Kama gedigte
Een dag van morgen
Deur Hans Andreus
Vertaal deur Winnie Rust
(Gedig van die eeu)
Wanneer ek môre doodgaan,
Vertel dan aan die bome
Hoe lief ek jou gehad het.
Vertel dit aan die wind
Wat in die bome klim
of uit die takke val
Hoe lief ek jou gehad het.
Vertel dit aan `n kind
Wat jonk genoeg is om te begryp.
Vertel dit aan `n dier
deur hom net aan te kyk.
Vertel dit aan die huise van steen,
Vertel dit aan die stad
Hoe lief ek jou gehad het
Maar sê dit aan geen mens.
Geen mens sal jou wil glo.
Geen mens sal dit kan glo:
Dat slegs maar `n man, dat slegs maar `n vrou,
Dat een mens `n ander so lief kan hê soos ek vir jou.