En hier sit sy, byna vyf weke later en uitkyk by die venster van die vliegtuig. Oppad terug na haar kat en haar manlose huis. Om van voor af te begin...
Sy sien haar weerkaatsing in die venster. Haar hare is ‘n kort bos rooi krulle om haar kop. Hy het altyd só van haar lang hare gehou. In ‘n aksie van protes het sy dit alles laat afsny. Maar nou herinner die bleddie kort hare haar aan hom elke keer as sy in die spieël kyk! Sy glimlag vir haar simpelgeit.
Toe sy by die huis haar epos aflaai is daar ‘n kil, selfbejammerende epos van hom wat haar verwittig dat hy nie weer met haar sal kontak maak nie, omdat sy net onnodige skade in sy lewe aanrig. Net daar strip sy haar moer, besluit om daai bottel vlenters te dinges, die stukke met mening uit te ruk, die bliksemse swakkeling onder sy gat te skop en vry van hom en sy kômmin gespuis die lewe met ope arms tegemoet te hardloop!
- As jy dink die einde suck vir ons hoofkarakter, kliek hier vir ‘n alternatiewe einde.
- Vir die empowering, feministiese einde waar sy die doos onder sy gat skop, kliek hier
- Vir die flou, maar minder doosagtige en beslis meer eerbare einde
- Vir die Joost van der Westhuizen einde
- Lief, as jy kom in my drome (is dít hoe dit sou wees)
- Terug na storie