Ilse se korslose souttert

(standaard bestanddele)

250 ml room

250 ml melk

¼ koppie meel

1 hoogvol eetlepel maizina

1 eetlepel mostertpoeier

Sout

2 – 3 eiers (afhangende van hul grootte)

100g – 250g kaas

 

(vir alternatiewe geure)

Peppadews en feta

Sampioene en gruere

Hoender

Aspersies

Spek

 

Klits die eiers.

Voeg melk by en klits saam.

Sif droë bestanddele bymekaar.

Voeg kaas by droë bestanddele.

Meng by eiermengsel.

Voeg ander bestanddele by.

Skep in gesmeerde tertbord.

 

Bak @ 180ºC vir ongeveer 45min of tot gestol en ligbruin bo-op.

 

Geniet!