Kama gedigte
Descartes Revisited - alweer
Ek skryf
dus bestaan jy.
As ek ophou
sal dit wees soos
die Rooi Koning
wat ophou droom.
jy sal verdwyn –
sterf, afsterf, wegsterf,
doodgaan.
Die dromer sal wakker word
en dadelik sy droom vergeet.
Soos ‘n rol film in skerp lig
sal jou beeld swart word,
een met die nag,
onbespeurbaar in die dag.
Ek skryf en skryf
en skryf en skryf,
net om seker te maak
jy bly bestaan.