Kry my op die brug
Die volgende oggend sit sy in die lesinglokaal en probeer konsentreer. Haar gedagtes is egter so besig met haar eie persooonlike drama dat sy glad nie hoor wat voor gesê word nie. Sy sms hom.
Laat my net asseblief weet wat aangaan. Ek is besig om mal te word.
Sy wag. Sy kyk elke 3 sekondes na die foon op haar skoot. Sy hoor nie ‘n woord van wat voor gesê word nie. Uiteindelik blink haar selfoon se lig aan.
Jammer vir die stilte. Ons moet praat. Ek kan nie hierdie naweek uittrek nie. My kinders suffer en M is onredelik. Ek moet dit eers uitsorteer. Ek kom 5 uur na jou toe dat ek kan verduidelik. Ek moet net eers alles hier uitsorteer. Lief vir jou OXO
Alternatieve eindes
- As jy dink die einde suck vir ons hoofkarakter, kliek hier vir ‘n alternatiewe einde.
- Vir die empowering, feministiese einde waar sy die doos onder sy gat skop, kliek hier
- Vir die flou, maar minder doosagtige en beslis meer eerbare einde
- Vir die Joost van der Westhuizen einde
- Lief, as jy kom in my drome (is dít hoe dit sou wees)
- Terug na storie