - movable rent-a-crowd?  Anyway, ons word vertel dat die moderne toilet die begin was van die mens se harlywige staat.  Ja, en alle oorloe en geweld is as gevolg van hardlywigheid.  Daai vieslike "squat pans" is die BESTE en ultimate manier waarop 'n mens jou daaglikse ontlasting moet bewerkstellig.  En by the way, dit moet drie keer per dag gebeur!

 

Die Rent-a-crowd antie spring opgewonde agter op en MOET ons net vertel van haar eerste trip na Thailand.  Daar kom sy toe in die badkamer af op 'n "squat pan" en vir 'n oomblik wonder sy nog wat om te doen toe sy haar rok optrek en net daar die beste "bowel movement" van haar bestaan het.

 

Oi vey!

 

Nee jong.  Cheers, seg ek met 'n lekker glas wyn.  Laat ek dan maar eerder 'n bietjie toksies wees en eerder nie my stoelgange in die publiek bespreek nie!!!!

 

LOL!

Zazza

xxxxx

Word \'n fan op Facebook!  18/01/2011

Word 'n fan van Afrikamasutra op Facebook en kry kennisgewings van nuwe blogs, stories en gebeure op die warmste werf in die Suidelike Halfrond!

 

Lekke!

Zazza

xx

Eugene Marais in Vertaling  18/01/2011

Daar is drie nuwe stories!  Dit is vertalings van Eugene Marais se Dwaalstories wat ek destyds vir my studente in Pole gedoen het.

 

Klik op Kama Skryf vir:

 

The Rain Bull

The Pale Little Koester

The Song of the Rain

 

Geniet!

Zazza

Sis, bliksem!  18/01/2011

Goed, ek het vir lank genoeg die swye van Mario Salviati gehandhaaf.  My trane het drooggewaai en my stem is terug.  Die hart is nog seer en die skaafplekke rou, maar 2011 lyk helder en mooi.

 

Sonder om te veel te wroeg met die verlede, was Desember ‘n redelike kwaai maand.  Die Madame is dood.  My pragtige Sophie het net sieker en sieker geword en op die 29ste moes ek haar verlig.  Ek is my werk kwyt, my huis is in die mark en ek moes weer by die ouders intrek tot die karma weer herstel is.

 

Maar, dit gesê: partykeer gee die heelal vir jou ‘n lekker skop onder die alie en moet jy LUISTER!  Dit sou nou werklik simpel gewees het as ek net gebly het waar ek was en nie my ore oopgemaak het vir wat vir my gesê word nie.  Nou ja.  Ek neem kennis. 

 

Ek pak toe my tassie en met die Pharos woordeboek onder die blad klim ek toe saam met Kay Lula op die vliegtuig na Kaapstad.  Sy was die drag queen saam met wie ek Dinsdag gevlieg het – wat ‘n treat!

 

In die mean time ontspan ek bietjie, probeer weer slaap (die nagmerries, jy weet!) en verkyk ek my aan my ore.  Ja, my ore.  Ek het in celebration van my nuwe lewe sommer laas week gaatjies in my ore laat skiet.  Op 34-jarige ouderdom!  Die Juwelier, die Kunstenaar en die Pianis kom laas week vir oulaas by my eet en daar bring die Juwelier vir my die mooiste oorbelle – vir gaatjies.  Daai aand met sommer baie glase wyn in die lyf, belsuit ek die oorbelle moet gaatjies kry en siedaar.  Vrydag na ‘n vergadering hol ek daar in Brooklyn in en gaan squat by die salon totdat hulle my kan doen (dis nou sodat my moed my nie intussen begewe nie).

 

Gister gaan sien ek “You will meet a tall, dark stranger”.  Woody Allen was deesdae op ‘n goeie wicket en hierdie fliek sal dalk fabulous wees vir ‘n film analysis klas, maar in hierdie geval val die klem ongelukkig op die –sis!  Nee regtig.  Josh Brolin lyk soos 'n over sized dwergie en almal se lewe is 'n bogger op (maybe a little too close to home!)  Toe ons tuis kom, sit ons op die stoep en uitkyk oor Tafelberg met ‘n glasie bubbles in die hand en die Pa haak af met, “sis, bliksem”!  Hoor-hoor. (As julle hierdie distinguished, grys Ingelsman ken sal julle weet hoekom dit so histeries was!)

 

Maar vanoggend was dit ‘n perd van ‘n heel ander kleur.  "Hereafter".  Amazing!  Ignoreer die reviewer wat dit beskryf het as “wollerig”.  Dis was wonderlik.  En dit eindig op ‘n positiewe noot.  En ja, ek het op hierdie stadium al die positiewe nodig wat ek kan kry!  Gepraat van ‘n perd, is daar ook nog “Secretariat” wat begin het.  Diane Lane en ‘n perd.  Hoe kan mens daarmee verkeerd gaan?

 

OK, so ek’s terug.  Terug in die Kaap en terug oppie lug! 

 

Optimistiese lekke

Zazza

xxx

Spaanse Oggend deur Audrey Fourie  05/01/2011

 

TE KOOP

Hierdie skildery deur Audrey Fourie is geskilder tydens een van haar laaste vakansies in Spanje.

Maak 'n aanbod!

Kontak my vir verdere inligting.

Zazza

Nuwe Storie  16/12/2010

Gaan lees "The Seance" onder Kama skryf.

 

Lekker lees in hierdie reenerige weer!

Zazza

As die duwweltjies begin steek  14/12/2010

Die GoR gee nou die aand vir my hierdie aanhaling uit M. Scott Peck se The Road Less Travelled:

 

“The entirety of one's adult life is a series of personal choices, decisions. If they can accept this totally, then they become free people. To the extent that they do not accept this, they will forever feel themselves victims.”

 

Wat ek die afgelope tyd agtergekom het, is dat ‘n mens nie alles in jou lewe kan beheer nie.  Partykeer kom daar ‘n meteoriet op jou af uit ‘n heel ander sonnestelsel wat jy glad nie sien kom het nie.  Jy kan dan kies om ‘n slagoffer te wees en te gaan lê, of jy kan besluit om sterk te staan, te leer uit die gebeure en met grasie en volwassenheid die toekoms aan te pak.

 

Kyk, dis nie altyd maklik nie!  Ek is die eerste een om dit te erken.  Maar, ons kan net ons bes doen en uitstyg bo die gesiglose massa van middelmatigheid en naarheid.

 

Groete 

Zazza

 

Hell is other people  12/12/2010

Partymaal as jy dink die wêreld is “out to get you”, is hulle regtig! 

 

In elk geval, hier sit ek in die situasie waar ek dink “it just can’t get any worse”.  In fact, ek dink dit al so om die week hierdie hele jaar lank.  Partymaal is karma en die hele sirkel van die lewe ‘n bitter pil om te sluk.  Jy wil soos ‘n 5-jarige kind skreeuend op die vloer neerval en kliphard gil, “maar dis nie fair nie”!

 

So sit ek nou en bedink uitweë uit ‘n sekere onplesierige situasie en natuurlik kom die kosmiese “einde aan alles” maar soos gewoonlik weer op.  Ek begin bietjie navorsing doen en oplees.  En daar kom ek af op die volgende, absolute histeriese webwerf.  Ek moet erken, ek het nou so gelag, dat die laaste ding wat ek wil doen is om uit te hardloop en ‘n boks slaappille te gaan koop.  So, hoop dit kikker julle ook op.

 

The Ten minute suicide guide

 

http://www.cracked.com/article_15658_the-ten-minute-suicide-guide.html

 

The following is a true story. I knew a girl in High School named Skyler. One day, not long after her 17th birthday, she got fed up with life and swallowed a whole bottle of pills. I would go into why, but we never knew why. All she left behind was a squiggly suicide note, scrawled in a tearful rage on the back of an Arby's receipt.

To make things worse, the devastating last line of her note, "I'M FINISHED WITH YOUR SHIT" was put down so sloppily that her family read it as, "I'M FAMISHED FOR MORE SHIT."

The family thus were led to believe that Skyler suffered from Coprophilia, or a fetish for eating human feces. And since death is no time to judge a person, Skyler's mother and father and three brothers openly embraced what they believed to be their beloved's love affair with poo. Who knows, maybe it was her shame over this unusual habit that pushed her over the edge. So they went public with the note, outing their poop-loving daughter to the community as to shed light on those still persecuted.


Skyler's classmates rallied around her memory, condemning the fecalphobes who they figured had taunted her as she took repeated trips to life's turd buffet. A memorial service was held in our school gym two days later and first up to the podium was little Kim Wittaker (a teammate on Skyler's dance team), who read this poem dedicated to her memory:

Skyler,
with your newfound wings,
you can fly high-ler
you'll have the poop pile of kings
and a golden poop piler
wherever you're at,
you have phat scat sat near the fat scat vat
we miss you

 

The 50% Rule

This is a good standard to follow. The average person lives to be about 75 years old. So if you're less than 38 and have more than half of your life left, the odds are that, for instance, the funniest joke you'll ever hear in your life is one you haven't heard yet. It's just statistics. Odds are you also haven't yet...

...met the girl/boy you'll love the most;

...met your best friend;

...heard your favorite album;

...started the best job you'll ever have;

...read the best book;

...seen the best movie or played the coolest video game;

...found the hobby you're most interested in;

...had the best sex;

...had the most original, mind-blowing idea;

...met the dumbest person you'll ever meet;

...or seen the stupidest haircut.

 

 

 

Ja-nee.  Ek dink ek moet hierdie storie elke dag vir ‘n week lees. 

 

‘n Gatvol, maar darem laggende

Zazza

In die woorde van Sartre  09/12/2010

I am no longer sure of anything.  If I satiate my desires, I sin but I deliver myself from them; if I refuse to satisfy them, they infect the whole soul.

 

 

Onplesierige ontdekking  02/12/2010

Vanoggend sit ek in die bed met my koppie rooibostee (vir die detox) en nuus luister toe ek seker is ek ruik katpiepie.  En ek dink by myself die Madame was seker weer vies oor ek weg was of iets en partykeer dink mens mos ook die reuk sit sommer so onder jou neus vas.

 

Wel, ek leun so oor die kant van die bed en sien 'n groot, geel vlek aan die onderpunt van my gordyn.  Ek spring op en beruik die vlek en sowaar - katpie!  Toe lig ek die doek op waar Sophie altyd wegkruip as dit donderweer en weereens, oorweldigende katpie!  Ek pluk daar die tafel weg, beruik die mat soos 'n malding en besluit DIS nie Sophie nie.  Dis 'n mannetjie wat gesprei (sp?) het.  Ek het hoeka nou die dag toe ek hier inloop 'n vreemde mannetjieskat onder my sitkamertafel gekry met Sophie in die hoek vasgekeer.  En Sophie piepie nie vertikaal teen gordyne en tafeldoeke nie!

 

Dit verduidelik ook hoekom sy die afgelope twee dae so min in my slaapkamer kom.  Sy kom net na my kant van die bed en vermy geheel en al die ander kant.

 

Wel, alles wat nie vasgeskroef is nie, is nou in die wasmasjien (Sophie het gelukkig onder die boslelies gaan sit!).  Dis ge-asyn en ge-koeksoda en die wierook brand en die works.  Nou moet ek net vasstel wie se ongesnipte bliksemse kater dit is!

 

Groetnis

Zazza

Pyne en skete  01/12/2010

Ek het vandag Brooklyn bestorm en Dischem ingevaar om gesonde aankope te doen.  Ek sukkel al die hele jaar met Rheumatoide Artritis en koop nou die dag Patrick Holford se boek, “Say no to Arthritis”.  Ek lees toe boek so deurmekaar en blaai elke keer vorentoe of terug na iets wat interessant lyk.  Die kortisoon het my in ‘n vaatjie verander (nie een waarin daar wyn kom nie!) en die ander gif het my net so siek gemaak.  Holisties is nou die volgende stap.

 

My misie vir vandag was om ‘n lekker ontbytgraan te maak en soya melk te koop.  Julle weet teen hierdie tyd al dat eet en drink een van my lekkerste tydverdrywe is, maar ek moes nou maar my energie kanaliseer in gesonder dinge in om te kyk of ek nie op ‘n natuurlike wyse van hierdie knaende pyn kan ontslae raak nie.  Dis nie goed vir my nie en dis beslis nie goed vir die mense om my nie! 

 

So, tans bak daar in die oond ‘n rysvlokkie muesli (wat ek in fact net gou moet gaan uithaal!)…Wel, dit lyk en ruik heerlik!  Goed, die rysvlokkies so rou uit die pakkie was nou nie vir my die toppunt van kulinêre genot nie.  Toe besluit ek om dit te meng met allerhande neute en sade (wat Hollford voorstel) en te bak soos mens muesli bak.

 

Ek het die rysvlokkies, amandels, sesamsade, flassade, pampoenpitte en sonneblomsade in ‘n mengbak gegooi (sommer so by benadering).  Toe voeg ek kaneel en xylitol by, drup ‘n bietjie olyfolie oor en bak in die oond teen 180ºC vir so ‘n halfuur.  Die sade het nou so mooi bruin begin word.  Die resep is nog nie voltooi nie, so ek gaan nog eers bietjie eksperimenteer voor ek dit plaas in sy geheel.

 

Ek is byvoorbeeld baie lief vir klapper en lees nou pas op die internet dat klapperolie een van die mees stabiele olies is waarmee ‘n mens kan kook en dat dit ongelooflike eienskappe het, insluitende anti-inflammatoriese effekte.  Dus, sal ek more klapper koop om by te voeg en as ek die volgende baksel maak, bak ek dit met klapperolie.  Sodra hierdie mengsel koud is, voeg ek ook sowat 'n koppie jogi-bessies by vir die anti-oxidante.

 

Nou sit ek ook met ‘n pak soya melkpoeier en karob soya poeier – ek het al lankal agtergekom soya melkpoeier is baie lekkerder as die “vars” soya melke wat mens koop.  So vir 14 dae is dit geen kaas, geen melk, geen suiker en beslis geen wyn.  Ek sit nou hier met my koppie groen rooibos chai.  Dis nogal baie lekker, mens moet net bietjie van ‘n kopskuif maak.

 

Vanoggend sit ek en die kultuurdiva by Woolies en tee drink en bejammer onsself nou eers behoorlik.  Ek en sy is tans werkloos en ek moes maar vanoggend my skoonmaakspannetjie afdank.  Al sorteer die groot, singer naaimasjien op die bult my kontrak uiteindelik uit, verdien ek mos alweer minder vir die derde jaar in ‘n ry.  So, in plaas daarvan om myself nou in ‘n depressie in te pyn, dog ek ek pak nou die pyn-bul by die horings.

 

Kom ons kyk hoe dit gaan!

Zazza

Inkopies  29/11/2010

 

Ek is nie een vir seksistiese grappies nie, maar ek het gedink hierdie een is spot-on!  Dankie aan die Kultuurdiva wat hom vir my gestuur het.

 

Groete

Zazza

Dekadente Sondag kuier  28/11/2010

Dis Ou huisvriende (met die hoofletter O) se verjaarsdag paartie vandag.  Dit was 'n boud en 'n fillet en wyn en dit het net aangegaan.  Op die water met die berg in die agtergrond het ons gekuier en geklets en gevreet en gesuip.  Soos gewoonlik!  Nou is die Wereldberoemde chef oppad van Stellenbosch en ons gaan verder kuier.  Gelukkig hoef ek nie vanaand agter 'n stuurwiel in te klim nie!!!

 

In elk geval.  Vrydagaand kom kuier Die Dokter Doedie (ek moet nog vir julle haar histeriese dildo storie vertel!) en haar man, die GOR/GR/CA.  Besluit julle maar wat hy genoem moet word! Op die spyskaart is die kalkoen wat al vir maande in die ouders se vrieskas lurk.  Ek wil hom maak met Franck Dangereux se resep wat ek 'n paar jaar gelede by Silwood geleer het, maar ek kan die resel neres opspoor nie.  Toe spring Dave maar in en maak sy familie-tradisie-resep-stopsel.  En ek sweer, dit was die beste stopsel en kalkoen OOIT!.  Die ma het haar immer gewilde bevrore suurlemoen mousse gemaak. Die wyn het gevloei en ons het tot na pampoentyd sommer baie tjol gepraat.

 

Weereens, in die gees van die Kersseisoen, plaas ek die stopsel en die mousse.  Dis wonderlike resepte vir die warm kersdae hier aan die Suidpunt van Afrika.

 

Bon Appetite!

Zazza

xxx

Nuwe resepte!  26/11/2010

Daar is twee splinternuwe resepte op die werf! Aangesien die kersseisoen nader het ek vir julle 'n treffer kerskoekresep geplaas, asook 'n Franse knoffelsous wat my ma destyds by Silwood Kitchen in die Kaap geleer het.  Dis 'n treffersous wat werk by skaapboud, hoender of kalkoen.

 

Geniet!

Melissas, wyn en ou vriende  26/11/2010

Een ding van die Kaap.  Jy kan nie nies sonder om iemand raak te nies wat jy ken nie.  Dis wat altyd vir my so wonderlik was van hier woon.  Ek het op ‘n Saterdagoggend gewoonlik besluit ek is lus om saam met iemand koffie te drink.  Dan het ek in my karretjie gespring en Constantia Village toe gery, iemand raakgeloop wat ek ken en gaan koffie drink.

 

Na ‘n oggend van vergader en brainstorm met my goeie vriend en skooltydse “acting partner” die CA (of GOR seker in Afrikaans), ontmoet ek vanmiddag my ander ou, ou vriend en hiking, eet, drink en klets partner, die Metodis (moet vir hom ‘n nuwe naam kry…) by Melissa’s in Nuweland.  Kom ons noem hom eerder my Kletskêrel.

 

Ek drink ‘n pot Earl Grey tee, soos dit iemand wat minder van haarself probeer maak betaam.  My Kletskêrel drink so regte Pretoria cappucino met room!  En ons klets en lag te heerlik.  Daarna loop ons deur die produkte en drool oor kase en parma hamme en meuslis en olyfolies.  By die betaalpunt is daar olywe om te proe.  Met knoffel en feta en songedroogte tamaties en roosmaryn.  Ons is in ekstase!  Al wat dit kort, seg ek, is ‘n glas wyn.

 

Ons betaal en drentel so stadig na my (ma) se motor.  Ek is voor Wine Concepts parkeer.  My Kletskêrel vra my wat Wine Concepts is, ek sê ‘n baie oulike wynwinkel en hy sê hy soek ‘n spesifieke wyn.  Ons loop in en begin rondkyk.  Ek dink natuurlik ek is dood en het direk na die hemel gestyg en is in vervoering oor al die lekker wyne.  ‘n Lieflike jong ou nader ons en vra of ons dalk ‘n wyntjie wil geniet terwyl ons rondkyk en ek sê natuurlik, sonder verwyl, “ja”!

 

Die Lieflike Jonge is van Glenelly.  Nou is dit nie toeval nie (die eerste van vele).  Ek was veronderstel om op my vorige Kaapste trippie na Glenelly te gaan en daar raak die tyd te min en ek mis die geleentheid.  Glenelly behoort aan ‘n Franse Comtesse, May-Eliane de Lencquesaing, wat ‘n wynmaker in Frankryk was.  Sy besluit toe om die wynplaas in Stellenbosch te koop en op 86 leeftyd hierdie “groen” kelder te skep.  Die wyntenks word met waterpype onder die vloer verkoel en verbruik 70% minder energie as normale verkoelingsstelsels.  Sy versamel onder andere ook ou Veniesiese glas en die glasversameling is sterk verteenwoordig op haar wynetikette.

 

Ek is so besig om aan my ongelooflike, ongehoute Chardonnay te teug toe ek die Gesellige Jong Man so bekyk en hy lyk vir my so ongelooflik bekend.  Soos gewoonlik sê ek net wat in my kop inkom en vra hom sommer summier hoekom hy so bekend lyk.  Nou wonder ek.  Het ek vir hom klasgegee by UCT?  Het ek hom deur ander mense ontmoet in die Kaap?  En daar vertel hy sy naam is Luke O’Cuinneagain en hy is die wynmaker by Glenelly. 

 

Soos ‘n kristal, gaan die helder klok in my brein af.  Luke!  Ek het saam met hom destyds by Constantia Uitsig in die wynwinkel gewerk!  Weereens kom die woorde net uit my mond uit – my goeiste, maar jy is nou so groot (in die mooi sin van die woord!).  Laas toe ek Luke gesien het was hy nog ‘n “seuntjie”.  En daar raak ‘n gou wynproe sommer ‘n opvang en klets. 

 

Naderhand is ek en my Kletskêrel daar uit met ‘n bottel Glenelly Shiraz en ‘n belofte om Saterdag die plaas te gaan besoek en Luke weer op te soek.  Nou sit ek op die ouders se stoep en uitkyk oor Tafelberg se rugkant.  Dis ‘n pragtige agtermiddag, die windjie waai liggies en ek is gelukkig.  Die ouders is iewers by ‘n Cocktail en ek wag net vir hulle om by die huis te kom.  Daai Glenelly Shiraz met sy sagte, witpeper ondertone roep!!!

 

Luilekker lekke

Zazza

xxxx

Stadig oor die (warm) klippers!  18/11/2010

Die afgelope twee weke voel dit of iemand my rug met 'n baseball bat beetgekry het.  So, toe ek nou weer terug is in Tshwanetoria, bel ek weer my fabulous masseerengel, Charlene, op (0833252080 vir die van julle wat al vergeet het).  En wat 'n verrassing toe ek haar weer gister sien - sy gaan nou begin Hot Stone massages gee en ek is haar guinea pig (krimpvarkie?).  Sy gaan vir die eerste keer op 'n klient, onder die wakende oog van leermeesteres Adele, die warm klippers op 'n rug gebruik.

 

Dit was die mees asemrowende, wonderbaaarlike ervaring wat ek vir 'n laaaaaang tyd gehad het.  Jy voel of jy net wil begin tjank.  Dis warm en sussend en sommer net fantasties.  En terwyl ek daar so onder die warm klippe rondgly, begin dit kliphard reen.  Ja, ek is eintlik sprakeloos.

 

Ek vra toe ook sommer gister vir die Heelal om nou vir my 'n partner oor my pad te stuur.  Die "hulle" het altyd sulke wyse brokkies wat hulle nie kan wag om met jou te deel nie.  Moenie te desperaat wees nie, moenie lyk of jy soek nie, moenie 'n muur om jou bou nie, moenie moenie moenie!  Wel, ek le na my Warm Klippers toe so in die warm waters van my bad en vra mooi die Heelal - ek is nou gereed.  Ek is nie desperaat nie, ek is oor die Psigopaties Knaagdier (wel, soortvan), ek het soveel liefde om te gee, ek wil bemin en bemin word.  Ek wil kook en wyn drink en vir mekaar Tiramisu voer.  Allerhande lawwe, verliefderige goed.

 

So, kom ons kyk of die Heelal luister - ek hou julle op hoogte.

 

Ek het Maandag 50 hits op Afrikamasutra gehad!  Ek is soooooo opgewonde!  Vertel vir almal, stuur die link aan, sms hom, skree hom van die dakke af, asseblief, ek het die bemarking nodig!

 

Lekke vir 'n beautiful Donderdag

Zazza

xxxx

 

Wees tog lief vir mekaar!  18/11/2010

Ek plaas vandag onder artikels dr Abel Pienaar se rubriek wat saam met die Renaissance nuusbrief uitgaan.  Dit is so perfek gestel, dat ek dit in sy geheel wou plaas vir julle om te lees.

 

Geniet!

Liefde

Zazza

Feel it, it is here!  14/11/2010

Die nuwe Zazza is eindelik hier!  Afrikamasutra het 'n nuwe baadjie en van nou af gaan ons KOOK!!!! 

 

Baie dankie aan die vrou agter die kwas, Marna Schoeman en agter die muis, Melanie Brix van Studio 112. 

 

Bekyk, lees, dink en dra by!  Skryf vir my, Zazza, met voorstelle en gedagtes.  Briewe en interessanthede wat ons kan deel.

 

Op 'n nuwe begin!

Lekke

Zazza

xxxxxxx

The Final Countdown  03/11/2010

Ek het vanoggend die Pdf van Afrikamasutra se nuwe banner ontvang.  Dis nou enkele ure voor ek die nuwe look launch!!!  Ek hou my asem op en tel die minute af...

 

In an-ti-si-pa-a-a-sie

Zazza

Harte, borste, bene, boude  30/10/2010

Na al die dramas van deel vanoggend, besluit ek toe om in die Botaniese Tuin te kom stap, want alles is seer.  My gewrigte, my rug en toe ook sommer my hart.  Ek weet ek lag en giggel oor als en praat oor al die spoke om hulle minder scary te maak, maar dit is ook maar net my manier van masker opsit.

 

Dit is vir my jammer dat as ‘n vrou se bors gewys word, of enige naaktheid for that matter, word dit as sleaze, teaze of tupper gesien.  Dis nou natuurlik as dit ‘n mooi, vol bors is wat teen die sagte purper van ‘n kombers ten toon gestel word.  As ek ‘n verwronge of missing bors te toon gestel het, was alles wel.

 

Hoekom ek my bors so afgeneem het, was om die Goddellike te probeer uitbeeld.  Die verruklike skoonheid van die mens.  Myself as Godin te erken (al moet ek partykeer vrek hard daaraan werk).

 

Wat my opgeval het is hoe positief die reaksie van die mans was (en ek glo beslis nie in hierdie konteks was dit op ‘n perverse vlak nie) en hoe ongelooflik negatief meeste van die vrouens was.  Daarna deel ek toe my storie om te probeer wys dat al is die uiterlike mooi en seemingly perfek op ‘n pers kombers, bedek dit dikwels iets dieper en onbespeurbaar van buite – wat kan dan nou moontlik fout wees met haar, sy lag dan altyd!

 

Interessant was ook die reaksie van iemand wat byna kwaad of teleurgesteld geklink het dat ek ook my eie issues het.  Dat die Femme Fatale in hierdie instansie nie ‘n los bimbo is met perfekte tupper-tiete wat ‘n veer voel vir vrouens met actual probleme soos kanker en die dood, nie.  So ‘n “ja, maar” oomblik.

 

Pyn en “kankers” kom in soveel verskillende vorms voor.  Hoe meer ek begin praat het oor wat met my gebeur het, hoe meer het ek agter gekom hoeveel mense dieselfde paadjie geloop het en deur vreemdes, vriende en familie geskaad is.  Dit breek my hart.

 

En DIT is hoekom ek myself cherish, sowel as die Goddellike in ander.  Ek gaan nie toelaat dat een monster (en al die ander monsters met wie ek al kontak gehad het), my laat sleg voel oor my self of my lewe oorheers nie.  Ek is nie ‘n victim nie.

 

So, ek is nou ‘n bietjie blou (nou nie soos my buurman nie), en al wat ek soek is Liefde.  Daai een waaroor ek al geskryf het met die hoofletter L.  Liefde vir daai een, spesiale mens, maar ook liefde vir die skoonheid in en om ons.  En om nie alleen te wees nie.  Al is mens hoe “at peace” met jouself, soms raak die alleen darem baie alleen en help nie eers die arme Sophie se geselskap nie.

 

Dit is die mees asemrowende oggend.  ‘n Houtkapper tril, ‘n duif koer, kinders speel en ‘n ligte bries waai oor my.  Dis waaraan ek vandag gaan vashou.  En aan al julle pragtige wesens wat hier blog.  Ons is verruklik!!! (Litnet blogs)

 

Liefde

Zazza

Letsels  30/10/2010

Die volle storie kan gelees en bekyk word op: http://blogs.litnet.co.za/afrikamasutra

 

Hier volg slegs my repliek.

 

Sjoe.  Lyk my ek het net op die verkeerde oomblik gaan slaap.  Toe mis ek al die re-aksie.  Hier is my repliek.

 

My borste IS my letsels.  Maar ek sal nog daarby kom.  Pyn, hartseer en skade kom in verskillende vorms.  Ek is doodernstig as ek se - as ek 'n mastektomie gehad het, het ek gisteraand 'n kiekie van die lletsels geplaas.  Ek is nie skaam of bang om myself (op baie vlakke) bloot te stel nie.  Ek doen dit alles in die nastreef van openlikheid, eerlikheid en opregtheid.  Kyk, dit het my al in die gat gebyt, maar ek verkies my manier.

 

Tweedens, ek wonder of ek gevlei moet voel dat van julle dink ek het tupper-tiete.  Ai meisies.  Dit wat julle daar sien is myne.  So eg soos die dag wat ek gebore is.  Ek het my eie issues met my lyf en my borste en wat julle daar sien het ook maar te doen met goeie stillering.  Die regter bors is effentjies groter as die linkerbors (soos my oe en my voete, maar ook).  As ek regop staan, en nie myself met 'n pers kombers op die bed neervly nie, moet ek ook maar 'n bra dra soos alle groterig bedeelde meisjes.  As ek gewig optel, is dit altyd eerste aan my borste en dan wil ek gillend die heuwels inhol.

 

Nou, by MY letsels.  Ek is as kind gemolesteer deur my pa.  Vir seker 13 jaar van my lewe.  Dit het begin toe ek baie jonk was en aangehou tot ek 'n tiener was.  My ma en pa is geskei toe ek 3-jaar oud was en alhoewel ek die wonderlikste, hemelse verhouding met my ma het, het ek haar nooit vertel nie.  Ek het tot verlede jaar, op 33 eers uitgekom met die drama.  Daarna het ek 'n lekker wobbly gehad (weet nie wat mens deesdae 'n senuewee-ineenstorting noem nie), is in daai tyd deur die psigopatiese knaagdier verwerp, toe aan die begin van die jaar gedump met 'n sms en toe beland ek in die hospitaal met 'n erge aanval Rheumatoid Arthritis.  Ek is op kortisoon gesit en het 10kg opgetel.  My fikse lyf waaraan ek so hard gewerk het, het oor die volgende paar maande gevoel of hy nie meer myne is nie.

 

Ek het gevoel of my borste my brandmerk as 'n victim.  Dit my blootle as vrou wat daar is vir mans om gebruik te word - selfs die wat veronderstel is om jou te beskerm.  Ek het eers redelik laat my virginity verloor met my ou papperige Nederlandse boyfriend toe ek in Leiden gewoon het, oor ek 'n alles oorweldigende vrees vir die Penis gehad het.  Ek kies toe vir my 'n man wat ek geheel en al oordonner het en vir wie ek nie bang was nie.  Daarna het ek nie vreeslike lang of suksesvolle verhoudings gehad nie.

 

Verlede jaar toe ek my wobbly tref, toe word ek gediagnoseer met Post Traumatic Stress Disorder, wat soveel dinge laat sin maak het.  Die woede, die onvermoe om partymaal rasioneel te wees, die vrese ens ens.

 

Maar, wat hierdie hele proses my geleer het was dat ek NIE 'n victim gaan wees nie.  Ek gaan nie skaam wees vir my lyf nie of vir wie ek is of wat met my gebeur het nie.  Ek probeer 'n mooi, skoon lewe lei en nie doelbewus ander mense seermaak of te na kom nie.  My borste IS my getuigskrif van wie ek is en waardeur ek is. 

 

So, daar eindig my groot confession.  Mense raak baie gou op hul perdjie as hulle dink hulle is deur 'n besondere strawwe tyd.  Pyn is nie kwantifiseerbaar of vergelykbaar nie.  Ons moet empatie he vir mekaar.  En ek voel vir almal wat deur borskanker of enige trauma deur hierdie ding wat ons lewe noem, getref is.  Maar, mens weet nooit waardeur die mens langs jou gaan nie.  Dit het ek ook weer gister besef toe hulle my blou buurman op 'n trollie hier wegstoot.

 

Celebrate jou vrouwees, jou manwees en jou absolute spesiale plek in hierdie groot heelal.  Wees mooi en lief en sag en moenie te vinnig judge nie.  Jy weet nooit waardeur 'n ander gaan nie.

 

Lekker naweek vir julle!

Trots op my borste

Zazza

xxxx

Blou Buurman  30/10/2010

Ek het nou net my eerste lyk gesien.  En ek bedoel dit nou nie simbolies of metafories of iets nie.  Letterlik.  My buurman, so 'n paar huise af, het vannag om 3 die tydelike met die ewige verwissel.  Drugs.  Hy het ge-OD.

 

Ek loop netnou heel onvermoedend by my huis uit en ruik die lieflike, vars lug en is sommer bly ek woon waar ek woon en vir die reen en als.  Sophie is gesond, die son skyn en als is pragtig.  Ek soek eintlik die tuiniers, want ek wil dankie se vir die werk wat hulle 2 die vorige 2 dae gedoen het en met hulle praat oor die skedule vir die volgende week, die stukkende grassnyers ens. 

 

Soos ek by die lang karpad afstap opsoek na Jerry en James, die twee tuin-broers, sien ek die Forensiese Patologie-eenheid lykswa en 'n polisiewa en ek besef iets is fout.  Iemand is nie meer hier nie en dit was nie  natuurlike oorsake nie.  Die wagte lig my toe in wie en hoe aan't sterwe gekom is.

 

Uiteindelik vind ek en Jerry mekaar en staan en praat so groot-oog tussen my garage en die lykswa oor tuin-dinge.  Ek draai om en loop terug na my huis toe en daar tref ek die spulletjie aan.  'n Blou, kaalkopman op 'n trollie voor sy huis.  Nie in 'n lyksak of onder iets toegegooi nie.  Nee, net daar, potblou.

 

Ek dink ek's fine, maar ek is eintlik bietjie gerattle.  Ek vertel net nou die dag vir die Ma dat ek nog nooit 'n lyk gesien het nie en siedaar...

 

Well, Deon, mag jy nou die rus en vrede vind wat jy so nagejaag het.

 

(Lyk my ek raak uit bure uit!)

 

Zazza

SWF with Gorgeous Puss  27/10/2010

Partykeer is alles net so donners sinneloos.  Ek staan vanaand en kook.  Lekker kook in my mooi huis, met my mooi kat en my mooi meubels en ek dink by myself – wat de hel is verkeerd met my dat ek niemand kan kry om belang te stel nie?  Nie die eerste rondte nie, en blykbaar ook nie in die tweede rondte nie.  Selfs die psigopatiese knaagdiere bly by hulle eenvoudige, homely vrouens!

 

Ek staan daar en roer die putanesca-sous en wonder of ek dalk ‘n advertensie moet plaas.  Maar wat sal ek sê?  Single White Female with gorgeous Puss and House?  Great South African Art against walls and sharp sense of humour?  Die mense om my trou en kry kinders – weer en weer en weer en ek is steeds gehul in ‘n eksistensiële krisis.  Ek voel of ek deur hierdie fase moes gaan op 13 of iets.  (Ek was way te soet as tiener).

 

En intussen interfere Tshwane TV met my satteliet en desperate, single mans op Skype probeer Cyber seks hê.  Ten spyte van abuse en genoeg issues vir ‘n self-help manual, probeer ek positief bly.  Ek is gek oor mans, ek glo in hul vulnerability, sagtheid, teerheid en liefde.  Ek probeer om die leuens en oneerlikheid van psigopatiese knaagdiere te vergeet en te bly glo in daai ewige, kosmiese liefde.

 

Ek lees die volgende woorde van Osho en probeer so hard om dit te glo: “Without you this universe will lose some poetry, some beauty.  A song will be missed, a note will be missed, there will be a gap – nobody has told you that.” 

 

Vanmiddag gaan kyk ek vir ligte vermaak “Eat, Pray, Love” en Javier Bardem herinner my aan die Psigopatiese Knaagdier.  Nie die psigopatiese deel nie, maar die mooi deel.  Daai minuskule deeltjie wat aan niemand anders bespeurbaar was nie.  ‘n Donderstorm broei en ek mis liefde.  Omgee. Vashou.

 

Al was dit hoe fake.

Zazza

Last Tango in Paris  26/10/2010

Last Tango in Paris

 

En daar maak ek dit toe net betyds uit die land uit voor die Franse heeltemal bedonnerd raak. 

 

Die middag na Wilfred ontwaak het, gaan eet ons iets om die draai van hom.  Die plekkie lyk heel skaflik, maar helaas.  Dit was die aakligste maaltyd wat ek nog in Frankryk gehad het.  Eeerstens was daar Couscous betrokke.  Nie my gusteling ding nie.  Tweedens het ek nie geweet ‘n mens kan salm so ongelooflik opmors nie.  En dan toegooi met ‘n tamatiesous.  Ek drink toe ook net water om voor te berei vir die laaste bottel wyn wat ek en Wilfred sou drink voor my vertrek. 

 

Ons sit na ete af Louvre toe vir ‘n Edited Highlights toer.  Dit was ongelooflik.  Wilfred het ‘n paar afdelings gekies en oor sekere van die skilderye gepraat.  Dit help om met jou eie, persoonlike Kunsgeskiedkundige die Louvre te doen!  As gevolg van die staking, was van die dele toe.  Die Vlaamse skilders, wat ek sou graag wou sien, was agter slot en grendel.

 

Daar was egter ‘n paar skilderye en beelde wat my totaal en al fassineer het.  Hierdie is die selfmoord van iemand, maar ek het soveel indrukke gehad dat ek nie kunstenaar of subjek kan onthou nie – enige clues?

 

 

 

David, was soos altyd ‘n gunsteling en dan die Hermafroditiese beelde – aan die een kant die pragtige kurwes van ‘n jong vrou en as jy na die ander kant loop, ‘n penis!  Te wonderlik.

 

Julle sal ook nie glo wat die volgende uitstalling is nie – Fuselli!  Die trol op die bors dude.  Dis op ‘n paar verdieping hoë plakkaat teen die kant van die gebou en ek mis dit! 

 

 

Met ‘n hangover en ‘n week se min slaap was die Louvre meer vermoeiend as gewoonlik, maar beslis nie minder fabulous nie.  Ons spring toe weer op die Metro vir bad, pak en laaste bottel wyn.  ‘n Heerlike Chardonnay van die Luberon wat ek die oggend by die Cave in die Rue de Belleville gekoop het.  ‘n Laaste chat en ‘n paar snytjies charcuterie en my blitsbesoek aan Frankryk is op ‘n einde.

 

Wilfred help my toe tot op Bus 26 en verseker my die bus loop tot REG voor die Gare du Nord waar ek dan net die RER tot by CDG kan neem.  Ek en my oranje tas maak ons sit in ‘n hoek en ry so ‘n paar haltes toe die bus TERMINEER!  Nee!  Hier dog ek ek is amper onder die staking uit en dis plain sailing terug Tshwanetoria toe!

 

‘n Welgeklede Parysenaar sien ek wil-wil bly sit en sê my weer dat die bus gestop het.  Permanent.  Ek moet afklim.  Ek wil net begin uitfreak, toe hy wink ek moet hom net volg.  Eers dog ek ek en my oranje tas gaan nou in een of ander prostitusie ring ingelok word, maar hy wink my toe net in die rigting van Bus 26 – Part deux, wat net agter die eerste een staan.  Weird stakings – die busse loop, maar net partykeer en net tot op ‘n sekere punt.

 

In elk geval, daar bereik ek toe ‘n paar grade waansinniger die Gare du Nord en sleep myself en my Valise Orange die stasie binne.  Ek soek ‘n elektroniese kaartjiemasjien vir my RER kaartjie en stap eers weer so ‘n paar sekondes verbyster daar rond tot ek die RER-teken in die hemel sien.  Af met ‘n roltrap (wat werk) en voila, kaartjiemasjiene!  Koop die kaartjie en soek nou die platform.

 

Wil net op my tas neerplof op platform 31/32, toe ek die eerie stilte om my gewaar.  En daar seg die dame oor die interkom dat die RER na CDG nou vanaf platform nie 31/32 gaan vertrek nie en ek kan wraggies nie weer ‘n werkende roltrap kry nie.  Teen die tyd is ek gereed om my Valise Orange te dump vir opblasing deur die uiters teenwoordige army.  Maar, daar maak ek dit toe tot op die trein en kry tot ‘n sitplek!  Ek het omtrent 5 keer gevra of dit regtig die trein na CDG is, net om seker te maak.

 

Incheck was maklik en dramaloos en aangesien ons omtrent middernag gevlieg het, was die vertreksale byna leeg en kon ek rustig my laaste shop inkry.  Hermes parfuum, Courvoisier, sjokolade en water, baie water om my Parys-hangover bietjie weg te spoel.  Eindelik klim al 480 passasiers op die groot voël, die deure gaan toe en ons sit.  en sit en sit en sit en sit vir ‘n UUR sonder dat iemand ‘n woord rep oor hoekom.  Eindelik styg ons ‘n uur later op en teen die tyd is ek so moeg en so honger ek is soos ‘n knieserige kleintjie.  Die suurste Franse lugwaardin ooit kom uiteindelik met die trollie kos en wyn daar aan en ek gryp omtrent die pakkie kos uit haar hande uit.  Ek eet so vinnig soos wat hierdie stadige eter nog nooit geëet het nie en raak sonder enige verdere verwyl aan die slaap.

 

ORT is beslis nie die moeite werd om enigsins oor te skyf nie, so ek spaar julle daardie irritasie en die uur-lange wag vir my Valise Orange wat werklik HEEL laaste op daai band verskyn het. 

 

Tot ‘n volgende skrywe

Zazza

Die Mouffe (Dis \'n naamwoord, nie \'n werkwoord!)  26/10/2010

Ek klim by Place Monge af en soos ek by die metro trappies oploop, loop ek my vas in die Vrydagoggend mark.  Wat ‘n verrassing.  Ek kyk deur al die stalletjies, knoop geselsies met almal aan en luiter na die hoedman se stories oor sy trip na Suid-Afrika.  Koop vir my natuurlik ‘n hoed (ek’s ‘n hoed-mens) en getooi in my nuwe hoed en lieflike serp, begin ek afstap by die Rue Mouffetard.  Dit is een van gunsteling plekke in Parys. 

                                        

Ek is elke keer in absolute ekstase oor die vis en kaas en vleis en vrugte.  Alles is net perfek.  Ek potter bietjie rond en gaan eet toe ‘n formule in die Pot de feu.  Dit is wonderlikste klein restaurantjie wat besit word deur ‘n Italianer.  Dis oud en donker en vol karakter.  Daar was ook net Franse wat daar geëet het, wat altyd vir my sê dis nie jou algemene toeriste hotspot nie. 

 

Voorgereg van tomatie en mozarella, kalfsvleis met wit sous en rys, geniet saam met ‘n fantastiese rosé.  Daarna, Mousse au chocolat en dit alles vir slegs €15!  Dis hoekom ek so lief is vir die Mouffe – dis seker een van die goedkoopste plekke om te eet in Parys en dis altyd uitmuntend.

 

Daarna het ek bietjie gaan shopping doen, na al die mooi goed gekyk en parfuum gaan spuit by Sephora.  Toe is dit eers terug vir ‘n slapie en ‘n bad, want ek het geweet gisteraand sal weer hand uit ruk.  Eers het ek en Wilfred tuis geëet en toe gaan ontmoet ons vir Chris by Duplex.  Wat lekker is van Gay bars en die feit dat ek meer as een keer na dieselfde plek gegaan het, is dat jy soos ‘n regular behandel word en elke keer nuwe vriende maak.

 

Nou ken Johannes, die Duitser wat Nederlands praat, my al en daar ontmoet ek toe vir James, die Ier (met die mooiste aksent op aarde!) en ons tel toe sommer twee vreemdelinge op.  Jamal van Londen en José van Meksiko.  Wat lieflike mense.  Na way te veel bier, giggel en trippel ons terug huis toe.  By die metro uit, besluit ek ek is nou lus vir frites.  Ek is lekker getrek en lus vir stysel.  Die kebab plek op die hoek is wonderbaarlik oop! 

 

Nodeloos om te sê, ek voel alweer effe broos vanoggend.  Ek voel of ek letterlik my weg deur Parys gedrink het!  Dis die mooiste dag hier en ek het net besluit ek kan maar vanaand op die vliegtuig slaap.  Ek is sommer vroeg-vroeg op en gaan stap toe in die Butte Chaumant, die mees sjarmante park om die hoek van Wilfred se woonstel.  Almal oefen en doen Tai chi en lyk gelukkig.  Daarna, stappie deur due strate en koffie by my gunsteling koffieplek – die plek met die bruin plafonne.

 

Nou, lunch saam met Wilfred en dan die Louvre op sy gratis museumkaart!  Dit help as jou vriende vir museums werk. 

 

Au revoir

Zazza

Gay Paris  26/10/2010

Ek sit nou eers hier op Wilfred se bank met ‘n pot Earl Grey tee.  Gister was redelik lank.  Ek het die oggend gebruik om eers bietjie op te vang met wasgoed en strykgoed.  Daarna net ‘n appel en yoghurt gaan koop om die ergste honger te stil (Wilfred se woonstel is nie eintlik ontbyt mekka nie) en die metro geneem na die Hotel de Ville.

                                      

Daardie eerste oomblik van uitloop in die Paryse son en die vars lug bly altyd vir my spectacular.  Gou ingehol by die groot BHV en vir my ‘n koffiepot gaan koop en toe vandaar gestap tot by Wilfred se werk op die Rue de Lille.  Dit was seker so byna ‘n uur se stappie en ek het na al die mooi mense en geboue geloop en kyk.  Ook afgekom op die plek waar Jaques Lacan sy sielkunde praktyk gehad het! 

 

Wilfred werk by die Institut Neerlandais en ek kry hom toe daar vir lunch.  Ons gaan toe na die Maison de L’Amérique latine.  Hulle het ‘n baie smart restaurant wat to 70 – 100 euro per persoon is, waar al die dignataries eet en dan die bistro in die basement waar ons toe heerlik eet en wyn drink.  Die kos was werklik amasing en die average toeris sal nie eers weet van die bestaan van die plek nie.  Daar is natuurlik ook ‘n groot uitstalling van Maria Vargas Llosa na die toekenning van die Nobel aan hom.

 

Na ete neem Wilfred my toe deur die hele Institut in die pragtige gebou met die ongelooflikste kuns en boekversameling.  Fritz Lucht het die versameling opgebou toe hy hier gewoon het en hom goed van sy taak gekwyt.  Dit is ook seker een van die mooiste omgewings wat ek nog ooit gesien het om in te werk.

 

Teruggestap via die Tuilleries, die metro geneem na die Pompidou en daar cheesy Parys fotos gaan koop vir my kantoor en toe sommer my jaarlikse Crèpe Nutella geëet.  Stadig my weg teruggebaan na due rue de Belleville toe en eers gaan wyn koop vir aandete.  Wilfred het vir ons kom kook en ons is daarna uit na ‘n divine gay bar in die Marais.  Die Israeli, Amit, was net ‘n absolute fees en ek het heerlik gesels met Christian die Duitser. 

 

Wilfred vertel my to ook dat hierdie besondere bar is baie cool en het gewoonlik kunsuitstallings ook.  Jy mag nie smile nie, jy mag nie openlik na die kuns kyk nie en jy moet ernstig, verveeld en cool lyk.  Ek loop daar in en gedra my soos gewoonlik soos ‘n Labrador puppy, giggel en gesels een strook deur.  Dit was heerlik en ek was mal oor al die usuals wat ons daar raakgeloop het.

 

So, na al die wedervaringe van gister, sit ek nou nog in Wilfred se woonatel besig om my korrel en moutkoors ‘n bietjie te dokter.  Ek sleep nou my bas deur die stort en tref dan die Mouffetard.

 

Bonne Journée

Zazza

Die Verlore Uur  11/10/2010

Vanoggend stel ek my alarm vir 6 uur, stort rustig, trek al die tops aan en uit wat ek gebring het, blaas die hare droog en deurmekaar en is net oppad af om ontbyt te gaan eet toe my kamerfoon lui.  Dis die Suid-Afrikaanse organiseerder van ons kongres en hy wonder waar ek is.  Almal wag al en is oppad.  Stom verbaas vra ek waarom hulle 7 uur al loop en nie 8 uur nie.  En daar bars my bubble.  Dit ís 8 uur.  My bliksemse selfoon het op daylight saving gegaan en daar verloor ek toe ‘n uur.  In Pole het ek vir ‘n hele week een uur agter almal geleef en kon nie uitwerk hoekom my studente skielik nie meer na my lesings kom nie!

 

Daar gryp ek toe in ‘n malle vaart laptop, handsak, referaat, woordeboek en hol by die trappe af.  Gelukig was ek ook nie die laaste persoon vir wie gewag is nie.  Die Kommunikasiekundige kom heel belope in die foyer aan en deel ons mee dat sy nou eers iets gaan eet.  Niemand behalwe ek hoor dit nie (en dit is so ‘n ongelooflike konsep) en toe sy na so ‘n paar minute nog nie weer opgedaag het nie, word my vermoede bevestig toe ons Griekse Gids die Petit déjeuner kamer inloop.  Daar sit sy wraggies en eet.  Raar, maar waar. 

 

Na ‘n vuur onder haar alie gemaak is, hol ons daar uit en spring op ‘n tram.  Die universiteitsgronde is pragtig en die berge is ewig teenwoordig.  Sonder ontbyt begin die kongres en die eerste drie sprekers brom so op ‘n monotoon voort.  Ek raak buitengewoon opgewonde toe dit teetyd is.  Maar helaas. Die koffie was lekker en sterk, maar daar is nie ‘n druppel melk of koffieroom iewers te bespeur nie.  Die uiters klein versameling koekies is op tipies Franse wyse mooi gerantsoeneer en daar was nie sprake van ontbyt-opvangs nie.

 

Dis nou post-teetyd en die huidige referaat word in Frans gelewer.  My Frans is gaanbaar – ek kan wyn en Poulet Roti koop, busse vind en pleasantries uitruil, maar by referate trek my taal vermoë die streep.

 

Gisteraand se ete was subliem.  Begin met slaai, aangegaan na Pikante lamskenkels en die wonerlikste aartappelgebak, vergesel deur heerlike wyn.  Vir nagereg was dit waarlik über sjokoladepoeding, tuisgemaakte vaniljeroomys en crème anglaise.  Ons het heerlik gesels en gelag en behalwe vir die getroude Klassikus wat hierdie keer totaal en al dismissive is teenoor my, was dit gemoedelik en genotvol. Ek dink daai Skarlaken Letter skyn deur my klere.  By die laaste kongres in die Kaap het ons so lekker gekliek en gesels en ek het waarlik geen oneerbare intensies met die man nie (hy is net ietwat gevrek vir my), maar dis nou maar sy verlies.  Ek tjaaf dan maar my gay kollega en hang uit met my vriendin die Afrikaanse-Zulu-Regsgeleerde!

 

Bonne journée!

Zazza

Grenoble, Sondagaand  10/10/2010

En hier sit ek en skryf in Grenoble.  Ek het nie gedink hierdie drippie gaan ooit materialiseer nie, maar ek het verlede week besef mens kan 'n oorseese reis reel in 5 dae!  Dis nie baie goed vir die hart nie en ek is seker ek is 'n paar grys hare ryker, maar dis moontlik!

 

Ek los gister die Madame en die Ouders in Tshwanetoria en klim op die groot voel, die A380 van Air France.  Die vliegtuig is nou wel lekker groot en styg so saggies en egalig op (en land ewe saggeis en egalig), maar dit is nou maar eenmaal 'n vleigtuig in Cattle Class.  Het begin met 'n glasie Franse sjampanje, toe heerlik geeet met wit wyn en geeindig met 'n Cognac.  Het ook nog nooit Sex and the City 2 gesien nie en daar wys dit toe ook sommer.  Was lekker, ligte vermaak.

 

Die vliegtuig was nie vreeslik vol nie en daar was twee sitplekke oop tussen my en die vrou op die ander gang.  Ek is blykbaar net nie 'n baie goeie kolonialiseerder nie en die vrou het AL DRIE sitplekke ingeneem.  Ek het probeer protesteer en die armleuning tussen ons bly afdruk, maar as ek my weer kom kry is die armleuning op, haar voete is hier iewers teen my dy en sy snork.  Elke nou en dan skop ek toe haar voete af, maar op die ou end moes ek maar net opgee.  Sy het gewen!

 

Charles de Gaulle was ietwat van 'n nagmerrie en ek het amper my konneksie na Lyon gemis.  Die customs check het URE gevat en toe moet ek nog weer deur die sekuriteit.  Het twee baie luide Afrikanertjies voor my gehad wat gedink het hulle is die enigste Afrikaanssprekendes in Parys en ek staan die hele tyd agter hulle en verstaan elke woord.  Was nogal histeries.  Maar dit was een van daai "play dead" oomblikke - wou hoegenaamd nie met hulle assosieer nie en het maar gemaak of ek no hablo Afrikaans!

 

Anyway, daar maak ek dit toe, maar drie ander passasier se tasse is afgegooi oor hulle toe in daai epiese ry vassit.  Die vlug na Lyon was lieflik met Pain Chocolat en Chocolat Chaud.  Lyon lughawe is baie mooi en klein en ek het in 'n japtrap my bus na Grenoble gevind.  Ongelukkig het ek sommer net uitgepass op die bus en nie veel van die scenery gesien nie.  Was nie intensioneel nie!

 

Hier aangekom was dit ek en die stort om daai vlug af te was (gelukkig kon ek dadelik incheck in die hotel) en toe vat ek die pad.  Baguette gehad met Jambon en Gruere wat ek op die Isere rivier sit en eet het en tussen die antieke stalletjies deurgeloop (Sondag is hier antieke mark in Grenoble).  Toe eers gestop om vir Sophie en Angelor se Liefie en my Ouma 'n kers te gaan aansteek in die pragtige St. Andre Katedraal.  Dit was stil en leeg en rustig, gevul met Frankinsense.

 

Daarna eers op die Place St. Andre gestop vir Cafe Creme en toe begin ek vou.  Lekker rustig my pad teruggebaan hotel toe en toe 'n gat in hierdie bed kom slaap.  Oor 'n paar minute ontmoet die hele kongresgroep in die Foyer om uit te gaan.  Het suksesvol almal vermy tot nou toe.  Wou net eers bietjie 'n Greta doen - I vwanted to be alone...

 

Bonne Nuit mon amies

Bisses

Zazza

xxx

Madame Sophie  04/10/2010

 My liewe Madame Sophie het kanker.  Die nartjie van ‘n gewas wat hulle uitgesny het verlede week is toe ‘n Sarkoom (?).  Sy het al so mooi herstel van die operasie, gooi net nog op meubels en matte op, maar vir al wat ek omgee kan sy die huis van bo tot onder toe opgooi, solank sy net OK gaan wees. 

 

Die veearts bel my toe vanmiddag met die patoloog se uitslae.  Ten minste is alles nou uitgesny, maar sy sal moet gaan vir ‘n sonar sodra ek terug is van Frankryk.  Net toe ek dog die week lyk op, omdat my Frankryk trip toe op die ou end gaan gebeur, toe díe nuus.

 

Vanmiddag by bootcamp, sê my vriendin die Plantkundige vir my ek was nie eers so upset toe die Psigopatiese knaagdier uit my lewe uitgeskarrel het nie.  Toe sê ek maar dis oor hy ‘n doos is en Sophie is net die mees perfekte, liefste wese op hierdie planeet.  Sy het, soos tee en koek, nie ‘n agenda nie.  Sy is net perfek.

 

Ek het haar nou net sopnat getjank.  Ek dink nie die arme ding weet wat haar getref het nie.  Stuur maar al jul goeie karma die kant toe.  Sy moet net OK wees.  Ek kan nie nou sonder haar nie!

 

Met trane

Zazza

ORT en Kenny G  26/09/2010

Tja, en hier sit ek by ORT en wag daarvoor.....DIE REFERAAT IS KLAAR!!!!!!  Sowaar.  Het vanoggend nog die laaste omskuiwings van paragrawe gedoen en nou kan ek ontspan.  Sit by vida met Latte, Lindt en Kenny G.  Dis oddly strelend.  Laat my dink aan Hermanus 15 jaar terug.

 

Die Madame is opgestel met haar self-feeder en die Taalguru gaan van tyd tot tyd by haar inloer.  Hierdie ma is geheel en al over protective, met die dat sy Donderdag hospitaal toe gaan en ek was glad nie gelukkig om haar vanoggend te los nie.  My goeie vriend die Pianis het my lekker vroeg vanoggend kom oppik en one het op die klante van Pink Martini in sy Pampoenkoets ORT toe gesnel.

 

Ek sit hier in 'n hoekie, agter 'n donkerbril en met 'n serp om my kop (wel, in gees) om my kollegas te vermy wat hier rond lurk.  Kyk, ek is nou nie goor of anti-sosiaal nie, maar na weke se gewroeg met allerhande goeters wil ek net bietjie chill op my eie.

 

En nou dat die referaat klaar is, gaan ek vanmiddag die see opsoek en bond.  Hierdie Kapenaar is uitgehonger vir die see!

 

Lekke

Zazza

xxxxxx

Bootcamp en Buddies  24/09/2010

Ek het vandag die hele dag aan hierdie ongelooflik inspirerende referaat van my gewerk.  Wel, ek lewer Maandag die damn ding, so troos julleself aan die feit dat julle na Maanag nooit weer daarvan sal hoor nie.  In teorie moet ek nou net more al my notas assimileer (ja ek weet dis iets wat ek weke gelede al moes gedoen het, maar emosionele situasies met knaagdiere het bietjie die fokus weggeneem).  Of dit, of ek staan Maandag voor ‘n saal vol mense met ‘n bek vol tande!

In ieder geval, ek werk toe die hele dag aan die ding en gaan laat toe al die frustrasies uit by bootcamp vanmiddag.  My vriendin, Die Plantkundige het ‘n buddy gebring uit die Kaap en vanaand is ons drie en Die Plantkundige se man, Die Diplomaat, na Kream in Brooklyn, Pretoria.  Kyk, ek is nou eenmaal ‘n Kaapse snob en gegewe die feit dat 8 van die top 10 restaurante in die Kaap is, dink ek het ek rede om effe kieskeurig te wees, maar Kream het my nogal beïndruk.  Die atmosfeer is lieflik, die diens was puik en die kos was heerlik.  Beslis die moeite werd. 

Ek is die wêreld se stadigste eter en een van die goed wat my gewoonlik ontsaglik grief is as die kelner met die eerste teken van die neerlê van messegoed neergeswiep kom op die tafel en begin opruim.  Ek is gewoonlik dan nog ‘n halwe bord kos weg van naastenby klaar.  Ek kom uit die skool waar die borde gelos word tot almal klaar is en by Kream is alle verwagtinge oortref!  Hulle het die borde gelos!  Dit behoort nie eers iets te wees om oor liries te raak nie.  Dit behoort heel standaard etiket te wees, maar helaas.

Ek klink dalk vir julle heel opgetrek, maar ek is eintlik heel omge-ellie op die oomblik.  Gister neem ek gou die Madame vir haar inspuiting top-up en vra die veearts om gou na ‘n uitsaksel op haar maag te kyk.  Hier raak die veearts heel histeries en vertel my dis glad nie normaal nie ek moet dit onmiddellik laat verwyder.  Sy wou haar sommer vanoggend skeduleer en ek wou skree “ja, haleluja, red die Sophie en bogger die kongres”, maar ek moes toe sê  hulle moet haar eers oor ‘n week skeduleer wanneer ek weer terug is en voor ek Frankryk toe vlieg vir die volgende kongres.

Wel, die dun fascade van beheer was in plek tot en met daardie oomblik.  Toe begin alles ietwat uitmekaar uit val.  Ek bring die Madame tjankend huis toe en jaag van hier af werk toe om daar ‘n klomp goed te gaan uitsorteer en kry daar my nuwe kontrak onder oë.  Daar kry ek die tweede toeval vir die dag.  Dis nou alles goed en wel dat ek weer gainfully employed is volgende jaar, maar my salaris is vir die, wag daarvoor….VIERDE jaar in ‘n ry laer!  I kidd you not!  My liewe hemel, op hoeveel minder wil hulle hê moet ek klaarkom?  Dis soos die ou wat sy perd geleer het om nie te eet nie en toe hy dit op die ou end regkry dat hy niks meer eet nie, toe vrek die perd.  Wel, ek voel nou soos daai perd.

Anyway, kyk maar daarna as die glas halfvol – ten minste HET ek werk volgende jaar.  Met ‘n heel skaflike glas Durbanville Hills Sauvignon Blanc neem ek my afskeid.  My volgende skrywe uit die winderige stad van PE.  Hou duim van vir die Madame se operasie, my sanity en referaat.

Liefde en drukke

Zazza

xxx

Hegter (Closer) deur Patrick Marber by Woordpoort  21/09/2010

Die Drama wat by Woordpoort in Pretoria in Oktober opgevoer word is Patrick Marber se Closer wat deur Gerben Kamper in Afrikaans vertaal is as Hegter.  Gaan lees meer oor hierdie drama on nuus aandra!

 

Vir die volledige feesprogram, gaan na www.woordpoort.co.za

Kosmiese Liefde (met \'n hoofletter L)!  19/09/2010

Ek praat nou net met die Ma en sy vertel my van die gedig van die eeu.  Hier raak ek skoon opgwonde oor ek dit onmiddellik met al die bloggers wil deel toe ek sien Ghaap het my reeds voorgespring (Litnet blogs)!  Gaan lees gerus Een dag van morgen onder gedigte – dis meer as awesome-rowend!

 

In elk geval.  Ek droom gisteraand ek trou.  Weereens is ek nie seker met wie nie, ek weet net dit was ‘n Groot liefde.  En ek sit ‘n ring en kies.  Dis die mooiste ring, maar nie so mooi soos die gevoel wat binne my is nie.  Vir die eerste keer in my lewe voel ek soos ‘n tienermeisie wat wil trou!  Psigopatiese Knaagdiere tersyde is en bly ek die ewige romantikus.  Dit gaan nie oor die daad van trou nie, maar die aksie van trou sweer.  Daardie gevoel wat ek in my droom gehad het waar ek net geweet het ek is op ‘n Kosmiese vlak vir ewig gebind aan hierdie mens.  Papiere beteken after all niks, maar daai gevoel.  Dís waaroor dit gaan.

 

Ek kuier nou die aand met my ou skoolvriend.  Op ‘n tyd die liefde van my lewe.  Hy is in Tswanetoria vir besigheid en ons eet en drink altyd lekker as ons bymekaarkom.  Daar vertel hy my sy vrou is alweer swanger.  In fact, so swanger dat sy al byne kraam.  Dis nou die tweede keer dat dit gebeur – nie net dat sy swanger is nie, maar dat hy 6 maande neem om my te vertel.  Baie raar.

 

In elk geval, ons raak aan die gesels oor verhoudings en dergerlike dinge.  Ek vra toe vir hom hoekom mans altyd trou met die eenvoudige meisies.  Daai wat kom met ‘n label “sal goeie ma maak vir my kinders”.  Wat beteken dit?  En is daar een of ander check lys wat iewers in die GQ verskyn of iets?  Hy se toe dis net makliker.  Makliker!

 

Ek is een van daai girls wat in die ander kategorie val.  Ek is lekker geselskap, ek lag en drink lekker, ek maak lekker kos en ek vry (volgens getuies) ook lekker, maar trou, nee, daarvoor is ek te veel harde werk.  Ek het ‘n opinie, ek baklei, ek stem nie saam as ek nie wil nie en ek weet nie of ek wil kinders hê nie.  In fact, dit sal in elk geval nooit die meervoud wees nie.  Die wêreld is reeds oorbevolk en ek kan nie punt sien daaraan om by te dra tot die aanwas nie.  Ek hou ook daarvan om al my aandag en liefde op een wese te konsentreer. 

 

Die Songod vertel nou die dag vir my dat hy alleen is en nou reg is om te trou.  Hy soek ‘n goeie vrou, goeie ma vir sy kinders en iemand wat vir hom ‘n mooi tuiste sal skep.  Nou vra ek jou – wat het geword van soek na ‘n sielsgenoot?  Ek soek my wederhelf.  Daardie wonderbaarlike, allesoorweldigende liefde wat my wese voltooi en die lewe die moeite werd maak?  Alleenheid kan nie die rede wees vir trou en kinders kry nie.  Streef ons nie tog almal vir daardie Kosmiese konneksie nie?  Behoort dit nie die primêre fokus te wees voordat ons mik vir daardie kinder(s) wat nog nie bestaan nie? 

 

Ek klou vas aan my droom en geniet daardie gevoel van welbehae wat ek in my onbewuste beleef het! 

 

Met die kitaarklanke van Rodrigo wens ek julle ‘n sensuele Sondag toe!

Soene

Zazza

Agrochem Oesbestuur  17/09/2010

 

Ek sit vanoggend innie bed met ‘n koppie tee in die hand en die Madame langs my en nuus luister toe ek vir die hoeveelste keer die Agrochem advertensie hoor. Nou wil ek weet - werk dit op mense? Ek wil dringend minder oes voel! En ek soek langdurige beskerming teen die oes.

 

Ek wil meer soos chilli voel (rooi en met vuur) en minder soos Fuseli (se nagmerrie met ‘n trol op my bors)!

 

Saam boer ons vooruit.

Zazza

Die gees  14/09/2010

Dis nou my gees waarvan ek hier praat.  Dit was die afgelope tyd nie so goed nie, so effens aan die blou kant.  Vandaar die dawerende stilte wat ek deesdae handhaaf.  Anyway, vanoggend sit ek in die tuin en werk aan 'n referaat.  Die voeltjies sing, die son die skyn en Madame Sophie baljaar hier om my rond. 

 

Gister het 'n verskriklike groot Karree wat in my buurvrou se tuin gestaan het, die stof gebyt.   Die bielie was besig om vreeslik skade aan te rig en moes toe ongelukkig waai.  Ek mis die groen massa voor my slaapkamervenster, want 'n koppie tee en die oggendnuus is net nie dieselfde sonder die Loeries wat tango tussen die takke nie.  Dus sit ek toe summier gistermiddag af na Safari en koop onmiddellik 'n vervanging.  Ek is die tuinkommitte, so die besluit is sommer blitsvinnig goedgekeur!

 

Ek besluit toe op 'n Vanwyskhout, nadat ek die Taalguru en die Ekonoom gebel het vir hul boomadvies en net hul stemposse kon kry.  As dit nou boomadvies van die rookverskeidenheid was, was ek dalk effe omgekrap!  Maar, ek onthou toe dat die Vanwykshout al voorheen genoem is en loop toe met 'n boom daar uit.

 

Terwyl ek toe nou so werk aan die referaat, beplant die tuiniers die boom en maak sommer die plek spiekeriesh.  Ek vra toe sommer dat hulle die lang asbespot ook vir my leegmaak, want ek wil die mislike ding verf.  Ek het nou die dag 'n verf bevloging gekry.  Hacienda is die kleur - baie mooi.  So terracottarige kleur.  Ek is toe naan't gatvol vir die referaat (die onderwerp staan my sowaar glad nie aan nie) en bespring toe die pot.  Die asbes was egter nog te nat om te seel en ek besluit toe sommer die hekkie na my courtyard moet ook Hacienda wees (en sommer alles wat eens op 'n tyd so 'n kakkerige tennisbaangroen was). 

 

Die Taalguru kom toe om inspeksie te doen van die boom.  Daar tref hy my vol verf aan, bewapen met 'n verfkwas.  "Dis wat hulle noem 'n referaat", verduidelik ek.  Hy betigtig my toe sommer ook dat ek so lanklaas oppie lig was.  So, Korra, dankie vir die inspirasie!  Wil jy my nie nou sommer ook inspireer vir die res van daai alewige referaat nie?

 

Neem more in die lig sommer 'n kiekie van die hek!

Feestelike koek!  05/09/2010

Ek het vir julle 'n feestelike sjokoladekoekresep onder resepte geplaas.  Gaan loer bietjie en bak hom sommer vir vanmiddag se tee.

 

Gepraat van feestelike koeke - die vrou moet die middag na die ginekoloog toe gaan.  Sy sal reguit van die kantoor af gaan en gryp toe sommer 'n waslap om haarself net bietjie op te vars voor sy die dokter sien.  Sy soek naarstiglik na iets om die waslap in te sit en kom toe op 'n sakkie af in haar dogter se kamer.  So beland sy toe by die ginekoloog, mooi gevee en opgevars vir die geleentheid.  Die dokter gee so een kyk tussen haar bene in en kom met 'n glimlag regop. 

"Mevrou, jy hoef regtig nie soveel moeite te gedoen het vir my nie.  Sonder blinkertjies is net so goed!"

Die sakkie wat sy gegryp het, het haar dogter gebruik om na 'n projek al haar glitter in te sit.

En daar sit die vrou toe voor die dokter met 'n feestelike koek!

 

Hoop julle het 'n feestelike Sondag!

Groete

Zazza

Nuwe kamer kama en karma  02/09/2010

Na die vertrek van Die een wie se naam nie meer genoem mag word nie, het ek gevoel my kamer se karma en sommer die kama ook is geheel en al gescramble.  Die dat ek toe sommer nou die middag by Woolies instorm en splinternuwe lakens koop.  Sommer ook in ‘n heel ander kleur om die hele gevoel van my kamer te verander.  Dit lyk pragtig, slaap lekker en het beslis die karma herstel!

 

Selfs Madame Sophie sit nou sommer gereeld hier op die bed by my.  Sy is nie eintlik ‘n skootsitter nie en slaap ook nie op die bed saam my nie.  Sy het hierdie weird respek vir “my” spasie.  Maar, terwyl ek hier sit en tik, het sy haarself nou omtrent onder my armholte kom ingrawe.  Sy het letterlik met haar poot gekrap tot ek my arm opgelig het en sy heeltemal teen my kon lê.  Nou is die vraag – is sy needy of voel sy my neediness aan?  Selfs in die aand op die bank kom lê sy styf teen my.

 

Gister het ek ‘n sessie by my shrink gehad.  Besig om uiteindelik al my spoke te verjaag.  Daarna gaan ek toe vir ‘n massage by my splinte nuwe, super fabulous terapeut.  Haar naam is Charlene Lau en haar ateljee is by die Karoo Café in Lynnwooodweg, Pretoria.  Vir haar helende hande en wonderlike aura, bel haar gerus vir ‘n sessie op 083 325 2080.  Sy’s ‘n klein bolletjie goeie energie en jy voel soos ‘n nuwe mens as jy daar uitloop.  Dis nou natuurlik vir dié van julle wat gelukkig genoeg is om hier in Tshwanetoria woon!

 

(Lek)ker dag vir julle!

En gaan tog vir daai vryf – ons weet almal hoe belangrik aanraking is.

Groete

Zazza

RIP Mal Ingrid  30/08/2010

Daar verwissel Mal Ingrid toe die tydelike met die ewige.  Mal Ingrid was ‘n instelling hier in Die Kompleks.  Sy was een van daardie rare, nutty mense wat bietjie kleur aan die lewe gegee het.  Sy het partykeer weggeskarrel om sodoende nie in ‘n gesprek betrokke te raak nie, ander kere het sy blomme gesteel.  Net sodra die Clivias iewers in die kompleks begin blom, verdwyn daai kloes blomme spoorloos en herverskyn in ‘n blompotjie iewers in Mal Ingrid se huis.

 

Sy was mal oor tuinmaak en het gereeld met die tuinier vasgesit oor hy plante wat woes en wild begin rank het, net bietjie wou snoei dat mense darem nog die paadjies kon gebruik.  Sy het plante geplant en as sy gedink het iemand waardeer nie die varkore of lelies nie, het sy hulle summier weer uitgepluk en iewers anders gaan indruk - dikwels met 'n notatjie wat gelees het, "moet my nie uittrek nie.  ek sal groei"!  Sy het met my aanvanklike intrek in Die Kompleks kom aanklop om my te herinner dat die suurlemoenboom wat voor my huis staan eintlik myne is en dat ek moet onthou om die suurlemoene te eet, anders gaan hy nie weer blom nie.  Sy kan egter nie help met die etery nie, want sy kry suur!

 

Die afgelope tyd het ek agtergekom Mal Ingrid se huisie is stil en donker en ek het haar lanklaas gesien en toe word dit bevestig.  Mal Ingrid het ‘n hartprobleem gehad en is oorlede.  Ingrid, jy het beslis die lewe meer kleurvol en interessant gemaak – mag jy gelukkig wees in die Kosmiese tuin waar jy sal kan plant en pluk en wild laat groei soveel as wat jy wil!

 

En die suurlemoenboom begin alreeds te bot!  Dit gaan 'n goeie oes wees hierdie jaar!

 

Totsiens Ingrid!

Groete

Zazza

Die Hamster is dood, lank lewe die Hamster  29/08/2010

Liewe Lesers

 

Sowat twee ure gelede het ek gesweer ek blog nooit weer nie.  Ek is vertel dat ek ‘n aaklige, negatiewe mens is wat net oor ander mense se foute en swakhede kan skryf om myself beter te laat voel.  Om eerlik te wees, die aanslag was so erg dat slegs die gedagte aan die Moeder en Madame Sophie my nog hier gehou het.  Ek is ook vertel dat my vriende en familie te bang is om enigiets voor my te doen of te sê, in vrees dat hulle dalk op my blog sal beland.

 

So, ek slaan nou ‘n nuwe blogblaadjie om.  Die Hamster was my imaginary friend.  Hy het nie bestaan nie en ek sal nooit weer oor hom skryf nie.  Aan die Internasionale Lesersgemeenskap – soos Bobby Ewing se dood in Dallas, “it was all a dream”!  Alles wat ek ooit oor die Hamster geskryf het was 'n verbeeldingsvlug en ek vra vir alle Hamsters wereldwyd onverskoning.

 

My goeie vriendin, die Plantkundige het my vanmiddag tot heling en insig gehelp.  ‘n Kalmeerpil, koppie tee, broodjie en eindelose liefde het my gered.  Vanmiddag het sy en my goeie vriend, die Taalguru my opgekikker en weer geïnspireer om te bly skryf.  Daar is vir party mense iets positiefs en humoristies aan my skrywe.  Dankie vir julle!

 

Die Taalguru herinner my toe ook weer aan daardie wonderlike aanhaling van Oscar Wilde, “the only thing worse than being talked about, is not being talked about”!  Die Boetie het my ook verseker hy love dit om oor homself te lees op my blog. 

 

Dus, totsiens Hamster, hello Dassie of wie en wat ook al ‘n draai hier op Zazza se werf gaan kom maak.  Ek gee maar net my opinie.  Ek bedoel nie iets sleg nie, ek wil julle nie in submission in manipuleer nie, ek skryf maar net oor ek hou van skryf en waarneem.

 

En as jy jouself herken in my skrywe het jy of 'n skuldige gewete, of grootheidswaan. - "you probably think this song is about you, don't you".  Alle ooreenkomste met die werklikheid is bloot toevallig!

 

Tot ‘n volgende lek

Zazza

Seize the moment, seize the vry!  26/08/2010

Wat is dit om iemand te gebruik?  Wanneer word eerlikheid net nog ‘n verskoning om te doen wat jy wil?  Dis die feite van die situasie, so take it or leave it.  Eerlik, ne?

 

Ek het my Saterdagaand in ‘n interessante situasie bevind met die Tangodanser.  Ons is al so ‘n paar maande tango dansmaats.  Hy beweer toe hy wil my soen, maar hy is pas geskei, nie in ‘n spasie vir enige commitment, so wat jy sien is wat jy kry, wil jy vry?

 

Die volgende aand is ek uit na vriende saam met die Kunstenaar.  Selfde storie.  I’m lonely, you’re lonely, kom ons vry.  Beide se argument was – wees in die oomblik.  Nou maar goed dan, wees dan in die oomblik, maar wanneer konnekteer ‘n mens dan met iemand?  One night stands het seker hulle plek en laat mens begeerlik en aantreklik voel, maar wanneer is jy nie net so goed soos ‘n opblaaspop nie?

 

Hier beweer hierdie twee Vryers dat daar algehele eerlikheid in die situasie is en dat ek presies weet waar ek met hulle staan.  Kyk, my toleransie vir bullshit is op die oomblik redelik laag.  Vir twee jaar was ek in ‘n totale oneerlike verhouding waar ek gesê is ek is die sentrum van die die persoon se bestaan, maar behandel is soos niks meer as ‘n Opblaaspop.  Nou is die Vryers kastig geheel en al eerlik en ek is en bly net die Opblaaspop van die oomblik.

 

Wanneer konnekteer ons dan ooit met mekaar?  Osho sê, “Intimacy is a totally different dimension.  It is allowing the other to come into you, to see you as you see yourself – to allow the other to see you from your inside, to invite somebody to that deepest core of your being.”

 

Nou hoe de donner kan jy intiem verkeer met iemand en totaal onaangeraak bly?  As julle die antwoorde het, laat my tog weet.  En, goeie seks verg tog oefening.  En vertroue en gemaklikheid met jou partner.  Hoe kry mens dit in ‘n one night stand?  En terug na daai anties wat net so twee keer per jaar met hul mans slaap – g’n wonder julle hou nie van seks nie!  As jy net twee keer per jaar gym toe gaan, gaan jy dit mos ook nie geniet nie.  Enigiets wat die moeite werd is verg oefening en inspanning.  Ook intimiteit.

 

Maar, ‘n ou vrytjie hier en daar is darem maar lekker.  Moet net nie verwag ek gaan net nog ‘n opblaaspop wees oor jy jou tong in my mond gedruk het nie!

 

Ten slotte, sê die Tangodanser snaaksgenoeg Saterdagaand vir my die volgende:  “Surround yourself with people that celebrate you, not tolerate you.”  Ek soek ‘n lover wat my gaan celebrate, soos ek hom celebrate.  Opblaaspoppe word op die beste van tye slegs ge-tolerate!

 

Ciao

Zazza

Ziggie, Ziggie, Ziggie  26/08/2010

Die Boetie bel vanoggend en sê hy is verveeld.  Die Ma is juis hier en dit was die perfekte verskoning vir ‘n kuier.  Gaar hoender van Woolies, vonkelwyn en ons is reg.  Die kos was heerlik, die wyn nog lekkerder en die Lindt sjokolade saam met die koffie subliem. 

                                    

My suurlemoenboom het nog so ‘n laaste paar suurlemoene aan wat geoes moes word en na ‘n glas wyn of vier klink so ‘n suurlemoenoes mos na ‘n baie goeie idee.  Dit was die Boetie in die mik van die boom, die Ma wat lag en ek wat verbete die bankie vashou dat die Boetie nie om-donner nie! 

 

Daarna moes die Boetie vir Frida meemaak – dis nou my nuwe vuurwa.  En terwyl ons nou effens onverantwoordelik na ‘n paar glase wyn deur die strate van Pretoria pronk met Frida...(edited)

 

In elk geval.  Gister was ook ‘n buitengewone wonderlike dag.  ‘ n Hele groep lawwe mense sit toe af Onverwacht toe.  Dis ‘n klein gemeenskappie swart Afrikaners wat net buite Cullinan bly.  Ons gasvrou was Petronella wat vir ons ‘n spread boerekos voorgesit het wat skrik vir niks.  Ek, die Ma, die Songod, die Prokureur, die Lisibians, die Hardegat Kunstenaar et al.  Fab verby!

 

Na tuiskoms is verder gekuier oor nog vele glase wyn en daarna het ek die bed getref met ‘n dof sware plof! 

 

Ek beloof nogsteeds die resepte van al die wonderlike kos wat hierdie week by Chez Moi gekook en verorber is.  Ek kuier net tans veels te lekker om nog te sit en resepte oortik…sorrie.

 

Om julle week te kick start – Jannie vertel vir sy juffrou hoe lekker die lang naweek was.  “Dit was awesome, juffrou!”  Vertel Jannie opgewonde.  Juffrou is nie beïndruk dat Jannie so sy tale meng nie en sê vir Jannie dat sy seker is daar is ‘n mooi Afrikaanse woord wat hy eerder kan gebruik.  Jannie dink so ‘n bietjie en toe sê hy: “Ja Juffrou, die naweek was awesome rowend!”

 

Hoop julle het ‘n awesome rowende week!

Groot Lek

Zazza

Vrees  22/08/2010

Die Prokureur stuur nou die dag vir my hierdie ongelooflike aanhaliing van Lou Tice:

 

"I am Fear. I am the menace that lurks in the paths of life, never visible
to the eye but sharply felt in the heart. I am the father of despair, the
brother of procrastination, the enemy of progress, the tool of tyranny. Born
of ignorance and nursed on misguided thought, I have darkened more hopes,
stifled more ambitions, shattered more ideals and prevented more
accomplishments than history could record.

Like the changing chameleon, I assume many disguises. I masquerade as
caution. I am sometimes known as doubt or worry. But whatever I'm called, I
am still fear, the obstacle of achievement.

I know no master but one; its name is Understanding. I have no power but
what the human mind gives me, and I vanish completely when the light of
Understanding reveals the facts as they really are, for I am really
nothing."

 

Net soos vrees niks is nie, is skuld ook 'n totale vermorste emosie.  Sinneloos en onproduktief.

 

My date Vrydagaand was toe redelik arbitrer.  Ek is nou moeg daarvan om agter mans wat ek nie ken nie aan te ry en dan  vir 2 ure 'n klomp sinnelose tjol te praat.  Weereens, lekker tweedehands - pas geskei, twee kinders, alkoholis (gelukkig gerehabiliteer, maar julle weet hoe lief ek is vir wyn!).  Wat moet 'n girl tog doen?

 

Hoop julle het 'n skuldvrye en vreeslose week.

Lekke

Zazza

Hoe weet jy as die hoender gaar is?  16/08/2010

Easy Chicken Recipe  
Here is a chicken recipe that  also includes the use of popcorn as a stuffing -- imagine  that. When I found this recipe, I thought it was perfect  for people like me, who just are not sure how to tell when  poultry is thoroughly cooked, but not dried out. Give  this a try.

4 - 5 lb. Chicken
1 cup  melted butter
1 cup stuffing
1 cup uncooked popcorn
Salt/pepper to taste
   


Preheat oven to 350 degrees. Brush chicken  well with melted butter salt, and pepper.  Fill cavity  with stuffing mixed with popcorn.  Place in baking pan with the neck end toward the back of the oven.
 
Listen for the popping sounds. When the chicken's arse blows the oven door open and the chicken flies across the room and  lands on the table, it's done and ready to eat.
 
And, you thought I couldn't cook ........

Hot Toddy  12/08/2010

Ek het alweer verkoue.  Die Ma se keel was seer, Madame Sophie was kroes en nieserig en ek besluit toe ons klim al drie vroeg in die bed met die Pa (in absentia) se famous Toddy.  Die Ma met Santa Gamka en ek met die Kama Sutra.  Kyk, ek het Santa Gamka vreeslik geniet en is nou juis besig met ‘n referaat oor die ding, maar dit klink net soveel beter om te sê jy het met die KS in die bed geklim!

                                           

Een van daardie boeke wat die dinges uit my geïrriteer het was “Little Women”.  Ek het die boek omtrent 5 keer begin en nooit vreeslik ver gevorder nie.  Die fliek was nie minder irriterend nie, maar ek kon hom darem deursit.  Die beste deel van die fliek was toe Wynona Ryder (dink ek) druppend en snuffelrig voor die vuur sit met ‘n man wat haar afdroog of iets dergelik.  Hy wil haar ‘n skeut brandewyn teen die koue injaag en sy sê so ewe preuts, “I only drink for medicinal purposes” en hy antwoord, “Well, pretend you’re ill”!  Die seer kele all round was ‘n baie goeie verskoning vir die toddy.

 

Iets mooi oor Tantra vir julle:

            “The man sees the woman as a goddess,

            The woman sees the man as a god.

            By joining the diamond scepter and the lotus,

            They should make offerings to each other.

            There is no worship apart from this.”

 

Terwyl ons oor die Tantra praat, hier is ‘n ietsie uit my vertaling.  Dit is uit Posisies van die Middeleeuse teks:

            Wanneer geliefdes, met bene reguit uitgestrek,

            mekaar met hul voete liefkoos

            en liefde maak volgens die begeerte van hul harte,

            noem diegene wat “tantra” bestudeer dit “Sampada” (Gelyke voete)

            en stem saam dat dit die pad na ekstase is.

 

            Styf soos ‘n paal in die middel van die bed,

            lê sy en maak liefde,

            murmelend en singend soos ‘n bosduif,

            die juweel van haar klitoris blink gepoets:

            dit is “Mausala” (Die Stamper en die vysel).

 

Hoop jy word vandag soos ‘n Goddellike wese behandel!

 

Koerrend

Zazza

Die Poolse Konneksie  11/08/2010

My vriendin die Kultuurdiva se suster woon in Warskou, Pole.  Wat hierdie situasie so interessant maak is dat ek ook in Pole gewoon het (in Poznan), maar nooit daar die Diva-susters ontmoet het nie.  Vars onder die resepte is 'n Poolse kaassop wat die Kultuurdiva in Desember in Krakow geniet het en so 'n Sondag of wat gelede vir my herskep het.  Dit is ryk en lekker en subliem verby.  Gaan loer bietjie!

Telefoonbemarking  11/08/2010

Ek kry so ten minste een keer per week ‘n selfoonmaatskappy of bank wat een of ander diens of produk aan my probeer verkwansel.  En dit help nie om met die arme oproepsentrumoperateur moerig te raak nie, want dis maar net hul werk.  Dit is partymaal egter ‘n fisiese inspanning om nie op hulle te gil en die foon by die venster uit te gooi nie (Ek het al ‘n foon teen die muur te pletter gegooi!).

 

Dit laat my toe wonder of telefoonbemarking nog enigsins in ‘n land soos Suid-Afrika werk.  Ons is so konstant onder die aanslag van iemand wat iets wil hê of iets aan jou wil afsmeer of sommer net onbeskof is.  By elke verkeerslig is dit donkerbrille, toiletpapier, hangers, selfoonlaaiers, bedelaars en pamflette.  Dan moet jy nog die padvarke trotseer en sorg dat jy lewendig by jou eindbestemming uitkom.

 

Ek is ‘n Kaapse nooi en woon nou al so byna 4 jaar hier in Gauteng.  Met die koms van my nuwe vuurwa moes ek toe my mooie CA nommerplaat prysgee vir ‘n Groot Poepol nommerplaat.  Een van my vriende sê toe ek moet net sommer uit die staanspoor uit my flikkerlig afbreek sodat ek nie dalk in die versoeking sal kom oom hom te gebruik nie.

 

Maar is dit nie hoe sosiale verval begin nie?  Met daardie klein dingetjies waaroor ons net nie meer omgee nie, want “niemand anders doen dit tog nie”?  Ons wil nie herwin nie, want watse verskil gaan my borrels en papier nou maak?  Ek ry soos ‘n aap, want almal ry soos ape.  Padreëls is deesdae net iets wat jy vir jou liksenseksamen leer en onmiddellik weer vergeet, asblikke is abstrakte kunswerke wat maar ongebruik aan pale hang en die sosiale reëls wat daar is vir ons beskerming en om ons lewens meer gerieflik te maak is net nie meer die moeite werd om te volg nie.  Dit begin met die klein dingetjies en eindig in hierdie ongelooflike woede wat almal in hulle dra en op die ou end lei tot familiemoorde en ‘n gebrek aan respek vir mekaar en lewe.

 

En hiermee eindig my preek!  Wees lief, haal diep asem en hou dalk net vir vandag by die spoedgrens.  Jy sal nie eers veel later as ‘n minuut of twee by jou eindbestemming aankom nie.  En respekteer jouself.  Selfrespek is die begin van respek vir ander en van ander.

 

Soene

Zazza

Aansoeke en admin  06/08/2010

Die stilswye van die afgelope 24 uur was as gevolg van 'n aansoek vir die boek launch van Afrikamasutra wat ons volgende jaar by sie KKNK wil gaan hou.  Ek haat mos sulke admin-rige goeters en veral budgets!  In elk geval, gaan lees die persvrystelling onder Kama nuus aandra.  Ons is lekker opgewonde!

 

Ek hoor nou die dag die mees fabulous aanhaling van George Bernard Shaw op RSG (Ja, ek luister na Radio sonder mense, hulle is great).  Hy het gese, "daar is geen liefde so opreg soos die liefde vir kos nie."  As jou lover naar is met jou of jy het 'n fight met jou baas gehad - jou liefdesverhouding met kos is standvastig en langdurig.

 

Ek weet ek bly respte belowe.  Ek het nie vergeet nie.  Die lewe is net bietjie dol op die oomblik.  Het nou die aand (vir julle wat van lewer hou), die mees sensuele lewer en uie op pofaartappels gemaak.  Die resep sal sommer binnekort op wees dat julle aan die kook kan raak.

 

Ek het nou die dag so afgegaan oor mans in geel en swart wind breakers - nou is dit die vrouens se beurt.  Ek hol gou nou die dag by die Grove in om kos of iets dergeliks te gaan aanskaf toe 'n apparisie by my verby slons.  'n Vrou in 'n turqoise, velour sweetpak.  Van kop tot tone in turquoise velour.  Nee regtig!  Daar is geen rede op hierdie planeet om OOIT turquoise velour te dra nie!  Ooit.  Of 'n sweetpak, for that matter, tensy jy pas gebad het en voor die tv met 'n kat op jou skoot sit nie.  En selfs dan is dit borderline OK.

 

Wel, lekker dag, lekker naweek, lekker eet en as julle so gelukkig is, lekker vry!

 

Liefde

Zazza

Madame Sophie, die Ma en die nies  04/08/2010

My moeder (wat so sinus kry van te veel Chardonnay) kuier op die oomblik by my uit die Kaap.  Ons kuier natuurlik al een strook deur vandat ek haar by die lughawe opgetel het.  En nee, ons het nie eers vanoggend sinus nie!

 

Laat ek net eers die ander karakter voorstel – Madame Sophie is my chat noir.  Ek het die voorreg om by haar te bly.  So ‘n paar minute terug nies my ma van hierdie wonderlike vuil winterlug en vra vir Madame Sophie onverskoning.  Ja, die Madame word voor askies gesê, maar nie ek nie.  As ‘n nagedagte, word ek toe laggend bygevoeg.

 

Ek laat gister my hare sny by ‘n sentrum hier in die Ooste van Pretoria en terwyl ek sit en koffie drink sien ek ‘n man deur die venster.  Hy dra ‘n geel en swart pofferige wind breaker.  Ek dog ek sien verkeerd, maar helaas.  Ek sit in totale ongeloof en afgryse en staar na die verskynsel voor my.  Ek wou opspring, na hom toe loop en vir hom vra of hy getroud is en as hy nee gesê het, vir hom sê dat as hy so aantrek hy nooit, ooit ‘n vrou van enige aard sal kry nie. 

 

Verstaan my nou mooi.  Ek weet liefde en skoonheid is in die eye of the beholder, maar wraggies.  Die man het gelyk soos ‘n argument.  Dis soos polar fleece en camo.  Tensy jy gaan oorlogvoer, jag (topic vir ‘n ander dag) of actually in die weermag is, vermy tog camo om hemelsnaam.  Ek weet ek kan nie praat vir die hele vroulike bevolking nie en ek kom nou wel uit die Kaap uit, maar ek vind dit ‘n moerse turn-off.  En ek gee nie om of dit wit, blou of khaki camo is nie.  Dis nie cool nie!

 

Ek moet ook eerlik wees – ek is die vroulike ekwivalent van ‘n “tits and ass” ou.  Ek hou van mooi mans.  Ek hou van mans wat mooi gebou is, mooi lyk, mooi ruik en mooi optree.  Ek het beslis nie meer illusies oor die perfekte man of vrou nie (lees die gedig Droomman), maar ek hou van iemand wat darem probeer.

 

So tien uit tien vir julle ouens daar buite wat nie dink vroulike belangstelling gaan sommer net vanself gebeur nie.  Ons waardeer die moeite!  Te metro, is ook bietjie erg, aangesien ek graag sou wou hê die mense moet my parfuum ook bo joune kan ruik en jy moenie langer voor die spieël deurbring as ek nie.

 

Lekke(r) dag

Zazza

Intellektuele Snobisme  03/08/2010

Helmuth van Moltke, hoof van die Pruise Lëer het twee teoriëe gehad oor oorlogvoering.  Die eerste was dat geen operasionele plan verder strek as die eerste kontak met die vyand se sterkpunt nie (m.a.w. geen plan oorleef kontak met die vyand) en die tweede is dat strategie ‘n stelsel is van voordeel (al spruit daardie voordeel uit immorele of verkeerde aksies).

 

My vriendin die Prokureur sê dat toe sy hierdie woorde van von Moltke lees, sy besef het hoe waar hierdie stellings is, selfs in ons lewens.  Besigheid, verhoudings, drome - alles word geraak deur hierdie stelling.  Mens gaan gewoonlik in ‘n situasie in met ‘n plan van aksie, agenda, veglusitg gereed vir die “vyand” of opponent.  Maar, sodra daardie persoon gekonfronteer word, val al hierdie beplanning en strategiëe plat.  Die lewe is onseker en wispulturig.  Maak nie saak hoe goed jou beplanning is nie, daar sal altyd iets onverwags gebeur.  Beslis nie altyd negatief nie – die lewe is immers ‘n avontuur!  Maar wees bedag daarop dat jy dalk jou rigting of plan sal moet aanpas.

 

Die Prokureur was gister ‘n groot bron van inligting – sy vertel my verder dat sy gelees het van die drie eienskappe van hoogsintelligente mense.  Eerstens, het alle geniëe die vermoë om selgs op een vraag, probleem of doel op ‘n slag te konsentreer en alle afleidings uit te sluit of te ignoreer.  Die tweede eienskap is dat hulle ‘n stelselmatige benadering het tot probleemoplossing en die derde eienskap is dat hulle gewoonlik altyd vrydenkend is.

 

Ek moet erken ek is effens van ‘n intellektuele snob en geniet gewoonlik die geselskap van hoogsintelligente en kunstige mense, maar dit maak op die ou end eintlik nie saak of jy super intelligent is of nie, solank jy oopkop en vrydentkend is!

 

Bly dink en veg teen middelmatigheid, maar hê tog lief.

 

Groete

Zazza

Engele  29/07/2010

Ek kom nou net van Irene af.  Dis 21:30 en op die N1 oppad terug het ek sopas die mees asemrowende en mees gruwelike ervarings in een oomblik beleef.  Eerstens lyk die maan hier in Pretoria vanaand soos iets uit ‘n sprokie.  Ek is nog so besig om na die maan te staar met Beethoven se 4de klavierkonsert in die agtergrond toe ek blou ligte sien flits by die Lynnwoodafrit.  Die snelweg is toe en al die motors word by Lynnwood afgelei.  Eers dink ek hulle is net besig om aan die pad te werk, maar dan sien ek iets teen die middelman lê.  Dis so ‘n witterige, hoop iets.  Dit was ‘n kar.  Plat en uitgebrand. Dis asof die siele van die mense in daardie kar so tussen die maan en Beethoven daar oor die N1 gehang het.

 

Ek klim by die huis uit die kar met hoendervleis.  As ek vroëer uit Irene uit gery het, was ek dalk deel van daardie hopie yster en glas.  Net toe ek my deur oopsluit, stuur ‘n vriendin vir my die volgende sms:

“I sent an angel to watch over you last night, but it came back.  I asked ‘why?’.  The angel said, ‘angels don’t watch over angels!’  Twenty angels are in your world.  Ten of them are sleeping, nine are playing and one is reading this message.”

 

Wel, ek voel of ek vanaand al die Engele in die heelal op die dak van my kar gehad het!

 

Mag die Engele vannag by julle en in julle wees.

Sinus  28/07/2010

Gewoonlik as my ma ‘n glas of wat te veel Chardonnay gedrink het, het sy nooit die volgende dag korrelkoors nie.  Nee, sy het net altyd vreeslik sinus!  Wel, Mamma, ek het vanoggend vreeslik sinus.

 

My dag gister was redelik besig en ongelukkig het die Tirami Su daaronder gely.  Poeding word toe maar koffie en sjokolade.  Ek en die Songod het vreeslik lekker gekuier en die Risotto was ‘n groot sukses.

 

Ons het natuurlik die wêreld se probleme bespreek en waaroor ons gepraat het pas so mooi in by hierdie aanhaling van Alan Cohen wat die Prokureur gister vir my gestuur het:

 

“Those who love you are not fooled by mistakes you have made or dark images you hold about yourself. They remember your beauty when you feel ugly; your wholeness when you are broken; your innocence when you feel guilty; and your purpose when you are confused.”

 

Die Hamster en elke partner wat ons nog ooit laat sleg voel het oor onsself kan dalk iets hieruit leer!

 

Ek gaan nou ‘n hoofpynpil met my tee afsluk teen daardie vreeslike sinus en aan die werk spring.  Bon voyage (want die lewe is ‘n reis), bon appetite (want ek hoop julle eet vandag lekker) en hoop verder dis sommer ‘n bon dag!

Ra-Ra-Risotto  27/07/2010

Vanaand kom eet die Songod by my (hy is into sonkrag, dus was Songod van toepassing).  Ek gaan Sampioenrisotto maak en afhangende van hoe energiek ek voel, Tirami su.  Die resepte is reeds gelaai vir julle en glo my, dis heerlik!

 

Ek het ‘n rukkie terug Wayne Dyer se nuwe boek oor die Tao gekoop, “Change your thoughts, change your life”.  Hy open die boek met ‘n aanhaling van George Bernard Shaw: “Progress is impossible without change, and those who cannot change their minds cannot change anything.”

 

Vir baie mense is verandering angswekkend.  Ek kom nou net uit ‘n verhouding met die Hamster en die een ding wat my mal gemaak het was die stagnasie waarin hy homself ingedink het.  Hy is getroud en het gekerm dat hy al vir 10-jaar wou skei, dat hy sielsongelukkig is ens. ens.  Die probleem was dat hy nie sy denkswyse wou verander nie.  Dit was makliker om te bly net waar hy was, al was hy dan nou sielsongelukkig, as om te beweeg.  Want beweging is scary.

 

‘n Mens raak so goed met verskonings uitdink en jok vir jouself net om nie die vrees van verandering te hoef konfronteer nie.  Dit verg guts om jou situasie te verander.  Te erken dat jy ‘n fout gemaak het, of dat jy ongelukkig is, want “wat sal die mense sê”?  Jy kan sê dis maar hoe ek is, of ek wil nie my kinders seermaak nie of ek het nie nou die lus, energie of tyd nie.  Glo my, jy sal altyd ‘n verskoning kan uitdink – dis seker soos met die klip en die hond.

 

So, onthou dat vooruitgang begin by jou.  In jou gedagtes.  Idees bly net abstraksies totdat hulle in aksies omgesit word.  Verander jou denke, dink buite die boks en kom in beweging.  Kerm gaan tog nie help nie.

 

Verandering (of stagnasie) hoef nie te gebeur ten koste van ander nie.  Wees altyd bewus van die uitwerking wat jou aksies op ander het.  Een goeie aksie (soos om nie jou kinders te wil seermaak nie), kan nie goed wees as jy in die proses iemand anders heeltemal vernietig nie.  Daar is baie maniere wat ons mekaar kan koester en beskerm.  Een daarvan is kommunikeer.  (Iets wat die Hamster nooit kon insien nie).

 

Lekker dag vir julle.  Wees lief, wees sag en dink vandag ‘n bietjie anders!

Sentrum vir Eietydse Spiritualiteit  26/07/2010

Interessante nuus en ‘n datum wat julle solank in jul dagboeke kan afmerk!

 

Die Sentrum vir eietydse Spiritualiteit (SES) is besig met die reëlings vir hul Dagkonferensie in Pretoria op 23 Oktober 2010. Dit sal gehou word in die Ouditorium van UP se Groenkloof kampus. Die tema vir hierdie konferensie is Soeke na 'n eietydse verstaan van God. Hou die pers dop vir verdere inligting.   Kyk na die advertensie op Youtube (http://www.youtube.com/watch?v=M0QIF8N2nto) en besoek SES se webwerf by http://www.spiritualiteit.co.za/

Purper Maandag  26/07/2010

Sjoe, na al die kuier en opvang met die Prokureur die naweek is dit weer die begin van ‘n nuwe week.  Gister is ons na Renaissance hier in Pretoria, waar Abel Pienaar gepraat het oor gebed.  Dit was ‘n pragtige praatjie oor wat God of die Godheid is en hoe om te bid.  Hy het gesê God is nie hierdie oom met ‘n baard wat iewers op ‘n troon sit en afkyk op die mens nie, maar dat God iets groter en beter is.  Dat God om ons en in ons is.  Soos die aanhaling van Jean Paul Richter lui wat op die gemeentebriefie was: “God is an unutterable sigh, planted in the depths of the soul.”  Jy is die Godheid, ons en alles om ons.  So, wees die week beautiful!

 

My vriend, die Wêreldberoemde Sjef, gaan konsulteer op ons resepte en ons hoop om vir julle baie sensuele, amazing kos te kan bied.  Daar sal hopelik elke dag ietsie nuuts wees om aan te knibbel (of van iemand se lyf af te lek).

 

Ek vra verskoning vir die paar spelfoutjies wat hier en daar insluip.  My vriendin, die Kultuurdiva, organiseer binnekort vir my ‘n Afrikaanse speltoetser.  Partykeer glip die foute deur oor ek so haastig is om vir julle iets te lese te gee dat ek sommer die blapse miskyk!

 

Om aan te sluit by wat Abel gister gesê het, haal ek die digter Hafiz aan: “Everyone is God speaking.  Why not be polite and listen to Him.”

 

Laat dit nie ‘n bloumaandag wees nie, maar mag dit purper en sensueel wees!

Bubbles het toe gewen  24/07/2010

Ja.  Vonkelwyn en DVD’s op die bank het toe gewen.  Ek en die Prokureur het Shutter Island gekyk (baie weird, nie op 'n goeie wyse nie) en toe Youvetsi gemaak, wat totaal en al orgasmies was.  Daarna het ons die drama van Shutter Island gebalanseer met iets pienk en fluffy – Love Happens.  Nie so fluffy soos wat mens dink nie.  Ons het teen die einde elkeen ‘n traan weggepink.

                                            

Ons het groot planne gehad (soos met die Bootcamp) om vandag na die Irene Fees toe te gaan, produktief te wees en te gaan tango in die singel, maar tans lyk rondsit in pajamas met koffie baie meer aantreklik.

 

Ons het beslis nie Babbelas nie, maar is net lekker lui en ontspanne.

 

Gedagte vir die dag:  Homer het al in die agtste eeu geskryf, “No poem was written by a drinker of water.”

 

Lekker naweek!

Bootcamp of Babbelas?  23/07/2010

My goeie vriending, die Prokureur, kuier by my uit die Kaap.  Gisteraand het ons eers lekker opgevang, Kanu Chardonnay gedrink en gepraat oor die verskeie mans wat ons die afgelope tyd hel gegee het.  En dit tref my toe - ten spyte van all die slegte (en goeie) liefdeservarings oor die jare is ek nogsteeds soos 'n labrador puppy.  Ek glo steeds in ware liefde, die goedheid van mense, die sagte kant van mans, dat mans ook kan huil en dat ons op hierdie aarde is om lief te hê. 

Terwyl ons gistermiddag tee drink by Contessa in Rivonia (en die lekkerste koek op heirdie planet eet), sê die Prokureur dat die rede hoekom tee en koek so lekker is, is omdat tee en koek nie ‘n agenda het nie.  Dit is net tee en koek! 

Vanoggend sit ons in my kantoor en werk – dis nou die Milkplum Café in die Pretoria Botaniese tuin.  Die wolke bou op en dit lyk voorwaar of daar ‘n storm aan die broei is.  Ons het groot planne vir die laatmiddag – ons gaan inkopies doen vir vanaand se ete.  Die Prokureur gaan vir ons Youvetsi maak (hou resepte dop vir die resep).  Voor ete is ons groot plan om eers te kom Bootcamp (ja ek bootcamp elke middag in die Botaniese Tuin) en dan as ons ‘n paar kaloriëe verbrand het, te gaan kook en ‘n lekker bottel wyn oop te maak.  Soos die kuier egter so tussen die werkery vorder en dit al hoe meer bewolk raak, begin ons wonder of ons nie net bootcamp moet mis en sonder verwyl daai bottel wyn moet takel nie. 

 

Julle sal more hoor  wat gewen het – bootcamp of babbelas!

 

Laaste gedagte vir vandag: Don’t eat fruit and nuts – you are what you eat.

 

Dag een  22/07/2010

Uiteindelik is Afrikamasutra hier.  Die webwerf sal binne die volgende paar dae vorm aanneem.  Ek hoop daar sal elke dag iets nuut en interessant wees vir julle om te lees en oor te lag.

'n Baie goeie vriendin van my stuur vanoggend vir my die volgende epos.  Ek is seker die girls daarbuite sal dit soveel geniet soos ek dit geniet het!

 

A Real Man

A real man is a woman's best friend. He will
never stand her up and never let her down.
He will reassure her when she feels insecure
and  comfort her after a bad day.

He will inspire her to do things she  never
thought she could do; to live without fear
and forget  regret. He will enable her to
express her deepest emotions and give  in to
her most intimate desires. He will make sure
she  always feels as though she's the most
beautiful woman in the room and  will enable
her to be the most confident, sexy,
seductive,  and invincible.

No wait...  sorry... I'm thinking of wine!

Never mind.