Descartes Revisisted

Jy los vir my

‘n digbundel

in ‘n bruin koevert.

Voorop,

my naam

in jou handskrif.

 

Later

lees ek en

onthou jou

in die glas witwyn voor my.

Die neonligte van Langstraat

val skuins deur die venster en

gee die vertrek

‘n sepia skynsel.

 

Tussen al die ou geliefdes,

soek ek na stukkies onthou,

‘n bestaansreg in woorde –

jy skryf,

dus het ek vir jou bestaan.

 

Ek neem’n laaste sluk en

sterf

deur jou

‘n dood sonder woorde.