Kama gedigte
Terminaal
Die brandewyn
dryf deur my are,
begogel my brein en
breek my immuniteit af.
Die virus van jou
versprei weer deur my liggaam.
Jy ignoreer jouself
in die vergetelheid in,
ek begin stadig herstel.
Nou klou jou reuk
weer aan my lakens.
Jou teenwoordigheid
oorweldig my,
eindig my remissie.
Pomp my hart vol chemo,
vergiftig die virus,
maak dood en
sny die kankeragtige knoets
uit my borskas.
Jy maak my siek –
maar soos ‘n psigopaat
voel jy vere.