Oggendklas

(In memorium)

Ek voel my vingers

deur jou hare gly -

lank, nog effens klam.

My hande beweeg stadig

oor jou growwe trui –

skouers, bors, rug.

Totdat,

bevry

vel op vel

ek jou ontdek.

Jou vel, sag en warm.

Jou reuk, nuut en anders.

 

In profiel –

wimpers, neus, mond.

jou wange –

‘n warm blos.

Ek kyk

en voel weer vry.