Kama gedigte
Blues
Jy maak van my
'n onvoltooide Blues refrain.
Jy los my soos sleazy jazz
sonder 'n laat nag -
'Round Midnight sonder
'n Muted trumpet.
Net woorde. Husky woorde
sonder rhythm, sonder blues.
Jy's die frase
wat herhaal,
die whisky op my tong -
jy weet dit nie eens.