Nie heeltemal 'n slaaptyd storie nie, deur Dewald Alberts

Linda skrik effens toe die hande veersag oor haar skouers streel.  Sy het hom nie gehoor toe hy die kamer binnekom het nie.  Dit is `n hele ruk wat sy hier gelê en wag het, net soos hulle gesê het, die man en vrou by ontvangs: "gaan lê gesig ondertoe, maak toe jou oë en ontspan en laat jou gedagtes toe om jouself op te werk.  En as ons begin wil ons nie `n woord hoor nie".  Dit het sy nogal goed reggekry, dink sy by haarself.  Sy voel vuurwarm en in alle geval na gelang van wat haar vriendinne gepraat het, weet die ou net hoe. 

Sy wou eers niks weet nie, maar hulle het haar omgepraat.  Sy trek haar rug krom soos sy hande gly.  Sy weet nie hoe hy dit doen nie, maar dit voel asof daar meer as twee hande bedrywig is.  Sulke sirkels - sag en dan meer ferm, af ondertoe naby haar stuitjie, terug boontoe en dan weer af weerskante tot waar haar borste begin uitswel.  Dan weer op en onder haar hare in teen haar nek, dan af met haar skouers en arms tot by haar vingerpunte en sy draai onwillekeurig haar palms boontoe.  Klein kieliesirkels in haar handpalms en nou weer op met haar arms tot in haar armholtes.  Sy lig haarself op sodat daardie hande onder haar kan inbeweeg en sy voel hoe hy haar borste ferm in sy hande teen haar lyf terugtrek.

Pieter van die deur af na haar voor hy die kamer binnegaan.  Sy lê op haar maag en in die kerslig lyk sy so aanlokkend.  Hy sit die masker oor sy oë en kan niks sien nie.  Die mat op die vloer is dik en daar is nie `n geluid toe hy naderstap nie. Hy raak haar liggies bo naby haar skouers en sien hoe sy so `n klein rukbeweging gee.  Die vrou buite het gesê hy mag niks sê nie, geen penetrasie nie, net massering en sy moet `n klimaks bereik, anders slaag hy nie die kursus nie.  Hy het ook nie vir Linda vertel van die kursus nie.  Sy sal tog net sê dis geldmors en hulle sekslewe is goed genoeg.

Hy begin stadig vryf en streel, soos wat die mense hom gewys het om te doen.  Al af met haar lyf, dan weer boontoe, onder haar hare in en af met haar arms, terug en dan onder haar in na haar borste toe.  As sy tegnieke reg is, behoort sy by die tyd te help deur op te lig.  Sy doen dit en hy voel haar tepels kliphard teen sy handpalms.  Hy is verbaas om agter te kom sy asemhaling is omterent net so vinnig soos hare.

Sy voel sy hande beweeg af ondertoe en lig haar lyf hoër sodat sy hande teen haar maag afgly en amper daar omdraai.  Sy hou haar lyf omhoog, hopend en wagtend maar sy hande beweeg weer boontoe en onder haar uit na haar rug en dan af weerskante van haar bene, sag maar tog dringend.  Om haar enkels draai die hande en gaan binnekant toe.  Haar bene beweeg outomaties weg van mekaar en sy is nou heeltemal verlore in die gevoel van stree,l vat, voel en liggies knyp en trek.  Sy is sò reg en voel hoe haar spiere saamtrek daar binne.  Op gly sy hande en sy maak haar bene meer oop.  Sy vloei nou vryelik en dit is wonderlik, die spanning.  Terselfdertyd voel sy amper lighoofdig.  Toe sy hande sysag deur haar nattigheid gly en teen haar klit skuur kan sy nie meer hou nie en gee haarself oor aan die hande en vingers wat vat en voel en gly en streel en vryf.  Sy begin haarself beweeg en druk teen daardie hande.  Haar orgasmes rol oor haar en sy moet haarself regtig beteuel om by die neergelêde reëls te hou.  Sy ruk en ruk en raak geleidelik stil en ontspan.  Dit voel asof sy leeg is en net wil wegraak in soeteslaap.

Hy druk en trek sy hande uit en teen haar rug af tot by haar heupe.  Hy kan voel sy geniet en is tevrede.  Hy is seker hulle kan op die monitor sien dat hy goed doen met sy finale eksamen en glimlag by homself.  Hy laat sy hande afbeweeg teen haar bene en sy maak haar bene vanself oop toe sy hande om haar enkels gly binnetoe.  Hy vryf en streel sirkels en voel die spanning in haar beenspiere.  Soos sy hande opbeweeg boontoe, maak sy haar bene al hou wyer oop en hy voel hoe nat sy is.  Sy vingers gly nader en deur die sysagtheid en sy gee sulke klein rukbewegings en druk terug teen sy hande.  Hy self voel of hy kan bars en moet homself omtrent keer om nie te doen soos normaal nie.  Sy begin kom en hy druk en vryf en trek haar klit.  Sy ry haarself omtrent teen sy hande en hy voel baie tevrede.  "Mission accomplished," dink hy by homself en toe sy begin bedaar staan hy terug en draai om en haal die masker af en volg sy ereksie uit die kamer uit terwyl hy die deur saggies toetrek.

Toe Pieter tuiskom net na ses is Linda besig om kos voor te berei. 

“Hmmm,” sê hy.  “Dit ruik heerlik.  En hoe was jou dag?"

“Ag, lekker dankie, gekuier saam met my pêlle, en joune?” vra sy.

"Ook nie te sleg nie,” antwoord hy.

“Goeie punte gekry vir `n werkskursus.  Ek het gehoop ons kan dit vier met Sjampanje en dan later bietjie vroëer kamer toe gaan.

"Hhhhmmmm......"sê Linda, “vroeg kamer toe.....eeeeendaaaaaaaan?”