Kama resepte
Dave se ultimate pluimvee stopsel
Dave se ultimate pluimvee stopsel
½ witbrood (verkieslik gewone goewermentsbrood, niks fênsie)
1 medium ui
sout en witpeper
2t gedroogte tiemie (meer as dit vars is)
80 – 100g botter
- Kap die ui baie fyn
- “Blansjeer” die ui vir ‘n paar minute in die mikrogolf tot sag (sowat 3 – 5 min afhangende van jou oond)
- Meng al die droë bestanddele
- Meng die botter by met ‘n vurk of vingers totdat dit heeltemal ingemeng is.
- Voeg die gekapte ui by.
- Stop die voël.
- Vryf ‘n bietjie botter oor die voël en sit ‘n bietjie sout en peper op die vel.
- Volg die instruksies op die kalkoek vir kookinstruksies.
- Vir ‘n medium tot groot hoender, voeg sowat 20 minute by die kooktyd.
So moet ‘n voël mos proe!