Kama gedigte
Spoorsalie
Ek plant hom in die skaduwee
in die slegte grond
van my agtertuin.
Hy kry te min water,
soms weer te veel.
Partykeer knibbel ‘n wurm
sy blare kaal.
Maar hy bly oorleef
en hou net aan groei.
As ‘n donnerse plant
dit kan maak in my tuin -
hoekom het jy by die eerste swaarkry
spoorloos uit my lewe verdwyn?