Kry my op die brug
Die volgende oggend sit sy in die lesinglokaal en probeer konsentreer. Haar gedagtes is egter so besig met haar eie persooonlike drama dat sy glad nie hoor wat voor gesê word nie. Sy sms hom.
Laat my net asseblief weet wat aangaan. Ek is besig om mal te word.
Sy wag. Sy kyk elke 3 sekondes na die foon op haar skoot. Sy hoor nie ‘n woord van wat voor gesê word nie. Uiteindelik blink haar selfoon se lig aan.
My psigiater sê ek mag dalk breinskade hê. Ek gaan oor twee weke vir verdere psigometriese toetse. Dit was nie regtig ek nie!
Alternatieve eindes
- As jy dink die einde suck vir ons hoofkarakter, kliek hier vir ‘n alternatiewe einde.
- Vir die empowering, feministiese einde waar sy die doos onder sy gat skop, kliek hier
- Vir die flou, maar minder doosagtige en beslis meer eerbare einde
- Vir die Joost van der Westhuizen einde
- Lief, as jy kom in my drome (is dít hoe dit sou wees)
- Terug na storie