Kama gedigte
verwording
jy reduseer my tot
fragmente oë
neus
borste.
stukkie vir stukkie
verbrokkel jy my tot
skerwe in jou arms.
sy bly jou heel gewete -
bedompig
stikkend
werklik.
ek -
net 'n toevallige
splinter
begeer.
jy reduseer my tot
fragmente oë
neus
borste.
stukkie vir stukkie
verbrokkel jy my tot
skerwe in jou arms.
sy bly jou heel gewete -
bedompig
stikkend
werklik.
ek -
net 'n toevallige
splinter
begeer.