Murasies deur Dewald Alberts
Murasies....
Waar ek sit
toe oë
starend na niks
wat rus
op `n fondasie
van vergetelheid
waar eens
was gebaar
kinders
en afgestaan
ouers
sien ek nog duidelik
die "bay windows"
èn die blombokse
vol goudgeel
afrikanertjies
in volle blom
wat nie meer drink
water
nie meer sien
son
glad nie meer
blom
geen brief òf bus
geen niks....