Kama gedigte
Slim vang sy baas
Liewe Lulu
weet jy dat jou man
nog by my kom doedoe?
Dat sy woorde aan jou
maar net die vrede behou.
‘n Per ongeluk byt -
die vreemde merke aan sy lyf.
Want met ‘n krap en ‘n lek
hou hy sy bek
om weekliks
in stilte
net weer te kom.
Ons altwee sy speelding
sodat hy nooit hoef te besluit.
Eendag -
is hy ons altwee kwyt!