Orale Plesier - Fellatio tegnieke
(Hierdie kolom het op 26 Januarie 2012 op Nuus24 verskyn)
In Sex and the City het Samantha die volgende kwytgeraak daaroor, "you men have no idea what we're dealing with down there. Teeth placement and jaw stress and suction and gag reflex and all the while bobbing up and down, moaning and trying to breathe through our noses. Easy? Honey, they don't call it a job for nothing!" En in Maleisië is dit selfs onwettig.
In Engels is dit 'n blow job, BJ, giving head en sucking off. In Afrikaans is daar nou nie eintlik 'n woord daarvoor nie. Die dat ek toe my mede-Sutras nader en hoor wat hulle dit sal noem.
Ons het opgekom met liplollie lek, jou worsdors les, kopgee, opsuig, 'n blaasoppie gee of dalk paaltaal praat. Wat ons dit ookal noem, dis al vir eeue deel van die liefdesspel.
Fellatio is die orale stimulasie van die penis deur jou seksmaat en beteken letterlik, "om te suig". Die mond, tong of keel word gebruik gedurende fellatio. Net soos met cunnilingus, word dit dikwels ingespan om maagdelikheid te bewaar en om swangerskap te voorkom.
Dit is egter nie vir almal 'n ewe plesierige ervaring nie en party mense het 'n intense negatiewe gevoel teenoor orale seks. Daar kan verskeie redes wees hoekom iemand afgesit word daardeur.
Vir party mense is die gedagte om voor iemand te kniel dalk verskriklik vernederend. Tweedens, net soos met cunnilingus, kan die reuk jou afsit, veral as dit nie heeltemal skoon is daar onder nie.
Dan is daar natuurlik die vraag van spoeg of sluk. Party mense vind die gedagte van sperm in hulle mond totaal en al weersinwekkend, terwyl dit vir ander nie so onplesierig is nie. Mans kan dikwels nie verstaan wat 'n vrou se probleem is met fellatio nie en hier wil ek jou die vraag afvra, hoe voel jy, as man, daaroor om 'n ander man se sperm in jou mond te hê? Dit plaas dinge dalk 'n bietjie in perspektief as jou geliefde vir jou sê dat sy nie daarvan hou nie.
Dikwels het mense 'n sekere konnotasie asgevolg van vorige seksuele mishandeling of geweld. Party mans het die manier om gedurende fellatio 'n vrou se kop ondertoe te druk of hulle aan hul hare vas te hou. Die hele aksie is een van mag en in beheer wees van jou seksmaat en kan geweldig traumaties wees vir 'n vrou.
Maar, met die negatiewe aspekte ter syde gestel, kan fellatio 'n intieme en intens stimulerende aspek van die liefdesspel wees. Die mees intieme posisie vir twee geliefdes is vir die man om te lê en vir sy geliefde om tussen sy bene te kniel of langs sy dy opgekrul te lê. Sodoende, geskied dit op 'n liefdevolle wyse sonder enige vernedering.
Net soos die klitoris, is die glans van die penis uiters sensitief en moet dit eers saggies en tergend benader word, soos jy die clotoris sou benader. Naas die glans, is die slymvliesplooi of frenum aan die agterkant van die penis uiters sensitief. Dit is waar die vel en die glans bymekaar uitkom. Die frenum is soos die manlike klitorisklitoris.
Die testikels kan in die hand geneem word en liggies gedruk of masseer word, terwyl die area tussen die testikels en die anus, die perineum, ook intense plesier verskaf.
Die Kama Sutra het natuurlik 'n hele afdeling oor fellatio en gee die mooiste beskrywings van wat alles gedoen kan word gedurende die liefdesspel. Hierdie vertaling kom uit my boek, Afrikamasutra:
Wanneer jou minnaar jou penis
in haar hand vasvat en haar lippe,
wat ‘n ‘O’ vorm, liggies op die punt plaas,
terwyl sy haar kop in klein sirkeltjies beweeg,
word hierdie eerste stap “Nimitta” genoem (Aanraking).
Volgende, terwyl die kop in haar hand gehou word,
plaas sy haar lippe styf om die skag,
eers aan die een kant en dan aan die ander,
terwyl sy versigtig is dat haar tande jou nie seermaak nie:
dit is “Parshvatoddashta” (Byt aan die Kante).
Nou neem sy die kop van jou penis
saggies tussen haar lippe,
Om die beurt drukkend en saggies soenend
terwyl aan die sagte vel getrek word:
dit is “Bahiha-samdansha” (Die Buitenste Knypers).
As sy volgende toelaat dat die kop
geheel en al in haar mond in gly
en sy die skag styf tussen haar lippe druk,
terwyl sy ‘n oomblik aanhou voordat sy wegtrek,
is dit “Antaha-samdansha” (Die Binneste Knypers).
Wanneer, terwyl sy jou penis in haar hand nee,
en haar lippe rond maak,
sy vurige soene al langs die lengte af plaas,
suigend soos sy sou suig aan haar onderlip,
word dit “Chumbitaka” genoem (Soen).
As, terwyl sy soen, sy haar tong
oor jou penis laat dartel
en dan, terwyl sy hom punt, die sensitiewe
glans herhaaldelik piets,
word dit “Parimrshtaka” (Piets die Punt).
En nou, aangevuur deur passie, neem sy
jou penis diep in haar mond,
kragtig trekkend en suigend aan hom
asof sy ‘n mangopit afsuig:
dit is “Amrachushita” (Suig ‘n Mango).
Wanneer sy voel dat jou orgasme naby is
sluk sy die hele penis,
suigend, terwyl sy aan hom werk
met lippe en tong todat jy kom:
dit is “Sangara” (Heel Ingesluk).
Wat ook al jou en jou geliefde se voorkeure is, maak seker dit geskied met respek en liefde. Weereens, as reuke en higiëne jou afsit, maak 'n lekker bad of stort saam deel van die liefdesspel.
En manne, as sy nie jou sperm in haar mond wil hê nie, respekteer haar daarvoor. Dit is nie vir almal ewe aangenaam nie. Fokus eerder op liefde en intimiteit as op spoeg of sluk!
Lekke(r) vry die week!
Zazza
Kinder soms net pionne
(Hierdie kolom het op Nuus24 verskyn op 11 Januarie 2012)
Hoeveel van ons bevind onsself nie in die tweedehandse karmark nie? Almal om jou het getrou en kinders gehad en is nou weer aan die skei of is reeds geskei. Om een of ander rede het van ons die eerste rondte gemis en moet jy nou date in die "tweedehandse" afdeling. Of jy is dalk self effe tweedehands.
In hierdie verskillende verhoudings wat ek al in hierdie sektor gehad het, raak mans soms die raarste goed kwyt. Die mees oorgebruikte sin (deur mans en vrouens) – “my kinders sal altyd eerste kom”. Daar is variasies op 'n tema, soos "jy sal altyd tweede kom", "ek gaan nooit weer trou nie" of my gunsteling, "ek gaan nooit weer saam met iemand bly nie", terwyl die persoon nog by sy eks en meeste van sy kinders bly.
Nou, punt nommer een is, dis nie ‘n kompetisie nie. Hoekom moet daar ‘n ranglys wees? Ons weet almal dat kinders gekoester en beskerm moet word. As nuwe maat in die persoon se lewe wil jy regtig absoluut niks doen om daardie verhouding te kompromeer of weg te wens nie. Indien enigiets, wil jy deel word van daardie verhouding en daardie familie dinamiek en die oomblik as jy begin lief word vir daardie kinders, wil jy ook net die beste vir hulle hê.
Dit is egter belangrik om nie te vroeg 'n nuwe maat aan jou kinders voor te stel nie. Talle studies toon dat voor 6 maande dit te vroeg is en beslis voordat jy weet dat die verhouding redelik ernstig is. Die kind raak geheg aan die persoon en as die paartjie uitmaak, is die verlies vir die kind groot. Dit tas op die ou end hul vertroue in mense aan, want hulle leer dat mense nie standvastig is nie. In die kind se oë, bly mens mos nie deel van jou lewe nie!
As grootmense, is ons op dieselfde vlak. As jy in ‘n verhouding met iemand is, is dit ‘n verhouding van gelykes. Die verhouding wat jy met jou geliefde het is geheel en al anders as jou verhouding met jou kinders. Die twee is ook nie wedersyds eksklusief nie. Hulle behoort in harmonie deel van dieselfde prentjie te wees.
‘n Stelling soos, “my kinders sal altyd eertse kom” is ‘n aggresiewe stelling. Dit verbaliseer die voor die hand liggende, dit wat ons klaar weet en aanvaar. Dit dui egter daarop dat die ouer iewers hulself en hul fokus verloor het. Daardie verhouding met jou kinders word al wat jou definieer. Dit raak ongebalanseerd.
As mens, wil ons almal gekoester en liefgehê word. Jy wil ‘n maat en vertroueling wees. Jy wil ‘n grootmens verhouding met ‘n ander grootmens hê – ‘n verhouding wat geheel en al anders is as die een met jou kinders. Niemand wil emosionele oorskiet hê nie. Almal wil voluit liefgehê word.
Op hierdie skaal, met ‘n stelling soos “my kinders sal altyd eerste kom”, beteken dit dat daar ‘n beperkte hoeveelheid gevoel en emosie is. Dat as jy jou kinders klaar liefgehad het, dan is daar ongelukkig niks vir jou maat oor nie. Sorrie vir jou! Hoe orden jy dan jou liefde vir jou verskillende kinders volgens hierdie ranglys? Is die een vir jou meer belangrik as die ander, want jy voel dan in ‘n hiërargie.
Dit is een van die moeilikste dinge om pappa of mamma se nuwe meisie of kêrel te wees. Daar is ongedefinieerde grense wat gestel of verskuif word. Daar is intense emosies betrokke en op die ou end is al wat enigiemand uit die deal wil hê, tog liefde. Hoekom moet dit nou nog verder gekompliseer word deur ‘n hiërargie wat slegs in daardie persoon se kop bestaan?
'n Interessante fenomeen is hier ter sprake. In die sielkunde (systems theory), word dit enmeshment genoem. Dr. Charles Fishman het enmeshment beskryf as "the inappropriate closeness of family members against a backdrop of developmental appropriateness." In Amerika word die term, "emosional incest" gebruik. Kras, maar dit gee 'n duidelike beskrywing van die konsep.
Met ander woorde, die verskillende lede van die familie staan nie op hul eie as individue nie, maar word onlosmaaklik deel van 'n geheel. Die "ek" word vervang met "ons". Dit is veral problematies as jou nuwe, geskeide maat steeds oor "ons" praat as hy oor sy eks-vrou of die gesin praat. Ons huis, ons kinders, ons karre en ons reëlings.
Is jy werklik nie meer deel van 'n "huwelik" nie? As daar saam gebly word ter wille van finansies en jonger kinders, wees bedag daarop dat jy nog nie gereed is om 'n 3de party in te bring nie. In die verlede moes 'n paartjie van bed én tafel geskei wees om in die oë van die hof as geskei geag te word. Daar was 'n rede daarvoor - as twee mense steeds saam bly, is enmeshment dikwels onvermydelik.
In jou verhouding met jou kinders, kan hierdie oor-betrokkenheid ook dui daarop dat jy nie jou kinders vertrou om selfstandig te wees nie. Solank hulle jou nodig het, het jy 'n rol, 'n funksie.
Bring nou 'n buite party in die vorm van jou nuwe maat ook in daardie dinamiek in en jy dwing hulle om deel te word van daardie enmeshment. Die nuwe verhouding het nie kans om op sy eie te ontwikkel nie en almal verloor hul identiteit.
Dikwels funksioneer so 'n verhouding slegs op 'n vlak van pseudo-betrokkenheid. Die primêre familie-verhouding wentel om daaglikse organisasie en funksionaliteit. Daar is nie tyd of plek vir romanse of 'n nuweling nie. Hierdie nuwe verhouding kan so maklik vervlak tot een wat slegs fokus op die funksionele - hoe voel jy vandag, het jy hoofpyn, voel jy siek. Dit word 'n pseudo-omgee en is gewoon makliker as ware betrokkenheid. Die skeiding van die eks en die familie-dinamiek is slegs 'n pseudo-skeiding met niks wat verander het nie, behalwe die huweliksstatus op papier.
Die gevaar word dan ook geloop dat die kinders as pion in jou verhouding gebruik kan word met stellings soos, "ek sien nie my kinders genoeg nie, as gevolg van jou." Of, "ons verhouding belemmer my kinders", wanneer dit dikwels bloot manilupatief gebruik word om die maat te beheer, want natuurlik sal 'n maat sensitief wees teenoor 'n kind! Aan die ander kant, sien die kinders nie die ouers as werklik geskei nie, want hulle bly dan nog saam.
Op die ou end word jou kinders groot en beweeg aan. Jy word nie gedefinieer deur jou kinders nie. Resepekteer jou maat genoeg om hulle begrip en integriteit te vertrou – as jul verhouding tot op daardie vlak gevorder het, is hulle tien teen een net so lief vir jou kinders en dra ook net hul belange op die hart.
Maar, jou geluk en liefde is uiters belangrik. Sonder geluk, gaan jy ook nie vir jou kinders kan wees wat jy wil nie. Dan word jy hierdie hartseer dop waaroor jou kinders hulle net bekommer en vir wie hulle op die ou end jammer voel – ek weet, ek het dit in my eie lewe gesien en ervaar.
Ons lewens en ons liefdes is organies en beweegbaar. Die liefde is nie ‘n kompetisie nie. Ons harte het ‘n geweldige kapasiteit en daar is baie, baie liefde om om te gaan.
Moet ook nie die begrip en liefde van jou maat onderskat in ‘n nuwe verhouding waar daar ekse en kinders betrokke is nie. Onthou, jou verhouding met jou kinders is ‘n given. Julle sal altyd daar wees vir mekaar. Die Liefde, daai een met die hoofletter L, is egter die ontwykende een. As dit kom klop aan jou deur, aanvaar dit en gryp dit aan!
Wees Lief in 2012
Zazza
Verhoudings en Elektroniese Kommunikasie
Hy is rooi (soms), hy kan vibreer en kan met jou saamgedra word. In die slaapkamer, in restaurante, in vervelige vergaderings kan díe ding jou groot plesier verskaf. Dit kan jou egter ook jou verhouding kos!
Ek was totaal en al oorweldig met jaloesie vir my nou eks-BF se verhouding met sy Swartbessie. Ek het naderhand moorddadige gedagtes gehad oor hoe om van Bessie ontslae te raak. As ons in ‘n restaurant naby ‘n venster of water gesit het, moes ek soms letterlik op my hande sit om nie vir Bessie te gryp en te gooi nie.
Met die groei van sosiale media en die toeganklikheid daarvan op fone en draagbare toestelle, het dit ‘n natuurlike deel van ons daaglikse interaksie geword. Met Facebook, Twitter, Whatsapp en dergelike kommunikasie moontlikhede vrylik beskikbaar op jou foon, kan jy jou op enige tyd en plek onttrek in jou kuberwêreld in.
Dit het so ‘n sosiale probleem geword, dat sielkundiges en dokters nou al begin studies doen oor internet afhanklikheid en verslawing. Hoe dit veroorsaak dat jy onttrek van familie, verhoudings en persoonlike sosiale kontak, as gevolg van hierdie elektroniese kommunikasie middele.
Clifford Stoll het geskryf dat “electronic communication is an instantaneous and illusory contact that creates a sense of intimacy without the emotional investment that leads to close friendships.” Hier praat ons nie net van vriendskapsverhoudings nie, maar in liefdesverhoudings het hierdie afhanklikheid aan elektroniese kommunikasie ‘n groot probleem geword.
Deur middel van elektroniese kommunikasie kom dit voor of jy elke dag met jou geliefde kommunikeer, maar dit kan ‘n skans word waaragter weggekruip word om ware emosionele betrokkenheid te vermy. Heeltemal ander kommunikasievaardighede word benodig in persoonlike kommunikasie van aangesig tot aangesig as in elektroniese kommunikasie. Word hierdie afhanklikheid of verslawing aan elektroniese kommunikasiemiddele ‘n manier hoe party mense in ‘n verhouding intimiteit met hul maat vermy?
Wanneer ‘n verhouding begin word, kan elektroniese kommunikasie ‘n manier wees om die verhouding te ontwikkel. Die internet verwyder sekere hindernisse wat kom met kommunikasie van aangesig tot aangesig. As jy besonderlik skaam is, laat internet kommunikasie jou toe om letterlik agter die skerm weg te kruip en dinge te sê wat jy dalk nie gewoonlik die chutzpha voor het nie.
Vir my is een van die hoof elemente wat wegval by internetkommunikasie, eerlikheid. Jy kan wees wie jy wil in die kuberruim. Jy stel jouself op ‘n spesefieke manier voor. Jy knoop lawwe geselsies aan wat jy kan bedink en redigeer en uitvee alvorens jy die stuur knoppie druk. In die spel van die liefde, kan jy deur middel van hierdie tipe manipulasie die situasie beheer en altyd die opper hand hê. Hoe sal die ander persoon nou weet?
Een van die hoofredes hoekom mense so klou aan internet kommunikasie is dat baie mense absoluut vreesbevange is om werklik naby ander te kom. Goeiste, dit sal dan beteken dat die ander persoon die “regte” jy sal moet sien en daardie vrees vir kwesbaarheid, seerkry en die vrees om verwerp te word, maak die internet jou beste maatjie.
Elektroniese kommunikasie stel jou in staat om die las vry te spring wat kom met persoonlike kommunikasie. As jy ‘n sms stuur, dan kan jy moeilike goed sê sonder om die impak daarvan direk te ervaar. En die ontvanger kan dink daaroor en besluit of hulle enigsins wil antwoord of nie. Dis intollerante kommunikasie, want daar is die woorde. Jy kan nie wat jy probeer sê versag met stemtoon of intonasie nie.
Dit is vir baie mense die paradoks van intieme verhoudings. Jy wil in ‘n naby, intieme verhouding wees, want jy smag na daardie menslike intimiteit, maar dit is die ding wat jou die meeste afskrik en veroorsaak dat jy jou maat wegstoot en agter jou Bessie gaan wegkruip. Hierdie allesoorweldigende vrees vir intimiteit is so sterk dat dit kan keer dat ‘n andersins wonderlike verhouding sy volle potensiaal bereik.
Intimiteit het in hierdie era van elektroniese kommunikasie so maklik geword om te vermy. Jy hoef nie werklik met die persoon te konnekteer nie. Digitale kommunikasie is heeltemal onpersoonlik. Jy hoef niks van jouself of hoe jy werklik voel in daardie sms of bbm in te sit nie en in ‘n chatroom of op Facebook kan jy sê en wees net wie jy wil.
Woorde op ‘n skerm het nie stemtoon of houding nie. Jy kan nie gesigsuitdrukkings sien of oogkontak maak nie. Woorde is minder as 10% van kommunikasie. Die eintlike kommunikasie sit in die liggaamstaal, gesigsuitdrukkings, stemtoon en trant. Hoe vinnig praat die persoon? Is hulle ontsteld of in ‘n goeie bui?
Elektroniese kommunikasie het nie deernis nie. Die leser van die woorde op die skerm kan nie die volle beteknis van ‘n e-pos, sms of bbm snap nie. En misverstande is so maklik, want ons voeg self ons eie konteks en toon by.
Verhoudings is kompleks. Hulle is lewend, beweeglik en organies. Hulle verander en groei en het op alle vlakke aandag nodig. Of dit jou verhouding met jou ouers is en of dit jou verhouding met jou Geliefde is, jou verhouding het kos en water nodig. Daardie aandag maak dit nie ‘n las nie, dit maak dat die verhouding floreer soos enige ander ding op die planeet wat aandag kry.
Mense kan nie bestaan sonder intimiteit nie en die kuberruim kan nie intimiteit akkomodeer nie. So gevorderd het die tegnologie nog nie geraak nie.
Die woord wat soos ‘n refrain altyd bly terugkom as dit kom by verhoudings, is kommunikasie. En hier praat ek van ordentlike kommunikasie wat oë en hande en stem en lippe behels. Ons is nie gebore met die vaardigheid om mekaar se gedagtes te lees nie. Ons kan mekaar slegs leer ken deur te kommunikeer.
Dr. Stanley Jones skryf, “Love simply cannot spring up without that self-surrender to each other. If either witholds the self, love cannot exist.” Die self kan nie deur elektroniese media weergegee word nie. Die kuberruim weerhou die self.
Oorkom vandag jou vrees en bel jou Geliefde of maak ‘n afspraak om hulle te sien. Vergeet vir ‘n week van chatrooms, smsse, Twitter, Facebook en Bbm. Luister wat sê die ander persoon regtig!
Kuberlekke
Zazza
Orale plesier - Cunnilingus tegnieke
“I always enjoyed learning a new tongue,” sê James Bond vir Miss Moneypenny, waarop sy antwoord, “you always were a cunning linguist, James!”
Cunnilingus is die kuns om ‘n vrou met die tong te stimuleer en seksuele plesier te verskaf. Die klitoris, vulva en vagina of yoni word met die tong, neus, ken en lippe geterg en bewerk. In die vroegste geskrifte word cunnilingus al bespreek en beskryf. In die Kama Sutra is die pragtigste riglyne oor hoe om jou geliefde orale plesier te verskaf.
Die woord cunnilingus is afgelei van die Latyn vir vulva (cunnus) en tong (lingua). In ‘n artikel wat ek raakgelees het oor cunnilingus, skryf die outeur, “few tools can equal the tongue for the amount of pleasure it can deliver to a happy vagina!”
Vir party mans is die gedagte om orale plesier aan hul geliefde te verskaf egter nie die mees plesierige gedagte nie. Jy het dalk voorheen ‘n slegte ervaring gehad in terme van reuk, smaak of sensasie. Nie almal is ewe lief vir Café Venus nie!
Dit is egter een van die mees integrale en intieme dele van die liefdesspel en daar is maniere om dit ‘n meer plesierige ervaring vir beide partye te maak. As die reuk of vrees vir moontlike on-skoonheid pla, bad of was vooraf. Daar is in elk geval vir my niks lekkerder as om saam met ‘n skoon geliefde in die bed te klim nie! Dit neem ook die druk van die vrou af om te wonder of alles wel en wonderlik daar onder is. Niks kom by ‘n silwerskoon lingam en yoni nie.
Meeste vrouens is skaam oor hul lywe. Al lyk jy soos Cindy Crawford, het meeste van ons steeds issues oor onsself en wonder gedurig wat dink ons geliefde oor ons lyf. Niks laat jou egter ontspan soos ‘n geliefde wat sy waardering vir jou uitspreek nie!
Vrouens is nou eenmaal meer vokaal en reageer baie beter op verbale liefde. So manne, komplimenteer haar, stel haar gerus, sê vir haar hoe pragtig sy vir jou is. Hoe sexy sy lyk en hoe lekker sy ruik. Sê vir haar wat die mooiste deel van haar lyf vir jou is. Sy moet weet hoe jy oor haar voel, anders gaan sy voel sy is vir jou niks meer as ‘n opblaaspop nie.
Ons sintuie is uiters belangrik gedurende die liefdesspel. Jy luister, jy voel, jy ruik, jy proe en jy raak. Kyk vir haar. Verken haar met jou oë. Nie net haar gesig en lyf nie, maar die mees belangrike deel – haar yoni. Hoe gaan jy weet wat om te doen en hoe om die landskap te verken as jy nie weet hoe dit daar op Venus lyk nie?
Elke vrou se yoni is uniek, net soos elke lingam. Dis soos ‘n vingerafdruk. Waardeer haar uniekheid en vertel haar daarvan.
Trek nou die lippe effens van mekaar af weg en kyk mooi. Sprei die bokant van die yoni en raak vertroud met die klitoris. Die klitoris is die mees sensitiewe erogene sone van die vrou. Vir party vrouens is die klitoris so sensitief dat direkte aanraking aanvanklik nie moontlik is nie. Daar kan in hierdie geval eers rondom die klitoris begin word en stadig na die middel toe gewerk word.
Net soos ‘n man ‘n voorvel het, het ‘n vrou ook ‘n voorvel wat die klitoris beskerm. Hierdie voorvel kan weggetrek word om die glans van die klitoris te ontbloot.
Gee aandag aan die Labia Minora. Speel, terg, trek, soen en proe. Luister na hoe jou geliefde reageer. Party vrouens is meer vokaal as ander en sal kreun of geluide maak, terwyl ander stiller is en jy van haar bewegings sal moet aflei hoe sy dit ervaar.
Dit neem tyd om jou geliefde en haar voorkeure te leer ken, maar met ‘n bietjie oefening en onselfsugtigheid kan jy die godin in haar wakker maak.
Kyk ook hoe swel die klitoris. Nes ‘n man ‘n ereksie kry, kry ‘n vrou ook ‘n ereksie. Die klitoris sal swel tot twee of drie keer sy normale grootte.
Die probleem met meeste mans wat wonder hoekom hul geliefdes nie orgasmes bereik nie, is omdat hulle gewoon net te gou stop met wat ook al hulle besig is om te doen. Wag vir haar teken. As sy lyk of sy genoeg plesier gehad het (wie het nou al ooit genoeg plesier gehad?) gaan nog aan! Terg, terg en nogmaals terg. ‘n Vinger kan dalk nou ook ingespan word. Gly jou nat vinger in haar yoni in terwyl jou tong bly terg en kyk wat gebeur.
As sy klimaks, is dit die beste resultaat waarvoor jy kon gehoop het. Onthou, ‘n vrou kan oor en oor klimaks en bly vir tot ‘n uur na ‘n klimaks in ‘n opgewerkte, seksuele staat. Sy is nou net nog meer gereed vir jou en kan weer saam met jou ‘n klimaks bereik.
Ek laat julle met ‘n paar verse uit Afrikamasutra oor die eeueoue tegnieke van die tong:
Met delikate vingerpunte
knyp die verhewe lippe van haar paleis van die liefde
baie, baie stadig saam,
en soen hulle asof jy haar onderlip soen:
dit is “Adhara-sphuritam” (Die Tintelende Soen).
Sprei nou, kloof inderwaarheid,
die gewelfde poort met jou neus en laat jou tong
liggies haar yoni betas,
met jou neus, lippe en ken wat stadig in sirkels beweeg:
dit word “Jihva-bhramanaka” genoem (Die Sirkelende Tong).
Laat jou tong vir ‘n oomblik in die gewelfde poort
na die blom-versierde Goddelike Tempel tot ruste kom
voordat jy binnegaan om met intensiteit te aanbid,
wat veroorsaak dat haar saad ontkiem:
dit is “Jihiva-mardita” (Die Tong Massering).
Volgende, heg jou lippe aan hare
en neem diep soene
van hierdie pragtige wese, jou geliefde,
knibbel aan haar en suig hard aan haar klitoris:
dit is “Chushita” (Gesuig).
Hou, lig haar jong boude,
laat die tippie van jou tong haar naeltjie verken, gly af
en roteer met kundigheid in die gewelfde poort
van die liefdesgod se tuiste en slurp haar liefdeswater op:
dit is “Uchchushita” (Opgesuig).
Terwyl sy die kern van haar dye roer
wat sy met haar eie hande
vashou en wyd oopsprei,
drink jou tong aan haar heilige fontein:
dit is “Kshobhaka” (Roering).
Plaas jou dierbaarste op ‘n bank,
plaas haar voete op jou skouers, hou haar middel vas,
suig hard en laat jou tong haar
oorlopende liefdestempel roer:
dit word “Bahuchushita” genoem (Hard gesuig).
As julle langs mekaar lê
in teenoorgestelde rigtings,
en julle soen mekaar se geheime dele
terwyl die vyftien tegnieke hierbo gebruik word,
staan dit bekend as “Kakila” (Die Kraai).
Lieflike lekke tot volgende keer
Zazza
La Dolce Vita met die Stadige Seksbeweging
Hierdie kolom verskyn op 2 November op Nuus24
As kind het ons as gesin elke aand om die tafel gesit. Moenie dink ek kon Knight Rider, Murder She Wrote of Falcon Crest klaar kyk nie. Nee, as ek geroep is om te kom eet is die TV afgesit, partymaal is ‘n mooi Vivaldi plaat opgesit en ons het aangesit.
Die tafel was (en is steeds) altyd gedek met ‘n mooi tafeldoek (gewoonlik wit damask), ‘n kers en ‘n glas wyn. Ja, selfs as kind het ek altyd my bietjie wyn gekry saam met die ete. Gedurende die altyd wonderlike maaltye het ons dan die dag bespreek, partymaal diep geraak en soms geskater van die lag. ‘n Tradisie wat steeds vandag in my en my ouerhuis heers.
Die punt is dat kos en etenstye ‘n tyd is om tot stilstand te kom. Te stop met die frenetiese dag en op mekaar te fokus, sowel as op die verruklike geure en smake van die kos wat ons besig is om te geniet. As kind was daar nooit as te nimmer voor die TV geëet nie en ons het selde wegneemetes of kitskos gehad.
In 1986 het die Italianer, Carlo Petrini, die Slow Food Movement gestig in reaksie teen die eerste McDonald’s wat in Rome sou oopmaak om die draai van die Trevi Fontein. Hy wou aan mense ‘n alternatief tot kitskos bied en die doelwit van die beweging, wat tot vandag toe wêreldwyd bestaan, is om te fokus op tradisionele streekskos en om kos uit die omgewing te gebruik.
Die Slow Food Movement is al beskryf as “a delicious blend of political awareness, social consciousness and sensuality.” Dit is bedoel om ons smaak en sintuie te hernuwe en te vier. Die beweging beskou maaltye nie slegs as ‘n tyd waar geëet word nie, maar as ‘n geleentheid om ons verhoudings te vier. Hulle is toegewy aan die verdediging van en die reg tot plesier. Hoe wonderlik is dit nie?
Nou hoor ek julle vra – waaroor gaan sy vandag aan? Die kolom handel dan oor seksualiteit. Wel, kos en seks is nog altyd vir my verwant. Om te eet is so ‘n sensuele aksie. Ek wil al my sintuie inspan as ek eet en die maaltyd geniet en wil dit beslis doen gedurende die liefdespel!
As kos ‘n hele beweging het wat fokus op stadiger en deegliker, dan maan ek almal om vandag lid te word van die Stadige Seksbeweging. Ons het met ons vinnige lewensstyle so gewoond geraak aan vinnig. Vinnig ry, vinnig praat, vinnig sms, vinnig eet, vinnig bad, of eerder stort, want dis vinniger! Ons wil vinnig oefen, kinders grootmaak, vakansie hou en vinnig seks hê. Ek is dan reeds so besig, ek het nie nog tyd vir seks ook nie!
Stadiger leef en stadiger vry is ‘n lewensstyl verandering. Dis ‘n verandering in houding en gesindheid. Hoe stadiger jy beweeg, hoe meer waardeer jy die reis, hoe meer beleef jy die hede. Het jy al agtergekom hoe party mense in die stadsverkeer so vinnig as moontlik by jou verbyjaag, net om weer langs jou te staan te kom by die volgende verkeerslig? In Engels sê ons, more haste, less speed en in Afrikaans verbrand die arme haastige hond sy mond.
Kyk weer na die prinsiepe van die Slow Food Movement – hulle sien maaltye as die geleentheid om ons verhoudings te vier. Doen seks nie presies dieselfde nie? Hoekom sal ons dit nou wil haas? Ek sê altyd dat daar tyd en plek is vir die quicky, maar ons praat hier van kwaliteit – daai lamsboud wat teen 160° C vir ure sag word, ‘n ryk putanesca-sous wat stadig prut terwyl die smake ontwikkel of ‘n donker rooiwyn wat maande lank in eike vate verouder. Kwaliteit neem tyd.
Tantriese seks fokus op daardie kwaliteit van intimiteit. Die konneksie tussen twee mense wat belangriker geag word as die uiteindelike orgasme. Tantra het ten doel om die liefdespel uit te rek en orgasme te vertraag. Dit vermeerder die kragtige seksuele energie en verhoog intimiteit tussen jou en jou geliefde. Ek sal in een van my volgende kolomme beslis meer tyd aan Tantra wy.
In ons besige lewens het seks in kitskos verander. Ons neem nie meer die tyd om ons sintuie in te span om ons geliefde te geniet nie. Wanneer laas het jy net aan jou geliefde geruik? Daar is vir my niks lekkerder om net te sit en aan my geliefde te snuif nie. Party mense sal dink ek’s getik, maar om net daardie tyd te neem om mekaar se reuk in te neem is al klaar so ‘n sensuele aksie.
Of wanneer laas het julle saam gebad? Kerse aangesteek, mekaar se rûe gewas, sit en gesels terwyl die water om julle koud word en dan skoon en vurig in die bed mekaar verder gaan geniet. Stadig en langsaam. Eers bietjie vroetel, speel, saggies streel, aandag gee aan al daai plekke wat jy weet jou geliefde plesier gee – hulle “aan” knoppies. En dan die uiteindelike, stadige einde. Nie ‘n malle gejaag na orgasme nie, nee; ‘n diep, sagte, langsame, innige kreun, soen, vryf, lek, streel en styf vasdruk. Dan is dit nie net die orgasme wat plesier verskaf nie, maar die hele proses van begin tot einde.
Die mens het die liefde en sensualiteit net soveel nodig soos kos. As kos ‘n hele beweging het wat gefokus is op die stadiger waardering daarvan – die verdediging van en die reg tot plesier, hoekom het ons nie ook so ‘n motto in ons liefdeslewens nie?
Ek het ‘n reg tot plesier. Die lewe is soet en so ook die liefdespel. Laat die geure en smake, gevoel en visuele waardering ontwikkel. Neem dit stadig en vier mekaar. Kort voor lank word dit ‘n lewensstyl en aanvaar ons niks minder nie!
Langsame groete
Zazza
\'n Held op die Rolbalbaan
Hierdie resensie verskyn op 2 November op Litnet
Die Rolbalspeler deur Zain Eckelton
Ek kan hierdie resensie begin met pragtige vergelykings tussen die tonnelvisie of “amper” blindheid van die hoofkarakter, Hans Meintjies en hoe die verhaal homself afspeel, maar dit sal afbreek doen aan die eenvoudige genot wat hierdie debuutroman van Zain Eckelton die leser verskaf. Die boek is pure plesier en een van die mooiste liefdesverhale, maar ook bildungsroman, wat ek in ‘n lang tyd gelees het. Mens wil byna net hier ophou skryf en aan almal skree, gaan lees net die boek, dis stunning!
Maar laat ek julle tog effens meer vertel. Die boek handel oor ons held, Hans Meintjies en sy kruistog wat ons saam met hom meemaak. Hy woon in Bishop Lavis saam met sy ma, Maria en broer Willem. Hans ly aan Retinitis Pigmentosa en vleg mandjies by die blinde vereniging in Soutrivier, Kaapstad.
Hans se pa het al op ‘n jong ouderdom die gesin verlaat en Hans gelos met die verantwoordelikheid om vir die gesin te sorg. Sy ma sukkel met suiker en bloeddruk en sy rakker-broer, Willem wil ook nie werk nie. Hans neem sy taak as hoof van die gesin baie ernstig op. Hy verlaat die skool in st. 8 om te gaan werk en gee sy hele, karige loon net so aan sy ma. Hulle woon in ‘n eenvoudige sinkhuisie sonder elektrisiteit of lopende water in iemand anders se jaart en saans sukkel Hans hom dood om iets gelees te kry in die swak lig terwyl Willem saam met sy tjomme in die straat skoorsoek en jol.
So wentel Hans se lewe om sy ma, sy broer en sy werk totdat hy een oggend vir Erika in Voortrekkerweg raakloop. Die groot, blonde Erika is ‘n maatskaplike werker en sien Hans langs die pad staan. Dis haar doel in die lewe om te help en sy gryp Hans sonder seremonie en help hom oor die straat. Die enigste probleem is, Hans wou nie die straat kruis nie! Hy lig haar op ‘n gawe, maar ferm manier hiervan in en daar begin die vriendskap tussen die twee.
Erika is onder andere ook ‘n rolbal afrigter vir gesiggestremdes en oortuig Hans om te kom saamspeel. Hierdie toevallige ontmoeting dien as wegspringplek vir Hans se lewe en deur middel van rolbal neem sy lewe ‘n hele nuwe wending. Hy ontmoet ander mense, kom uit sy benouende bestaan en uiteindelik oortuig Erika Hans om sy matriek klaar te maak.
Alhoewel sy ma ‘n sterk emosionele betoog lewer teen Hans se studies en eksodus uit die huis en Bishop Lavis uit, trek hy na die Cape Town Institute for the Blind. Hier gaan daar ‘n nuwe wêreld vir hom oop met die aktiwiteitskamer en die wonderlike hulpmiddels vir blindes, die gesofistikeerde rekenaartoerusting, skerp buisligte waaronder hy veel meer kan sien as by die huis, toilette, wasbakke, baddens en storte met warm lopende water.
Hans is die held. Hy is op sy eie kruistog en moet nie slegs die fisiese struikelblokke in sy pad oorkom nie, maar ook die struikelblokke binne homself. In die tradisie van helde soos Heracles en Prometheus, volg die boek letterlik die mite struktuur van die held. Eerstens, die nederige geboorte en kinderjare van die held met die verwerping van die sterflike vader. Dan word hy geroep tot ‘n wêreld van avontuur en vreemde gebeure en moet hy afstand doen van sy bekende omgewing.
Eers weier die held om op hierdie tog te gaan. Daarna, ontmoet hy ‘n mentor wat hom op die tog leiding bied en moet hy verskeie struikelblokke oorkom, party alleen en party met behulp van ander. Die held moet ernstige uitdagings oorkom en as hy hierdie tog oorleef, keer hy terug met ‘n seën of geskenk wat hy moet gebruik om die wêreld ‘n beter plek te maak.
Voor sy finale terugkeer en oorwinning oor die donker magte (óf binne homself, óf in die wêreld daar buite) kom hy ook te staan voor ‘n versoeking en sy eie hubris wat hy moet oorkom. Die held word deur sy eie swakheid gekonfronteer.
Soos tipiese held, moet Hans op sy tog gaan, die struikelblokke wat sy omstandighede, sowel as sy blindheid bied, oorkom en uiteindelik die seën van sy ervaring en nuwe geleerdheid gebruik om ander te help.
Die boek vermy tipiese cliché’s en vertel ‘n eenvoudig en gestroopte verhaal. Die verhaal word byna oorgedra op die manier waarop Hans sien. Partymaal helderder as ander kere en soms, as gevolg van sy tonnel visie, moet hy fokus op een ding op ‘n slag. So ook met sekere gegewens in die verhaal. Erika, sy rolbalafrigter, mentor en geliefde, se lewe is self redelik kompleks. Sy het ‘n moeilike verhouding met haar ouers en op ‘n dag skiet haar pa haar ma en dan homself. Haar ma oorleef en hierdie teenspoed gee ma en dogter kans om hul verhouding met mekaar te herstel.
Die familiegeweld word nie op gefokus, gedramatiseer of uitgebrei nie. Dis bloot feitlik. Hans besef dat hy eintlik ‘n goeie verhouding met sy ma het en ag homself gelukkig dat sy pa weg is toe hy weg is met slegs kortstondige blootstelling aan sy pa se humeur en frustrasie. Die rolbalgegewe waarmee die boek wegspring, raak minder sentraal en Hans se vordering en groeie word al hoe meer die fokus.
Die boek is uitgegee deur Kwela Boeke, ‘n druknaam van NB-uitgewers. Die voorbladbeeld gee die leser ‘n goeie inleiding tot Hans se gekantelde wêreld van struikel en vasloop in deure, stoele en pale. Die rooi en wit langkierie bied ‘n interessante kontras tot die titel, Die Rolbalspeler en lok die leser uit om die boek op te tel en uit te vind wat die verband tussen die twee is.
Uiteindelik sal die held ook nie ‘n held wees sonder ‘n heldin in die prentjie nie en julle sal moet lees of Hans uiteindelik sy Prinses kry. Die Rolbalspeler is ‘n pragtige, hartroerende boek wat die leser nie sal wil neersit nie!
Afrikamasutra: \'n seksuele revolusie
Hierdie artikel verskyn inPomp 2012
Soos alle goeie idees, het hierdie een oor ’n bottle wyn ontstaan. Ek was pas uit ’n uiters moeilike verhouding waar ek na twee jaar per SMS gedump is! Ek besluit toe om ’n webwerf te begin oor seksualiteit en spiritualiteit. ’n Forum waar ek my gedigte en stories kon deel, skryf oor dinge wat my laat dink en dalk mense raak deur ervarings wat ek gehad het. Ek is die ewige romantikus en wou na my verskriklike verhouding nie in ’n bitter, koeksister (twisted sister) ontaard nie.
In die naam van navorsing het ek die wonderlikste boeke begin lees en bestel, o.a. Deepak Chopra se Kama Sutra. Die moderne tekeninge was vir my mooierig, maar die teks het nie vir my gewerk nie. Dit was vreemd aanmekaar gesit en toe ek dit een aand met ’n baie goeie vriendin sit en bespreek, groei die gedagte so met elke glas wyn. Hoekom nie teruggaan na die oorspronklike Kama Sutra nie en oorspronklike Suid-Afrikaanse kuns gebruik om dit ’n eg Suid-Afrikaanse geur te gee nie?
Dit was vir my belangrik om die kasdeure rondom seksualiteit in Suid-Afrika oop te ruk. Ek was moeg daarvan om te hoor hoe mense seks beskou as ’n vierletter woord en om deur die ou ooms met snorre voorgesê te word oor hoe en wat om oor seksualiteit te dink. Ek wou iets skryf wat ’n debat sou open vir die denkende mens – die wat dink en doen en geniet en waarneem, argumenteer en liefhet.
Die algemene siening oor die Kama Sutra in die Westerse wêreld is dat dit slegs ’n seks handleiding is. Dis egter soveel meer. Dit bied ’n gids vir ’n deugsame, innemende, goeie en spirituele leefwyse. Dit bespreek die aard van die liefde, familielewe en ander aspekte wat gepaard gaan met liefde en plesier binne die menslike bestaan.
Die Kama Sutra word gesien as die standaard werk oor menslike seksuele gedrag geskryf deur Vatsyayana tussen die eerste en sesde eeu na Christus. Kama verwys na estetiese en erotiese plesier en liefde, terwyl Sutra na die draadjie verwys wat alles en almal aan mekaar verbind (soos die Engelse suture).
Die Kama Sutra leer ons dat die lewe in gelyke dele bestaan uit Dharma (sedelikheid), Artha (wêreldse rykdom) en Kama (sensuele plesier en liefde). Op verskillende tye van ons lewens sal ons dalk meer op een aspek fokus as op die ander, maar as ons een ontken, raak ons lewens uit balans uit.
Die mees bekende Engelse vertaling van die werk is gedoen deur die Oriëntalis, Sir Richard Francis Burton, in 1883. Alhoewel die Kama Sutra nie oorspronklik illustrasies bevat het nie, het die tweede deel van die werk verskillende seks posisies beskryf. Die illustrasies is later deur vertalers bygesit om Vatsyayana se uiters ingewikkelde teks effens meer verstaanbaar te maak.
As Afrikaners (maar ook Suid-Afrikaners) dink ek ons is nou gereed om bietjie uit ons groef geruk te word. Daar is baie mense wat deesdae die ou Calvinistiese sienswyses bevraagteken en uitdaag. Daar was dié wat aanvanklik vir my gesê het mense sal skrikkerig wees vir die “volksvreemde” Oosterse oorsprong van die teks en dat ek liefs nie woorde soos Lingham en Yoni behoort te gebruik nie en beslis moet wegskram daarvan om die Sanskrit woorde vir die posisies te gebruik. Gelukkig het ek hulle geïgnoreer. Daar ís seker die wat nog nie gereed is hiervoor nie, maar ons kan nie rond sit en wag dat hulle eendag wakker word nie.
Verder dink ek die Oosterse oorsprong dra by tot die mistiek van die teks. Dit wys ook vir mense hoe lankal daar al oor seksualiteit besin, geskryf en geteken word. Wat het met ons gebeur? Dis asof ons hier om en by die Middeleeue begin agteruit beweeg het. Ons het eintlik nie in die Westerse samelewing ’n verwysingsraamwerk van seksualiteit nie. In die Westerse denke word seksualiteit altyd as ’n taboe beskou. Dalk is dit goed as ons terugbeweeg na die Oosterse denke.
Die boek is bedoel om beide inligting oor te dra en ook op estetiese vlak ongelooflike plesier en vreugde te verskaf. Ek dink dis belangrik dat die boek visueel absoluut stunning is. Aan die ander kant hoop ek om ook iets moois en nuut oor seksualiteit te kan sê met die boek. Ek wil eintlik deur die boek vir mense probeer leer dat ons seksuele, sensuele en spirituele wesens is en dat die verskillende aspekte van ons menswees nie los van mekaar kan bestaan nie. Ek wil mense ook bewus maak daarvan dat seksualiteit niks is om oor skaam te wees nie, dat dit iets pragtig is. Weereens hoekom ek wil hê die boek moet visueel ongelooflik mooi wees.
Alhoewel die boek ’n plesier moet wees om te lees, wil ek regtig die leser in voeling bring met die konsep van die seksuele en die spirituele. Seks word so dikwels gedemoniseer. Vrouens kry kopsere om nie met hul mans te slaap nie, mans word gesien as buffels wat net heeltyd wil “naai” en in die proses mag niemand meer aan mekaar raak nie, want dan is dit seksuele teistering. Hoekom moet seks beskryf word deur aaklige woorde soos “naai” en “pomp”? Dit op sigself dra by tot die siening wat baie mense oor seks en seksualiteit het.
Die grootste wanpersepsie oor seks in die Weste is dat dit iets sleg en vuil is.
Seks word in ons samelewing so dikwels geassosieer met sleaze, vuil, sonde, molestasie en verkragting. As ’n gemeenskap openlik is oor sy seksualiteit en mans en vrouens mekaar sien as gode en godinne, sal die seksuele geweld en verkragtingsyfer nie so hoog wees nie.
In my aanvanklike ontmoetings met die drie kunstenaars, het ek benadruk dat die kunswerk in die boek seks en seksualiteit moet vier. Dat dit die absolute skoonheid, wonder en ekstase van seks moet uitdruk. Ek hoop dat dit die sutra (of draadjie) sal wees wat deur die boek raakgelees sal kan word. Die illustrasies het ook ’n definitiewe Suid-Afrikaanse gevoel en sin vir humor.
Hoe om ’n ware godin te word en liefdesposisies soos die juweelkis, vervlegte minnaars, die merrie se kuns, asook die klouende klimplant en die Lotus in volle blom word op poëtiese wyse beskryf en in die teks verwoord. Die drie doelwitte van die lewe (deugsaamheid, rykdom en liefde), asook verwerwing van kennis en die gedrag van ’n goed-opgevoede man word bespreek. Daar is selfs ’n afdeling in die boek oor die huwelik en minnaars en hoe om intiem en liefdevol met mekaar om te gaan.
Wie is die lesers van Afrikamasutra? Gewone mense met ’n gesonde, dog nuuskierige uitkyk op die lewe. Die boek bewys dat seks nié ’n vier letter woord in Afrikaans hoef te wees nie, want Afrikaners kama soen! Afrikamasutra is ’n smaakvolle visuele en literêre fees wat nie sal teleurstel nie. Geen so ’n werk is nog ooit in Suid-Afrika gepubliseer nie en dit maak Afrikamasutra is waarlik unieke produk.
Lekker, lus en liefde: die ander groot \"O\"
Hierdie artikel verskyn in Pomp 2012
Die Groot O, die kleine dood, fyndraai, kom, orgasme, ejakulasie, kulminasie, piek, ontploffing, spasma, pomploffing! Vir meeste mense is dit die doel. En net dit. Dis nou al ’n welbekende feit dat as party mense ’n orgasme bereik het, sien hulle seks as verby. Niks meer se gelepel lê of geliefkoos nie, jy wil omrol en begin snork of op die vlug slaan.
Ons leef in ’n wêreld vol inhibisies en taboes wat aanraking en teerheid demoniseer. In ons samelewing is ons geneig om seks te sien as iets wat net in die donker gedoen word en beslis nooit oor gepraat word nie. Die samelewing het ons geleer dat seks, ons liggame en ons seks organe vuil is en iets is om oor skaam te wees. Selfs die benaming daarvan bevat woorde soos “skaam”, “onder” en “geheime”.
Die Suid-Afrikaanse sensueloog, Jonti Searll, vra die vraag, hoe kan jy intiem wees as jy seks met die ligte af het en jou oë toe hou terwyl jy verlore is in een of ander persoonlike fantasie. Die oë is dan die vensters van die siel en oogkontak is tog ’n intieme aksie. Maar, mense is bang vir intimiteit, want dit beteken dat jy jouself voor iemand anders ontbloot. Jy is letterlik en figuurlik naak voor ’n ander mens. Intimiteit impliseer dat jy die masker afhaal en die japon laat val.
Daar is egter iets wat die natuur aan ons geskenk het om intimiteit makliker te maak, maar deur sosiale kondisionering het ons al tot so ’n vlak gevorder (of agteruitbeweeg) dat nie eers ’n hormoon tot ons redding kan kom nie. Oksitosien staan bekend as die liefdeshormoon of troetelhormoom. Dit word veral in groot hoeveelhede in die liggaam vrygestel gedurende en na geboorte, asook met die stimulasie van die tepels gedurende borsvoeding. Hierdie hormoon veroorsaak dat die ma aan haar kind geheg raak en hom aanhou voed. Aanvanklike navorsing het gedui dat dit veral in die vroulike spesie vrygestel word, maar toetse en verdere navorsing het nou getoon dat dit ook in mans vrygestel word. Dit gebeur dus in beide ouers en veroorsaak dat die man en die vrou letterlik verlief raak op hul kind en hom ten alle koste wil beskerm.
Die oorspronklike navorsing oor die rol van oksitosien is gedoen op die Vleirot. In dié diertjie word oksitosien veral vrygestel in die brein van die vroulike Vleirot gedurende seksuele aktiwiteit en is belangrik in die vorming van ’n monogame verbintenis met haar seksuele maat. In mense, speel oksitosien ’n rol in sosiale herkenning en gehegdheid. Dit word gedurende orgasme in beide mans en vrouens vrygestel. Waardering, dankbaarheid, die emosionele verbintenis met ander en veral omhelsing en aanraking verhoog ook die vlakke van oksitosien in die bloed en navorsing toon nou dat dit selfs verband hou met die vorming van vertroue.
Dit word beweer dat die mens soortgelyke monogame verbintenisse nie net met geliefdes vorm nie, maar ook met vriende, troeteldiere en selfs God. Dit is dan ook die rede waarom mense met troeteldiere geneig is om gouer te herstel van siektes en hoekom getroude mense langer leef, want oksitosien kalmeer ons, verminder verslawing, vermeerder seksuele ontvanklikheid, gaan impotensie teen en werk ook die effekte van kortisol, die stres hormoon, teen. Meditasie of gebed, asook die versorging van en uitreiking na ander verhoog ook die vlakke van oksitosien in die bloedstroom.
Oksitosien word dus nie slegs gedurende seks vrygestel nie en as dit oksitosien is wat lei tot daardie gevoel van warmte, rustigheid en liefde is dit vanselfsprekend dat intimiteit niks met seks te doen het nie. Liefde en vertroue is nodig vir ware intimiteit, maar intimiteit vloei nie outomaties uit seks nie. Intimiteit het inderwaarheid niks met seks te doen nie.
Soos ons weet, is dit egter duidelik dat dit vir mense moontlik is om wel seks te hê sonder om aan mekaar geheg te raak. Die presiese uitwerking van oksitosien is nie heeltemal duidelik nie. Alhoewel seks veronderstel is om oksitosien vrystelling te verhoog wat ons lus maak om te troetel, staan party op en loop terwyl ander omrol en aan die slaap raak. Waar gaan ons dan verkeerd?
As jy verlief raak, het oksitosien ’n emosioneel bindende effek op die brein. “Konvensionele seks”, of seks met slegs orgasme en selfsugtige, lyflike plesier as doel, kan lei tot die oorstimulasie van die plesier sentrum in die brein. Soos jou bloedsuikervlak na ’n stuk fudge, val jou dopamien vlak skerp na orgasme. Hierdie konstante skommeling in jou dopamien vlakke na seks en orgasme, kan veroorsaak dat die verbintenis tussen twee mense vervaag, veral as liefdevolle aanraking en omgee nie meer teenwoordig is nie en seks slegs lei tot selfsugtige ontlading.
Die tipiese patroon is dat twee mense verlief raak. Jy vat en vry en vroetel en troetel en laat massas oksitosien deur jou bloedstroom vloei. Die konstante aanraking lei tot ’n euforiese gevoel van verbintenis tot daardie persoon. Dan vervaag daardie gevoel, die paartjie begin baklei en laat hulle met gevoelens van weersin en stagnasie en uiteindelik skei hul weë. Ons moet daarom doelbewus oksitosien produksie in die brein aanmoedig met liefdevolle optrede. Dit hou die bindende en monogame impulse in ons brein lewendig. Maar hoe gemaak?
Tantra bevat al die elemente wat die produksie van oksitosien in albei partye aan die gang hou. Tantra fokus op die hier en die nou en Osho beskryf Tantra in The Spiritual Path, as speelsheid en ’n hoogs ontwikkelde vorm van die liefde. Die liefde is om te speel: “A lover always has a spirit of play. The moment the spirit of play dies, you become a husband or a wife. Then you are no longer lovers; then you reproduce. The moment you become a husband or a wife, something beautiful has gone dead.”
Maak dus liefde op ’n manier wat jou hart oophou. As jy verlief wil bly, moet jy die produksie van oksitosien aan die gang hou. Dit gebeur gewoonlik sonder moeite totdat konvensionele seks (asook seks vir reproduksie) die verhouding binnedring. Soos Osho dit stel, “Find new ways to explore the other. Don’t get fixed in routines. All routines are anti-life!” Ons word so maklik in roetine vasgevang en behandel seks op die ou en op presies dieselfde wyse as ons lewens. Die einddoel uiteindelik, slegs om ’n orgasme te hê. Ons is in so ’n haas om daar uit te kom dat ons die ongelooflike plesier van die reis mis.
Tantriese seks gaan oor bewustheid en bewustheid vind in die hede, die nou, plaas. En hier is ons weer by die Groot O. Gestel jy skryf in vir jou BA en deur jou hele eerste, tweede en derde jaar is jy heeltemal obsessief oor jou Ph.D. Jy geniet of waardeer op die ou end glad nie die lekker studentelewe gedurende jou ondergraadse studie nie, want jou fokus is slegs die verkryging van jou Ph.D. So is dit ook met orgasme. As jy orgasme uit die vergelyking uithaal kan jy vir die eerste keer heelhartiglik en geheel en al teenwoordig wees in die hede en die proses of reis van die liefdespel.
Beide intimiteit en tantriese seks is gelyk aan kwesbaarheid, weer die verwyder van die masker. Albei partye moet gewillig wees om hul ware self bloot te stel – beide hul sterk punte en hul swakhede, die lig en die donker. Die Westerse denke sentreer om die man as die sterk een en die vrou as die swakkeling en sodoende word die krag en kwesbaarheid respektiewelik in albei partye ontken. Mans huil mos nie!
Tantra fokus op balans. Dit is nie blinde passie of slegs spiritualiteit nie, maar albei. Tantra is gelyk aan heelheid en is die bymekaarkoms van teenoorgesteldes: manlik/vroulik; binnenste/uiterlike; lig/donker; lae/hoë. Seks bevat die teenstellings van absolute skoonheid en terselfdertyd die totale walglike. Seks kan die mooiste ding tussen twee mense wees, of dit kan kindermolestering, dwelms en agterstrate wees. Ons moet in ons lewens bewus wees en die spasie skep vir al twee om te bestaan. Hierdeur word die vrees en die mag weggeneem en bereik ons balans.
Die einddoel van Tantra is om gode te word en tog deel te bly van hierdie wêreld. Wanneer ons liefde maak, vier ons die energie van die goddelike. Om een te word met jou geliefde is die fisiese manifestasie van die hoogste vreugde. Jy moet die god(in) binne jouself en jou geliefde erken. Hierdeur word intimiteit behou en oksitosien vrystelling konstant gehou.
Hoe dikwels word seks binne ’n verhouding nie as magsinstrument gebruik nie? Omdat jy dít gedoen het, gaan ek nie vanaand met jou slaap nie. Of, ’n vrou sal vir haar man sê dat omdat hy seks wil hê, sy begeertes bloot fisies is, terwyl hare emosioneel is. Kyk na die magspel – seks word gesien as iets wat vir die man geen emosie of intimiteit bevat nie en die vrou dink ’n emosionele konneksie vind slegs buite seks plaas. Beide partye sit op die ou end alleen en gefrustreerd binne die verhouding.
Seksuele samesyn is slegs een van die maniere om intiem te verkeer met jou beminde, maar dit is beslis nie die enigste nie. ’n Aanraking, ’n kyk in die oë, ’n streel oor die hare, ’n soen in die nek – dit is alles intimiteit en dis onmoontlik om nie emosioneel te wees as jy werklik intiem met iemand verkeer nie. Tantra vier genot en vreugde en erken die skoonheid van die liggaam en die liefde.
Sensuele lus en passie, vreugde en genot, is op die ou end nie slegs seksueel nie, maar moet op alle vlakke van ons lewens ’n rol speel. Ons lewens behoort op soveel vlakke sensueel te wees – kos, drank, geure, teksture, reuke, musiek, blomme, oefening én seks. Die doel van tantra is om die vreugde in alles raak te sien.
Intimiteit, en hier praat ek beslis ook van seks, verg oefening. Só dikwels het ek al gehoor vrouens beweer dat hulle net so af en toe by hul mans slaap “net om hom gelukkig te hou”, maar dat hulle dit nie eintlik geniet nie. Is hulle verbaas? Hoe kan jy iets geniet wat jy nie gereeld beoefen nie? Ons wil die Comrades hardloop en verkieslik nog wen ook, maar ons wil beslis nie oefen nie!
Om ’n diepe konneksie en ware vervulling te bereik is dit nie eintlik moontlik om te verwag dat seks met vele seksmaats jou tot groter tantriese hoogtes gaan lei nie. Ons het nou al gesien dat fisiologies ons monogaam aan mekaar verbind raak deur die vrystelling van Oksitosien en dat ware intimiteit slegs op ’n gereelde basis met een geliefde kan geskied. As hierdie intimiteit bereik word, kan plesier op soveel vlakke gegee en ontvang word.
Ons neem seks so ernstig op. Almal wil die beste minnaar wees, die grootste, beste borste hê en die grootste beste penisse en orgasmes. In hierdie strewe na groter, beter, beste, mis ons op die ou end heeltemal die reis van genot en intimiteit. En as ons dink dat ons nié die beste of mooiste liggame het nie, verhinder dit ons ook om die oomblik tussen ons en ons geliefde te geniet. Ons koppe, ego en intellek kom die hele tyd in die pad van hierdie intieme reis.
So, vergeet vir ’n slag van die orgasme. Vry by die Groot O verby en herwin intimiteit, respek en liefde. Wees oop, hê lief en gee en ontvang met graagte en vreugde. En raak verslaaf aan Oksitosien, die werklike Groot O!
Kom in aanraking
Italianers en Grieke doen dit meer as Franse en Spanjaarde, wat dit weer meer doen as Engelse en Japannese. Hoe dikwels raak jý aan iemand?
Ons eerste ervaring van die wêreld is deur aanraking. In die baarmoeder is dit die eerste sintuig wat ontwikkel, daarna volg die aanraking van ons ma en dan van voorwerpe en teksture in ons verkenning van ons nuwe omgewing buite die baarmoeder.
Vroeggebore babas wat aanrakingsterapie gegee word tel viniger gewig op, huil minder en toon tekens van ‘n ontspanne polsslag, asemhaling en spierspanning. Babas wat te vondeling gelê word verloor gewig en is sieklik en kinders wat in weeshuise grootword en nie aanraking ervaar nie, leef gewoonlik nie langer as twee jaar nie. Dit is ook bewys dat kinders met kriminele tendense ‘n tekort aan aanraking gehad het as babas.
Kinders inisieer instinktief aanraking wanneer hulle dit nodig het. As grootmense het ons nog net soveel aanraking nodig as toe ons kinders was, maar ignoreer dikwels hierdie behoefte en dink dat ons sonder enige aanraking kan klaarkom.
Senior burgers val in die groep wat die minste aanraking geniet. Een rede hiervoor is die feit dat hulle dikwels alleen woon. Doelbewuste aanrakingsterapie kan egter wondere verrig vir die gemoed en gesondheid van ouer mense. Selfs ‘n skouer- of voetmassering is voldoende.
In ‘n studie oor aanraking by die Universiteit van Miami se Mediese skool, is bevind dat Amerkaanse kinders meer aggressief is op die speelgrond teenoor hul Franse maatjies. Dit word toegeskryf aan die feit dat Franse ma’s veel meer aan hul kinders vat as Amerikaanse ma’s.
Aanraking is dus een van die eerste en balangrikste elemente van menslike ontwikkeling. Dit is ‘n belangrike manier van kommunikeer en ‘n uiters belangrike deel van die helingsproses.
In ons Westerse samelewing het aanraking byna ‘n taboe geword. In skole mag onderwysers nie ‘n huilende kind ‘n drukkie gee nie, want byna alle aanraking word nou verwring met seksuele konnotasies. Daar is bitter min geleenthede waar aanraking nie gebuk gaan onder die swaar las van dubbelsinnigheid en seksuele ondertone nie. Mense is al hoe meer uitgehonger vir aanraking. Ons smag na veilige, gesonde, helende aanraking. Party van ons kan dit bekostig om vir ‘n massering te gaan, ander moet maar doen sonder ‘n drukkie met ernstige gevolge vir hul gesondheid.
Die verdagmaking van aanraking in ons samelewing het te doene met die feit dat aanraking met die vleeslike geassosieer word, wat laer as die gees geag word en daarom as sleg, onwenslik, sondig of vuil beskou word. Daarom word aanraking dikwels tot die minimum beperk of verkieslik totaal vermy.
Die Westerse denkwyse neig na ‘n molekulistiese benadering. Met ander woorde, wat is die essensie of van die mens? Waarop moet ek fokus en wat is tydmors en moet ek ignoreer? In die Westerse religieuse denke is daardie aller belangrikste essensie, die siel. Per implikasie is die liggaam dus oorbodig en verdien verkieslik so min as moontlik aandag.
Verder word die liggaam en siel gesien as aparte entiteite. As jy ‘n hartomleiding ondergaan, word jy behandel deur ‘n kardioloog, maar daar word selde gefokus op die emosionele impak wat so ‘n ingrypende operasie op die pasiënt het. Net soos as ons sielkundige behandeling ontvang, word die fisiese aspekte van trauma of geestelike versteuring dikwels geïgnoreer.
Die Oosterse denke is veel meer holisties en sien liggaam en gees as ‘n onskeibare eenheid. Byvoorbeeld, die Indiese Ayuveda benadering konsentreer op die liggaam se harmonie met die siel en gees. Dit sluit in die gebruik van medisyne, massering, chirurgie, diëet en oefening. Dit word verder saam met Yoga en Tantra beoefen om ‘n totaal gebalanseerde benadering te verkry.
Aanraking is die mees basiese en instinktiewe vorm van terapie. Dink aan‘n kind wat haar knie stukkend val. Haar ma tel haar op haar skoot, hou haar styf vas, streel oor haar hare en gee ‘n soentjie op die seerplek. Sy praat saggies met haar kind en vee liggies die trane weg.
Hoekom plak sy nie doodgewoon net ‘n pleister op die seerplek nie? Want die ma weet instinktief dat dit nie alleen die knie is wat seergekry het nie. Meer as net die knie moet gedokter word om alles weer reg te maak.
‘n Tekort aan aanraking het ‘n negatiewe invloed op slaap en onderdruk die immuunstelsel. Minder teenliggaampies word in die bloed vervaardig en lei tot ‘n ontvanklikheid vir siektes. As sosiale, emosionele, fisiese en sensuele wesens is aanraking van kardinale belang vir ons menslike bestaan. Dit hou ons letterlik fisies en emosioneel gesond.
Hulle sê ‘n vibrator kan nie ‘n grasmasjien stoot of ‘n prop aansit nie, maar hy kan jou ook nie vashou of ‘n drukkie gee nie. Gaan gee sommer dadelik vir iemand ‘n stywe druk.
Groot, stywe druk
Zazza
Masturbasie
Hierdie kolom het 6 Oktober op Nuus24 verskyn.
Almal doen dit. Party meer as ander. Tiener seuns die meeste van ons almal. Maar min mense wil daaroor praat en niemand sal hardop herken dat hulle dit doen nie. Dis nou masturbasie of self-stimulasie.
Masturbasie kan rofweg definieer word as die stimulasie van jou eie seks-organe met die doel om ‘n orgasme te bereik en word ook outoerotiek genoem. Dis ‘n totale natuurlike handeling wat van kleins af instinktief by die mens plaasvind. Party studies het al selfs bewys dat babatjies tot in die baarmoeder masturbeer.
So, waarom kleef daar so ‘n stigma rondom masturbasie? Kinders word grootgemaak met angswekkende stories van wat met hulle sal gebeur as hulle hulself aan hierdie sondige handeling oorgee. Daar sal hare op jou hande groei, jy sal blind word, jy sal steriel raak en nooit weer normaal seksueel kan funksioneer nie, dit sal lei tot waansin en ander psigiese en emosionele afwykings of jy sal nie meer kan kinders kry nie.
Van kleins af word masturbasie assosieer met sonde en skuldgevoelens. Jy voel dat as jy masturbeer, daar iets fout is met jou en dat mense sal weet wat jy aanvang, sommer deur net na jou te kyk.
In hul artikel, toepaslik genaamd “Masturbasie”, skryf Dr. David Delvin en Christine Webber, dat masturbasie tot in die 1960’s gesien is as ‘n onvolwasse daad en dat aanhoudende masturbasie sou lei tot ‘n onder ontwikkelling op sosiale vlak. Dit het ingepas by die idee dat masturbasie sonde is en het die negatiwiteit rondom masturbasie lewendig gehou.
Moderne navorsing toon egter dat daar baie mediese en sielkundige voordele tot masturbasie is. Masturbasie is ontspanned, dit help ‘n mens om aan die slaap te raak, dit stel endorfiene, die brein se natuurlik anti-depressant, vry en lei tot ‘n gevoel van fisiese en emosionele behaaglikheid. Dit verminder ook spanning en is bevorderlik vir ‘n goeie selfbeeld.
Masturbasie is die veiligste vorm van seks en is in meeste gevalle meer bevredigend as ‘n one-night stand! Dit is, veral vir vrouens, ‘n goeie oefening om hulself en hul seksuele voorkeure te leer ken en om ‘n orgasme te bereik wat nie altyd so outomaties of maklik vir ‘n vrou is as wat dit vir ‘n man is nie.
Dit is ook ‘n handige instrument na seksuele trauma om weer seksueel aktief te raak. Jy, en net jy, is in beheer van die situasie en kan bepaal wat moet gebeur.
Interessant genoeg, het ‘n veldtog onder tieners in Duitsland masturbasie aangemoedig. Hierdie veldtog het beweer dat masturbasie tiener swangerskap verminder, beslis seksueel oordraagbare siektes verminder en lei tot gesonde seksuele gedrag.
Masturbasie is egter nie net iets wat jy alleen hoef te doen nie. Gemeenskaplike masturbasie kan ‘n essensiële toevoeging wees tot die liefdespel. Eerstens, kan dit as deel van voorspel gebruik word om mekaar gereed te maak vir seks, maar terselfdertyd is dit vir party mense die gekose manier om seksueel te verkeer sonder penetrasie. Daar is vele redes waarom mense nie-penetratiewe seks beoefen, naamlik om hul maagdelikheid te behou, om swangerskap te voorkom, om seksueel oordraagbare siektes te vermy en om ‘n orgasme te bereik wat nie noodwendig deur pentrasie bereik word nie.
Daar is verskillende hulpmiddels wat gebruik kan word gedurende masturbasie. Eerstens kan pornografie of erotiese literatuur help om mans en vrouens visueel en sielkundig te stimuleer. Hoekom geniet ons dit so dikwels om ‘n lekker, warm Mills en Boon te lees of om deur daardie Playboy te blaai en jouself in daai stort saam met die meisie in te dink? Seksuele fantasieë is deel van die pret. As pare kan julle selfs poog om jul seksuele fantasieë te kombineer om sodoende saam te verken en te speel.
Gemeenskaplike masturbasie stel pare in staat om mekaar op seksuele vlak te leer ken en agter te kom wat mekaar plesier gee. Gemeenskaplike masturbasie sluit ook die stimulasie van jou sekmaat in en beteken nie noodwendig dat jy alleenlik jouself voor jou maat moet stimuleer nie. Dit is ‘n uiters intieme en genotvolle manier om seksuele plesier te kry sonder penetrasie en kan uitgebrei word om seksspeelgoed en ander hulmiddels in te sluit.
Masturbasie is op soveel vlakke ‘n belangrike aspek van menslike seksualiteit. Eerstens, dis onmoontlik om te veel te masturbeer (ons praat nou natuurlik hier binne ‘n algemene, “normale” raamwerk). Daar is geringe risiko’s, behalwe as vreemde voorwerpe gebruik word wat skade kan aanrig, of vel irritasies wat in sekere gevalle kan voorkom as die wrywing bietjie intens of rof raak.
Masturbasie is vir die vrou ‘n ongelooflike goeie manier om uit te vind wat vir haar werk en vir haar plesier verskaf. Sodra sy weet wat haar tot klimaks lei en bevredig, kan sy dit aan haar geliefde kommunikeer en sodoende geniet albei partye dit.
Mense in verhoudings hou ook nie op masturbeer nie. Daar is al in studies bevind dat mense meer geneig is om te masturbeer as hulle in ‘n seksuele verhouding is, omdat die liggaam meer seksueel ontvanklik is. Daai hormone is mos nou aangeskakel! Veral as mense nie naby hul seksmaat is nie, is dit ‘n veilige manier om seksuele bevrediging te kry. As jou seksmaat masturbeer, beteken dit nie dat hulle nie tevrede is met jul sekslewe nie. Dis ‘n doodnormale handeling wat vloei uit normale seksuele gedrag.
Vir ouers is dit ook uiters belangrik om aan hul kinders te verduidelik dat masturbasie heeltemal normaal is. Die manier waarop ‘n ouer reageer op hul kind se masturbasie het ‘n geweldige invloed op die kind se houding en gedrag teenoor seks in volwassenheid. Masturbasie moenie beskou word as ‘n taboe-onderwerp nie en daar moet mooi aan ‘n kind verduidelik word dat dit ‘n private handeling is wat nie sonde is of skuld dra nie.
Of jy dit nou alleen doen of saam met jou geliefde, masturbasie is ‘n natuurlike en genotvolle deel van seks. Gaan neem ‘n lekker, rustige bad, sit mooi musiek op, steek ‘n kers en ‘n stokkie wierook aan en let your fingers do the walking!
Lekker speel!
Zazza
Voorspel
Hierdie Kolom het Woensdag 21 September op Nuus24 verskyn.
Voëls doen dit, bye doen dit, selfs gesofistikeerde vlooie doen dit, maar mense skiet soms lelik tekort in hierdie afdeling (no pun intended!). Wie onthou nie daai oulike Cardies advertensie met die volstruise nie? Dis 'n gedans en stof trappery en vlerk sleep tot die vroutjie notisie neem. Bye aan die ander kant is nie so persoonlik nie. Sowat 30 kapaterbye sal die koningin vergesel, een sal gelukkig (of ongelukkig) genoeg wees om met haar te paar, sy penis ontplof letterlik binne haar en bly in die koningin agter en hy vrek! Dis nou om te verseker dat geen ander by haar agterna by(dam) nie. Vlooie weer, vreet eers en vry dan.
Met mense is dit aanvanklik blomme en etes en fliek en lang, romantiese stappies langs die strand. Uiteindelik is die seksuele spanning lekker hoog en vry ontaard in vat en vat in seksuele samesyn. Alles mooi netjies in die regte orde. Die voorspel begin nie net in die slaapkamer nie – dis deel van die hele paringsdans vooraf.
En dan kom die voorspel en intimiteit tot 'n skreeuende halt. Die verhouding raak gewoonte, roetine neem oor, kinders skree, honde lê op die bed en daardie aanvanklike dans is lank vergete. Hoe dikwels hoor mens nie, “nie vanaand nie, Skat, ek het 'n hoofpyn” of “ag nee wat, seks is nou nie eintlik vir my lekker nie”. Die ergste ding wat ek nog uit 'n vrou se mond uit gehoor het was dat sy net so twee maal per jaar met haar man slaap, “net om hom gelukkig te hou”.
Seks is dan die lekkerste lekker wat daar is. As dit nie vir jou lekker is nie, doen jy iets verkeerd. So, waar het ons die pad byster geraak? Sodra voorspel by die deur uit waai, waai die lekker ook uit. Daar is al so baie liedjies oor die tema geskryf. Neil Diamond sing “You don't bring me flowers anymore” en die Righteous Brothers, “You've lost that loving feeling”.
Die Kama Sutra van Vatsyayana leer ons dat beide mans en vrouens genot uit seksuele omgang moet put. Vatsyayana skryf dat die manier waarop verskillende mense seks geniet, spruit uit die feit dat elke individu hul eie manier het om hul seksualiteit uit te leef en dat “alhoewel elkeen se gewaarwording van plesier anders is, elkeen tog plesier ervaar”. Met ander woorde, mans en vrouens ervaar plesier op verskillende wyses en vrouens het effens meer aandag voor die tyd nodig om seksuele samesyn ten volle te geniet.
Vatsyayana skryf verder dat mens hieruit moet leer dat, “soos deeg voorberei moet word om gebak te word, so moet 'n vrou voorberei word vir seksuele samesyn, indien sy enigsins genot daaruit gaan put.” Daar is natuurlik tyd en plek vir die quickie, maar behoorlike, intieme en genotvolle seksuele samesyn verg ietwat meer moeite. Van albei kante af. Die Kama Sutra leer ons ook dat “om 'n ware godin te word, verg oefening”!
Niemand gaan iets geniet waarin hulle nie geoefen is nie. As jy net twee keer per jaar met jou man slaap gaan nie een van julle dit op die ou end geniet nie. Dis soos om twee keer per jaar gym toe te gaan en te verwag jy gaan fiks word. Seks is soos enigiets ander in die lewe. Dit verg oefening en aandag.
Voorspel is ontwerp om 'n vrou fisies en psigies gereed te maak vir seks. 'n Vrou is nie outomaties gereed vir penetrasie nie. Voorspel help haar om nader aan haar maat te voel, asook om genoeg natuurlike smeermiddel vry te stel wat seks vir haar gemaklik en genotvol sal maak. As 'n man 'n vrou net bespring, sonder om enigsins ag en aandag aan haar gevoelens en gereedheid te gee, voel sy op die ou end slegs soos 'n opblaaspop.
So, hoe gemaak? Wat behels hierdie voorspel ding? Dis so eenvoudig. Praat met mekaar. Moenie noodwendig voorspel tot die slaapkamer beperk nie. As julle uit is vir ete, fluister vir mekaar die stoute goed wat julle aan mekaar wil doen as julle by die huis kom. Of soen mekaar onverwags aan tafel in die restaurant. As julle by die werk is, stuur vir mekaar warm smsse.
In die slaapkamer, gebruik wat jy het – vingers en tonge is wonderlike goed! En moenie haar tepels vergeet nie. Haar borste is jou sleutel tot haar seksuele genot. In 'n studie, onder leiding van Dr. Barry Komisaruk, professor in sielkunde aan die Rutgers Universiteit, is gevind dat tepel stimulasie dieselfde areas in die brein aktiveer as klitorale stimulasie en penetrasie.
In die studie het hy bevind dat tepel en bors stimulasie beslis orgasme kan intensiveer. Hy sê ook dat, alhoewel tepel stimulasie gewoonlik met voorspel assosieer word, dit beslis nie gedurende seks ignoreer moet word nie. Hoe meer bors en tepel stimulasie daar voor en gedurende seks is, hoe meer intens die orgasme sal wees. En moenie skaam wees om, terwyl jou geliefde jou penetreer, jou klitoris self te stimuleer nie. Die sensasie is dan net soveel beter.
Laastens, kommunikeer! Sê wat jy wil hê. Ons kan nie mekaar se gedagtes lees nie. As jy wil hê dat hy jou met sy tong moet stimuleer, maak dit vir hom duidelik. Ons is te dikwels geneig om te sê wat ons nie wil hê nie, maar dink dat dit onaanvaarbaar of nie ordentlik is om te sê wat ons wel wil hê. Dames, hy gaan nie weet wat jou plesier verskaf, tensy jy dit vir hom sê nie.
So, mans speel bietjie eers die vrou lekker warm en vrouens, werk aan daai godin wording. Sien die goddelike in mekaar raak. Daardie erkenning is alles deel van die voorspel en die sleutel tot genot.
Lekke(r) vry!
Zazza
Hoe het jy gevoel toe...

Vrouekeur artikel

Afrikamasutra in Playboy!


Die Jakkalsdans – ’n Speelse dans met Samsara
(Hierdie resensie verskyn op Litnet)
Deur Francois Loots
Resensie deur Ilse Carla Groenewald
Die siklus van die lewe en hergeboorte word binne die Boeddhistiese tradisie Samsara genoem. Dit is letterlik die vloei van die lewe – geboorte, lewe, dood en reïnkarnasie of hergeboorte. Dit verwys ook na die aanhoudende, maar toevallige stroom van passie, begeerte, emosie en ervaring. Die effense leiding wat met die lewe gepaardgaan.
Die Jakkalsdans is soos Samsara. Dit beskryf die siklus van lewe en hergeboorte in die Noord-Kaapse dorpie Prieska. Die onvermydelike sirkel van die lewe en dood. Die struktuur van die boek is ook siklies geskryf. Ons begin met Aletta, beweeg dan na Joop, Mannetjies, Tryn, terug na Mannetjies, Joop en eindig weer met Aletta. Die verhaal speel op ’n byna fantasties mitologiese vlak af, veral met verwysing na die misterieuse Rotman en sy jakkalse wat deur die verhaal teenwoordig is. Hierdie fantastiese element kom veral in die laaste hoofstuk na vore.
Die sentrale motief is die blou dood of Asbestose en hoe hierdie siekte die mense vasvang binne hierdie siklus van bestaan, siek word en sterf. Niemand word ontsien nie, selfs nie eers die wat nie op die myne gewerk het nie. Verder word sterk temas bygewerk soos kindermoord, skuld en boetedoening, seksualiteit en leuens. Almal dra ’n masker wat hulle dink hulle aanvaarbaar maak om mee saam te leef.
Aletta Steyn is vasgevang in ’n sieldodende bestaan en huwelik in Prieska. Haar man besit die algemene handelaar en sy smag om in haar motor te klim en net weg te ry. Volgende, ontmoet ons vir Joop, Aletta en Mannetjies se aangenome seun. Joop is gay en wil ook net wegkom uit die dorp om ’n modeontwerper te word. Alhoewel Joop heel gemaklik is met sy seksualiteit, kom hy telkens in kontak met karakters wat ter wille van hul besluite en wat “die mense” sal sê, ’n front moet voorhou. Daar is die dominee Deon, wat Joop altyd by die rivier ontmoet, maar ’n leuen leef saam met sy vrou. Chris, Joop se skoolvriend en buurman, gebruik Joop se seksualiteit en aantrekking tot hom om te kry wat hy wil hê en hou Joop tot aan die einde aan ’n lyntjie. Daar is ook die onderwyser, Mnr. Temelsman wat vir Joop tydskrifte gee om na te kyk as sy vrou nie by die huis is nie.
Mannetjies Steyn knoop ’n verhouding aan met die bruin meisie Tryn wat hy eendag langs die pad oplaai en dan ’n werk en blyplek in sy winkel gee. Op sy manier probeer hy ook ontsnap uit sy bestaan. Hy het nie sy eie seun nie en sy verhouding met Jopie is ook moeilik omdat Joop nie inpas by die beeld wat Mannetjies dink sy seun behoort te wees nie. Hy wil net hê sy kind moet weermag toe gaan “om ’n man te word” en verstaan nie Joop se begeerte om ’n modeontwerper te word nie.
Tryn val byna per ongeluk in ’n verhouding met Mannetjies in. Sy is die outsider en heeltemal alleen. Haar familie is dood en sy verlang na die veld en die bossies en die oopte wat verteenwoordig word deur die Korana mitologie. Inplaas van die vryheid waarmee sy grootgeword het, spandeer sy haar aande alleen in haar kamer agter die algemene handelaar met Klip en Muis met wie sy makliker kommunikeer as met mense. Haar misplasing en die skeiding van haar mense en die veld lei uiteindelik tot haar psigiese disintegrasie en ’n dramatiese wending.
Elke afdeling is geskryf uit die perspektief van die karakter wat die fynere nuanse van Loots se skryfvermoë beklemtoon. By elke karakter bespeur die leser ’n beklemdheid, so asof jy in die benoude dorp nie asem kan kry nie. ’n Tipe blou dood vir die leser. Niemand is gelukkig nie en niemand is eerlik nie. Almal smag na iets wat hulle nie het nie. Die effense leiding van Samsara hou hulle gevange binne die kleindorpse engheid. Anneline Kriel word in hierdie tyd byna ’n baken van hoop vir die inwoners en hulle glo dat sy selfs die Springbokke sal help om in die 1974 wedstryd teen Frankryk te wen, net deur haar blote teenwoordigheid.
Die leser is nooit presies seker of hy te make het met fantasie of realiteit nie. Die boek word volkome ’n vervlegting van realiteit en fantasie, lewe en dood, waarheid en leuen. Die dood kry die gestalte in die figuur van die alomteenwoordige Rotman en sy gesante. Hy is beide die goddelike en die bose wat tussen die mense beweeg en van alles weet. As jy eenkeer in sy geel-bruin oë ingekyk het, is jou einde naby.
Die Jakkalsdans is ’n veelvoudige roman. Die verhaal bly deurentyd vir die leser net so effens uit fokus. Selfs die siekte wat deur die dorp trek, geslag na geslag, word vele ander name gegee. Eers veel later, word die woord asbestose gebruik. Die mense gaan dood weens longkwale, kanker, asemhalingsprobleme, maar nooit die blou dood nie. ’n Ware benaming bly dus ook buite bereik.
Die einde van die boek is verbasend en kompleks. Mens moet fyn lees om presies seker te wees wat aangaan. ’n Vaste interpretasie en betekenis bly egter ontwykend, soos die roman in ’n byna mitiese sfeer inbeweeg. Met die volgende siklus van lees sal die betekenis dalk weer vir die leser skuif. Op die ou end is dit slegs Jopie wat tog Moksha bereik (die einde van die aanhoudende siklus van Samsara), maar ’n mens is tog ook nie seker nie. Hy mag dalk in hierdie lewe ontsnap, maar nie in die volgende een nie.
Francois Loots is in Prieska gebore. Hierdie intieme kennis van die dorp en sy mense kom sterk in die roman na vore. Die Jakkalsdans is sy derde roman na Nagvoëls (2001) en Lente in Beijing (2003) en verteenwoordig ’n sterk bydrae tot sy oeuvre.
Persverklaring/Press Release
Bestellings by: www.boekblik.co.za
Press Release
5 May 2011
Contact: Mendi Pantsi
Telephone number: +27 (021) 465 0025
Embargo: None
Pages of this Release: 1
Title: Afrikamasutra
Author: Ilse Carla Groenewald
Illustrations: Diek Grobler, Hardus Koekemoer, Marna Schoeman
Category: Erotica
Format: Soft Cover
Pages: 160
ISBN: 978-1-920424-28-2
Suggested Retail Price: R 250-00
Date of Publication: August 2011
In August 2011, a new phenomenon hits the Afrikaans literary and art scene. The book, Afrikamasutra, is a product from the pen of writer, Ilse Carla Groenewald, created in conjunction with three, top South African artists, namely Diek Grobler, Hardus Koekemoer en Marna Schoeman.
Afrikamasutra is a unique book based on the Kama Sutra by Vatsyayana. What makes this book unique is that it is the first, Afrikaans translation of the Kama Sutra and all the illustrations in the book are original and South African. The Kama Sutra is seen as the standard work on human sexual behaviour in Sanskrit and was written by Vatsyayana between the first and sixth century AD. Kama refers to aesthetic and erotic pleasure and love, while Sutra refers to the thread that links everything and everyone.
The book is not merely a direct translation of the original, but aims to capture the South African idiom to give a fresh, unique and sensual look at sexuality, aimed at the modern, free thinking South African reader. Afrikamasutra looks at love, respect, spirituality, sexuality, intimacy and social issues in a creative, humorous, yet compassionate way. Followers of the artists will not be disappointed and the playful illustrations are brought to life by the sharp and witty, but at times also poetic interpretation of the original text by Vatsyayana.
How to become a true goddess and love positions like the Jewel Case, the Entwined, The Mare’s Trick, as well as the Clinging Creeper and the The Flower in Bloom are poetically described in the text. The three goals in life (virtue, wealth and love), as well as the attainment of knowledge and the behaviour of a well-bred man, are discussed. There is also a section in the book on marriage, lovers and how to interact intimately and lovingly with each other.
Afrikamasutra is a visual and literary feast that won’t disappoint and will definitely cause a stir. The launch of the book will go hand-in-hand with an exhibit of the original art works that appear in the book, as well as an old fasioned peep show right out of the red light districs and dark alleys of cities across the world. No such work has ever been published in South Africa. Afrikamasutra is truly uniquely South African!
Persverklaring
5 Mei 2011
Kontak : Mendi Pantsi
Telefoonnommer : +27 (021) 465 0025
Embargo: Geen
Bladsye van die verklaring: 1
Titel: Afrikamasutra
Skrywer: Ilse Carla Groenewald
Illustrasies: Diek Grobler, Hardus Koekemoer, Marna Schoeman
Kategorie: Erotiek
Formaat: Sagteband
Bladsye : 160
ISBN: 978-1-920424-28-2
Aanbevole Kleinhandelprys : R 250-00
Publikasiedatum : Augustus 2011
In Augustus 2011 tref ‘n nuwe fenomeen die Afrikaanse literêre- en kunsmark. Die boek, Afrikamasutra, is ‘n produk uit die pen van skrywer, Ilse Carla Groenewald, geskep in oorleg met drie, top Suid-Afrikaanse kunstenaars, naamlik Diek Grobler, Hardus Koekemoer en Marna Schoeman.
Afrikamasutra is ‘n unieke boek gebasseer op die Kama Sutra deur Vatsyayana. Wat hierdie boek uniek maak is dat dit die eerste, Afrikaanse vertaling van die Kama Sutra is en al die illustrasies in die boek is oorsponklik en Suid-Afrikaans. Die Kama Sutra word gesien as die standaard werk oor menselike seksuele gedrag in Sanskrit, geskryf deur Vatsyayana tussen die eerste en sesde eeu na Christus. Kama verwys na estetiese en erotiese plesier en liefde, twerwyl Sutra na die draadjie verwys wat alles en almal aan mekaar verbind.
Die boek is nie slegs ‘n direkte vertaling van die oorspronklike nie, maar is gemik daarop om die Suid-Afrikaanse idioom vas te vang en ‘n vars, unieke en sensuele blik te gee op seksualiteit wat gemik is op die moderne, vrydenkende Suid-Afrikaanse leser. Afrikamasutra kyk na liefde, respek, spiritualiteit, seksualiteit, intimiteit en ander sosiale kwessies op ‘n humoristiese, tog deernisvolle wyse. Aanhangers van die drie kunstenaars sal nie teleurgesteld wees nie en die speelse tekeninge word tot lewe geroep deur ‘n skerp en pittige, maar by tye ook poëtiese vertolking van die oorspronklike teks van Vatsyayana.
Hoe om ‘n ware godin te word en liefdesposisies soos die juweelkis, vervlegte minnaars, die merrie se kuns, asook die klouende klimplant en die Lotus in volle blom word op poëtiese wyse beskryf en in die teks verwoord. Die drie doelwitte van die lewe (deugsaamheid, rykdom en liefde), asook verwerwing van kennis en die gedrag van ‘n goed-opgevoede man word bespreek. Daar is ook ‘n afdeling in die boek oor die huwelik en minnaars en hoe om intiem en liefdevol met mekaar om te gaan.
Afrikamasutra is ‘n visuele en literêre fees wat nie sal teleurstel nie en beslis ‘n beroering gaan bring. Die bekendstelling van hierdie boek sal gepaard gaan met ‘n uitstalling van die oorspronklike kunswerke wat binne die boek verskyn, sowel as ‘n outydse loervertoning (peep show) so reg uit die rooiligdistrikte en donker stegies van die groot wêreldstede. Geen so ‘n werk is nog ooit in Suid-Afrika gepubliseer nie. Afrikamasutra is waarlik uniek Suid-Afrikaans!
Indiese Handleiding oor seks in Afrikaans, Rapport 9 April 2011
http://www.rapport.co.za/Suid-Afrika/Nuus/Indiese-handleiding-oor-seks-in-Afrikaans-20110409

Johannes de Villiers
Die laaste Voortrekker-borstrok gaan waai wanneer die eerste Afrikaanse vertaling van die Kamasoetra, ’n antieke Indiese sekshandleiding, binnekort verskyn.
’n Span van vier – ’n skrywer en drie kunstenaars – is reeds ywerig aan die vertaal aan dié ou Hindoe-geskrif wat raad oor slaapkamersake en spiritualiteit kombineer. Hulle hoop die Afrikamasutra (soos die projek amptelik bekend staan) sal teen die middel van die jaar op boekrakke staan.
Die Kamasoetra is 18 eeue gelede in Indië saamgestel en reeds in die meeste groot wêreldtale vertaal.
Ilse Groenewald vertaal die teks uit ’n Engelse weergawe. En die kunstenaars Hardus Koekemoer, Diek Grobler en Marna Schoeman maak ’n rits sketse om – nes in die antieke weergawes – die verskillende vrytegnieke te illustreer wat in die teks beskryf word.
“Die idee vir ’n Afrikamasutra is gebore uit ’n gaping wat ek in die Afrikanerpsige of verwysingsraamwerk gemerk het,” skryf Groenewald op die projek se webwerf, afrikamasutra.net. “Jy is óf ’n getroude koek óf ’n ongetroude tert en geheel en al goddeloos.
“Ek wil ’n platform skep waar ons kan praat oor seksualiteit en spiritualiteit sonder om veroordeel te word.”
Baie van die kunswerke wat vir die Afrikamasutra gedoen word, het spesifieke Suid-Afrikaanse elemente (adonisse in two tone-hemde; ’n nimf wat met ’n luiperd speel) om dit meer plaaslik te maak.
Groenewald het die afgelope week aan Rapport gesê sy het die Kamasoetra leer ken uit die werk van geestelike skrywers soos Osho en Deepak Chopra. “Ek dink toe hoekom vertaal ek dit nie in Afrikaans en kry prente wat by ons raamwerk pas nie.”
Sy pas ook die teks hier en daar aan. “Met die eerste skryf daarvan vertaal ek nog woord vir woord, maar uiteindelik wil ons dit ’n meer Suid-Afrikaanse kleur gee.
“In die oorspronklike teks is dele oor die Indiese kastestelsel en tekste wat sê jy mag nie by ’n vrou slaap wat melaats is nie. Van die quirks gaan ons inlos, maar dit is nie oral toepaslik nie.”
Die Afrikakamasutra word deur Griffel-media uitgegee.
\'n Groot idee deur Abel Pienaar
Soms sit ek op my stoep en droom oor die moontlikheid van 'n wêreld vol vrede, liefde en harmonie. Is dit onrealisties? Is dit regtig so onmoontlik dat ons as homo sapiens in vrede kan saam leef? Dat ons mekaar en diere en plante met respek kan hanteer ... is ek nou net idealisties en laf?
Albert Einstein het op 'n keer geskrywe: "The problems of today cannot be solved with the same mind-set that created them in the first place." Dit sê vir my dat as ons 'n kans wil hê tot harmonie, ons radikaal nuut sal moet leer dink. Maar is dit waar dat ons tot op hierdie punt van die menslike geskiedenis net verkeerd gedink het? Waar het alles dan verkeerd geloop?
Kyk ek na byvoorbeeld godsdienste en hulle wette en reëls is meeste daarvan gefokus op omgee, sorg en liefde. Hoe het dit dan gebeur dat godsdienste juis die oorsaak en dryfveer geword het in die tragedie van ontmensliking, geweld en miskenning deur die eeue heen?
In die kern van alle godsdienste is daar 'n gedeelde kernwaarde, wat meestal na verwys word as "the Golden Rule". Die presiese bewoording van hierdie reël verskil van mekaar maar die essensie daarvan is dieselfde. Die goue reël: Doen aan ander soos jy aan jouself gedoen wil hê.
Ek het gaan soek na die geboorteplek van die reël. Ek het gevind dat dit onder andere kan toegeskryf word aan die Hindoe geloof. In hulle kern geloofsdokumente die Upanishads, wat 'n ontstaan-geskiedenis het tussen 700-300 vC, word daar gepraat van karma -- die siklus (samsara) wat losweg beteken: dit wat jy aan 'n ander doen sal terug kom na jou. Daar word geglo deur die Hindoes dat almal deel is van die siklus van aksie en reaksie, m.a.w wat jy goed of sleg aan 'n ander doen sal bepaal wat jou volgende siklus van lewe sal wees. En moksha, die verlossing van jou siel uit jou liggaam en sodoende die siklus van karma, is wanneer jy eendag snap dat jy nie jou ego is nie maar eintlik een is met God soos almal om jou ook. Namaste is dan ook die groet wat sê "Die God in my groet die God in jou." Daarom is respek en liefde die manier om op te tree teenoor ander.
Die persoon wat egter die eerste keer die reël geformuleer het is Confucius (551-479 vC). Sy lering was onder sy volgelinge bekend as Shu -- 'om ander in ag te neem' -- sy opgetekende woorde was, "Moet nooit iets aan 'n ander doen wat jy nie aan jouself gedoen wil hê nie." Dit het ontstaan uit sy idée dat die mens onlosmaaklik deel was van mekaar en dat wat jy aan 'n ander doen direk terug kom na jouself. Een van Confucius se volgeling het sy meester se lering opgesom as zhong wat beteken "om net jou beste vir ander te doen."
Die Boeddha sluit hierby aan omtrent vyftig jaar later as hy sê "'n Persoon wat sy Self liefhet moet nie die Self van 'n ander skade aan doen nie!" (soos opgeteken staan in die Samyutta Nikaya). Boeddha het alle lewe as "interconnected" gesien en daarom wat jy aan 'n ander doen het jy inderwaarheid aan jouself gedoen. Thich Nath Hanh, 'n Zen Boeddhis van hierdie eeu, stel hierdie kernwaarde van Boeddha as volg aan die woord: "As long as traces of hatred and anger are in you, you will not be able to find true peace. When you are finally able to love your enemy, you may feel like a great hero, but then you will see that, in truth, to love that person is to love your own self."
Die Joodse Fariseër (dit beteken skrifgeleerde) Rabbi Hillel (80-30 vC) leer vanuit die Torah dat: "Alles wat jouself benadeel, moet dit ook nie aan ander doen nie. Dit is die boodskap van die Torah, die res is net kommentaar daarop." En sodoende word die goue reël ook vertaal in die Joodse denke. Hierby sluit Jesus jare later aan as hy in sy bergrede vir sy volgelinge leer: "Alles wat julle wil hê die mense aan julle moet doen, moet julle ook aan hulle doen." (soos dit voorkom in Die Bybel in die Matteus Evangelie). Selfs in die Islam is hierdie reël, Mohammed (632 nC) vertaal die goue reël met: "Maak niemand seer nie sodat niemand jou kan seermaak nie."
Die krag van die goue reël lê natuurlik daarin dat dit die menslike drang na selfgelding en selfsug direk aanspreek. En godsdienste verkondig reeds duisende jare hierdie waarde. Hoekom het dit nie inslag gevind nie? Kan dit wees dat die mens inherent egosentries is en altyd sy eie belange eerste stel? Is dit waar wat Richard Dawkins sê oor ons gene, hy noem dit "The Selfish Gene", en daardeur sê hy dat ons deur evolusie geprogrammeer is tot oorlewing. En dat selfs brawe of ooglopend onselfsugtige gedrag maar eintlik net gaan oor eie oorlewing? Ek weet nie, dit is seker moontlik.
Ek wil egter kies vir iets anders. Ek dink dit is omdat mense regtig nie besef dat die lewe 'n netwerk is nie. En dat as ons vir mekaar sorg dan is ons direk besig om vir onsself te sorg. Meeste mense verstaan nog nie dat op kwantumvlak ons almal van dieselfde sterstof gemaak is nie. En een van die grootste redes is omdat ons nog steeds in terme van 'ons' en 'hulle' dink. Lyk my die probleem met godsdienste was juis dat hulle nie die 'ons-hulle' struktuur kon afbreek nie. Want solank as wat daar 'n 'hulle' is sal die goue reël nie grond wen nie.
Ek dink die vredevolle voortbestaan van die mensdom hang af van hierdie eeue-oue wysheid. Meer as ooit tevore het ons nodig om onsself in mekaar raak te sien. Meer nog om onsself in alles om ons raak te sien, diere, plante en minerale ingesluit. Die vredes-aktivis Leymah Gbowee het die goue reël met 'n Afrika woord omskrywe, 'Ubuntu' -- "Ek is wat ek is omdat ons almal is."
Aartsbishop Desmond Tutu, een van my helde, verduidelik Ubuntu as: "One of the sayings in our country is Ubuntu -- the essence of being human. Ubuntu speaks particularly about the fact that you can't exist as a human being in isolation. It speaks about our interconnectedness. We think of ourselves far too frequently as just individuals, separated from one another, whereas you are connected and what you do affects the whole world. When you do well, it spreads out; it is for the whole of humanity." In essensie beteken dit dus, ek is omdat jy is.
Miskien as ons weer mekaar kan herinner aan ons gemeenskaplike goddelikheid sal die goue reël 'n werklikheid word! As ons vir mekaar die werklikheid van Ken Wilber se woorde kan leer: "God is not apart from our being, for God is the real self of all that is." Miskien dan sal ons begin verstaan dat ons EEN groot familie is. Ongeag geslag, ras, kultuur, taal, seksualiteit, ouderdom of geloofs-oortuiging ... ons is Een! Meer nog, ons is een met God. In die Bybel hoor ons van die "Ek is" en dit resoneer met ons Ware Self wat ook beteken "Ek is." En of jy dit nou al-Insan al-Kamil, Adam Kadmon, Ruach Adonai, Nous, Pneuma, Purusha, Tathagatarbha, Universal Person of Brahman-Atman noem, dit is alles simbole wat wys na ons elkeen se Eenheid met God, met alles. Die Hindoes noem dit: "Tat tvam asi" -- Jy IS dit!
Soms sit ek op my stoep en droom oor die moontlikheid van 'n wêreld vol vrede, liefde en harmonie. Is dit onrealisties? Is dit regtig so onmoontlik dat ons as homo sapiens in vrede kan saam leef? Dat ons mekaar en diere en plante met respek kan hanteer ... is ek nou net idealisties en laf? Hoekom voel dit dan nie laf nie? Verseker 'n groot idée ... eintlik DIE groot idée!
(Hierdie rubriek word ook geplaas op Abel se blog, waar jy kommentaar kan lewer -- http://blogs.litnet.co.za/abelpienaar)
Marna Schoeman

Die vrou verantwoordelik vir die nuwe Zazza, is die fabulousste kunstenaar ooit, Marna Schoeman. Hier is so 'n kort ietsie oor haar:
Marna Schoeman se pa is sekerlik een van die enigste mense wat sy ken wat kleintyd by die huis aangekom het met die kleurvolle, verbeeldingryke traktaatjies en lektuur van die Hare Krishnas. Sodoende het hierdie magiese kultuur met hulle sexy gode en godinne en vriendelike beeste vroeg-vroeg reeds op haar verbeelding ingevoed en in haar onderbewussyn geland om daar te fermenteer.
Interessant genoeg, is haar onderwerp eintlik die Pretoriase voorstede waar sy grootgeword het, en vandag nog bly. Deur hierdie eksotiese, Indies-geinspireerde filter vier sy op kleurvolle en humoristiese wyse die alledaagse lewe van mense, diere en plante in haar onmiddelike omgewing.
Hier, in Pretoria kan Elvis Moodley saam met Krishna musiekmaak en sit Ganesha in die verkeer vas saam met taxis en busse, terwyl die boedha by 'n betonfontein in die lotusposisie sit en oor alles mediteer. Dit, tesame met haar hoogs illustratiewe styl, vorm dan die basis van haar unieke visuele identiteit.
Marna werk meestal in gouache op papier of bord, maar deesdae sny sy ook diere uit koper en embosseer dit dan op etspapier. Hierdie ge-embosseerde stukke gebruik sy dan as agtergrond vir haar klein skilderytjies. Van die koperdiertjies maak sy ook juweliersware.
Hegter - \'n Hegte Produksie
Resensie deur Ilse Carla Groenewald
Alice – Donae Jooste
Dan – Danie van Rensburg
Anna – Greta Pietersen
Larry – Emile Hager
Regie – André Stolz
Stelontwerp – Danie van Rensburg
Kostuumontwerp – Danette Van Rensburg
Die verhoog verlig en ons ontmoet Donae Jooste as Alice op ‘n gestroopte verhoog. Ek is beïndruk. Die stelontwerp wérk. Met die minimum op die verhoog, word die stemming geskep en is die fokus deurentyd op die dialoog. Hegter is Gerben Kamper se Afrikaanse vertaling van die Britse dramaturg, Patrick Marber se bekroonde toneelstuk, Closer. Dit is ‘n dialoog-gedrewe produksie wat baie van akteur en gehoor verg.
Danie van Rensburg as Dan verskyn op die verhoog en die produksie skuif in twede rat in. Van Rensburg het beslis die produksie gedra, maar Jooste staan nie terug met haar vertolking van die pittige, geknipte dialoog nie. Greta Pietersen het ‘n interessante aanslag gehad met haar stoïse interpretasie van Anna, alhoewel sy by tye effens oorspeel het en dit Anna bloot as styf laat oorkom het. Dit het ook geklink of sy ongelooflik hard moes werk om gehoor te word, teenoor Jooste wat natuurlik en gemaklik geprojekteer het.
Emile Hager het soms onervare voorgekom vir die veeleisende rol van Larry. Dit het veral geklink of Hager sukkel om sy tong om die vloekwoorde te kry wat op sekere plekke in die dialoog ‘n spesefieke funksie vervul. Dit was ook jammer dat die gehoor elke keer as daar in Afrikaans ‘n woord met ‘n ‘k’, ‘p’ of ‘f’ geuiter is, luid en onvanpas aan die lag gegaan het. Ongelukkig kan mens seker nie die volwassenheid van jou gehoor vooraf bepaal nie.
Uiters hinderlik was Kamper se vertaling. Ek kon nie besluit of dit gewoon slegte Afrikaans was nie en of Kamper die hedendaagse jong Afrikaanssprekende probeer naboots nie. Uitdrukkings soos die alomteenwoordige “dit doen” het my naderhand stuipe gegee. Tog jammer dat Marber se sterk teks byna gekelder is deur ‘n swak vertaling.
Soms het dit ook voorgekom of die akteurs net een keer te veel die DVD van Closer, die rolprent, gekyk en bestudeer het. Van Rensburg was die enigste akteur wat die karakter werklik syne gemaak het en iets nuuts gelewer het. Dalk sou ‘n Suid-Afrikaanse kontekstualisering van die teks ‘n meer verteerbare produksie tot gevolg gehad het?
Ten spyte van enkele kritiek en ‘n swak vertaalde teks, was dit ‘n uitdagende stuk. Onder die goeie regie van André Stolz en puik stelontwerp van Danie van Rensburg, het die vier akteurs hul uitstekend van hul taak gekwyt. Dit is net jammer dat die bywoning so swak was vir die hoof-feesproduksie van Woordpoort.
Kom in aanraking
(Hierdie artikel verskyn in die 2010 uitgawe van Pomp wat binnekort verskyn)
Italianers en Grieke doen dit meer as Franse en Spanjaarde, wat dit weer meer doen as Engelse en Japannese. Dis nou aan mekaar vat.
Ons eerste ervaring van die wêreld is deur aanraking. In die baarmoeder is dit die eerste sintuig wat ontwikkel, daarna volg die aanraking van ons ma en dan van voorwerpe en teksture in ons verkenning van ons nuwe omgewing buite die baarmoeder.
Babas wat te vondeling gelê word, verloor gewig en is sieklik. Kinders wat in weeshuise grootword en nie aanraking ervaar nie, leef gewoonlik nie langer as twee jaar nie. Dit is ook bewys dat kinders met kriminele tendense, as babas, ‘n tekort aan aanraking gehad het.
In ‘n studie oor aanraking by die Universiteit van Miami se Mediese skool, is bevind dat Amerikaanse kinders meer aggressief is op die speelgrond teenoor hul Franse ewekniëe. Dit word toegeskryf aan die feit dat Franse ma’s veel meer aan hul kinders vat as Amerikaanse ma’s.
Aanraking is dus een van die eerste en balangrikste elemente van menslike ontwikkeling. Dit is ‘n belangrike manier van kommunikeer en ‘n uiters belangrike deel van die helingsproses.
In ons Westerse samelewing het aanraking byna ‘n taboe geword. In skole mag onderwysers nie ‘n huilende kind ‘n drukkie gee nie, want byna alle aanraking word nou verwring deur seksuele konnotasies. Daar is bitter min geleenthede waar aanraking nie gebuk gaan onder die swaar las van dubbelsinnigheid en seksuele ondertone nie.
Mense is al hoe meer uitgehonger vir aanraking. Ons smag na veilige, gesonde, helende aanraking. Party van ons kan dit bekostig om vir ‘n massering te gaan, ander moet maar doen sonder ‘n drukkie met ernstige gevolge vir hul gesondheid.
In my gesprek met ‘n terapeut van Pretoria, Eugene Hammes, vertel hy van die verdagmaking van aanraking in ons samelewing. Dat aanraking te doene het met die vleeslike, wat laer as die gees geag word en daarom as sleg, onwenslik, sondig of vuil beskou word. Daarom word aanraking, veral binne die konteks van terapie, tot die minimum beperk of verkieslik totaal vermy.
Eugene verduidelik dat die Westerse denkwyse geneig is tot ‘n molekulistiese benadering. Met ander woorde, wat is die essensie van die mens? Waarop moet ek fokus en wat is tydmors en moet ek ignoreer? In die Westerse religieuse denke is daardie aller belangrikste essensie die siel. Per implikasie is die liggaam dus oorbodig en verdien verkieslik so min aandag moontlik. Verder word die liggaam en siel gesien as aparte entiteite. As jy ‘n hartomleiding ondergaan word jy behandel deur ‘n kardioloog, maar daar word selde gefokus op die emosionele impak wat so ‘n ingrypende operasie op die pasiënt het.
Eensgelyks, as ons sielkundige behandeling ontvang, word die fisiese aspekte van trauma of geestelike versteuring dikwels geïgnoreer. Die Oosterse denke is veel meer holisties en sien liggaam en gees as ‘n onskeibare eenheid. Byvoorbeeld, die Indiese Ayurvediese benadering is ‘n fisiese modaliteit wat konsentreer op die liggaam se harmonie met die siel. Dit sluit die gebruik van medisyne, massering, chirurgie, dieet en oefening in en word verder saam met Yoga en Tantra beoefen om ‘n totaal gebalanseerde heling teweeg te bring.
Aanraking is die mees basiese en instinktiewe vorm van terapie. Eugene gebruik die voorbeeld van ‘n kind wat haar knie stukkend val. Haar ma tel haar op haar skoot, hou haar styf vas, streel oor haar hare en gee ‘n soentjie op die seerplek. Sy praat saggies met haar kind en vee liggies die trane weg.
Hoekom plak sy nie doodgewoon net ‘n pleister op die seerplek nie? Want die ma weet instinktief dat dit nie net die knie is wat seergekry het nie. Meer as net die knie moet gedokter word om alles weer reg te maak.
As sosiale, emosionele, fisiese en sensuele wesens is aanraking van kardinale belang in terapie. Eugene gebruik daarom ‘n kombinasie van verskillende aanrakingsterapië, “’n bietjie Siatsu en refleksologie ingeklits met ‘n stewige dosis aromaterapeutiese olie-massering en Cranial Sacral Therapy” oftewel, Sakrale-Skedelterapie (SST).
Sakrale-skedelterapie is ‘n holistiese terapie waar die terapeut die kliënt liggies vashou en hande en liggaam met mekaar kommunikeer. Die terapeut “luister” met sy hande na die toestand van die kliënt se lyf en die subtiele terugvoer wat die liggaam gee. Die liggaam se fisiese en emosionele behoefte word dan aan die kliënt terugreflekteer, geakkomodeer en vasgehou. Hierdeur skep die terapeut ‘n fisiese konteks waarbinne die kliënt kan deelneem aan die helingsproses.
SST werk hoofsaaklik met die bene en weefsel in die gesig en ruggraat en met spiere en hegtingsweefsel deur die hele lyf. Eugene beklemtoon dat SST veral nuttig is om waar persone fisiese en of emosionele trauma as sellulêre geheue in hul liggaam hou of stoor, te laat gaan. Babas met koliek, iemand met ‘n “gevriesde” of skeefgetrekte skouer of onverklaarbare pyn en spasmas is tipiese simptome waarmee die SST terapeut te doen kry.
“Ek het ook al goeie resultate gehad met kinders met sindrome soos Aandag Afleibaarheid Hiper Aktiewe Sindroom, Tourettes Sindroom en Outisme,” sê Eugene. SST kan komplimentêr tot baie Westerse mediese modaliteite gebruik word. Daar is byvoorbeeld chirurge wat SST gebruik as deel van na-operasie herstel by pasiënte wat ope-hart chirurgie ondergaan het.
Ek het Eugene gevra wat sy grootste suksesverhaal tot dusver is en hy het my met ‘n groot glimlag vertel van Eva*. Eva was ‘n suksesvolle akademikus en advokaat wat vier jaar gelede ‘n beroerte gehad het wat haar van haar nek af ondertoe verlam gelaat het. Sy kan ook nie meer praat nie.
“Ek behandel haar al vir ongeveer 18 maande weekliks met ‘n kombinasie van SST en aromaterapeutiese massering. Ek gebruik ‘n olie wat spesifiek vir haar gemeng is. Haar helpers masseer haar ook daagliks daarmee en eenmaal per week ondergaan sy fisioterapie,” verduidelik hy. Haar aanvanklike prognose was baie sleg. Haar dokters het gesê dat sy nooit weer die gebruik van haar liggaam sal herwin nie.
Maar, Eva is ‘n hardkoppige en dapper vrou en sy het ongeveer twee jaar na haar beroerte besluit dat sy wil en sal verbeter. Tydens die afgelope 18 maande het sy wel geleidelik begin verbeter en van haar ligaamlike beweeglikheid begin terugkry.
Sy kan nou al albei haar arms en bene tot ‘n mate beweeg. Met haar linkerhand kan sy byvoorbeeld ‘n suigstokkie vat en in haar mond steek.
Eugene vertel verder, “die vordering is stadig en Eva is ongeduldig, maar ons albei hou goeie moed. Gegewe haar prognose is haar vordering indrukwekkend. Ons was ook al ‘n paar keer in die swembad sodat sy, in die amper gewigloosheid van die water, haar herwonne beweeglikheid ten volle kan ervaar en verder kan neem. Sonder Eva se yster wil en deursettingsvermoë sou enige vordering baie moelik gewees het.”
Dit is egter ook ongetwyfeld so dat die SST, aromatiese olie en fisioterapie wat sy ondergaan, ‘n positiewe bydrae tot haar herstel lewer.
Maar hoekom word juis aromatiese olies gebruik in massering en terapie? Aangename reuke en geure is die klassieke musiek van die neus. Reuk is een van die sintuie wat die sterkste aan ons psigies-emosionele liggame koppel en is ook die langdurigste van al ons sintuie. Die geur van parfuum, blomme of varsgebakte brood kan ons aan ‘n positiewe gebeurtenis of persoon herhinner. ‘n Goue oomblik word maklik uit ons geheue opgeroep en herleef wanneer ‘n mens ‘n verwante geur ruik. Dit kan ook nuwe, positiewe ankers vir die toekoms skep.
Die area van die brein wat geassosieer word met reuk is dieselfde area van die brein geassosieer met geheue. Ons reuksenuwees lê in die neusholte en reageer op sekere aromas. Hulle stuur die inligting na die deel van die brein waar geheue en emosie gesetel is. Hierdie aromas gee aanleiding tot ‘n hele aantal chemiese reaksies in die liggaam, insluitende die vrystelling van sekere chemikalië binne die liggaam.
Die helende uitwerking van geur is onbetwisbaar en dit vorm die basis van aromaterapie. Aromaterapie affekteer ons bui, kognitiewe funksie en gesondheid. Die essensiële olie wat in aromaterapeutiese olie gebruik word, word ook deur die liggaam geabsorbeer en is fisies helend. Die gebruik van aromatiese olie is dus goed vir liggaam en gees, maar dis die aanraking wat met die proses gepaardgaan wat die grootste invloed op ons het.
Hulle sê ‘n vibrator kan nie ‘n grasmasjien stoot of ‘n prop aansit nie, maar hy kan jou ook nie vashou of ‘n drukkie gee nie. Gaan gee sommer dadelik vir iemand ‘n stywe druk of bespreek ‘n sessie by Eugene!
* Eva se naam is verander.
** Vir verdere inligting, kontak Eugene Hammes op edhammes@hotmail.com
Onse mense kook in Amerika - Letterlik en Figuurlik
(Hierdie artikel verskyn in die 2010 uitgawe van Pomp wat binnekort verskyn)
Twee kreatiewe, Suid-Afrikaanse siele het hulself die afgelope tyd in die VSA bevind. Louw Kotze, die Noord-Kapenaar van Upington en Johan Botes, die Noord-Wester van Klerksdorp, het hul artistiese vlerke bietjie in Amerika gaan sprei.
Ek het Louw en sy Skotse Terrier, Laphroaig, sowat sewe jaar gelede in Hermanus ontmoet toe hy hoofsjef was by die Burgundy Restaurant. Daar het ek kennis gemaak met sy lekker kos en sy gemaklike, aardse manier van kook.
Daar is egter niks gewoon of vervelig aan Louw nie en na sy wedervaringe in Hermanus, die filmbedryf en ‘n gasteplaas op die oewers van die Oranjerievier, het hy besluit om sy sakkie te pak vir die buiteland. Maar hoe kom ‘n boerseun van Upington te lande in Beverly Hills, Los Angeles?
Louw weet van networking en mense. Hy knoop geselsies aan met almal en behóú daardie kontakte. So ook met sy hoërskool huishoudkunde onderwyseres, Susina Jooste. Susina wat toe by die Institute of Culinary Arts in Stellenbosch was het kontakte gehad by die Montage hotelgroep in Californië. Toe Louw begin kriewelrig raak op die rustige oewers van die Oranjerivier, gee hy haar ‘n lui.
“Na ‘n telefoniese onderhoud en ses maande se papierwerk het ek ‘n visum gekry om vir 18 maande as sous-sjef vir die Montage hotel in Beverly Hills te gaan werk. Dit was interessant om die zip code 90210 op my persoonlike pos te sien!” vertel Louw vanuit ‘n reënerige Stellenbosch.
Louw het saam met ‘n groep van twaalf ander mense uit Suid-Afrika, Turkye en Duitsland net buite Beverly Hills in Wes-Los Angeles gewoon. In hierdie oorwegend Joodse area moes hulle redelik aanpas wat betref winkelure en sekere kossoorte. Effens anders as die 5-ster Montage hotel in die middel van Beverly Hills.
Omdat die hotel die eerste nuwe 5-ster hotel ontwikkeling die afgelope 17 jaar in Beverly Hills is, het allerlei interessante mense hulle op die proef kom stel. In die hartjie van LA, het ‘n hele paar A-lys celebs hulle kom besoek en sommer gereelde kliënte geword.
John Travolta, Michael Douglas, Catherine Zeta-Jones en Robin Williams het ‘n draai gemaak, terwyl sangers soos Jay Z en Rihanna ook gereeld daar gebly het. “Jackie Chan was een van ons gereelde kliënte en hy het sommer by ons in die kombuis kom sit!”
Die kombuis was onder andere ‘n oopplan kombuis met ‘n deur reg op Beverly Drive. “Jy werk konstant onder druk en mense kon enige tyd instap en sien wat jy doen, hoe jy dit doen en kom tips en resepte vra.”
Maar Louw het nie net in die kombuis vasgesit nie. Hy het vanaf Los Angeles na San Francisco gery op die Pacific Coast Hoofweg. Vandaar is hy na die Yosemite Nasionale Park waar sy asem weggeslaan is deur die reusagtige Redwood-bome. En dit alles in ‘n Mustang Convertible!
Vir ‘n sjef moes ek natuurlik vra waar hy oral geëet en gedrink het: “Ek het in soveel as moontlik verskillende voorstede van LA probeer eet. Die stad is vreeslik divers, so elke deel van die stad het sy eie spesialiteite. ‘n Paar gunsetlinge was Korea Town, Downtown LA, West Hollywood en dan Beverly Hills met al sy peperduur, maar immer gewilde kafees, Italiaanse Restaurante en Steakhouses. Die baie hoë gehalte seekos was verseker ‘n inspirasie om baie sushi te eet.”
Die één eetervaring wat Louw steeds hoendervleis gee, is die aand toe hy saam met ‘n vriendin by die SLS hotel in Beverly Hills gaan eet het. “Die restaurant se naam is ‘BASAAR by Jose Andreas’. Jose Andreas is geïnspireer deur die Spaanse sjef, Ferran Adria wat die gewilde El Bulli restaurant in Spanje besit.”
As Suid-Afrikaner sien Louw dit as ‘n groot voorreg om in die buiteland te gaan werk en leer het. Hy sê dat die blootstelling ‘n groot pluspunt is vir die kosbedryf, “want mens sal maar altyd huis toe kom met kennis wat jy kom oordra.”
En dis presies wat Louw nou doen. Hy werk tans by die Private Hotelskool in Stellenbosch, onder die direkteurskap van Louw se aanvanklike inspirasie, Susina Jooste.
Wat hou die toekoms in vir Louw? “Ek wil volgende in Shanghai, China gaan werk om verder my kennis te verbreed. Maar, my groot toekomsdroom is om ‘n restaurant in Suid-Afrika te besit wat my persoonlike wêreldervarings weerspiëel.”
* * *
Johan Botes het ek op ewe interessante wyse raakgedrink een aand op my verjaarsdag. Dit was gedurende die tyd toe Johan besig was met die Unisa Nasionale Klavierkompetisie en ons uitgevind het ons woon letterlik gilafstand van mekaar. Ek vra vir Johan oor sy BLT-ervaring (Brummeria-Londen-Texas), waar hy homself tans in ‘n Kanadese woud net buite Montreal bevind vir ‘n somerskool en ‘n paar konserte.
Groot dinge het vir die Afrikaner-seun van Klerksdorp begin gebeur toe hy in 2007 die Unisa Nasionale kompetisie gewen het. In daardie tyd het hy in die middae klas gegee by ‘n hoërskool in Pretoria. Hy besef toe dat daar soveel meer is wat hy met sy lewe kan doen; “ek het gevoel dat as ek hier moet sit vir die volgende 40 jaar van my lewe, ek myself sal mal maak!”.
Hy was net besig om sy Mmus klaar te maak by die Universiteit van Pretoria en besluit toe terwyl hy nog kan en in die lyn van sy beroep, hy gaan aansoek doen om aan die konservatorium in Londen ‘n konsertdiploma te gaan doen. Dit was nie ‘n maklike proses nie. Johan moes staatmaak op beurse en befondsing wat nie heeltemal genoeg was nie en het op die ou end met klasgee en konserte die studiereis befonds.
“Ek was ook baie kieskeurig oor die onderwyser waarby ek wou inkom. Na die instuur van materiaal, die vlieg om in persoon ‘n oudisie te gaan speel, is ek aanvaar by die Guildhall School of Music and Drama in Londen. Martin Roscoe gee daar klas, en jare terug het ek van sy opnames gehoor en ek onthou dat ek mal was daaroor. So, ek was toegelaat tot sy studio – wat vir my wonderlik was. Ek het baie gewerk – dit was soos om vir ‘n groot gees te speel. Jy wou alles so goed laat oorkom, want jy’t konstant gewonder wat hy dink,” onthou Johan.
Maar dis nie waar Johan se wedervaringe geïndig het nie! In Desember 2007 het sy vriendin Antoinette Olivier gevra of hy sal belangstel om die Suid-Afrikaanse pianis, Anton Nel, te ontmoet. Nel en Olivier ken mekaar al van hul studentedae op Wits. Hy is tans woonagtig in Texas, waar hy departementshoof in Klawerbord is aan die Universiteit van Texas in Austin.
Johan ontmoet die wêreldbefaamde pianis op ‘n dag in Centurion waar hulle aan die gesels raak. Nel vra toe vir Johan wat sy planne is ná sy Guildhall studie en of hy nie belangstel om sy doktorsgraad in Amerika te kom doen nie. “En so vertrek ek toe in Februarie 2008 na Amerika waar ek ousidies gaan speel het vir my doktorsgraad. Ek is aanvaar as een van sy studente met ‘n wonderlike Teaching Assistantship (TA), wat toelaat dat ek groepsklasse en een-tot-een lesse vir ander universiteitstudente kan gee.”
Johan bly in sy eie woonstel in Austin en sy daaglikse roetine wissel tussen klasloop, klasgee en dan natuurlik oefen. Naweke gebruik hy om nog van sy oefenwerk in te haal en darem ook te ontspan met ‘n glasie wyn of twee en ‘n margharita tussenin.
Rondrits is wat Johan aan die gang hou. Hy het al verskeie kere in Europa gereis, vir meesterklasse, sowel as vakansie, “Ek was in Tsjeggië (Praag is ‘n wonderlike stad!), Oostenryk, Frankryk, België, Holland en Pole.” Terwyl hy in Londen was het hy ook ‘n vinnige kuier in Wallis ingepas.
“As mens studeer in ‘n stad is die tyd om rond te karjakker nie so baie as wat mense dink nie! Nou is ek in Amerika en die wêreld hier is soveel groter. Ek was onlangs San Francisco toe en het soveel pret gehad – dit het baie soos Kaapstad gevoel. Ek was al ‘n paar keer in New York en is nou in Kanada. Die woude fassineer my baie.”
September gaan Johan ‘n konsert in Morelia, Mexiko hou om van die Suid Afrikaanse komponis, Hannes Taljaard, se komposisies uit te voer. Dan is daar ook die moontlikheid dat hy in Augustus na Australië kan gaan, “Melbourne en Sydney om presies te wees – as dit vakansie is, moet mens die beste van jou tyd maak, jy weet!”
Maar, ‘n pianis kan nie van musiek alleen leef nie en ek het natuurlik uitgevra oor sy eetervarings op sy reise: “In Londen is daar ‘n wonderlike Franse patisserie op die South Bank. Hulle het so ‘n lekker bord wat mens kan bestel met ‘n reeks kase, druiwe en wyne. Naby Trafalgar Square het ek die heerlikste Indiese kos geëet en natuurlik al die pubs op elke straathoek met hul fish&chips en verskillende biere.”
In Texas is Johan se uiteet-stapel margharithas, tortillas en guacamole, alhoewel hy sê dat Austin self baie lekker eetplekke het. Elke restaurant is bekend vir ‘n spesifieke dis, so jou keuse van restaurant hang af van waarvoor jy lus het. Johan se gunsteling is Trudy’s, “hul signature dis is ‘n hoenderborsie wat in ’n advokado gestop word, dan word die dis gegeur met kruie, tamatie en ‘n dik laag witkaas, dan gegrill...”
In New York het hy gesmul aan sjokoladekoek in die restaurant waar “You’ve got mail” met Tom Hanks en Meg Ryan geskiet is en ook die duurste cocktail ooit gehad, “die restaurant (wat in die rondte draai) was naby Time Square, op die 80ste verdieping van ‘n hotel. Die cocktail het my iets soos R250 gekos!”
Celeb spotting is natuurlik as jy in New York is en Johan het backstage in die Metropolitan Operahuis die Mezzo sopraan Marilyn Horn raakgeloop. Op Broadway het hy al ‘n play van Noël Coward by die Schubart Teater gesien met Angela Langsbury en Rupert Evrett in die hoofrolle en by die Metropolitan ‘n paar opera’s, “Ek het onder andere die Barbier van Seville met Joyce DiDonato gesien en in Houston het ek vir Renée Flemming gesien met Strauss se Four Last Songs. Anton Kuerti kom binnekort in Austin klavier speel en volgende jaar kom Yo-Yo Ma en Itzhak Perlman!”
Op die vraag of hy terugverlang na Suid-Afrika sê Johan natuurlik, “maar die musiekwêreld is net so klein.” Sy toekomsdroom is om ‘n pos te kry by ‘n universiteit iewers in Amerika met uitvoerings tussenin. “Deur so te werk, kry ek die beste van beide wêrelde. Ek sien nie kans om nét ‘n pianis te wees nie – dis ‘n vreeslike eensame lewe om so op jou eie van een stad na die volgende te gaan.”
Johan hou veels te veel van kuier en klets om so op sy eie uit ‘n tas uit te lewe. Hy wil tog iewers hê op aarde wat hy sy “huis” kan noem.
Vir Johan en Louw is die wêreld hul speelgrond. Al wat ek kan sê is Bon Voyage, Bon Appétit en lekker speel!
Woordpoort Drama Hegter
Woordpoort word tussen 6 - 10 Oktober 2010 in Pretoria gehou. Die drama hierdie jaar is Patrick Marber se Closer wat deur Gerben Kamper vertaal is as Hegter.
HEGTER deur Patrick Marber (CLOSER)
Regie: Andre Stolz
Vertaling: Gerben Kamper
Ontwerp: Danie en Danette van Rensburg
Rolverdeling:
Emile Hager: Larry
Luan Jacobs: Dan
Donae Jooste: Alice
Greta Pietersen: Anna
‘Liefde en seks is soos politiek: dit nie wat jy sê of bedoel wat saakmaak nie, maar wat jy doen….’
Op die oppervlakte is HEGTER speels, skerpsinnig, modern, maklik aanhaalbaar en nogal beskaafd. Onder die vel is dit innig pynvol, treurig maar veral wys. In hierdie hegte sirkel gaan dit oor seksuele jaloesie en seksuele begeerte. Dit spreek die mens se isolasie op ‘n baie besonderse manier aan – selfs ten midde van ‘n hegte verhouding.
Enigiemand wat al lief gehad het of daardie liefde verloor het, enigiemand wat al onegtheid ervaar het of voel hoe ‘n liefde vervaag, sal - soos ‘n vuis in die maag - soveel van hierdie aspekte in HEGTER herken.
Patrick Marber is ‘n britse dramaturg. Sy tweede toneelstuk, CLOSER, het in 1997 by die Royal National Theatre geopen waarna dit verskeie vername teatertoekennings verower het o.a. die Evenings Standard Award vir beste komedie. In 1999 open CLOSER op Broadway en wen die New York Drama Critics’ Circle Award vir beste uitheemse toneelstuk.
André Stolz voltooi sy dramastudies aan die Pretoria Universiteit in 1981 en in dieselfde jaar speel hy sy eerste rol vir televisie in Anton Tsjechof se Die Kersietuin. Sederdien werk hy as professionele akteur, regisseur, vervaardiger en vertaler. As regisseur en vertaler pak hy klassieke skrywer aan soos Ibsen (Hedda Gabler) en Tsjechof (Oom Wanja) asook nuwe Afrikaanse stukke uit die pen van Rian Malan (Die Nagloper), Harry Kalmer (Parkamampoer), Deidre Venter (Verwagtings) en Hans Pienaar (Kom terug, Saartjie en Drie Dosyn Rose).
Opvoerings:
Donderdag 7 Oktober, Vrydag 8 Oktober en Saterdag 9 Oktober 20:00 en Saterdag 9 Oktober 15:00 * Masker * 120 min * R50
Vir die volledige feesprogram, gaan na www.woordpoort.co.za
Kama Kuns
Soos julle al weet is ek en vier totally awesome kunstenaars besig met die wonderlikste projek om die Kama Sutra in Afrikaans te vertaal. Hier is ietsie van Marna Schoeman om julle 'n voorsmakie te gee van wat julle te wagte is!
Sentrum vir Eietydse Spiritualiteit
Interessante nuus en ‘n datum wat julle solank in jul dagboeke kan afmerk!
Die Sentrum vir eietydse Spiritualiteit (SES) is besig met die reëlings vir hul Dagkonferensie in Pretoria op 23 Oktober 2010. Dit sal gehou word in die Ouditorium van UP se Groenkloof kampus. Die tema vir hierdie konferensie is Soeke na 'n eietydse verstaan van God. Hou die pers dop vir verdere inligting. Kyk na die advertensie op Youtube (http://www.youtube.com/watch?v=M0QIF8N2nto) en besoek SES se webwerf by http://www.spiritualiteit.co.za/