Waansin

Jou reuk is oral om my.

In die leë huis by die see

voel ek jou hitte teen my aan -

my vingers herken

kaatsend oor jou gelaat

die maan.

 

Jou beeld eklips

'n ander met wie ek praat.

Woorde word hol.

Sy mond 'n donker gat

waar my skaduwee muf.

 

Ek smag na die werklikheid van

jou arms.