Desemberaand

Ek loop af en ontmoet

jou by die hek.

In die laatmiddagson

lyk jy vars en koel

in ‘n wit t-shirt.

Ek het skielik die begeerte om te lag-

uitbundig en laf.

 

Saam ry ons met die kuspad langs

tot in Bloubergstrand.

Ons arriveer en

die vibe tussen ons is elektries.

Ek skink vonkelwyn.

Ons kyk hoe Tafelberg oor die baai oranje word.

 

Ons lag en drink nog wyn.

Later gaan stap ons langs die see

en soos die koel golwe om ons voete spoel

begin alles weer,

is ons weer jonk en sorgvry.

Wanneer ons later swem,

gly jou hande van agter om my lyf

en verken jy weer die bekende ronding van my borste,

gretig, maar versigtig,

wetend dat sy in Pretoria vir jou sit en wag.