Kama gedigte
Walking on broken glass
Ek stap deur jou huis –
Soos ‘n voyeur
sien ek jou slaapkamer,
bed,
troufoto.
Jy praat in onse,
maar ‘n ander ons
stap deur die
artefakte
van jou lewe.
Het ek dalk ‘n boek kom haal?
Is daar ‘n rede
vir my teenwoordigheid?
Met elke sluk wyn
word die glas skerper.
Ek gaan huis toe
en raak liggies getrek.