Kry my op die brug

Sy gaan tel sy Valentynsgeskenk op en ry huis toe.   Sy is effens viesserig dat hy haar nie laat weet het of hulle nog na haar vriendin se operavoorstel gaan of nie.  Sy skud gou die irritasie af, want sy weet waardeur hy gaan moet hel wees.  Daar sal nog baie aande se kuier en uitgaan wees in die toekoms.  Sy is in elk geval nie lus om te gaan na die week se drama nie.

Die volgende oggend sit sy in die lesinglokaal en probeer luister.  Hemel maar haar konsentrasie die afgelope tyd suck.  Sy sms hom.

Laat my net asseblief weet wat aangaan.  Ek is besig om mal te word.

Sy wag.  Sy kyk elke 3 sekondes na die foon op haar skoot.  Sy hoor nie ‘n woord van wat voor gesê word nie.  Uiteindelik blink haar selfoon se lig aan. 

Jammer dat ek gisteraand se konsert gemis het.  Moes alles mooi vir my kinders verduidelik.  Hulle laat verstaan ek verdwyn nie. Kry my op die brug.

Sy staar in ongeloof na haar foon.  Dit was hul reëling.  As alles eendag verby is, dan kry sy hom op die brug tussen hul twee huise.

Twee jaar se hel is verby.  Haar toekoms begin nou.  Hierdie oomblik.  Sy begin haar goed pak en genadiglik eindig die sessie op presies daardie oomblik.  Sy spring op en hardloop by die lokaal uit.  Sy groet nie eers kollegas nie.  Sy hardloop na haar kar toe (wat in hierdie einde nie die vorige dag gebreek het nie) en ry teen ‘n mal spoed haar toekoms tegemoet, daar waar hy vir haar wag.  Op die brug. 


Alternatieve eindes